Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 7 - 5 Maart
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
VBO-Week
1 lei tot indringende nadenke
Besonderhede
van padberade - April en Mei 2009
Christelik-Maatskaplike
Rade benodig dringend voedselhulp van gemeentes
Moedergemeente Oos-Londen bied ‘n vrouekamp aan met
kreatiwiteitspesialis Liesel Schoonwinkel
Hoërskool
Hangklip Musiekteater en Koor bied aan: “THE WITNESS”
All kinds of people using politics for their own ambition -
Prof T Sam Maluleke
Berei
in stilte en pragtige natuurskoon vir Pinkster voor
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek
‘n
Beweging van Jesus se volgelinge...
Tobie de Wet in Port Elizabeth : 10
Maart 2009
Verklaring deur Sinodale Voorsitters: Komende Algemene
Verkiesing
Esti
van Rooyen ontvang Lier-toekenning
Rekindling the vision of Francis Schaeffer: Reason and the
Gospel in Varsity Outreach
Vacant post : Lecturer, Reformed Church in Zimbabwe
‘Erken intrinsieke waarde van aarde’
Nuut in ons sinodale foto-album
Die MIV Scenario (Deel 1) - Inleidende opmerkings
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, ek plaas dit graag op ons blad.
VBO-Week 1 lei tot indringende nadenke
Die eerste VBO-Week
van 2009 het pas in Port Elizabeth plaasgevind. Sowat 80 predikante het twee
geleenthede bygewoon: Nadenke oor die bedieningspraktyk van missionêre
gemeentes, en die induksieproses van nuwe leraars in gemeentes.
Prof Jurgens Hendriks van die US het
leraars in gesprek met die wêreldtoneel, die geskiedenis van die kerk in
Afrika, asook die patrone in die geskiedenis oor die afgelope 2,000 jaar, én
die Skrif gelei tot ‘n indringende nadenke oor die DNA van die kerk. Na
aanleiding van insigte van dr Andrew Walls kon ons iets leer verstaan van wat
dit vir die kerk beteken om Jesus in die wêreld te volg. Ons het werklik diep nagedink. ‘n Kenmerk van
die week was die diep refleksie rondom die tafels om die gesprekke en teologie
te internasliseer.
Dr Roelf Opperman van Pretoria het die
induksieproses vir nuwe leraar in gemeentes aan 9 dominees bekendgestel.
Hieruit sal ‘n Begeleidingsnetwerk gebore word wat hierdie proses in Oos-Kaaplandse
gemeentes kan fasiliteer.
Kenmerkend van die week was die lekker
samesyn en saamwerk. Die gasvryheid
van die twee gemeentes waar die byeenkomste plaasgevind het - De Duin en PE-Oos
- was iets om te beleef!
‘n Tweede VBO-Week in Oos-Kaapland vind in
Oktober onder leiding van prof Dirkie Smit plaas en handel oor die tema: Participating in the Life of the Trinity?
Oos-Kaapse dominees het ook nog ander geleenthede om VBO-punte te verdien - oor
minder as twee weke vind toerusting rondom prediking en pastoraat in PE plaas,
en in Meimaand is daar opleiding vir brugpredikante en mentors. Kontak my vir
meer besonderhede.
Besonderhede van padberade - April en
Mei 2009
Die jaarlikse padberade
vind vanjaar weer in ringsverband plaas.
Dit is ‘n geleentheid waar ons saam, deur ’n proses van
geloofsonderskeiding, vra hoe ons by die Here se werk in ons omgewings
aansluit. Wat is God aan die doen? Hoe kan ons Sy werk voltooi? Saam met die Here Jesus sê ons: “My voedsel is
om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi” (Joh
4: 34).
Bywoning
Die Sinodale
Kommissie versoek dat die volgende persone uit gemeentes vanjaar die padberade bywoon:
▪ Dominees
▪ Skriba’s
en ander kerkkantoor personeel (daar is weer ‘n afsonderlike opleidingsessie
vir die skriba’s);
▪ Lede van gemeentes se Diensverhoudinge-kommissies en Predikante-ondersteuningskommissies
▪ Kerkraadslede
▪ Orreliste - vanjaar is daar ook ‘n
afsonderlike werksessie vir orreliste, aangebied deur ds Attie van Wyk van Cradock
(self ‘n orrelis van formaat).
