Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 2 - 29 Januarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Cradock
hou ‘n publieke Biddag vir Reën
Vervul
jul publieke rol as gemeente
Volkswagen
kondig inkorting van produksie aan: Hoe om “daar te wees vir”?
Sondag 8 Februarie: Biddag vir Onderwys en Opvoeding
Aberdeen
se VG en NG kerkrade versoek VGK en NGK om mekaar te vind
Brugbediening
en NIMSA sprei vlerke
The
Ultimate Goal : Evangelisasie rondom die 2010-Węreldsokkerbeker
Heartlines: TV mini-reeks lui ses weke van
waardes-in-aksie in - en: Jy is genooi vir ontbyt!
Oom
Giep Louw oor die rol van Christelike lektuur
Langer
termyn bestuur van verslawing, en: brugprogram
Canzibe-nuus
van Wikus van der Walt en gesin
Groen
is ook die kleur van die evangelie
Scripture
Union het ‘n vakature vir ‘n jeugwerker
Nuut op ons sinodale foto-album
One day, a man went to visit a
church..
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok. Stuur
julle gemeentelike foto’s asb aan my, dan plaas ek dit graag op ons blad.
Cradock hou ‘n publieke Biddag vir Reën
Die drie NG Gemeentes
op Cradock het saamgespan om die hele dorp en omgewing te nooi na ‘n
geleentheid van gebed en verootmoediging midde-in ‘n versengende droogte in die
Karoo. Benewens die droogte en hitte kom sprinkaanplae ook voor, en sterf selfs
wild ook alreeds.
Die gebedsgeleentheid is op die gemeenskap
gerig, en mense uit alle groepe was teenwoordig. Ook die kinders het aan die
openbare gebede deelgeneem. Die kerk was lekker vol.
Die kerkklok van Cradock Moedergemeente het
vanaf 08:00 al om die uur tot 13:00 gelui om die gemeenskap te nooi na die
byeenkoms wat om 13:15 begin het, en 45 minute geduur het.
Ds Attie van Wyk het voorgegaan. In sy
boodskap het hy beklemtoon dat so ‘n byeenkoms nie ten doel het om God te
manipuleer nie, maar om ons afhanklikheid van die Here te bely. As Hy nie sorg
nie, kan ons nie lewe nie, het Attie gesę.
Die biddag is deel van die Week van Gebed
wat vandeesweek op Cradock gehou word. Daar is elke oggend om 07:00 ‘n stil
gebedsgeleentheid, waar die nagmaal ook gebruik kan word.
Saans bid die gelowiges saam, vir
onderwerpe soos die gemeentelike bediening (Maandag); die kerk se getuienis
(Dinsdag), vir geestelike groei (Woensdag), die jeug (Donderdag - vandag) en
vir mekaar - dra mekaar se laste (Vrydag). Verootmoediging voor die Here weens
die droogte is ook ‘n integrale deel van die Week van Gebed.
Vervul jul publieke rol as gemeente
Tydens die jongste
Dagbestuursvergadering van die Sinodale Kommissie het lede indringend - in
opdrag van Sinode 2007 - oor die publieke rol van gemeentes besin. Gemeentes,
ringe en ‘n sinodale verband wat hul publieke rol ernstig opneem, is ‘n faset
van ons Christelike roeping wat Sinode 2007 sterk onderskryf het.
Waar die versoeking altyd is om na ‘n
interne geestelike belewingswęreld te vlug, is dit nodig om doelbewus grense na
die publieke lewe oor ste steek.
Voorbeelde wat genoem is, sluit die
volgende in:
*
betrokkenheid by sosiaal-maatskaplike kwessies op plaaslike
(gemeentelike) vlak, maar ook in groter kontekste, bv dorpe en streke (ringe),
en provinsiaal-nasionale kwessies (sinodaal).
*
belangstelling en betrokkenheid by landbou/boerdery sake en belange, bv
die plaaslike boerevereniging.
*
ondersteuning en bemagtiging rondom die lewering van dienste, soos
mediese dienste.
