Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 14 - 8 Mei
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Wat sal
dit vir jou moontlik maak om terug te keer NG Kerk toe?
Waardering vir die verloop van die verkiesing uitgespreek
Die
vrou wat glo - ‘n lied deur Nico Bezuidenhout op YouTube
Die
NG Kerk moet vrymoediglik help vorm aan die SA-samelewing - Prof Peter Vale
Alzheimer’s
Ondersteunersgroepe in die Oos-Kaap
Gebedsgidse
en ‘n vriendskap-strategie rondom die Indian Premier League
Kensington-Gemeente hou basaar in Walmer se kerksentrum
Vakature
: NG Gemeente Rietfontein-Noord
Religion
is dwindling in the US
Nuwe uitgawe van Teologie[by]Kovsies
Konferensie oor plattelandse bediening te Citrusdal
Berei
die Geloofsgemeenskap voor vir 2010 en daarna
Wat sal dit vir jou moontlik maak om
terug te keer NG Kerk toe?
Dit is nou twintig
jaar later. Die lewendige, ondeunde gelaat van die dinamiese man aan die
oorkant van die ontbyttafel het sigbaar ouer geword, die plooie meer sigbaar.
Maar die gesig wat pret en vreugde uitstraal, die spontane glimlag, het
dieselfde gebly.
Twintig jaar later. Vandag sit ons in ‘n
plattelandse hotel en nuttig saam ontbyt. Twee dekades gelede was hy ‘n
jeugdige ouderling, ongetroud, in die gemeente waar ek destyds gedien het. Sedertdien
het hy verhuis na ‘n ander Oos-Kaapse dorpie, en woon nou al meer as 15 jaar
hier. Intussen is hy getroud, het die pa
van vier kinders geword, en is lid, nee, ‘n senior leier, van ‘n groeiende
charismatiese gemeente op hierdie plattelandse dorpie.
Ons paaie het gisteraand onverwags weer gekruis.
Gelukkig realiseer die impromptu ontbyt-uitnodiging. Ek is nuuskierig en wil sommer vroeg in die
gesprek weet waarom hy charismaties “gedraai het”?
“Tien jaar gelede het ek en my vrou
besondere dinge van die Here begin beleef”, kom die antwoord - sy gesig nou
ernstig. “Die Here het ons diep bewus gemaak dat Hy beslag lê op ons lewens,
dat ons nooit ware geluk sal smaak as ons onsself nie voeg in sy roeping vir
ons lewens nie, dat ons Jesus radikaal moet navolg. Die honger om Hom te dien,
het meer en meer intens geword. Ons het
as egpaar ‘n duidelike roeping ontvang: ons moes uitreik na kinders en hulle
begelei in ‘n verhouding met die Here”.
Is dit nuut?, vra ek. Julle was tog destyds ook betrokke by die
jeugbediening van ons gemeente?
“Ja, maar nou het dit ‘n passie vir kinders
van alle kleure en geure geword. Ons het bewus geword van die nood in die
township, van jongmense en kinders wat prakties gesproke haweloos is, die
slagoffers van bendegeweld, van verbrokkelde huise, kinders vir wie weinig
mense werklik omgee, en na wie niemand uitreik nie. Kinders wat nooit spesiaal
voel omdat hulle die onverdeelde aandag van belangstellende volwassenes beleef
nie. Kinders wat nie liefde ervaar nie.”
In hierdie tyd het die Here ons sy liefde
vir ons op ‘n werklik intense manier laat beleef. Ons kon bars daarvan: dat die
grote God vir ons omgee. Ons liefhet!
Aanspraak maak op ons lewe. Vir ons liefde en seën gee sodat ons dit kan
deel met ander. Ons het spesiale
ervarings met die Here gehad.”
Ek is nou direk in my vrae - ons het mekaar
immers goed geken, en vind steeds aanklank by mekaar: “Hoe vervreem so iets jou
van die NG Kerk?”.
