Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 6 - 26 Februarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Richard
Osmer oor praktiese bedieningstake
Identiteitsnommers
en sentralisering van lidmaatregisters
Bybel-Media
Nuusbrief : Fokus op die Rimpelprojek
Vakature
vir Skriba/Kassier: NG Kerk PE-Oos
Kursus vir die ouers van babas en kleuters
Uitnodiging
na Taizé-Byeenkoms
Heartlines : Eerste episode van Hopeville nou 3 Maart
A
call for participation in a National Day of Prayer for the elections : 20 March
2009
The Living Dead & The Living God : Oor
voorvaderverering
Nuut in ons sinodale foto-album
NT Wright oor die gesag van die
Bybel
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok. Stuur
julle gemeentelike foto’s asb aan my, ek plaas dit graag op ons blad.
Richard Osmer oor praktiese
bedieningstake
Op ‘n verrassende
manier is Richard Osmer se nuwe boek, Practical
Theology, An Introduction (2008), ook van besondere betekenis vir die
gemeentedominee. Osmer is professor by die Princeton Teologiese Seminarium en
bekend vir sy publikasies oor lering in gemeentes, soos A Teachable Spirit en The
Teaching Ministry of Congregations.
Hy beskryf die vier take van Praktiese
Teologie op só ‘n manier dat mens net weet: dit is ook jou taak, die hele
leierskap se taak, in die gemeente.
Osmer praat doelbewus van congregational
leadership” waarin hy nie net met predikante rekening wil hou nie.
Na aanleiding van konflik in sy eerste
gemeente rondom aanpassings op die terrein van die kerkgebou, verduidelik hy
dat die teologiese take die volgende is:
1. Priesterlike luister : “what is going on in
this situation?”. Hierdie is die beskrywend-empiriese taak. Hoe verstaan en
interpreteer ons in die gemeente hoe dinge in mekaar steek. Dit kan geskied
rondom ‘n episode in die gemeentegeskiedenis, of vanweë ‘n situasie wat
ontwikkel het, of na aanleiding van die konteks.
2. Wysheid: “why is this going on?” Hierdie is
die interpreterende taak waar deur middel van verskillende interpreterende
lense gevra word na die dinamika van die gebeure.
3. Normatiewe taak : “what ought to be going on?”.
Hier is profetiese onderskeiding nodig wanneer oor die geďnterpreteerde praktyke
gepraat word.
4. Praktiese taak - dienende leierskap : “how might
we respond?”. Hoe kan ons lei op ‘n manier wat getrou aan die evangelie en
effektief is?
Gemeenteleiers as interpreterende gidse
Osmer werk met
Charles Gerkin se konsep van die pastor as interpreterende gids. Die pastor het
in die moderne węreld sy outoritęre, hiërargiese gesag en dus sy “reg om gehoor
te word” verloor. Dit open egter die moontlikheid dat die pastor meer in kontak
met die leefwęreld van mense kan kom, in die vel van die konteks kan inklim, en
saam met lidmate op reis kan gaan. Saam gaan hulle na ‘n nuwe landskap, verken
dit, interpreteer dit en maak sin daarvan. In hierdie benadering word interpretasie die sentrale taak - soos
beliggaam in die vier take wat hy identifiseer.
Osmer skryf oor mense as interpreterende
wesens, en praat oor die spiritualiteit van gemeentelike leiers wat op ‘n
toepaslike manier begelei deur dialoog tussen die leefwęreld en die normatiewe
bronne van die Christelike geloof begelei. Hy doen dit op ‘n werklik
verhelderende wyse.
Priesterlike luister
Die eerste taak,
priesterlike luister, verg ‘n “spirituality of presence” van leiers. Vir leiers
beteken dit om aandag te gee aan ander in hul spesifieke uniekheid en
andersheid in die teenwoordigheid van God. Die sleutelwoord is “attending” -
wat bou op die Heilige Gees se gemeenskapsvormende teenwoordigheid in mense se
lewens.
Die vorming van nuwe gemeenskap
veronderstel priesterlike luister. Hierdie soort luister is nie net ‘n
leierskapstaak nie, maar die werk van die hele gemeente. Natuurlik is dit ook ‘n
leierskapstaak. Wanneer ons bid, bid ons nie net oor of vir mense nie, maar
treen namens hulle by God in - wat luister veronderstel. Wanneer gepreek word,
word die teks in verband gebring met die konkrete spesifiekheid van die
leefwęreld, wat luister veronderstel.