*
geestelike betrokkenheid by professionele en ander beroepsliggame, soos
die prokureursvereniging, Agri Oos-Kaap, onderwysverenigings, politieke partye
en strukture, e.s.m.
*
betrokkenheid by die plaaslike munisipaliteit, of die provinsiale
regering.
*
betrokkenheid by groot werksgewers, soos in die motorbedryf.
*
deelname aan 2010-evangelisasieprojekte.
*
Gemeentes, ringe en die SK moet die samelewing met ‘n “nuwe oog” bekyk
en geleenthede om die grense oor te steek na die realiteit van die lewe
aangryp. Die kerk se rol is hier nie in
die eerste plek voorskriftelik nie, maar ‘n bediening deur teenwoordigheid -
“daar wees”.
Vloei
Na aanleiding van die
fontein van lewende water (Johannes 4) wat tydens die sinode so ‘n integrale
rol gespeel het, is vyf VLOEI-doelwitte geformuleer. Hierdie doelwitte skep die
raamwerk waarbinne die publieke rol van die kerk moet funksioneer
V - Verhoudinge (reik
uit oor grense na mense en bou verhoudinge met hulle);
L - Luister (publieke
rolspelers en buitestanders moet gehoor word om hul behoeftes te verstaan);
O - Omgee
E - Eenheid (gemeentes
moet mekaar se hande vat, asook die hande van ander vennote in die publieke
sfeer); en
I - Inligting.
Biddag
Cradock se
pasafgelope biddag is ‘n mooi voorbeeld van hoe gemeentes hul publieke
verantwoordelikheid kan nakom. Luister na die behoeftes en nood, gee om, vat
hande met ander rolspelers (in hierdie geval kerke, die boereverenigings,
e.s.m.) en kommunikeer die inligting wyd.
Volkswagen kondig inkorting van
produksie aan: Hoe om “daar te wees vir”?
Die knellende
węreldwye ekonomiese afswaai raak ons direk in die vorm van, byvoorbeeld, die
aangekondigde inkorting van produksie by Volkswagen in Uitenhage. Wees verseker
dat dit die ander groot motorvervaardigers in die Oos-Kaap ook almal raak.
Verder is daar die honderde ander kleiner besighede wat komponente vervaardig
vir die groot fabrikante, of direk vir die uitvoermark.
Net so konkreet soos die ekonomiese impak
van die groot droogte wat groot dele van die Oos-Kaap raak.
Hoe beoefen ‘n gemeente - wat haar publieke
verantwoordelikheid nakom - ‘n bediening van “daar-wees-vir” werknemers,
bestuurslui, werkgewers in situasies soos hierdie. Ons fokus kan sekerlik nie
net ons eie lidmate wees wat geraak word nie, hoewel hulle ook - natuurlik -
belangrik is. Hoe bedien julle gemeente
julle gemeenskap? Na wie reik julle uit? Hoe help julle die nood van gesinne en
gemeenskappe dra?
Wat is julle kerkrade se beleid of strategie of werkswyse in
hierdie omstandighede?
Vertel
die stories asb - ons het nodig om by mekaar te leer.
Sondag 8
Februarie: Biddag vir Onderwys en Opvoeding
Dr Gustav Claassen is spesifiek deur die Algemene Sinode getaak om
die ontwikkelinge rondom onderwys te volg en leiding te gee. Hy herinner ons
aan die jaarlikse Biddag vir Onderwys en Opvoeding. Gustav skryf:
Dit is hopelik op
julle gemeentekalender aangeteken dat 8 Februarie afgesonder word vir
voorbidding rondom die saak van Onderwys en Opvoeding.
Ons is almal pynlik bewus van die krisis
waarin ons onderwys op die oomblik is. Die agste Februarie kan ingeruim word om
op 'n besondere wyse voorbidding te doen en so ondersteuning te gee aan diegene
wat in die brandpunt van hierdie krisis is. Onderwysers/dosente beleef
ongelooflike druk, leerders wanhoop omdat hulle nie voorberei word vir die
arbeidsmark nie, skoolhoofde het met dissiplinęre en burokratiese nagmerries te
doen, gemeenskappe versaak hulle betrokkenheid deur nie by beheerrade betrokke
te raak nie.
