logo
  • Tuis
  • Admin
    • Admin vir kerkkantore
    • Vorige tuisblad
  • Leraars
  • Ringe
  • Sinode
    • Wat is jou storie?
    • Geakkrediteerde mentors
    • Sinode 2016
    • Algemene Sinode
  • Nuus
  • Aflaai
    • Kerkorde NG Kerk in Oos-Kaapland 2017
  • Kontak Ons
    • Sinodale Kantoor
    • Gemeentes
    • Gemeentelike webbladsye
    • Ringe
    • Stuur epos
logo
  • Facebook
  • Twitter
  • Reisgeselskap (blog)
  • Home
05 Dec2016

Dag van Verootmoediging en Gebed vir Reën : 11 Desember 2016

Written by Danie. Posted in Nuus

Ons is bewus van baie gemeentes wat deurlopend voorbidding doen vir die enorme omvang van die droogte, die leed en ekonomiese rampspoed wat dit meebring, en vir die uitkoms van reën.

Nogtans vra ons hiermee alle gemeentes in Oos-Kaapland om Sondag, 11 Desember 2016 as ‘n Dag van Verootmoediging en Gebed vir Reën in te rig.

Ons beleef die droogte almal op verskillende maniere. Stedelinge en dorpenaars moet die krane versigtig oopdraai en toesien hulle tuine verdor. Ander het veel swaarder. Ons harte gaan veral uit na landbouers regoor Suider-Afrika wat elke dag eerstehands moet saamleef met die verdorde aarde en diere wat swaarkry.

Daarom gaan ons Sondag hand en hart ophef na die Here en smeek vir uitkoms.

  • Continue Reading
  • No Comments
22 Nov2016

Moderator van die Algemene Sinode verduidelik die 2016-selfdegeslagbesluite

Written by Danie. Posted in Nuus

Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die jongste Algemene Sinode van die NG Kerk, verduidelik die besluit van die Buitengewone Algemene Sinode 2016 met betrekking tot selfdegeslagverbintenisse.

Lees ook die berig in Kerkbode.

  • Continue Reading
  • No Comments
21 Nov2016

Insette oor #FeesMustFall

Written by Danie. Posted in Nuus

Tydens die Oos-Kaaplandse Sinode (31 Oktober tot 3 November 2016), met #FeesMustFall in die branding, het dr Theuns Eloff ‘n insiggewende inset kom lewer. Hy is die voormalige rektor van die Noordwes-Universiteit en tans uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-Stigting. ‘n Swart studenteleier en NG-lidmaat, Olubunmi (Amos) Ngalimani het ‘n respons gelewer. Ook dit was besonder geartikuleerd en insiggewend.

Luister hier na:

  • Dr Theuns Eloff se inset
  • Amos Ngalimani se respons

Klik hier vir ‘n volledige lys klankopnames van Sinode 2016 beskikbaar, onder andere voordragte deur prof. Stephan Joubert.

  • Continue Reading
  • No Comments
18 Nov2016

Video : Dag 4, Oos-Kaaplandse Sinode 2016

Written by Danie. Posted in Nuus

Hierdie video gee ‘n kort oorsig oor Dag 4 van die Oos-Kaaplandse Sinode 2016, gehou van 31 Oktober tot 3 November te Willows, Port Elizabeth.

  • Continue Reading
  • No Comments
15 Nov2016

Pastorale brief na afloop van die Buitengewone Algemene Sinode 2016

Written by Danie. Posted in Nuus

Dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk se Algemene Sinode, het ‘n pastorale brief na afloop van die Buitengewone Sinode 2016 aan leraars gestuur. Hier is die teks van die brief.

  • Continue Reading
  • No Comments
15 Nov2016

Besluit van Buitengewone Algemene Sinode 2016 oor selfdegeslag-verhoudings

Written by Danie. Posted in Nuus

SELFDEGESLAGVERHOUDINGS
BESLUIT VAN DIE BUITENGEWONE VERGADERING VAN DIE ALGEMENE SINODE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK OP 10 NOVEMBER 2016

1. Die Algemene Sinode besluit om die saak van selfdegeslagverhoudings met groot omsigtigheid te benader en om nie standpunte op gelowiges en gemeentes af te dwing waarvan die Gees die gemeentes nie oortuig het nie.