Byeenkomste
|
Datum |
Ringe |
Plek |
Gemeente |
|
Maandag, 20 April |
Sondagsrivier Uitenhage Algoa |
Despatch |
NGK Bothasrus |
|
Dinsdag, 21 April |
Humansdorp Port Elizabeth Port Elizabeth-Wes |
Port Elizabeth |
NGK PE-Heideveld |
|
Woensdag, 22 April |
VERKIESING |
|
|
|
Donderdag, 23 April |
Cradock Graaff-Reinet |
Graaff-Reinet |
NGK Graaff-Reinet |
|
|
|
|
|
|
Maandag, 4 Mei |
Burgersdorp Dordrecht |
Barkly-Oos |
NGK Barkly-Oos |
|
Dinsdag, 5 Mei |
Oos-Londen Queenstown |
Stutterheim |
NGK Stutterheim |
|
Woensdag, 6 Mei |
Albanie |
Grahamstad |
NGK Albanie |
|
Donderdag, 7 Mei |
SINODALE KOMMISSIE |
|
|
Koste
Soos gewoonlik staan
die Sinodale kommissie in vir die koste van die leraars (etes en materiaal).
Vir elke ander persoon wat die beraad bywoon, verhaal ons die nominale koste
teen ‘n bedrag van sowat R65.00 (vyf-en-sestig rand) per persoon. ‘n Amptelike kennisgewing word eersdaags aan
gemeentes gestuur, waarna julle kan inskryf.
Christelik-Maatskaplike Rade benodig
dringend voedselhulp van gemeentes
Corné Erasmus, Direkteur van C-M
Rade in Oos-Kaapland, skryf:
Die ekonomiese toestand in ons land, provinsie, stede en dorpe het op
die maatskaplike terrein ’n merkbare invloed. Die C-M Rade, in die Oos-Kaap
ervaar van die begin van hierdie jaar ’n merkbare toename in persone / gesinne
wat by ons kantore aanmeld as gevolg van materiële / voedselnood. Die gaan
dikwels gepaard met ander spanningsprobleme wat weer ’n invloed het op die
maatskaplike funksionering van die persone.
Ek wil daarom namens die C-M Rade in Oos-Kaap
vra of ons lidmate nie bereid sou wees om die C-M R’e met nie-bederfbare
voedsel of bevrore gaar kos te ondersteun nie, sodat dit vir ons moontlik sal
wees om in die voedselnood van
verdienstelike persone te kan voorsien.
Ons wonder selfs of daar nie
gevra kan word of elke persoon een maal per maand slegs een blikkie kos sal
voorsien nie! Dit sal ’n merkbare
verskil maak!
By voorbaat baie dankie!
(Rig navrae aan Corné
by cmr-pe@webafrica.org.za)
Moedergemeente Oos-Londen bied ‘n
vrouekamp aan met kreatiwiteitspesialis Liesel Schoonwinkel
Nico Bezuidenhout van
die Moedergemeente te Oos-Londen laat weet:
NG Moedergemeente bied 'n kamp vir dames van die
omgewing aan.
Datum: 13 Maart '09 tot 15 Maart '09
Plek: Arendsnes (Cintsa-Oos)
Koste: R400 per persoon
Tema: God het my uniek gemaak.
Navrae:
Erika
Labuschagne 0829619380
Tania
Bezuidenhout 0833162337
Kerkkantoor:
043-7227711 (Ma, Di, Wo & Vr 09h00 - 14h00)
Die kamp begin om 18h00, maar die dames kan
al reeds vanaf 16h00 arriveer. Dames word versoek om 'n verfkwas van
2cm breed saam te bring en ook ontbyt vir Saterdagoggend. Liesel Schoonwinkel,
kollega van die bekende kreatiwiteitspesialis Kobus Neethling, tree as
gasspreker by die kamp op. Sy gaan 'n tipe werkswinkel met die dames doen oor
die uniekheid van die vrou as gelowige. Veral om haarself en haar medemens
beter te verstaan. Daar gaan ook Vrydagaand 'n modeparade wees om die dames so
bietjie te bederf met mooi klere. Hierdie kamp sal jou as totale mens verryk.
Moet dit nie misloop nie! Bespreek vroegtydig by bogenoemde persone.
Klik hier vir ‘n pragtige plakkaat
wat die geleentheid bekendstel, vir gebruik in jou gemeente.
Hoërskool Hangklip Musiekteater en Koor
bied aan: “THE WITNESS”
Teaterliefhebbers van
Queenstown en Oos-Londen kan op 18 en 19 Maart 2009 (Queenstown), asook op 22
Maart 2009 in die Gildeteater (Guild Theatre) in Oos-Londen na die blyspel “The
Witness” gaan kyk. Hieronder is ‘n kort beskrywing van die blyspel:
The Witness was written for singers to use as a tool in
presenting the gospel. Here is the story of Jesus, told and sung for you by
Peter and the other men and women who knew The Master best. It offers spiritual and inspirational
religious and family entertainment. Come and share with us the miracle of
the life and ministry of Jesus Christ of Nazareth. Bring those who need to hear
the word of the gospel, those who need a spiritual renewal, or just need an
entertaining night out.