“Eenvoudig”, sê hy. “Ek was naïef genoeg om
hieroor te praat tydens kerkraadsvergaderings en by ander byeenkomste met
gemeentelede. Ons het getuig, ons was opgewonde, ons het gebid dat ander ook
hierdie soort ervarings met die Here sal hê.
Ons het vriende genooi om saam met ons uit te reik - om skole te besoek,
met kinders te praat, geleenthede vir kinders uit ander dele van die dorp te
reël....”
“Toe kry ons die trekpas. Tydens ‘n kerkraadsvergadering het een van
die senior ouderlinge, ‘n boere-oom, vir my gesê ons hoort nie langer in dié
kerk nie. Ons skep onrus, ons moet
gaan.”
Ek kan my ore nie glo nie. “Moenie vir my
sê julle het vir die omie geluister nie?”, sê-vra ek.
“Jy weet dalk nie hoe dinge werk op ‘n
konserwatiewe dorpie nie”, sê my vriend.
“Ons het geweet ons doppie was geklink. Dalk het ons oorreageer, maar
ons het dadelik bedank. Vir geruime tyd
was ons prakties kerkloos, maar mettertyd het ons deel geword van ‘n nuwe,
charismatiese kerkplanting op die dorp.”
Nou loop ons gesprek baie draaie en hy
vertel uitvoerig oor die groei van hul nuwe gemeente. Interessant genoeg het hulle deur al die jare
‘n goeie verhouding met hul voormalige NG dominee behou. “Eintlik was dié
dominee die afgelope tien jaar steeds my mentor, totdat hy ‘n ander beroep
aanvaar het, ofskoon hy magteloos was om my as lidmaat te beskerm”.
Aan die einde van ‘n lang gesprek, vra ek: “Wat
sal dit vir jou moontlik maak om terug te kom NG Kerk toe?”
Hy betrap my onkant: “Dié dag dat die NG Kerk op hierdie dorp
besef sy bestaan nie slegs vir haar lidmate op hierdie dorp nie, maar dat sy
geroep is om die gemeenskap te dien. Dié
dag wanneer die kerk die Here se liefde ongekwalifiseerd met die mense rondom
hulle begin deel, oop arms het vir diegene wat anders as hulle is, maar die
kerk nodig het, en verstaan dat hulle geseën is om tot seën te wees.”
“Ek dag jy sou verwys na ‘n leerstelling of
twee, of na ‘n dramatiese geestelike ervaring?”, stamel ek.
Die lagplooitjies trek saam en verlewendig
die ondeunde gelaat. “Liefde, diens, en die seën van ons naaste IS mos die belangrikste
leerstelling én die hoogste ervaring van ons geloof”, glimlag die man wat
soveel vreugde uitstraal.
Waardering vir die verloop van die
verkiesing uitgespreek
Die Sinodale
Kommissie (SK) het tydens gister (7 Mei) se vergadering baie groot waardering
teenoor die Onafhanklike Verkiesingskommissie uitgespreek vir die verloop van
die verkiesing, wat as vry en regverdig gesertifiseer is en internasionale
erkenning geniet.
Die SK meen dat Suid-Afrikaners hul ware
kleure gewys het deur vreedsaam in lang toue by stemlokale te staan, en lekker
saam te kuier so al in die ry langs. Dit gee hoop en verdien om raakgesien en
geprys te word.
Die vrou wat glo - ‘n lied deur Nico
Bezuidenhout op YouTube
Nico Bezuidenhout,
dominee van Oos-Londen Moedergemeente en bekende sanger, het ‘n nuwe lied
vrygestel. Dit is opgedra aan die vrou wat glo (dit is ook die titel van die
lied) en kan gedeel word met jou moeder, vrou of gemeente, sê Nico. Dit is op
YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=VzRmeCjYrKU. Die beelde op die video is ook, naas die sang, pragtig.
Indien iemand die Mp3-weergawe wil hê, kan
dit gratis aangevra word by nico@sainet.co.za
Dankie Nico!