Hierdie is 'n geleentheid om op plaaslike
vlak spesiale aandag te gee aan hierdie belangrike saak. Enkele wenke kan
aan die hand gedoen word:
Reël dat vir elke onderwyser 'n blommetjie
aangesteek word of dat hulle 'n klein geskenkie ontvang;
Versoek
die Beheerliggaam /Vroue-Aksie om gedurende pouse 'n lekkerny voor te sit en
die personeel te bedank vir hulle diens;
Skep
'n voorbiddingsgeleentheid tydens die erediens vir onderwysers/dosente en
leerders. Nooi die plaaslike skoolhoofde (indien hulle nie lidmate is nie) vir
die erediens.
Doen dus asseblief
iets besonders vir julle onderwysers en leerders; maak die dag vir hulle
spesiaal en aangenaam. Maak hulle daarvan bewus dat die kerk op dié dag
erkenning en ondersteuning aan hulle gee.
Aberdeen se VG en NG kerkrade versoek
VGK en NGK om mekaar te vind
Onderstaande
is ‘n brief wat goedgekeur is deur
- die
kerkraad van die Nederduits Gereformeerde gemeente Aberdeen asook
- die
kerkraad van die Verenigende Gereformeerde gemeente Aberdeen.
Die onderskeie kerkrade wil hulle ontsteltenis
te kenne gee oor die onlangse beëindiging van gesprekke tussen die Moderatuur
van die NGK en die sinode(s) van die VGK. Ons het dit ervaar as ‘n onwilligheid
om mekaar te vind. Ons het gewonder wat het geword van die “nuwe gees van
versoening” wat sigbaar geword het uit die samekoms by Esselenpark in Junie
2006.
Dit is ons hoop dat hierdie struwelinge nie
die plaaslike samewerking en gedeelde visie vir die dorp Aberdeen sal
verongeluk nie. Ons sal graag wil sien dat die goeie onderlinge verhouding
tussen die betrokke gemeentes verder sal groei, dat die gesamentlike
gebedsgeleenthede sal uitbrei, dat die wedersydse bywoning van eredienste met
nog groter vrymoedigheid sal geskied, dat die samewerking tov
barmhartigheidswerk sal vergroot.
Ons
doen ‘n beroep op die betrokke vergaderings van die NG- en VG Kerk om moeite te
doen om mekaar te vind.
Brugbediening en NIMSA sprei vlerke
Howard du Toit,
skriba van die Network for Interim
Ministry SA (NIMSA) vertel in sy jongste brief van die uitmuntende groei
wat brugbediening in Suid-Afrika beleef.
Hy skryf:
Wanneer ‘n predikant uit ‘n gemeente
vertrek, word ‘n opgeleide en geskikte predikant tydelik in die gemeente
aangestel/beroep om die gemeente in die oorgangsfase te begelei. In Suid-Afrika
vra die vinnig veranderende situasie en transformasieprosesse dat gemeentes in
die lig van hulle roeping ter wille van die koninkryk van God, gereed sal wees
om te verander en die uitdagings in ons samelewing aan te durf. Daar word
gesoek om die identiteit van die gemeente te herverstaan, afskeid te neem van
die vorige opset en as gestuurde gemeentes gefokus te raak op die toekoms.
Lees gerus die volledige
nuusbrief hier.
The Ultimate Goal : Evangelisasie
rondom die 2010-Węreldsokkerbeker
Dr Mike Muller,
verteenwoordiger van die NG Kerk in Oos-Kaapland, by die beplanning van die
evangelisasie rondom die węreldsokkerbeker is kliphard aan die werk om
ringsleraars toe te lig rondom die unieke, eenmalige geleentheid wat die Węreldsokkerbeker kerke
bied.
The
Ultimate Goal is die oorkoepelende naam van die inisiatief om 2010 as
evangelisasie-geleentheid (met ‘n wonderlike klem op die beoefening van
gasvryheid) aan te gryp.