The Witness is a family experience and strives to provide an
enjoyable and rewarding experience for young and old alike.
Kom deel gerus hierdie geleentheid met ons.
Kaartjies vir die opvoering in Queenstown is beskikbaar by die Hoërskool
Hangklip.
Sitplekke is nie bespreek nie.
Kaartjies vir die opvoering in Oos-Londen
is by die Gildeteater beskikbaar.
Sitplekke in die teater is bespreekte plekke.
‘n Groot deel van Queenstown se jongmense
is by hierdie projek betrokke.
All kinds of
people using politics for their own ambition - Prof T Sam Maluleke
An Open Letter to South African Political Leaders on Occasion of the 2009
Electionsby Prof Tinyiko Sam Maluleke:
In hierdie werklik besondere
toespraak tydens 'n gebedsontbyt van die Mpumalanga wetgewer op 24 Februarie
2009 praat prof Sam Maluleke, president van die SA Raad van Kerke en
navorsingsdirekteur te Unisa, oor gebed in die openbare lewe, en skryf hy 'n
ope brief aan alle politieke leiers in die land.
Hy sê onder
andere: "I am worried that given the perceptions of
glamour, power and wealth associated with politics for a long time, and
certainly over the past fifteen years, our country’s political arena has become
a magnet for all manner of people whose ambition is to use politics as the
shortcut to fame and influence; those whose main (if not only) interest is
their own ascendancy and their own acquisition of power for themselves."
Lees die volledige
brief deur hier te klik.
Berei in stilte en pragtige natuurskoon
vir Pinkster voor
Jan Lubbe laat weet uit Bloemfontein:
Pinkster 2009 vind van 24 tot 31 Mei plaas. In NG Kerke regdeur
ons land is dit die tyd van die jaar dat ons in 'n luister na die Woord en in
gebed verenig. Van ons as predikers en liturge vra dit goeie
voorbereiding, eie toewyding en inspirasie. Met die oog hierop, word
predikante uitgenooi om hulself in die stilte en pragtige natuurskoon (veral ná
die reën met 'n vol dam, watervoëls en wildlewe) van Menuha te kom
afsonder. Benewens 'n oggend- en aandgebed in die kapel, word geen
program aangebied nie - die bedoeling is werklik eie gebedsverdieping, studie
en voorbereiding vir Pinkster. Etes word wel voorsien. Datum: Maandag, 11 Mei
vanaf 15:00 tot Woensdagmiddag, 13 Mei (as jy klaar gewerk het, kan jy op eie
tyd vertrek...). Koste
(verblyf & etes): R 450,00 per persoon - vir so 'n goeie Pinksterreeks kan
die kerkraad dít mos darem betaal! Kontak:
Jan Lubbe (051-4362261 of janlageland@yahoo.com) vóór
Dinsdag, 28 April - daar is slegs plek vir 12 persone (elkeen in eie,
gerieflike kamer).
Herfsskool
vir Aanbidding en Musiek
Ons herinner predikante, orreliste,
aanbiddingsleiers, begeleidingsgroepe en "bands" net weer aan die
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek wat op 17 en 18 April 2009 by die George
Moederkerk aangebied word. Die sluitingsdatum is: 20 Maart. Skryf asb.
onmiddellik in sodat ons kan weet of ons met die Herfsskool moet voortgaan.
Hierby ingesluit is die program van die Herfsskool en die inskrywingsvorms. Die
Herfskool word VBO geakkrediteer en predikante kan VBO-punte daarvoor verdien.
Enige navrae kan gerig word aan Ester Steyn by esters@ngkerk.org.za of 082
325 4088
(Ds. Jacques Louw, voorsitter ADGO se Projekspan vir
Musiek)
Die Nelson Mandelabaai
Transformasie Netwerk, ‘n netwerk wat op die publieke rol van die kerk fokus,
tree as beskermhere van ‘n konferensie oor Bybelse waardes in die opvoeding van
ons kinders op.
Lidmate van kerke en onderwysers word
opgeroep om hierdie werkswinkels by te woon.