Die NG Kerk moet vrymoediglik help vorm
aan die SA-samelewing - Prof Peter Vale
“Geen mens in
Suid-Afrika is onaangeraak deur die NG Kerk nie. Dit is die kruis wat dié Kerk moet dra. Maar
dit is ook die besondere strategiese voordeel van die NG Kerk”, het prof Peter
Vale, bekleër van die Nelson Mandela Leerstoel in Staatskunde, tydens die
onlangse padberaad van die Moderatuur en die Ring van Albanie te Grahamstad
gesê.
Vale het op uitnodiging van die Ring namens
die gemeenskap ‘n inset tydens die padberaad gemaak. Die tema van sy voordrag was: Wat die gemeenskap van die kerk nodig het?
Hy het verwys na die tydperk tussen die
Amerikaanse Revolusie en die Burgeroorlog - sowat 110 jaar. In die VSA was dit ‘n
tyd van absolute wetteloosheid en die oorheersing van die maghebber en
uitbuiter. Dit was die kerk in die VSA
wat in hierdie kritieke tyd die samelewing moreel-eties gevorm het en die mag
van wetteloosheid gebreek het, het Vale gesê. Dit was die kerk wat die publieke
waardesisteem in die VSA voorberei het vir ‘n kultuur van gemeensaamheid (die
vorming van die konsep van verenigde state), ‘n kultuur van beginselvastheid en
die oorwinning van reg oor onreg.
Wat Suid-Afrika betref, is die konsep van demokrasie
die tema wat ons in die publieke lewe en publieke gesprek behoort saam te bind.
Saam met ander kerke en publieke rolspelers moet die Kerk aktief toetree tot
die gesprek oor die vraag: wat beteken demokrasie vir ons? Hoe klee ons in die burgerlike samelewing ons
gemeenskaplike lotsverbondenheid in. Wat beteken dit vir ons waardesisteem? Wat
beteken dit vir dienslewering deur bv staatsinstellings?
Vale het verwys na die troos wat die groter
prentjie en die “long range view” vir
ons behoort in te hou. Ons moenie gou desperaat raak nie. Wat honderde jare
geneem het in ander dele van die wêreld, sal nie in ‘n dekade of twee in
Suid-Afrika afgehandel word nie. Dink weer aan die eeue van wetteloosheid en
magsmisbruik in Europa en die VSA, om maar twee voorbeelde te noem. Die vraag is wat ons vandag moet doen om mee
te help aan die vestiging van waardes wat op die lang duur van nut sal wees.
Die strategiese voordeel van die NG Kerk is
juis dat NG mense geken word as ‘n gemeenskap wat sterk oortuigings het, wat
hulle deur hierdie oortuigings laat lei, en wat daadwerklike en betroubare
aksie in die samelewing neem. Terwyl ons
worstel om ‘n impak as openbare rolspeler te maak, moet ons ons hoop op ons
kinders en hulle kinders plaas. En moet ons in die vertroue leef dat die
konstruktiewe rol wat ons nou speel in hulle tyd vrug sal dra.
Vale het ook twee ander perspektiewe
uitgelig wat my getref het:
Oor 2010 - ‘n eeu na 1910
Wees versigtig, het
hy gesê, om 2010 net aan die Sokkerwêreldbeker te koppel. 2010 is ook die jaar
waarin ons die eeufees van die vorming van die Unie van Suid-Afrika moet
vier. Die dramatiese betekenis van 1910
toe - wat eintlik vier onafhanklike domeine was - besluit het om te verenig en ‘n
gemeenskaplike politieke bestel te vorm, mag ons nie verbygaan nie. Een van die vrae is hoe mense dit destyds
reggekry om nasiebou toe te pas en ‘n bewussyn van gemeenskaplike belange te
vestig. Wat kan ons daaruit leer? Wat
kan ons navolg en wat moet ons vermy?
Dit was eers na Uniewording - in Hertzog se tyd - dat die posdiens in
Suid-Afrika gevestig is. Watter rol het
hierdie tegnologie - die ekwivalent van die moderne internet - in die
samelewing gespeel en hoe is dit gebruik om die publiek te dien?