Die mense van The Ultimate Goal, waarin ds Cassie Carstens (voorheen van die CSV)
‘n leidende rol speel,. Bied eersdaags opleiding vir leraars en gemeenteleiers
rondom hierdie inisiatief aan. Omdat Mike julle kragtig motiveer, die evangelie
vir julle belangrik is, en sport so naby ons harte lę, wil jy graag die
besonderhede van die opleiding hę. Net eers gou die strategie:
1-2-3 Strategie
Ek haal aan:
What does 1.2.3. stand for?
1: Envisioning for church leaders on the opportunities for outreaches during
the 2010 Soccer World Cup and beyond (www.smpsa.com)
2: Specialized training for community specific programs like Global Community
Games (www.globalcommunitygames.com)
and Ubabalo eAfrica (www.ubabalo2010.com
)
3: Practical training and application for outreaches during a major sport event
En nou die DETAIL :
Thobile Sonjica bied ‘n 123
Sports ministry Conference van 9 - 15 Maart in Port Elizabeth aan Hy kan
gekontak word by 084 981 5902.
Die doel word as volg
geformuleer: Envision
and equip church leaders/champions with skills and knowledge regarding Major
Sport Event Outreaches
Heartlines: TV mini-reeks lui ses weke
van waardes-in-aksie in - en: Jy is genooi vir ontbyt!
Die Port Elizabethse
verteenwoordigers vir Heartlines,
Alan en Joan Keeling, nooi gemeentelike leiers vir ontbyt om te gesels oor ‘n
opwindende en massiewe waardegebaseerde projek. Hulle skryf:
On Feb 24th 2009, HEARTLINES
will initiate a 6 week period of values in action...
starting with the broadcast of our latest TV mini-series - "HOPEVILLE". These 6 weeks will be used to promote taking action
on good values, inspiring and encouraging all South Africans to make a positive
difference to our country - our people, our land and our future - for good.
6 Weeks of
VALUES IN ACTION starting Feb 24th will promote active involvement of all South Africans in their
communities, with a focus on youth development. The new HEARTLINES resource Values
in Action will be available free of charge for all those
attending this event. This six-week small group resource is inspired by
the book of Nehemiah and provides a step-by-step guide as to how a group of
Christians can identify needs, pray for God's guidance and practically impact
surrounding communities. Promotional posters are also included in
the free resource pack.
Details of the
HEARTLINES 6 Weeks of VALUES IN ACTION BREAKFAST:
Breakfast: Tea, coffee and a light breakfast will be served
Date: Thursday, 12
February 2009
Place: Algoa
Community Church, Chestnut Street, Algoa Park, Port Elizabeth
Time: 08:30 to 11:30
Cost: R20
registration fee to cover costs will be appreciated
RSVP: 30 January 2009 to Margie
Noble by return e-mail or on P/F 041 581 5726
What can you expect
at this launch event?
* Multi-media presentation of 6 weeks of VALUES
in action and a promo of the Hopeville series
* Training on the use of the Values in
Action resource for leaders
God planned
for us to do good things and to live as he has always wanted us to live.
That's why he sent Christ to make us what we are. Ephesians 2:10 (CEV)
HOPEVILLE is the moving story of one man who finds the courage to live his
values. It's not easy trying to make a new start in a small town, but Amos
fights against the odds to make the best of his situation as a single dad and
recovering alcoholic. By God's grace and armed with a vision to create a place
that he and his son Themba can call home, his actions start to impact the
people around him.
The HOPEVILLE series will be screened for 6
weeks on SABC2 Tuesdays at 19h30
starting Feb 24th 2009
Oom Giep Louw oor die rol van
Christelike lektuur
Belangstellendes kan
gerus CUM se nuwe tak in Walmer Park, Port Elizabeth, besoek. Die tak het aan
die einde van 2008 geopen en ‘n hele aantal dominees en hul gades het die
opening bygewoon. Tydens die opening het ds Giep Louw op ‘n treffende manier
gepraat oor die rol van Christelike lektuur.
Hy het gelees uit Handelinge 8 verse 26 tot
33 en 35 tot 39, en gesę (teks soos deur oom Giep voorsien):
God stuur
Filippus na die Etiopiër – iemand met ʼn behoefte.