Daar is ‘n kontinuum van luister en aandag
gee - van informele tot formele luister of ondersoek. Hy moedig alle vorme aan
- van ‘n informele bewussyn tot meer formele ondersoeke, ook navorsing, in
gemeentes.
By ‘n volgende geleentheid skryf ek meer oor
die ander drie take wat Osmer identifiseer.
Identiteitsnommers en sentralisering
van lidmaatregisters
Daar is by lidmate
bepaalde weerstand teen die verskaffing van hul identiteitsnommers vir kerklike
registers. Aanvanklik is aangekondig dat die sentralisering van
gemeente-registers die bekom van identiteitsnommers sal noodsaak, en het
gemeentes die data begin versamel. Daar is lidmate wat besorg is oor
identiteitsdiefstal, Sommige wonder ook of gemeentes in staat is om hierdie
data sekuur en veilig genoeg te bewaar, sodat misbruik uitgesluit kan word.
Nou lyk dit, volgens inligting wat dr Jan
Viljoen bekom het, asof identiteitsnommers nie langer nodig sal wees nie.
Waar dit vir gemeentes ‘n probleem is, is
die aanbeveling dat julle eers ‘n rukkie wag om te sien of dié stukkie
inligting werklik nodig gaan wees.
Ron Reynolds vertel hier ietsie meer oor Saaiers in die Selle se bediening in
Port Elizabeth. Dit is ‘n uittreksel uit die volledige
dokument, wat hier op ons webblad beskikbaar is:
In 2002 het ons
die eerste keer by die swaar tronk deure van St Alban’s binnegeloop.
Dit was nie net
die begin van die bediening nie maar ook die begin van ‘n nuwe lewensstyl vir
my. Die Here doen niks halfpad nie en
Hy verwag dieselfde van dič wat Hy roep.
Gelukkig word die meeste van die werk tog deur Hom behartig...’n mens
moet net gewillig wees om Hom te volg.
Die eerste paar
jaar was dit alles opdraand in die gevangenis.
Ongelukkig het my opwagting daar saamgeval met die inhegtenisname van ‘n
pastor weens die insmokkel van en handel in dagga! Ewe mooitjies het hy die binnekant van sy
enorme groot Bybel netjies uitgehol en dit stampvol dagga geprop! En hier kom ek ook met ‘n enorme groot Bybel
(die groot-druk edisie) hard op sy spore.
En ek kry nog ‘n “gemeentelid”
by!
Nodeloos om te
sę moes ek daarna gereeld gevisenteer word!
Gelukkig het hulle mettertyd moeg geword daarvoor! Ek was nogal bly daaroor want ek’s baie
kielierig!
Die St Albans
Korrektiewe Sentrum bestaan eintlik uit drie tronke naamlik die Medium A
afdeling waar die verhoor-afwagtendes aangehou word. Op enige gegewe tydstip is dit nie
buitengewoon dat daar meer as 3000 mans daar in aanhouding is nie. Hierdie is ook die gevaarlikste deel van die
tronk omdat jy nie weet met wie jy te doen het nie. Almal word saam aangehou met geen inagneming
van die misdaad waarvoor hul aangekla is nie.
Dis niks snaaks dat reeks-moordenaars en sakkerollers skouer teen skouer
daar rondloop nie.
In teenstelling
met die Medium A Sentrum is Medium B waar slegs reeds gevonnisde persone aangehou
word. Die maksimum vonnis wat hier
uitgedien word is minder as 25 jaar.
Diegene wat tot gevangenis-straf langer as 25 jaar gestraf is word by
die Maksimum Sekuriteit Afdeling gehuisves.
Ontvanklik het
ek slegs by die Medium A afdeling bedien en dit was eers na twee jaar dat Hy
mense...mede-arbeiders in Sy wingerd...begin stuur het. Eers een, dan nog twee, dan sommer ‘n hele
streep. En die bediening het begin uitbrei.
Tans is ons
druk besig in St Alban’s, Port Elizabeth (die ou Noord Einde tronk) Patensie en
George. Ons ledetal raak-raak nou aan
die 46 mans en vroue, met inagneming van diegene wie se aansoek om toestemming
steeds hangend is.