Die dokumente rondom die werkswinkel is
beskikbaar deur hier te klik:
1. Bekendstelling aan leraars,
2. Bekendstelling aan skoolhoofde,
3. Bekendstelling
van die konferensie
Dit is ‘n
interkerklike, oftewel ekumeniese, byeenkoms. Moedig asb belangstellendes en
onderwysers aan om die geleentheid by te woon.
‘n Beweging van Jesus se volgelinge...
Theunis Scheepers, voormalige Oos-Kapenaar van formaat
en nou verbonde aan Kingfisher Mobiliseringsentrum, skry dat hy die volgende
leer in sy bemagtiging van kerkleiers regoor Afrika:
God
se koninkryk is ‘n beweging van gelowige volgelinge van Jesus wat Sy koninkryk
realiseer waar hulle ook al kom. Hierdie visie is byna buite ons bereik
omdat ons vasgevang sit in kerke en strukture wat nie hierdie visie leef en
ondersteun nie. Ons sit vasgevang in geboue en alles is gerig op die opbou van
die gemeente en die onderhouding van die voltydse professionele ampte wat die
“werk” moet doen. Die koninkryksvisie wil die amp van die gelowige weer in
ere herstel en gelowiges toe rus en bemagtig om in God se Lig te leef en ander
na die Lig toe te bring.
In
God se koninkryk gaan dit oor Sy planne en daarom moet ons in
ons verhouding met Hom Sy stem kan hoor en onderskei sodat ons gehoorsaam
daarop kan reageer. In baie kerke is dit egter net die Predikant/Pastor wat God
se stem kan hoor en interpreteer. Om lidmate so te bemagtig en te begelei is
vir baie kerkleiers ‘n skrikwekkende gedagte – waarvoor is hy/sy dan nog daar?
Die
wyse waarop die Koninkryksbeweging groei en momentum behou is deur
Dissipelmaking – ‘n konsep
wat in baie kerke en tradisies bloot gerig is op die opbou van kennis en nie
lei tot ‘n verandering in leefwyse en nie meewerk daartoe dat ander ook deel
word van die koninkryksbeweging nie.
Waarop almal kan sê: Amen!
Dominees en jeugwerkers is altyd op
soek na iets vars en nuut vir tienerbediening of vir jeug- of gesinsdienste. ’n
CD met PowerPoint programme in ‘n kontemporêre idioom het so pas verskyn. Vir
meer besonderhede kontak susan@fxit.co.za of
besoek die webtuiste by www.fxit.co.za Klik gerus
eers om ‘n
inligtingstuk oor FXit Jeugbediening te lees.
Die produkte word sedert 2004
ook deur Bybelmedia bemark, en verskyn in hulle kategese-katologus.
Tobie de Wet in Port Elizabeth : 10 Maart 2009
Tobie de Wet, sendeling in Japan, besoek Port Elizabeth
op Dinsdag, 10 Maart 2009. Hy spreek belangstellendes om 19:00 in die Calvary Reformed
church oor die werk van Missie Japan. ’n Powerpoint gaan ons help deel in die
jongste nuus oor Japan.
Vir verdere
informasie kan julle Normie Naidoo (084 620 0347) of oom Giep Louw (083 225
7176) kontak.
Verklaring deur Sinodale Voorsitters:
Komende Algemene Verkiesing
Die drie sinodevoorsitters van drie Afrikaanse
kerke, die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika, die Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk, het op 27 Februarie 2009
‘n gesamentlike verklaring oor die komende algemene verkiesing uitgereik. Dit
is hier
op ons webblad beskikbaar.
Esti van Rooyen ontvang Lier-toekenning
Ons is trots op Esti
van Rooyen, dogter van ds Johan van Rooyen van De Duin, wat verlede week ‘n
ATKV LIER-toekenning in Randburg ontvang het vir haar sang. Haar Gospel-CD,
Geen Geheim, is teen R80 beskikbaar by Yvonne Oosthuizen van De Duin-gemeente
in Port Elizabeth (yvonneoos@iafrica.com).
Rekindling the
vision of Francis Schaeffer: Reason and the Gospel in Varsity Outreach
African Enterprise se Leadership Training Centre bied
hierdie werkswinkel van 6-8 April 2009 in Pietermaritzburg aan. Hier volg die
volledige besonderhede:
Few thinkers have had as profound an impact on
the church’s intellectual engagement with the modern and post-modern world than
Francis Schaeffer, philosopher, theologian and founder of the L’Abri
movement. Dr Schaeffer’s South African born son-in-law, Ranald Macaulay, has
dedicated his life to building on Schaeffer’s legacy, both through his work
with L’Abri and, in recent years, through his leadership of the organisation Christian Heritage in Cambridge, England.