Die Etiopiër
lees maar verstaan nie werklik nie.
Filippus
verduidelik aan die Etiopiër wat die Skrif beteken.
Die Etiopiër
word gedoop.
Die Etiopiër
het sy reis met blydskap voortgesit.
Die
geskrewe Woord het hier ʼn sleutelrol gespeel. In vandag se terme sou ons
ook kon sę dat daar baie mense is wat nie verstaan nie. Benewens mense wat die Here kan gebruik om
die boodskap te verduidelik, bestaan daar vandag ook 'n verskeidenheid van
goeie Christelike boeke wat die Here kan gebruik om die Boodskap van Verlossing
aan mense te verduidelik.
In a
Christian bookshop we do not only sell books – we supply in peoples’ spiritual
needs. It is first and foremost a ministry and a vast resource centre to enrich
peoples’ spiritual lives and to add value to their day to day Christian
living. In that sense it renders a most
valuable service to support the ministry of the church at large.
In times of
insecurity people experience a tremendous need for something to hold onto
CUM accepts the challenge to address the
many needs present in the life of Christians and others.
I want to commend CUM for their vision in
identifying the need of the people and that of the church. They publish, import and distribute large volumes
of relevant Christian literature of high quality to satisfy the identified
needs.
CUM is vandag by verre die grootste
Uitgewer, invoerder en verspreider van Christelike materiaal deur sy groot
aantal Christelike boekwinkels reg oor ons land. In hierdie opsig lewer hulle ʼn
uitstaande diens aan die kerk in S.A.
My bede vir hierdie CUM winkel is dat vele
besoekers, soos die Etiopiër hulle reis met blydskap sal voorsit, omdat die
Here van hierdie gehalte Christelike Lektuur aangewend het om in hulle
geestelike lewe ʼn verskil te maak.
Langer termyn bestuur van verslawing,
en: brugprogram
Schalk van Niekerk
vertel dat Ramah Rescue vanjaar ‘n
langer termyn program vir verslaafdes wat nie hul verslawing suksesvol bestuur
nie, aanbied. Hierdie mense, wat begeleiding oor die langer termyn nodig het,
word onder ander oor ‘n langer termyn verblyf in ‘n plaasomgewing gegee waar
vaardigheidsopleiding, die nodige wysigings in lewensstyl e.s.m. aandag kry en
ingeoefen kan word.
Hiervoor benodig Ramah Rescue nog
finansiële en menslike hulpbronne.
Daar is ook ‘n brugprogram waar verslaafdes
wat suksesvol gerehabiliteer het, weer vir integrasie in die samelewing
voorberei word.
Belangstellendes kan gerus verdere navrae
by Schalk doen by 041 585 8900.
Canzibe-nuus van Wikus van der Walt en
gesin
Sondagaand 25 Januarie
Molweni Amadota. Unjani? En nog so
paar ander frases wat ek darem al op 'n manier baas geraak het. Dit voel
soms, wanneer ek met Xhosa mense moet kommunikeer of dieselfde
"bekende" woorde soos 'n enjin sonder olie in my kop vas draai. Maar
ons byt vas en bou elke dag nog 'n blokkie taal in.
Canzibe 9 Januarie: Met ons
aankoms was Chris Vermeulen en die span uit die Kaap besig om die
laaste stuk van die huisverwery af te handel. Hulle het VER gery om vir vyf dae
te skuur en te verf sonder ophou. "n Klompie van die gemeente het ook
ingespring en gehelp. Hulle was toe ook sommer hier om die afdraery van die trek
vragmtor baie te versnel. Al hierdie hulp het ons so spesiaal en welkom laat
voel.
Die eerste week hier was so besig
dat ons nie by die helfte van die intrekkery kon uitkom nie. Hierdie werf se
aktiwiteite het gladnie vertraag met die Stadlers se weggaan nie - eerder
versnel miskien ... en dit gladnie deur ons toedoen nie.
Carina het sommer hier aan die begin
'n paar nuwe swart vriendinne gemaak en die tee koppies en koekies moes maar so
tussen die bokse uitkom en die tee geniet word.