Versigtig vir ‘n eksklusiewe ekonomiese beoordeling
Vale het ook beswaar
gemaak teen die ver-ekonomisering van die waardesisteem in die land. Selfs kerke
begin oor hulself en hul werknemers (!) in ekonomiese terme te dink. Dit is ‘n
baie eensydige perspektief, het hy gesê.
Ekonomiese maatstawwe kan nie naastenby alles wat waardevol is, meet
nie. Dit is ‘n slaggat van formaat.
Alzheimer’s Ondersteunersgroepe in die
Oos-Kaap
In verlede week se OosKaap Enuus het ek twee
Alzheimer’s ondersteuningsgroepe genoem, en gevra wie weet van nog meer
groepe. Willie de Koker van Jeffreysbaai
het hierop gereageer met ‘n massiewe hoeveelheid inligting:
Hy skryf:
In ons gemeenskap is daar ook ‘n
Alzheimer’s ondersteuningsgroep, gelei deur dr Anna van Zyl. Dis nie amptelik
‘n gemeentegroep nie, en word bygewoon deur mense uit alle kerke en kulture. Sy
is ‘n afgetrede sielkundige wat haar op die onderwerp goed, soos in baie goed!,
ingegrawe het. Jy kan gerus haar naam op die E-nuus sit as ‘n bekwame spreker
oor die onderwerp. Sy sê vir my sy is bewus van nog ander groepe in die Baai en
omgewing, en sal die besonderhede later aanstuur.
Intussen het Anna van Zyl die ander groepe se besonderhede aangestuur,
wat die volgende is:
ALZHEIMER’S
EASTERN CAPE:
SUPPORT
GROUPS FOR FAMILY AND CARERS OF ALZHEIMER’S SUFFERERS
From
1 May 2009
EVERY
3RD WEDNESDAY OF THE MONTH AT 17.30 (5.30pm)
Ms
Charlotte van der Lugt – 041-5812241
C.P.
BRADFIELD - GAZANIA AVENUE, SUNRIDGE PARK
EVERY
LAST WEDNESDAY OF THE MONTH AT 17.30 (5.30pm)
Prof. Juanita Strumpher – 041-3603246
GELVAN
PARK FRAIL CARE HOME – OLEA STREET,GELVAN PARK
EVERY
3RD SATURDAY OF THE MONTH AT 16.00 (4pm)
Matron Linda Swartz – 041-4571466
JEFFREY’S
BAY - 1 ASH CRESCENT, WAVECREST
EVERY
3RD TUESDAY OF THE MONTH AT 10.00am
Dr Anna van Zyl – 042-2933496
PORT
ALFRED – SETTLERS PARK RETIREMENT VILLAGE
2ND
TUESDAY OF THE MONTH AT 14.00 (2pm)
Miss Helen Dell – 046-6040236
EAST
LONDON – 38 DARLINGTON ROAD, VINCENT,
3RD
WEDNESDAY OF THE MONTH AT 10.30am
Mrs
Flo Schwartz – 043-7267296
UITENHAGE
– DUTCH REFORMED CHURCH DE MIST
LAST
MONDAY OF THE MONTH AT 18H00 (6pm)
Mrs Miempie van Wyk – 041-9229012 / 082 925
1326
Multi-Professional
Diagnostic & Assessment Clinic:
For Bookings and more Information Contact:
Dr Heather Rauch: 041-5815300 / 082 657 0536
A nominal fee is
charged to each family along with the request
that they take
out membership of AEC
Gebedsgidse en ‘n vriendskap-strategie
rondom die Indian Premier League
Herman Lamprecht van OM SA
skryf:
With
the IPL (Indian Premier League) being hosted so fast in South Africa we did not
have much time to think of a response but we still wanted to do something. So we
have decided that we want to two things for this tournament.
We would like to challenge
individuals and churches to attend IPL matches (it’s very cheap) and to
intentionally befriend one of the visiting Indians (about 10 000 is expected)
and to invite them to their home for dinner. This way they can build UP a
friendship, get some cross-cultural exposure and hopefully share Christ with
them.