2. Die Algemene Sinode
2.1. herbevestig haar verbintenis aan die besluite van die Algemene Sinode van 2011 oor Skrifbeskouing, Skrifgesag, Hermeneutiek en Skrifuitleg.
“1. Die Algemene Sinode herbevestig die verklaring “Skrifgebruik en Skrifgesag”, soos aanvaar by die Sinode van 2004, as ’n eenvoudige en prinsipiële samevatting van die NG Kerk se Skrifbeskouing.
2. Die Algemene Sinode wys daarop dat vir ’n meer volledige uiteensetting van die saak, die verslae soos goedgekeur in 1986 (getiteld “Skrifgebruik en Skrifgesag”), 1990 (“Skrifberoep in Etiese Sake”) en 2002 (“Gesag van die Skrif”) hiermee saam gelees behoort te word.” (Vgl Notule Algemene Sinode 2011, bladsy 91)
2.2. wys daarop dat die amptelike besluite van die Algemene Sinode oor Skrifgebruik en Skrifgesag nie gewysig is nie en steeds die geldende standpunt van die Algemene Sinode is.

3. Die Algemene Sinode bely
3.1. dat ons altyd soekend moet bly na die waarheid van die evangelie tussen veelvuldige stemme en in ’n stukkende wêreld.
3.2. dat gelowiges met diep oortuigings oor selfdegeslagverhoudings dikwels van mekaar verskil, en daarom moet hierdie soeke in ’n gees van luister, sensitiwiteit, smeking, dringendheid en verantwoordelikheid benader word, wagtend op die leiding van die Heilige Gees.
3.3. dat almal betrokke by die verskillende vertolkings erns maak met die Skrif en dat daar by almal ‘n opregte begeerte is om God se wil te soek.
3.4. dat die kerk die plek is waar almal omarm en die genade van Christus ontdek moet word.

4. Die Algemene Sinode
4.1. beklemtoon dat geen mens minderwaardig behandel mag word nie, maar inteendeel dat met respek en liefde teenoor alle mense as beelddraers van God opgetree moet word. Ons erken die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind onsself opnuut tot die bevordering van die Godgegewe waardigheid van alle mense.
4.2. roep alle lidmate op om, ongeag seksuele oriëntasie, mekaar met die liefde van Christus te aanvaar.
4.3. vra onvoorwaardelik vergiffenis waar persone met ’n homoseksuele oriëntasie nie soos hierbo behandel is nie
4.4. herbevestig dat die huwelik deur God ingestel is as ‘n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ‘n vaste formele huweliksverbintenis nie aan Christelike riglyne voldoen nie,
4.5. erken die realiteit dat daar lidmate van dieselfde geslag in burgerlike verbintenisse is wat getuig van liefde en trou.
4.6. bevestig dat die gesin as hoeksteen in ’n Christelike gemeenskap beskou word.
4.7. is oortuig dat enige persoon wat die genade van die Here deelagtig is en Jesus Christus as Here bely, ongeag seksuele oriëntasie, ‘n volwaardige lidmaat van die kerk is en as sodanig as ongesensuurde lidmaat volle toegang het tot al die ampte in die kerk.
4.8. bevestig dat kerkrade die reg behou om self te besluit wie in leiersposisies in die gemeentes mag dien, en kan nie verplig word om enige persoon wat in ‘n selfdegeslag burgerlike verbintenis is, in diens te neem nie.
4.9. besluit dat dieselfde Christelik-etiese standaarde met betrekking tot leer en lewe geld vir die legitimasie en ordening van alle persone, ongeag seksuele oriëntasie.

Die formulering van bogenoemde besluit, soos die gedeelte van die notule wat nog nie goedgekeur is nie, is onderhewig aan die goedkeuring van die moderamen.

  • Continue Reading
  • No Comments
  • 1
  • ...
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • ...
  • 8

Nuutste bydraes

  • Die NG Kerk en grondhervorming
  • Konferensie oor dissipelskap met Francois Carr
  • Wat is moontlik in ‘n klein plattelandse gemeente?
  • 8 November 2017: Liturgie vir biduur oor misdaad, geweld en die droogte
  • Oorbrug die kloof tussen ryk en arm
  • Ring van PE-Wes inspireer lidmaat
  • Sing oor die vyf sola’s van die Reformasie
  • Grens.Pos – Nr 24 – 3 Augustus 2017

Facebook

Facebook

Reisgeselskap

Read feed

Argief

  • March 2018
  • February 2018
  • November 2017
  • September 2017
  • August 2017
  • March 2017
  • February 2017
  • January 2017
  • December 2016
  • November 2016
  • October 2016
  • September 2016
  • July 2016
  • June 2016
  • May 2016
  • April 2016
  • February 2016
  • January 2016
  • November 2015
  • October 2015

Nuutste kommentaar

  • Login
  • Forgot your password?