AELTC is proud to present this three day course in which Ranald Macaulay will
revisit the central themes of Francis Schaeffer’s thought, and show their
relevance to the contemporary world. This course will benefit Christian
academics, student workers, Christians in business and the media, and anyone
who recognises the critical need for Christians to challenge and engage the
implicit and explicit philosophical trends that shape our society. The vision
is to invite over 200 strategically positioned young adults from university
campuses, heads of societies and passionate Christians with a nation building
mindset from around the country, buses are expected to come from UCT, UWC, CPUT
and Stellenbosch and KwaZulu-Natal.
The cost
of this course is R500.00 (including accommodation and meals)
R300.00
for day participants
(including meals and refreshments).
Early
registration is essential.
Limited Subsidies
available on application
To register online click HERE
To download the application form click
HERE
OR
For more information please visit our website at
leadership.aeinternational.org
Vacant post : Lecturer,
Reformed Church in Zimbabwe
The Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) is upgrading the
level of Theological training at its Murray Theological College (M.Th.C).
A vacancy
for a suitably qualified lecturer (female or male) in the subject of New
Testament (NT) rose because of this process.
Requirements:
Minimum academic requirement: B.Th. degree or higher
qualification awarded by a reputable institution of higher learning.
Congregational experience in a Reformed/Presbyterian
context is preferable.
Theological teaching of NT would be an added
advantage.
Applicants need to provide proof of valid membership
of and good standing in a local Reformed/Presbyterian congregation.
Applications:
Interested parties are invited to submit a CV and
relevant documentation to:
Application NT at M.Th.C
General Secretary
Reformed Church in Zimbabwe
P 0 Box 670
MASVINGO
Zimbabwe
Email: rczsynod@comone.co.zw
or chrismany@hotmail.com
NB. All applications received by 30 April 2009 will be
considered. Short-listed applicants will be contacted by 31 May 2009 with full
information regarding the package offered, additional documentation, interview
dates etc.
‘Erken
intrinsieke waarde van aarde’
Neels Jackson, Beeld, 11 Februarie 2009:
Diep vasgelegde
konsepte in die Christendom moet verander in die stryd vir die bewaring van die
omgewing. Dit was gister die boodskap van prof Tinyiko Maluleke,
president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerk, op die eerste dag van ‘n konferensie
van die Suid-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se omgewingsinstituut.
Maluleke het dit onder meer gehad teen die siening dat God die mens ná die
skepping aangestel het om oor die aarde te hees, die aarde te bestuur en die
omgewing te versorg. Hy het gepleit vir ‘n siening dat die mens en ander
spesies na mekaar moet omsien en vir mekaar moet sorg. Dit beteken
menselewens én elemente van die skepping soos die aarde en die see word as
heilig beskou... Hy het voorgestel die gedagte dat die aarde intrinsieke waarde
het (onafhanklik van die nut wat dit vir mense mag hê) moet een van die
beginsels wees waarop ‘n nuwe teologie van die aarde gebou moet word. Hy
het onderlinge verbondenheid van die mens en ander dele van die skepping as ‘n
tweede beginsel beklem toon.... Volgens Maluleke moet die kerk die aarde
as ‘n karakter sien, naas ander karakters in die Bybel soos Josef en Maria, en
moet daar gewerk word met tekste soos dié wat byvoorbeeld sê die aarde kreun of
roep dit uit...
Akkerpret in Bybelpark (DVD 2) kook!
Ma en
Pa, hier’s vet pret vir die jongspan. Akkerpret in Bybelpark is ’n prettige
poppeteater om die jongspan te help om God lief te hê. ’n Spannetjie
pop-karakters vertolk die rolle in agt stories. Die stories het name soos
“Boelie kom sy moses teë”, “Frikkie en Frederik verdwyn”, “Die vriendelike
skelm” en “Die selfoontjie”. Dit klink na episodes uit ’n kind se lewe, maar
dit bevat belangrike lesse oor kwessies soos vergelding, beskerming, veiligheid
by God, standvastigheid en eerbaarheid.
Tussen
die stories deur ontdek kykers ’n God van liefde, genade en respek vir die self
en ander. ’n Toonkrul-lekker klankbaan vergesel die DVD. Die kleinspan kan op
die maat van agt nuwe liedjies saamsing. Hulle is:
* Die boelie-liedjie
* Mure, heinings en drade
* Die vlug-liedjie
* Die wegkruipplek
* Die rots-liedjie
* Die beste plek
* Onder sy vlerk
* Reg en verkeerd
Die
DVD is die opvolg op die treffer Akkerpret in Bybelpark (DVD 1). Dieselfde
geliefde pop-karakters tree in beide DVD’s op. Die DVD duur 90 minute en is
geskik vir kinders 3-8. Oo ja, Ma en Pa sal dit ook geniet!