PRAYER! We have developed prayer guides for each of the teams as they
represent different states in India. The prayer guides have some information on
the team and the state, some prayer requests and some stories from the region.
The eight prayer guides plus a How To guide is available on the website www.omsa.org.za (Just look for the IPL
links). We want to do something similar for the world cup next year so this is
a test run as well as a great way to raise some prayer for India.
What I would like to ask from you is to
promote this for the few remaining weeks of the IPL to all your contacts:
supporters, churches, whoever. We would like to get it out as far as possible.
I am willing to post or email a nice letter explaining everything if you could
provide me with the contact lists. If you are going to contact them yourself
please just let me know so that I can keep track of we are talking to and so
not duplicate ourselves.
The prayer guides are about 500kb each so
it is slightly to large for me to email it to all of you, but if you would like
a copy and don’t have access to the internet please email me back and I will
send it to you.
Thank you so much for your help
Annette van der Merwe laat weet dat die bekende Hadassa vroue-byeenkoms
weer vanjaar in PE aangebied word. Sy skryf:
Hadassa is ‘n aanbieding van Moreletapark se
vrouebediening. Reeds deur meer as
16,000 vroue landswyd bygewoon.
Nou weer in PE…..gryp die geleentheid aan…..God
se afspraak met jou! Wees ‘n vrou na
God se hart.
DATUM: 14, 15 Augustus 2009
PLEK: Heideveld NG Kerk, Port Elizabeth
KOSTE: R150.00 per persoon (sluit 2 etes
en aanbiedingsmateriaal in)
SLUITINGSDATUM
VIR INSKRYWINGS: 25 Julie 2009
NAVRAE EN INSKRYWINGSVORMS:
Annette 041 3711042 (tel & faks) / 084 549 2525
Kantoor 041 371 2435 (tel & faks)
Kensington-Gemeente hou basaar in
Walmer se kerksentrum
NGK Kensington, Port
Elizabeth, se kerkkantoor laat weet:
Kensington-Gemeente is ‘n
gemeenskapskerk binne in ‘n sendingveld waar die oorgrote mense swaar
kry. Ons het nou ‘n tydelike leraar wat graag wil hê ons as gemeente moet
‘n verskil vir JESUS in Kensington maak.
Ons skop die bal af met ‘n groot BASAAR
wat ons gaan hou in die saal van die Ned. Geref. Kerk Walmer op die hoek
van VIlliersweg en 4de laan, Walmer op Vrydag, 8 Mei 2009 vanaf 4:00nm.
Heerlike pannekoek, poeding, koek, tert,
klein koekies, kerrie en rys, sosaties, boereworsrolle, jaffels,
tee/koffie/gemmerbier en heerlike skaap potjiekos wat ds. Lodewyk self gaan
maak sal daar wees.
Ons het u hulp en onversteuning regtig
nodig. GROOT ASSEBLIEF!! Sien julle almal daar op Vrydag, 8
Mei 2009 om 4:00nm.
Ons GROOT dank aan Walmer gemeente vir die
gebruik van hul geriewe!
Ons weet ons kan op u staatmaak!!
Vakature : NG Gemeente
Rietfontein-Noord
Rietfontein-Noord is ’n voorstedelike gemeente in Pretoria en bestaan
tans uit 322 doop- en 1108 belydende lidmate. In biddende afhanklikheid
van die Here maak ons die volgende vakature bekend:
VOLTYDSE LERAAR
PROFIEL:
Die geskikte kandidaat is ’n geordende leraar/proponent met ‘n passie
en ’n gawe om kinders en jongmense te bedien. Hy/sy werk maklik in
spanverband saam en beskik oor die vermoë om die Evangelie kreatief en dinamies
in die idioom van jong mense aan te bied.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Ons verwag dat die leraar verantwoordelikheid sal aanvaar vir die:
* Skoolgaande jeug d.m.v. kinderkerk, jeugdiens en
vakansieprogramme
* Pastorale versorging van kinders in gesinsverband;
* Na-skoolse jongmense
* Jong-getroudes en enkellopendes
VERGOEDING:
Vergoeding volgens Sinodale riglyn en word op ’n totale koste tot die
gemeente, benader. Behuisingsvoordeel word ingesluit.