Ons is baie
dank aan NG Kerk Lorraine se Lofprysings-span, onder leiding van Leon en Andrč,
wat gereeld een keer per maand lofprysings dienste by St Alban’s Medium A
behartig. Ons bid steeds vir nog gemeentes om hul voorbeeld te volg.
Ons bedien ook
gereeld by 5 polisiestasies elke Sondag.
Waar ons eers
slegs deur middel van die erediens Sondae bedien het, het ons dienste ook
uitgebrei en sluit dit ook gereelde aanbiedings van Bybelstudie klasse,
persoonlike en groeps-berading en Geestelike programme in. Ons is trots daarop dat daar selfs twee pastore
tans in Port Elizabeth baie besig is in Sy diens wat hul opleiding deur ons en
die Nehemia Bybel Instituut deurloop het.
Die
Saaiers-in-die-Selle Bedienings is ‘n onafhanklike Geestelike organisasie wat
finansieel self-onderhoudend is. Elke
lid betaal sy of haar eie onkostes en ons word geensins deur enige kerk,
denominasie of instansie geborg of ondersteun nie behalwe vir ‘n donasies elke
dan en wan of met die skenking van Bybels.
Ons is behoorlik as ‘n onafhanklike kerk geregistreer by die Departement
Binnelandse Sake en is ook as nie-winsgewend- en ‘n “Public Benefit”
organisasie geregistreer.
Ons is
interkerklik en hou ons nie op met struwelinge oor dinge soos die doop (groot
of klein...onderdompeling of besprinkeling) of dergelike dinge nie. Ons is almal kinders van een Here en ons
bring daardie geloof in ons almagtige
Drie-enige God na die mense binne die selle en Hy doen die res. Ons saai net die saad...die liefde van Jesus
Christus vir almal en God laat groei.
Aan hom kom al die lof, eer en heerlikheid toe, Amen!
Onder ons lede is mense uit die NG geledere,
asook AGS, PPK, Metodiste, Anglikaans, Baptiste en ook van die sgn
“onafhanklike” kerke. Dit is wonderlik
om te sien hoe God mense van alle nasies (ook Nigeriërs) bymekaar bring in Sy
diens!
Ons getuig graag
en gereeld by enige kerk of instansie en het al tydens hierdie
getuienis-lewering gebruik gemaak van dienende gevangenisse wat ons met
spesiale verlof uit die gevangenis saambring om ook hul getuienis te kom
lewer. Gereeld, wanneer ons aldus
getuig, bring ons terselfdertyd die Boodskap en kan die plaaslike leraar ‘n
welverdiende blaaskansie geniet.
Wanneer ons so optree is ons dienste gratis. Ons vra net ‘n bydrae tot ons vervoerkostes
indien ons buite Port Elizabeth moet optree.
Bybel-Media Nuusbrief : Fokus op die
Rimpelprojek
Hans Steyn laat weet wat die jongste Bybel-Media nuus
behels:
Houtskool, ’n dramatiese
DVD wat jou lank gaan bybly.
(Houtskool
is ’n bykomstige Rimpelsproduk)
’n Pragtige jong ma
en kind ontsnap so hittete aan ’n gevaarlike situasie in die DVD met die titel Houtskool. Dit klink dalk na ’n Hollywood-storielyn, maar
dit is nie. Die ma en seun vertolk die hoofrolle in ’n DVD met ’n moderne,
godsdienstige grondslag.
Volgens die regisseur van die DVD, Peet Neethling, is
die doel om “op ’n kort en kragtige manier ’n Bybelbeginsel toe te lig. Die
gedagte is dat dit gedramatiseer moet wees en dat dit kykers sal prikkel om te
kyk, luister, dink, praat en doen. Dit moet dus ’n rimpeleffek tot gevolg hę.”
Houtskool is
die eerste van ’n reeks DVD’s.
Elkeen van die DVD’s word vergesel van ’n inligtingstuk wat besprekingspunte
vir die gebruiker gee en inligting verskaf oor die DVD.
Houtskool is beskikbaar by Bybel-Media teen R69,95.
Geregistreerde Rimpelgemeentes betaal egter SLEGS R48.95.
RIMPELS - DIE PROJEK - DIE PROSES - DIE PLAN
1. Lidmaattoerusting is belangrik vir
elke kerk, gemeente en lidmaat.