Hier is sulke nederige, behulpsame
mense wat met alles sę: ons is geëer met julle hier.
Nkosana Menze: Herman en
Elmarie Stofberg van Humansdorp het die Dinsdag vir my 'n
taalleermeester, tolk en "handyman" gebring, wat vir die jaar hier
saam met ons gaan werk. Hy is regtig 'n regterhand en skakel wonderlik by die
mense in.
Die bevestiging: Vrydagmiddag
16 Jan. het die groot 4 skaapslagting begin. Hier teen 5 uur bring 'n paar
ouderlinge 'n skaap vir ons - "dis net vir julle!" Carina was skoon
in trane want sy het nog nooit 'n hele skaap oor haar drumpel gehad nie. Die
afval moes ons ook natuurlik saam gaan proe.
Saterdagoggend om 10 uur het die
bevestigings diens begin en die laaste mense was eers teen half ses
die aand hier weg. Soos die Here Esegiël met 'n onmoontlike taak opgesaal het
sal Hy ons ook seën met Sy vermoë om 'n kerk te lei om sy węreld te bereik.
Sondag na die intree diens waar ek
weer uit Handelinge 16 ons roeping hierheen verduidelik het, is daar weer
heerlike middaete op die gras bedien en kon ons met smaak lekker sit en gesels
- ek natuurlik net in sulke klein grepies.
Sinangwana: Van Dinsdag
to Saterdag het ons vier in 'n huis op die monding van die Sinangwana rivier (4
km van Isilimela af) gaan uitspan om so bietjie tot verhaal te kom. Ek kon so
bietjie agterstallige administrasie afhandel en weer besef dat Xhosa leer my
HOOF aktiwiteit moet wees. Baie dinge gaan heeltyd die plek daarvan
probeer inneem.
En hier is ons nou.
Hierdie week moet die
skoolkamer ingerig word, die skoolboeke alles kom en Lara, Emelia en Carina
ernstig begin skoolgaan.
Vrydag 30 Jan - 1 Feb. hou
ons Canzibe leierskonferensie by Tsane en ek moet wys voorberei daarvoor.
Ek bid dat ek werklik die week ook die
regte bakkie sal kry.
Gebedslys:
Dat Xhosa leer my HOOF aktiwiteit sal bly en
ons goeie verhoudings daardeur sal ontwikkel.
Nkosana Menze -
Sy
werk saam met my
Ons kinders: Dit word maar ook
partykeer baie stil vir hulle hier.
Drankmisbruik is groot hier rond - Ons
het 'n effektiewe strategie daarteen nodig.
Canzibe leierskonferensie - dat ons
visie sal saamvloei die naweek.
Die tuisonderrig om gou op dreef te
kom.
Ons bid vir julle en sę dankie
vir al die liefde en steun wat ons ervaar!
Wikus, Carina, Lara en Emelia
Groen is ook die kleur van die
evangelie
Obama on Green Cars
By
Stephen Collinson
Outdated US
policies on "green" cars are about to be shredded by new president
Barack Obama.
Instead
of George Bush's heel-dragging policies on climate change he says:
"America will lead!"
Obama
signed memoranda ordering the transportation department to produce guidelines
that would require US cars to average less than six litres/100km by 2020.
And
he told the Environmental Protection Agency to help California and 12 other
states impose their own limits on CO2 emissions.
California
governor Arnold Schwarzenegger was delighted: "With this announcement it
is clear that California and the environment now have a strong ally in the
White House
There
was a generally positive reaction from US automakers, several of which depend
on government cash.
GM
said it was "working aggressively on products and technologies that match
the nation's priorities to save energy and reduce emissions" and was ready
to work with Obama.
The
11-member Alliance of Automobile Manufacturers, which includes Ford and
Chrysler, was also ready to work with the administration.
Obama
also made it clear that he would ask for action from developing economies to do
more to limit greenhouse gases.
"I've
made it clear that we will act but so must the world. That's how we will ensure
that nations such as China and India do their part."