AANSOEKE:
Persone wat op hierdie uitnodiging wil reageer, kan die voorgeskrewe
aansoekvorm aanvra.
Die vorm, vergesel van ‘n CV van hoogstens 2 bladsye, moet teruggestuur
word na:
24ste Laan 800, Rietfontein, 0084; kerkkantoor@ngkrn.co.za
Faks: 086 622 6425
Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en psigometriese
toetse.
SLUITINGSDATUM: 31 Mei 2009
NAVRAE:
Kerkkantoor:
Berdine Spangenberg Tel. 012 331 3253 of 072 206 4509
Diensverhoudinge: Sonia
Pienaar
Tel. 012 332 2740 of 082 417 5900
Leraar:
Francois
Naude Tel.
084 860 8000
Religion
is dwindling in the US
Willie
de Koker vestig ons aandag op hierdie berig gedra deur news24.com (let op die
opmerking oor Pentecostals teen die einde):
New York - A wide-ranging study on American religious life found that
the percentage of Christians in the nation has declined and more people say
they have no religion at all.
Fifteen percent of respondents said they had no religion, an increase
from 14.2% in 2001 and 8.2% in 1990, according to the American Religious
Identification Survey.
The study found that the numbers of Americans with no religion rose in
every state.
"No other religious bloc has kept such a pace in every state,"
the study's authors said.
In the Northeast, self-identified Catholics made up 36% of adults last
year, down from 43% in 1990. At the same time, however, Catholics grew to about
one-third of the adult population in California and Texas, and one-quarter of
Floridians, largely due to Latino immigration, according to the research.
Nationally, Catholics remain the largest religious group, with 57
million people saying they belong to the church. The tradition gained 11
million followers since 1990, but its share of the population fell by about a
percentage point to 25%.
Christians who aren't Catholic also are a declining segment of the
country.
In 2008, Christians comprised 76% of US adults, compared to about 77% in
2001 and about 86% in 1990. Researchers said the dwindling ranks of mainline
Protestants, including Methodists, Lutherans and Episcopalians, largely explains
the shift. Over the last seven years, mainline Protestants dropped from just
over 17% to 12.9% of the population.
The report from The Programme on Public Values at Trinity College in
Hartford, Connecticut, surveyed 54 461 adults in English or Spanish from
February through November of last year. It has a margin of error of plus or
minus 0.5 percentage points. The findings are part of a series of studies on
American religion by the program that will later look more closely at reasons
behind the trends.
The current survey, being released on Monday, found traditional
organized religion playing less of a role in many lives. Thirty percent of
married couples did not have a religious wedding ceremony and 27% of
respondents said they did not want a religious funeral.
About 12% of Americans believe in a higher power but not the personal
God at the core of monotheistic faiths. And, since 1990, a slightly greater
share of respondents - 1.2% - said they were part of new religious movements,
including Scientology, Wicca and Santeria.
The study also found signs of a growing influence of churches that
either don't belong to a denomination or play down their membership in a
religious group.
Respondents who called themselves "non-denominational
Christian" grew from 0.1% in 1990 to 3.5% last year. Congregations that
most often use the term are megachurches considered "seeker
sensitive". They use rock style music and less structured prayer to
attract people who don't usually attend church. Researchers also found a small
increase in those who prefer being called evangelical or born-again, rather
than claim membership in a denomination.
Evangelical or born-again Americans make up 34% of all American adults
and 45% of all Christians and Catholics, the study found. Researchers found
that 18 percent of Catholics consider themselves born-again or evangelical, and
nearly 39% of mainline Protestants prefer those labels. Many mainline
Protestant groups are riven by conflict over how they should interpret what the
Bible says about gay relationships, salvation and other issues.