2. ’n Program is ontwikkel om
gemeentes en predikante by te staan om lidmaattoerusting en gemeentebou
lewendig te hou. Hierdie program is ontwikkel deur die NG Kerk se taakspan vir
lidmaatbemagtiging - ’n inisiatief van die Algemene Diensgroep
Gemeente-ontwikkeling (ADGO).
3. Die spoelklippie-effek wat rimpels
op water veroorsaak, dien as metafoor om die
uitkringende effek van lidmate energiek te demonstreer.
4. Hierdie rimpeleffek begin by God,
wat uitreik na die węreld deur Jesus Christus. By die kerk word die rimpeleffek
verder geneem deur die volgende stappe/fases:
* Die rol van die predikant.
* Kry saam met die gemeente ’n droom of
visie vir die uitbou van God se Koninkryk.
* Ontleed die gemeente se situasie en
potensiaal.
* Trek ’n aksieplan op en implementeer
die proses.
* Benut gereedskap wat deur ADGO en
Bybel-Media beskikbaar gestel word.
* Evalueer die proses en vordering.
5. Die volledige proses word op die volgende twee maniere aan die
kerk bekend gestel:
·
’n Gratis handleidingspakket
is verlede week aan elke predikant van die NG Kerk gestuur. Hierdie pakket
bestaan uit:
* ’n Handleidingsboekie van 24
bladsye wat die proses en plan kortliks verduidelik.
* ’n Lusmaker. Dis ’n super koel-CD
met ’n animasiesnit, asook ’n grafiese uiteensetting wat die Rimpelproses stap
vir stap verduidelik.
·
’n Volledige
uiteensetting van die proses is ook beskikbaar op Rimpels se webwerf by www.rimpels.co.za
. Moenie stres nie, dis maklik om te gebruik!
6. Rimpels bied ’n spesiale diens aan gemeentes met spesiale voordele. Die
werkswyse is dat elke gemeente registreer as RIMPELLID. Dit word gedoen via die
webblad.
Sodanige registrasie word behartig
deur Bybel-Media Handel en registrasiefooie wissel na gelang van gemeentes se
lidmaatgetalle.
7. Rimpelgemeentes (geregistreerde gemeentes) kry tot 30% korting op produkte wat vir hulle
Rimpelproses by Bybel-Media Handel aangekoop word.
8. Rimpelgemeentes kry ook gratis toegang
tot ’n groot aantal artikels, preke, Power-Point-programme en ’n verskeidenheid
relevante inligting.
9. Die Rimpelproses word bestuur uit die kantoor van ADGO in Pretoria.
Rinel Hugo hanteer alle navrae.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing: Skakel 0860
26 33 42
·
Of stuur
jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
·
Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit 'n warm Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
NG Gemeente Port Elizabeth-Noord
VAKATURE : LERAARSPOS
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente
PE-Noord is ’n gestuurde gemeente in ‘n semi-geďndustrialiseerde konteks in die
woonbuurte Sidwell, Ferguson, Sydenham en Marais te Port Elizabeth. Sowat 400 belydende lidmate en 104
dooplidmate is deel van die gemeente. Daar bestaan aktiewe bedieninge wat op
die gemeenskap fokus, waaronder Vrouebemagtiging, Sopbediening, Jeugbediening,
Gevangenisbediening en die Siekebediening.
Hierdie, en ander,
bedieninge staan onder die leiding van toegewyde lidmate. Lidmaatleierskap is
‘n belangrike waarde in die gemeente.
Leraarsprofiel:
▪ Die leraar is ‘n gelegitimeerde van die NG
Kerk.
▪ Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis
waarop die pligte beskryf word.
▪ Die suksesvolle kandidaat sal ‘n bewese
rekord van spanwerk en spanleierskap hę.
Die vermoë om lidmate vir die uitleef van hulle roeping te bemagtig, sal
‘n sterk aanbeveling wees.
▪ Die gemeente is ‘n lid van die Vennootskap
vir Gestuurde Gemeentes. Kennis en ervaring van dié proses sal ‘n aanbeveling
wees.
Vergoeding:
Onderhandelbaar, met
inagneming van sinodale riglyne. Verkieslik 0-5 diensjare. Gratis huisvesting
in die gemeente se pastorie word voorsien.
Aansoeke:
Aansoeke moet
vergesel word van ‘n volledige CV asook die kontakbesonderhede van 2 referente.
▪ Posadres:
Pre-Advies, NG Kerk PE-Noord, Posbus 14026, SIDWELL, Port Elizabeth,
6061.