Teen R124,95 by Bybel-Media. Skakel dadelik 0860 26 33 42 en bestel.
Lees in Kerkbode van 6
Maart 2009:
* Nuwe verdagmakery teen NG teoloë – Die man wat twee jaar
gelede ’n herrie in die NG Kerk veroorsaak het met ’n omstrede DVD waarin
verskeie vooraan- staande teoloë van die NG Kerk van dwaalleer beskuldig is,
mnr Sarel van der Merwe, is terug met ’n nuwe arsenaal aantygings en
verdagmakery teen die kerk. Dié slag span hy sy net veel wyer.
* NG leiers pols politieke partye oor verkiesing – Die NG
Kerk se leierskap gaan in die aanloop tot die algemene verkiesing op 22 April
met al die grootste politieke partye in die land samesprekings voer om sodoende
sinvolle leiding aan sy lidmate te kan gee.
* “Verdra mekaar,” pleit gelowiges én ongelowiges –
Verdraagsaamheid tussen gelowiges en ongelowiges en erkenning van mekaar se
standpunte sonder prysgawe van beginsels behoort ’n groter prioriteit vir die
samelewing te wees.
* Wat is die “Emerging Church”?
* Roerende TV-reeks wil gemeenskappe genees – Danksy die
Heartlines-beweging sal ’n televisiereeks genaamd Hopeville Suid-Afrikaners se
verbeelding in Maart en April aangryp. En hulle aanspoor om verandering teweeg
te bring deur goed te doen.
* ADGO: Nuwe tendense en uitdagings vir gemeentes.
* ADD: Malawi-vroue word met evangelie bemagtig.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing: Skakel 0860
26 33 42
* Of
stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of
koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit 'n warm Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Teo is die gereelde webgebaseerde publikasie van die Teologiese
Fakulteit, Universiteit van Pretoria. Ek plaas ‘n uittreksel uit hul nuusbrief,
ten spyte van die feit dat die meeste predikante dit waarskynlik reeds ontvang.
Indien nie, kan jy www.teo.co.za besoek en
inteken. Lidmate kan gerus ook inteken.
Hierdie week is van prof
Jan van der Watt, Nuwe
Testamentikus, afskeid geneem. Vandag plaas ons die Dekaan, prof Cas Vos, se
huldeblyk tydens die afskeidsfunksie, asook ‘n kort weergawe van sy lewe en
werk. Daar is ook ‘n roerende bydrae van prof Van der Watt oor ‘n Rwandese
student van hom wat op sy sterfbed sy doktorsgraad ontvang het. Vandag
verskyn die laaste aflewering van prof Johnnie Roberts se reeks
oor Skrifbeskouing en Skrifgebruik. Verder skryf
Jurie le Roux ‘n meditasie
oor God se troos. Ten slotte is daar ‘n
advertensie in verband met die vakante pos in Nuwe-Testamentiese Wetenskap.
Nuut
in ons sinodale foto-album
Klema is ‘n Nuwe Gemeente-Ontwikkkeling in Somerstrand en
fokus op studentebediening en bediening aan jong volwassenes.
So ‘n klompie foto’s van hul bedieninge, veral rondom die
eerstejaars van 2009 is op ons webblad:
Die MIV Scenario
(Deel 1) - Inleidende opmerkings
Dr Dawie Oosthuysen van die NG
Gemeente Margate het meegaande artikel geskryf. Dit het in ePosduif van die KwaZulu-Natalse
Sinode verskyn, en word met dank hier gebruik. Dawie vra dat lesers vir hom
terugvoer gee - sy kontakbesonderhede verskyn hieronder.
Dramas doen hulle in die geskiedenis van die mensheid
in reëlmaat voor. Die huidige MIV pandemie binne die Afrika konteks is hier
geen uitsondering op die reël nie. Dit is ‘n drama wat aan beide ‘n markgedrewe
kultuur en ‘n teologiese benadering nuwe uitdagings bied. Laasgenoemde is
veelal gebaseer op ‘n goedkoop triomfalisme soos dit teruggevind word in die
optimisme van ‘n theologia gloriae. Beide benaderings is na sy wese
geheel en al té opportunisties van aard. Bygevolg sal die paradigmas waarbinne
gedink is ten einde die pandemie aan te spreek, ernstige heroorweging moet
geniet. Dié tragedie wat hom hier in Afrika afspeel, daag alle simplistiese
oplossings en slagspreuke uit. As die kerk enigsins stabiliteit en sin aan
diegene wat daaronder ly, wil verleen, sal daar nuut gedink en beplan moet
word.