The percentage of Pentecostals remained mostly steady since 1990 at
3.5%, a surprising finding considering the dramatic spread of the tradition
worldwide. Pentecostals are known for a spirited form of Christianity that
includes speaking in tongues and a belief in modern-day miracles.
Mormon numbers also held steady over the period at 1.4% of the
population, while the number of Jews who described themselves as religiously
observant continued to drop, from 1.8% in 1990 to 1.2%, or 2.7 million people,
last year. Researchers plan a broader survey on people who consider themselves
culturally Jewish but aren't religious.
The study found that the percentage of Americans who identified
themselves as Muslim grew to 0.6% of the population, while growth in Eastern
religions such as Buddhism slightly slowed.
- AP
Nuwe
uitgawe van Teologie[by]Kovsies
Gerhard botha laat
weet:
Om ‘n Christen in Afrika te wees, stel groot
uitdagings. Om nie eers te praat van die
uitdaging wat dit aan predikante stel nie.
Die Evangelie moet gekontekstualiseer word vir die Masai, die Afrikaan
op die platteland en in die stad. Dit
kan onder meer inhou dat huisbesoek per fiets gedoen moet word, of
opleidingsmateriaal in Mandaryn vertaal moet word vir die Chinese wat ‘n tuiste
onder die Afrikason kom vind het. Dit is
alles moontlik danksy die Goddelike God wat ons aanbid en wat ons in menslike
mense verander. Dit is ‘n voorreg om die
Drie-enige God in Afrika te dien. ‘n Voorreg wat internasionale akademici kan
kom waardeer in hul besoek aan die Fakulteit Teologie. Dit is immers ‘n fakulteit waar studente
geleer word om ‘n verskil in die wêreld te maak deur die Evangelie van ons Here
Jesus Christus. ‘n Fakulteit waar teoloë
toegerus word om die beste navorsers te wees wat hulle kan wees, tot die eer
van God!
Mag u God se seën
in hierdie spesiale tyd van die jaar ervaar, sodat Hy u tot seën kan maak vir
die wêreld deur die dood en opstanding van ons Here Jesus Christus en die werking
van die Heilige Gees. Lees meer in die
nuutste Teologie@Kovsies by http://www.ufs.ac.za/newsletter/newsletter.php?sid=92
Die preekvoorstelle vir
Pinkster 2009 sluit vanjaar by die Calvyn 500 feesvieringe aan. Die dokument is pas vrygestel en is net ‘n
klik van die muis ver - in Afrikaans en Engels. Dit is
besonder leersaam en interessant - selfs al word dit nie in jul gemeente vir
Pinkster gebruik nie, kan mens - ook lidmate - dit net lees vir die bevatlike
teologiese waarde daarvan. Dr Gideon van der Watt en die span samestellers het
werklik goeie werk gedoen en word daarmee gelukgewens.
Vanjaar vind die skoolverlaterskampe
weer in die winter-skoolvakansie plaas, van 28 Junie tot 5 Julie 2009.
Volledige besonderhede tesame met die
inskrywingsvorm is beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/skollies/inskrywingsvorm.pdf
Konferensie oor plattelandse
bediening te Citrusdal
Die Cedarberg konferensie vir plattelandse gemeentes vind weer vanjaar op 9
en 10 Junie in Citrusdal plaas. Die plaaslike gemeentes van die VGK en NGK bied
die konferensie in samewerking met Communitas aan. Soos verlede jaar sal die
konferensie fokus op bediening in die platteland. Die tema is: God
is ons hoop! Sprekers en werkswinkel-aanbieders met ervaring van
plattelandse bediening deel hulle insigte. Die fokus is nie net
gemeenteleiers nie, maar alle lidmate wat graag betrokke wil raak in die
Koninkryk! Verlede jaar was konferensiegangers entoesiasties oor die nuwe
energie wat hulle ontvang het vir hulle bediening in die gesellige atmosfeer en
gasvryheid van die Citrusdal! Indien u meer inligting verlang oor die program
en werkswinkels wat aangebied gaan word kan u gerus vir Johan Witbooi
(VGK Citrusdal) kontak by +27 22-9212602 / +27 83 629 5067
of vir Danielle van Zyl (NGK Citrusdal) kontak by +27
22-921 2300 / +27 83 261 7650.
