• Olifante
  • Prentjiesberg
  • Lam
  • Sinethemba
  • Gebed
  • Mentor
  • Algemene Sinode
  • Addo Nasionale Park naby Port Elizabeth
  • Prentjiesberg by Ugie, Noord-Oos-Kaap
  • Tussen Dordrecht en Indwe
  • Kralewerk van die Sinethemba-Skool vir gestremde leerders, Mthatha
  • Publieke gebedsgeleentheid, Port Elizabeth
  • Jong predikante mentor die Ontwerpspan van die Oos-Kaaplandse Sinode
  • Algemene Sinode 2011: "Kom, o Skepper Gees!"

Wie is ons?

Die NG Kerk in Oos-Kaapland is ‘n sinodale familie.  Die sinode bestaan uit 104 gemeentes en 13 ringe, geleë in (hoofsaaklik)  die provinsie van Oos-Kaapland, Suid-Afrika.

Missie

Ons groei saam as vriendekring van gemeentes, ringe en Sinode, om deur ‘n proses van geloofsonderskeiding by God se werk in God se wêreld aan te sluit.

Visie vir ons missie

Ons beliggaam die vrug van ons geloofsonderskeiding deur as een, heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, te lewe.

Kommunikasie

Kommunikasie is die lewensbloed van die Oos-Kaaplandse vriendekring.  Teken in vir ons weeklikse sinodale e-nuusbrief, Grens.Pos.

Sinodale funksies

Die sinode beoefen vier funksies ten einde haar missie en visie te verwesenlik:
•  Visioenêre leierskap;
•  Begeleiding;
•  Navorsing; en
•  Strategiese Bestuur.

Sinodale Ritme

Die verskillende vergaderings en byeenkomste van die NG Kerk in Oos-Kaapland word volgens ‘n bepaalde ritme belyn, sodat die kerk bemagtig word om deur geloofsonderskeiding en leierskap te doen wat God van ons vra.

Die jaar begin met ‘n dag van teologiese beplanning. Die sinodale werkswinkel, wat fokus op die voortgesette teologiese opleiding van predikante, vind in Maart plaas en handel oor geïdentifiseerde sake van belang. Die Sinodale Kommissie en bosberade in April identifiseer temas en projekte deur ‘n proses van geloofsonderskeiding. Die ringsittings in die derde kwartaal voer hiierdie sake deur in die vorm van ringsprojekte wat in die plaaslike konteks van elke ring van belang mag wees.

Deur aansoeke om befondsing via goedgekeurde ringsprojekte kom die sake dan op die ring se agenda vir die volgende jaar, en herhaal die proses sigself.

Die vierjaarlikse sinodes beoefen geloofsonderskeiding met die oog op die langer termyn.

Strukture

Die Sinode beskik slegs oor een kommissie, die Sinodale Kommissie (SK) met haar dagbestuur. Die Sinodale Regskommissie adviseer die SK oor kerkordelike oorwegings.

Die SK konsentreer op die sinodale funksies van visionêre leierskap en bestuur.

Voorts word die werksaamhede van die sinode deur netwerke onder leiding van netwerkbestuurders uitgevoer. Die netwerke word oorhoofs deur die Begeleidingsnetwerk (B-Net) gekoördineer.

Sinodale Kommissie

Die Sinodale Kommissie (SK) bestaan uit twee verteenwoordigers van elke ring, ‘n leraar en kerkraadslid. Die SK funksioneer dus as ‘n konferensie van ringsverteenwoordigers.

Die leraar of kerkraadslid wat die ring op die SK verteenwoordig is ook ex officio ‘n lid van die ringskommissie en kommunikeer SK-besluite aan die ring / ringskommissie.

Die moderator, assessor, aktuarius en skriba van die sinode dien op die SK as onderskeidelik voorsitter, onder-voorsitter, aktuarius en skriba.

By sy konstituering net na afloop van die vierjaarlikse sinode wys die SK ‘n dagbestuur aan, bestaande uit die vier moderatuurslede, ‘n deskundige lid vir finansies en drie ander lede van die SK, met sekundi.

Die Direkteur Administrasie en Direkteur Begeleiding dien adviserend op die SK.

Korrespondensie

Rig korrespondensie vir die Sinodale Kommissie se aandag aan:

Ds Danie Mouton
Skriba Sinodale Kommissie
Posbus 34842
NEWTON PARK
6055

ngk.ooskaap@gmail.com

Tel: 041 365-3159
Faks: 0865 860 623
Sel: 082 9234 178

Direkte Deposito’s

Direkte deposito’s in die sinode se rekening:

Bank: ABSA
Naam: NG Kerk in Oos-Kaapland
Rekening nr: 290 581 192
Takkode: 500-517

Verwysing: Verskaf asb altyd ‘n verwysing sodat ons die inbetaling kan identifiseer.

 

Hierdie blad is onder rekonstruksie.

Klik regs bo-aan hierdie bladsy op “Vorige Tuisblad” om die vorige tuisblad te besoek.

<a class=”button-more” href=”?p=619″>Lees meer /a>

Print Friendly

Comments (1)

  • David Higgs

    |

    Baie netjies Danie!

    Reply

Leave a comment