Die MIV scenario meld hom daagliks springlewendig by
ons aan, soveel so dat dit bykans onmoontlik is om by te hou by die nuutste
ontwikkelinge en statistieke. Statistieke word meestal uit koerante aangehaal.
Hoe wetenskaplik bedenklik dié koerantberigte ookal mag wees, kan die probleem
van MIV in Afrika nié as “oordrewe koerantstories” deur sensasiesoekers wat
wolf-wolf skree, afgemaak word nie. Studies sedert die 1990’s toon aan dat MIV
die hoof moordenaar van vrouens tussen die ouderdom van 20-40 jaar is. Die
statistieke is bedroewend. Per slot van rekening gaan dit nie oor statistieke
nie, maar oor mense, brose, blootgestelde mense: vroue, kinders, arm mense.
Die redes waarom die MIV virus in Afrika soos ‘n
veldbrand versprei het, is kortliks onder meer die volgende: Die Afrika mans is
tradisioneel poligamies ingestel, of het meer as een seksuele vennoot. Die
volgehoue migrasie van arbeiders tussen plattelandse gebiede en stede verhoog
die verspreiding van MIV. Vrouens se gebrek aan status verleen aan hulle min
seggenskrag in seksuele verhoudings en ‘n uiters geringe kans om aan te dring
op die gebruik van kondome – veral omdat swart mans van oordeel is dat
kontraseptiewe advies en programme ‘n politieke maneuver van wit mense is om
die aanwas van eersgenoemde enigsins te probeer temper. Dit op sy beurt lei tot
gesinsgeweld. Vrouens se gebrek aan ekonomiese mag dra tot die verhoging in
prostitusie by. Die hoë voorkoms van seksueel oordraagbare siektes bevorder die
verspreiding van MIV. MIV is ook teen ‘n verbysterende tempo aan die toeneem onder
kinders in Suid-Afrika en Afrika. MIV programme, insluitende inligting wat
voorkomend van aard is, bereik dikwels nie die hoogste risiko groepe nie.
Dit is duidelik: MIV het ‘n strukturele en sistemiese
pandemie geword; dit is nie maar net ‘n saak van enkele indiwidue wat by wyse
van persoonlike moraliteit en gedragsveranderinge aangespreek kan word nie.
Gemeenskapstrukture sal verander moet word ten einde dié pandemie effektief aan
te spreek. Afrika is ‘n kontinent wat gekenmerk word deur beperkte gesondheidsfasiliteite
en middele (mannekrag en finansieel). Die situasie hier te lande is geensins
beter nie. Plattelandse klinieke en hospitale gaan gebuk onder ‘n gebrek aan
mediese personeel. Gevolglik word pasiënte dikwels ontslaan om by die huis te
gaan sterf, omdat die mediese personeel niks verder vir die pasiënt kan doen
nie, of omdat geoordeel word dat die beperkte voorraad liefs vir diegene wie ‘n
kans op oorlewing het, aangewend moet word. Dit is na bewering vir Zoeloes of
ander Afrikane wat ernstig siek is (insluitende MIV) belangrik dat hulle azofela
ekhaya (om te kom en by die huis te sterf). En as diesulkes ontslaan word
om huis toe te gaan, geniet die arm gesinne van staatsweë en ander sosiale
strukture uiters karige ondersteuning. Groter wordende armoede maak dit
uiteraard moeilik om genoegsame versorgingsisteme daar te stel. Binne só ‘n
armoede scenario floreer die MIV pandemie. Armoede skep die sosiale konteks
waarbinne die pandemie in Afrika en Suid-Afrika gedy. Armoede dra tot die
verspreiding van MIV by en op sy beurt veroorsaak MIV armoede - ‘n bose sirkel
wat die pyn en lyding van die geinfekteerdes en diegene wat daardeur geraak
word, vergroot.
MIV is ‘n oordraagbare siekte wat onder andere op die
mees intieme gebied van menslike gedrag ‘n invloed uitoefen: menslike
intimiteit en seksualiteit. Dit is ‘n fatale siekte met radikale implikasies,
veral omdat huidig nog geen teen-liggaam teen die virus as sodanig bestaan nie.