Hulle sien uit daarna om u te ontvang in die Goue vallei!
Berei die Geloofsgemeenskap voor vir
2010 en daarna
Die SA Teologiese
Seminarium bied ‘n besondere opleidingskursus gedurende Junie aan om gemeentes
en gemeenskappe voor te berei vir die uitdaging van 2010-evangelisasie. Klik
hier vir die volgende dokumente:
2. Program,
en
Dit sal baie goed
wees as ringe elk ‘n verteenwoordiger na hierdie opleiding kan stuur.
Skryf in vir ‘n Communitas Werkswinkel: The 7 Habits of Highly
Successful People
Communitas nooi jou graag uit na die volgende aanbieding van die
"Signature" werkwinkel van Stephen R Covey: The 7 Habits of Highly
Effective People . Vir die afgelope 9 jaar is Communitas 'n lisensiehouer
om hierdie uitstekende werkswinkel vir gemeente- en gemeenskapsleiers te kan
aanbied en kan ons daarom hierdie internasionaal bekende werkswinkel aanbied
teen 'n veel laer prys as in die korporatiewe mark.
Die program is onlangs
herskryf en is nou, selfs meer as in die verlede gemik daarop om die sewe
gewoontes van effektiwiteit te integreer in jou persoonlike en beroepslewe. Van
die honderde predikante, gemeente- en gemeenskapsleiers wat die werkswinkel in
die verlede by ons bygewoon het, beskou dit as een van die beste
kursus-ervarings van hulle lewe wat hulle bemagtig om hulle roeping met groter
effektiwiteit te kan uitleef.
Die werkswinkel word in
Afrikaans en Engels aangebied deur Pierre Goosen en Frederick Marais. Omdat die
werkswinkel baie interaktief is, is daar 'n beperking op die getal
kursusgangers en moedig ons jou aan om betyds in te skryf.
Signature workshop 7 Habits
of Highly effective people
Dag 1: Beginsels van effektiwiteit
Gewoonte 1: Wees pro-aktief
Gewoonte 2: Begin met die einde in gedagte
Dag 2:
Gewoonte 3: Belangrikste dinge eerste
Gewoonte 4: Dink wen-wen
Gewoonte 5: Luister eers voordat daar na jou geluister word
Dag 3:
Gewoonte 6: Skep sinergie
Gewoonte 7: Slyp die byl
Datum: 23-25 Junie 2009
Plek: Communitas
(Teologiese Fakulteit Stellenbosch)
Koste: R3 000 (Middagetes en
tee ingesluit)
Navrae: Pierre
Goosen: tel: 021 808 2914
Inskrywings: Divine Robertson: tel: 021 808 3265, e-pos: dr@sun.ac.za
Willie de Koker deel
hierdie wysheid met ons:
REMEMBER THAT YOUR PEOPLE MAKE YOU WHAT YOU ARE.
A good church and congregation can make a good
pastor; a poor church and congregation can make a poor pastor.
Likewise a good church and congregation who are
led by a poor pastor, who has not the love of his people, nor the interests of
God in his heart, can be the ruination of a church.
Be observant and thankful for the opportunities
that you have been given to serve God and your people, and the many ways that
they work together to make you who you are.
They once said that a black man would be President of the US when pigs
flew.
His first 100 days and - wham, Pig's flu!!!
====
A teacher was reading the story of the Three Little Pigs to her class. >
She came to the part of the story where first pig was trying to gather the
building materials for his home.
She read 'and so the pig went up to
the man with the wheelbarrow full of straw and said: 'Pardon me sir, > but
may I have some of that straw to build my house?'
The teacher paused then asked the class: 'And what do you think the man said?'
One little boy raised his hand and said very matter-of-factly ...'I
think the man would have said - 'Well, I'll be damned!! A talking pig!'
The teacher had to leave the room
Sinodale Kommunikasie