▪ E-pos: penoord@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Navrae:
Ds Danie Mouton, 041
365-3159 (k)
Leierouderling: Me
Susan Nel, 084 4535 268 (ná kantoorure)
Leierdiaken: Me Belinda Nel, 041 453-4939 (k)
Sluitingsdatum:
Woensdag, 15 April
2009 om 16:00.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling
uit een van die aansoekers te maak nie.
Vakature vir Skriba/Kassier: NG Kerk
PE-Oos
NG GEMEENTE PORT ELIZABETH-OOS
VAKATURE - SKRIBA / KASSIER
VANAF 1 APRIL 2009 (of so spoedig moontlik daarna)
DIE POS BEHELS ONDER ANDERE:
As Skriba:
‘n Breë spektrum van administratiewe pligte wat
kerkraadsvergaderings (agends’s en notules, registers / databasis), tikwerk,
algemene administratiewe pligte, praktiese reëlings en skakeling insluit
As Kassier:
Primęr verantwoordelik vir die finansiële administrasie
van die gemeente wat hantering
van kontant, krediteure, salarisse, rekeningkundige
pligte (tot op proefbalans) en verslae insluit.
VEREISTE BEKWAAMHEDE:
Meelewende lidmaatskap van die NG Kerk;
Rekenaarvaardigheid (veral MS Office en Pastel Accounting)
en verdere opleibaarheid;
Goeie menseverhoudinge ten einde met gemeentelede, leraar
en buite-kerklike organisasies te skakel op 'n wyse wat die beeld van die kerk
positief kommunikeer.
WERKSURE: 8 ure
per week - Verkieslik Dinsdag (14:00 – 18:00) en Woensdag ( 08:00 - 12:00),
maar onderhandelbaar.
SALARISPAKKET:
Onderhandelbaar
Besorg skriftelike aansoeke met CV en twee onlangse
getuigskrifte (een van huidige leraar) voor 17 Maart 2009 aan: Die Skriba,
Posbus 13283, Humewood, 6013,
Aansoekers moet beskikbaar wees vir 'n onderhoud, indien
aangevra.
NAVRAE: Ds Bas Peters, tel 041 585 7494, faks 041 585
1761
e-pos: tuingenot@axxess.co.za
Kursus vir die ouers van babas en
kleuters
Hanneke Friedl van Jeffreysbaai skryf:
Hierdie kursus word
ingedeel in vier korter sessies van een en 'n half uur elk en word in
Maartmaand op Donderdagoggende van 09h30-11h00 by Myrtleweg 50, Jeffreysbaai,
aangebied deur Hanneke Friedl (NGK-proponent). Die kursusgelde van R50 per
sessie sluit kursusmateriaal, versnaperings en speelgeleentheid onder toesig
vir kinders in. Ouers kan hul kinders dus met gemoedsrus saambring tydens die
kursus.
Datums en temas is soos volg:
Do. 5 Maart: Salwende kalmte, bevrydende geduld
Do. 12 Maart: Die
węreld waarin ons kind grootword
Do. 19 Maart:
Veiligheid vir ons huis
Do. 26 Maart: Gebed,
die Bybel en die kerk
Aanmelding: Tot en met Woensdag 4 Maart by hak1friedl@telkomsa.net of 076 874
5134.
Uitnodiging na Taizé-Byeenkoms
Eugene Malan van PE-Hoogland Gemeente skryf:
Ek wil graag die
predikante (en lidmate!) wat die VBO-kursusse volgende week in die Baai bywoon
na ons Taizé-byeenkoms nooi wat plaasvind op DV Woensdag, 4 Maart, om 19h00 in
ons gebedskapel. Dit sal sowat ‘n uur duur. Dit is ‘n ope uitnodiging aan almal
– ons het die eerste Woensdagaand van elke maand om 19h00 ‘n Taizé-byeenkoms.
Enigiemand is welkom.
Heartlines : Eerste episode van
Hopeville nou 3 Maart
Vroeër is aangekondig
dat die eerste episode van die Hopeville Heartlines-reeks einde Februarie sou
begin, maar dit is nou geskuif na Dinsdag, 3 Maart, om 19:30. Die vervaardigers
teken verskoning aan vir die ongerief, weens omstandighede buite hul beheer.