Environmentalists
praised Obama after years battling the White House on climate-change issues.
Environmental Defence Fund executive director David Yarnold said: "It's a
terrific beginning – it means millions of new jobs, amplifies the stimulus
package and welds it to environmental benefits." – AFP (www.iol.co.za)
Scripture Union het ‘n vakature vir ‘n
jeugwerker
Hier is ‘n lekker
betrekking beskikbaar vir ‘n dinamiese jeugwerker. Scripture Union adverteer
tans so ‘n pos vir die Uitenhage area. Die suksesvolle aansoeker sal óf reeds
ervare in jeugwerk wees of opleiding op hierdie terrein suksesvol deurloop het.
Skakel Louise vir die volle besonderhede van die aansoekprosesdure by
041 374-3164.
Nuut
op ons sinodale foto-album
Kyk gerus na foto’s van produksies deur Danie Matthee
deur hier
te klik.
Die datumbeplanning vir Voortgesette Bedieningsopleiding,
sinodale vergaderings, ringsitting e.s.m is gefinaliseer en gepubliseer. Besoek
www.ngkok.co.za/datums.
One day, a
man went to visit a church..
He got there early, parked his car, and got out.
Another car pulled up and the driver got out and said,
"I always park there! You took my place!"
The visitor went inside for Sunday School, found an empty seat and sat
down.
A young lady from the church approached
him and stated, "That's my
seat! You took my place!"
The visitor was somewhat distressed by this rude
welcome, but said nothing.
After Sunday School, the visitor went into the
sanctuary and sat down.
Another member walked up to him and said, "That's
where I always sit! You took my place!"
The visitor was even more troubled by this treatment,
but still He said nothing.
Later as the congregation was praying for Christ to
dwell among them,
the visitor stood up, and his appearance began to
change.
Horrible scars became visible on his hands and
on his sandaled feet.
Someone from the congregation noticed him
and called out, "What happened to you?"
The visitor replied, as his hat became a
crown of thorns, and a tear fell from his eye,
"I took your place."
My wife sat down
on the couch next to me as I was flipping channels. She asked, 'What's on TV?'
I said,
'Dust.'
And then
the fight started...
Saturday
morning I got up early, quietly dressed, made my lunch, grabbed the dog, and
slipped quietly into the garage. I hooked up the boat up to the truck, and
proceeded to back out into a torrential downpour. The wind was blowing 50 mph,
so I pulled back into the garage, turned on the radio, and discovered that the
weather would be bad all day.
I went
back into the house, quietly undressed, and slipped back into bed. I cuddled up
to my wife's back, now with a different anticipation, and whispered, "The
weather out there is terrible."
My loving
wife of 10 years replied, "Can you believe my stupid husband is out
fishing in that?"
And
that's how the fight started...
My wife
was hinting about what she wanted for our upcoming anniversary. She said, 'I
want something shiny that goes from 0 to 150 in about 3 seconds.'
I bought
her a scale.
And then
the fight started...
When I
got home last night, my wife demanded that I take her someplace expensive...
So, I
took her to a gas station.
And then
the fight started...
My wife
and I were sitting at a table at my high school reunion, and I kept staring at
a drunken lady swigging her drink as she sat alone at a nearby table.
My wife
asked, 'Do you know her?'
'Yes,' I
sighed, 'She's my old girlfriend. I understand she took to drinking right after
we split up those many years ago, and I hear she hasn't been sober since.'
'My
goodness!' says my wife, 'who would think a person could go on celebrating that
long?'
And then
the fight started...
I took my
wife to a restaurant. The waiter, for some reason, took my order first.
"I'll
have the strip steak, medium rare, please."
He said,
"Aren't you worried about the mad cow?""
Nah, she
can order for herself."
And then
the fight started...
A woman
is looking in the bedroom mirror.
She is
not happy with what she sees and says to her husband, 'I feel horrible; I look old,
fat and ugly.
I really
need you to pay me a compliment.'
The
husband replies, 'Your eyesight's damn near perfect.'
And then
the fight started.....
(Dankie
aan Jan Viljoen)
Sinodale Kommunikasie