En tog is dit behandelbaar, danksy anti-retrovirale terapie wat die vermenigvuldiging
van MIV selle inhibeer. Die virus staan in ‘n noue verband tot menslike gedrag
en impliseer ‘n assosiasie met morele waardes. MIV is ‘n gedragsiekte. Dit
beteken dat niemand immuun is teen die virus nie; feitlik alle mense en alle
groeperinge is hoë risiko gevalle. Dit is ‘n totale misvatting deur
heteroseksuele mense om HIV as ‘n homosekuele siekte te etiketeer en daarom
waarskuwings te ignoreer en nie veilige seks te beoefen nie. Dit is ‘n
misvatting van swart mense om te beweer dat dit die witman se siekte is. Dit in
sigself spreek boekdele waarom MIV ‘n erg gestigmatiseerde kwessie
geword het. Die samelewing is geprejudiseer teenoor mense wat gebuk gaan onder
MIV. Die stigma word verder deur vrees vererger.
Dit spreek asof vanself dat bostaande inligting
oor MIV tot die volgende konklusie lei: ‘n relevante, toepasbare en holistiese
versorgingsmodel het gebiedend noodsaaklik geword. Wat die pastorale sorg
betref, sal die persoon-tot-persoon benadering verander moet word na ‘n meer
strukturele benadering, ‘n meer holistiese diensmodel. Dit stel uiteraard nuwe
eise aan pastorale dienste en by name die ekklesiologie.
Die mees fundamentele effek van die MIV pandemie is
dat dit ‘n uitdaging bied aan ons verstaan van kerk-wees. ‘n Totaal nuwe verstaan
van die wyse waarop ons kerk binne dié pandemie gaan wees, eis nou ons aandag
op. Geykte ekklesiologiese doktrines en oortuigings moet binne ‘n nuwe raamwerk
geplaas word. Die uitdagende vraag is: “Hoe moet die kerk reageer?” Die
spitsvondige stelling is gemaak: “Die kerk is MIV positief” wat by implikasie
beteken dat die liggaam van Christus ook ly sodat dit onmoontlik is om
onbetrokke te bly.
MIV is sonder ‘n sweem van twyfel ‘n toets vir ons
kerklike integriteit en identiteit (ons kerk-wees) asook die opregtheid van ons
pastorale sensitiwiteit. Dan ontstaan vrae soos: Hoe onvoorwaardelik is
Christelike liefde? Is daar ruimte vir die persoon wat met MIV leef binne die
gemeenskap van gelowiges, selfs ten spyte van die feit dat hy/sy erken het dat dié
homoseksueel is? Die vraag wat aan die kerk gestel word, is of die gemeenskap
van gelowiges ‘n eksklusiewe hetero-koinonia klub is wat homoseksueles
uitsluit? Hulle mag in beginsel welkom wees, maar in werklikheid is hulle nié
aanvaarbaar vir die kerkgemeenskap nie. Kan die homoseksuele, werklik, agterkom
dat die kerk die nie-diskriminerende liggaam van Christus is? Die groot gevaar
wat die kerk in die gesig staar, is ‘n soort apatie wat aan neutraliteit grens,
omdat MIV as ‘n sondaarssiekte gebrandmerk is wat ‘n onwil by indiwiduele
Christene tot gevolg het om diegene in die hoë risiko groepe as ‘n primêre
fokusarea van die kerk se sendingtaak te sien. Die siening dat die goeie ouens
die heteroseksueles en die slegte ouens die homoseksueles en verslaafdes aan
verdowingsmiddele is, verslaan sy duisende. In ‘n gees van selfregverdiging
word MIV pasiënte geag tot die groep wat maar moet oes wat hulle gesaai het.
Hulle verdien MIV. Stigmatisering op stigmatisering!
Eties gesproke bevind MIV hom op geen neutrale gebied
nie. Daarom radikaliseer MIV die verborge agendas van baie. Hoe moet, hoe gaan
die kerk reageer? Per slot van rekening, waar pas God binne hierdie hele
MIV diskoers? Al bovermelde stigmatiserings het tot ‘n teologiese en etiese
dilemma aanleiding gegee. Maar hierop gaan ons by ‘n volgende geleentheid in
meer besonderhede in...
Dr. Dawie Oosthuysen, Leraar, NG Gemeente Margate, dawie.ng@telkomsa.net
The Sunday School teacher was describing how Lot's wife looked back and
turned into a pillar of salt, when little Jason interrupted, "My Mummy
looked back once, while she was driving," he announced triumphantly,
"and she turned into a lamp pole!"
Sinodale Kommunikasie