A call for participation in a National Day of
Prayer for the elections : 20 March 2009
Michael Cassidy,
voorsitter van NIRSA, rig die volgende versoek:
“I looked for someone
who might rebuild the wall of righteousness that guards the land. I searched
for someone to stand in the gap in the wall so that I would not have to destroy
the land....”
Ezekiel 22.30
On behalf of a number of different
Christian organisational and prayer networks, denominations and Christian
leaders in spheres of influence across the nation, we are calling all
Christians throughout South Africa to come together on Friday, March 20th for a
National Day of Prayer to lift up to our God the forthcoming South African
National Elections and the processes which will precede and follow them.
Our nation stands at a critically important
crossroads when choices will be made about national, provincial and municipal
leadership, which will affect our country profoundly for years to come.
Apart from our first
non-racial democratic elections in 1994, we have not had an election of greater
importance than this one. How we decide, whom we choose and the policies we
embrace now, are issues far too important to leave to politicians alone. These
matters require the full involvement and prayerful undergirding of all God’s
people if we are to come through to the place of national peace, prosperity and
stability which we all so deeply covet.
In the very fragile and perilous months
which preceded our 1994 elections, South African believers prayed in an
unprecedented way and called on God for His intervention. He heard those
prayers and South Africa had an election to which even secular journalists
attached the word “MIRACLE.” Our God is still a miracle-worker and Jesus still
“the same, yesterday, today and forever” (Hebrews 13:8).
We believe that this same Jesus by the
power of His Holy Spirit will and needs to intervene in a similarly miraculous
way again.
Beneath the apparently calm surface
exterior of this nation, there are forces at work which are profoundly
divisive, deeply alienating and potentially inflammatory to the point of engendering
violent conflict.
Injudicious and unwise words uttered by
political leaders unleash a destructive power which cannot easily be recalled
nor their damage undone. Says the Apostle James: “The tongue is a fire. The
tongue is an unrighteous world among our members, staining the whole body,
setting on fire the cycle of nature, and set on fire by hell” (James 1:6).
Now more than ever we as the Lord’s people
need to rise and speak God’s wisdom, healing, reconciliation and love. We have
to pray for the rhetoric of these months to be kept under the control of the
Spirit of God, and for emotions to remain in check.
We also need our political processes to be
controlled by Christian principle so that our fragile but precious young
democracy may flourish and be given deeper stability by the Spirit of God.
All people of goodwill and faith need to
have a clear understanding of the kinds of politicians we should be electing
for places of public office. We need leaders who are characterised by:
* spiritual commitment
* moral purity
* stable family life
* humility
* trustworthiness
* reliability
* intellectual acumen
* social insight
* and finally, servanthood.
Servanthood in leaders seems to be the mark
our Lord looks for most pressingly, not only from the example He Himself set,
but from things He said. Thus He deplored how “the lords of the gentiles lord
it” over people but insisted that His leaders should be servants of all and the
leader as the “one who serves” (Luke 22:26).
So too in Romans the Apostle Paul speaks
about governing authorities (Romans 13:1) as those who are “God’s servants for
the good of all” (Romans 13:4). Thus the State is not autonomous or a law unto
itself, but rather operates under God in a spirit of servanthood. Thus the
command to rule is part of a higher command to obey.
We need to pray for this type of leader –
even despite our democratic immaturity. While, we had a miracle in 1994, there
is no reason why we should not have another in 2009. Nevertheless, we face many
giants who would and could unravel us. These are well known: HIV/Aids pandemic,
crime and corruption, poverty and unemployment, racism, sexism, the loss of a
Judaeo-Christian moral base, and the breakdown of marriage and family life.
We also need to have God’s hand upon our
legal processes. Our President of the ANC faces serious criminal charges. We
need to pray that South Africans will be enabled to maintain social and
political stability without sacrificing the integrity of our judiciary and
legal system.
This is why as an assorted group of
Christian leaders, we call upon God’s people everywhere to join together in
prayer not only on March 20th, the National Day of Prayer, but during the days
and weeks leading up to that.
We believe that our basic approach in this
endeavour should be to call upon on churches, groups, business houses, factory
employees, teachers and pupils, municipal and civic staff to pause at least at
some time during the day of Fri, March 20th to pray for the nation.
On October 9th 1985 when South Africa was
at another very perilous point, the leaders of the National Initiative for
Reconciliation called for a one day Pray Away. Extraordinarily enough, most
South African workers stayed home that day to pray and all over the nation in
churches, halls, homes, private offices, and factory floors, people gathered to
call on the Living God for His intervention. We need a similar national
response right now. Will you be part of this?
We also need your feedback as to whether
you will be participating and what you are planning to do so that we can build
up momentum and encourage any who might be holding back.
God bless you all in
everything in these demanding times.
“I tell you the truth anyone who has faith
in me will do what I have been doing. He will do even greater things than
these, because I am going to the Father. And I will do whatever you ask in my
name so that the Son may bring glory to the Father. You may ask me for anything
in my name, and I will do it.” John 14:12-14.
Yes, let’s call on this God of
impossibilities and see what He will do for us and our nation at this time.
Warmly in the love, grace and grip of
Christ,
Michael Cassidy
(National Initiative for the Reformation of SA Chair)
Węreldbiddag vir vroue vind plaas op Vrydag 6 Maart 2009 en die
tema is: In Christus is daar baie lede met slegs een liggaam. Hierdie jaar word daar
gefokus op die vroue van Papua New Guinea.
Meer
informasie is by die sinodale kantoor beskikbaar. Skakel Nellie Westraadt by
041 365-3159.
The Living Dead
& The Living God : Oor voorvaderverering
African Enterprise Leadership
Training Centre bied ‘n besondere konsultasie onder leiding van prof Klaus
Nürnberger aan - van 31 Maart tot 2
April 2009, koste R650:
Ancestor
veneration, belief in spirits and traditional approaches to healing play a
significant but often unacknowledged role in African churches. In an important
recent book, Professor Klaus
Nürnberger, one of South Africa’s leading theologians, argues that,
‘because such beliefs are usually hidden or repressed, they are causing agonies
of conscience and theological confusion among lay members and church leaders
alike.’ AELTC is pleased to host this three day consultation, led by Professor
Nürnberger, in which participants will together seek means and principles by
which the church can make clear distinctions between Christianity, African
traditional religion, and culture, while at the same time developing a faithful
African Christianity. The cost of this course is R650.00 (including
accommodation and meals) or R350.00 for day participants (including meals and
refreshments). Early registration is essential.
Nuut
in ons sinodale foto-album
Klema is ‘n Nuwe Gemeente-Ontwikkkeling in Somerstrand en
fokus op studentebediening en bediening aan jong volwassenes.
So ‘n klompie foto’s van hul bedieninge, veral rondom die
eerstejaars van 2009 is op ons webblad:
NT
Wright oor die gesag van die Bybel
Ek het vandeesweek lekker gelees aan drie artikels van NT
Wright, Anglikaanse Bisko van Durham en nuwe testamentikus van formaat. Klik op
die skakels om die artikels te lees, almal sowat tien jaar oud, maar steeds
aktueel en iets om oor na te dink:
Die dominee behandel die 10 gebooie met die kleuterklas
tydens Sondagskool, spesifiek die gebod: jy mag nie steel nie.
Om sy punt behoorlik te maak, vra dominee: Wat sę die
koekblik op die spensrak vir jou?
Jannie: laat die kindertjies na my toe kom en verhinder
hul nie!
(Dankie Charlotte van
der Berg)
Robin, age 92, and Vicki, age 89, are excited about their decision to
get married. They go for a stroll to discuss the wedding and on the way they
pass a Chemist.
Robin suggests they go in.
Robin addresses the man behind the counter: 'Are you the owner?'
The pharmacist answers 'Yes'.
Robin: 'We're about to get married. Do you sell heart medication?'
Pharmacist: 'Of course we do.'
Robin: 'How about medicine for circulation?'
Pharmacist: 'All kinds.'
Robin: 'Medicine for rheumatism, scoliosis?'
Pharmacist: 'Definitely.'
Robin:' Medicine for memory problems, arthritis, jaundice?'
Pharmacist: 'Yes, a large variety.....the works!'
Robin: 'What about vitamins, sleeping pills, antidotes for Parkinson's
Disease?'
Pharmacist: 'Absolutely.'
Robin:' You sell wheelchairs and walkers?'
Pharmacist: 'All speeds and sizes. Why do you ask? Is there something I
can help you with?'
Robin says to the pharmacist: 'We'd like to nominate your store as our
Bridal Gift Registry.'
(Dankie Isa Goosen)
Sinodale Kommunikasie