Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 9 - 19 Maart
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Geen
OosKaap eNuus vir die volgende paar weke
Kantoor
van Direkteur Begeleiding nou ook ‘n Bybel-Media afsetpunt
‘n
Besondere afskop vir VBO in Oos-Kaapland
Skakel
af - in belang van Moeder Aarde
Algemene
Sinode se Moderamen besluit oor Algemene Verkiesing
National
Day of Prayer for Elections
Alpha-Konferensie
oor Gevangenisbediening
Lus
vir ‘n Oberammergau Passiespele Toer?
Veritas-Bediening
van ds Riaan Terblanche
“Repliek”
uit die pen van dr Phillip Scheepers verskyn
Besonderhede van padberade - April en Mei 2009
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, ek plaas dit graag op ons blad.
Geen OosKaap eNuus vir die volgende
paar weke
Hierdie is die laaste
uitgawe van OosKaap eNuus vir die eerste kwartaal. Ek woon ‘n konferensie in
die buiteland by en onderneem ‘n kort studietoer. Ons hervat eNuus weer aan die
begin van die tweede kwartaal.
Kantoor van Direkteur Begeleiding nou ook
‘n Bybel-Media afsetpunt
Bybel-Media het
goedsgunstiglik ingewillig dat ons Sinodale Kantoor (Begeleiding) as ‘n
Bybel-Media-afsetpunt kan funksioneer.
Dit beteken dat
gemeenteleiers en predikante die publikasies fisies kan bekyk en dit by ons kan
aankoop. Maak asseblief daarvan gebruik.
Die kontakpersoon is
Chantall Vermaak, assistent vir die direkteur begeleiding. Chantall is van
08:00 tot 13:00 op kantoor. Sy kan gekontak word by db@ngkok.co.za of 041 365-3159.
Enige publikasie van
Bybel-Media kan ook vir jou bestel word. Op die oomblik beskik ons oor die
volgende voorraad:
Lys
van boeke, CD’s en DVD’s beskikbaar by die Sinodale Kerkkantoor, Bybelhuis,
Cotswoldlaan 31, Cotswold, Port Elizabeth
|
Titel
/ Beskrywing |
|
Waar
was God? ‘n Tien Week Bybelstudie |
|
A
Faithful Witness (Malan Nel) |
|
MAGLA –
Die Dogter wat buite die boks gedink het |
|
Leef
nou soos julle geroep is |
|
Christen
Leiers |
|
Mission
in an African way |
|
Moed om
mens te wees |
|
Rethinking
Ministry |
|
Christelike
Kernensiklopedie |
|
God
Praat Leef Luisterryk – Vergaderings |
|
God
Praat Leef Luisterryk - Vir Stiltetyd |
|
God
Praat – Gesprek oor sensitiewe kwessie |
|
God
Praat – Pakkette 10 Boekies & Gids |
|
40 Dae
na ‘n meer vrygewige lewe |
|
Tree af
met oemf |
|
Leesrooster
2009 |
|
Ons is
nou hier |
|
Prediking
uit die Ou Testament |
|
Bybel
praat vandag No 1 |
|
DVD
Alles is vir God Moontlik |
|
DVD
Waag om te word stel |
|
Huwelik
– Stel van 4 |
|
DVD
Akkerpret |
|
DVD
Houtskool Rimpels Een |
|
DVD
Gereedskap vir Geestelike Leierskap |
|
CD-ROM
Moses en die Beloofde Land |
|
CD-ROM
Paradys tot Babel |
|
CD-ROM
My Eie Bybel CD1 – Jesus Koning V |
|
CD My
Eie Bybel 3 – Vriende van God |
|
CD 100
Goue Geestelike |
|
CD De
Zaaier |
|
CD
Daardie Deur |
|
CD Flam
Volume 1 |
|
Shack,
The |
|
Ligdans |
|
TANGO |
|
Evangelie
is op die spel, Die |
|
Ongebreek |
|
Lig vir
die Wêreld |
|
Groot
Dagboek vir die Christelike Lewe |
|
DVD Indescribable (L Giglio) |
|
WOW,
God |
|
Lofkleuter
Bybelstories en liedjies |
Maak gerus van
hierdie diens gebruik.
‘n Besondere afskop vir VBO in Oos-Kaapland
Maart was ‘n
besondere besige maand in ons sinodale gebied. Die eerste VBO Week het aan die
begin van die maand plaasgevind. ‘n Baie groot groep dominees het prof Jurgens
Hendriks se voorlegging oor missionêre gemeentes bygewoon. Hy het op ‘n besondere
wyse wêreldgehalte publikasies as gespreksgenote betrek by ‘n lewendige
leerervaring oor dit wat God nou op ons harte druk.
In dieselfde week het dr Roelf Opperman
dominees toegerus om die induksieproses in gemeentes te fasiliteer. Ons vertrou
dat kerkrade in die toekoms, waar ‘n nuwe leraar in die gemeente aankom, van
hierdie proses gebruik sal maak. Ds Chris van der Westhuizen van
Despatch-Dagbreek het so ‘n proses met sy kerkraad, kort na sy aankoms,
deurloop. Hy beskryf dit as een van die hoogtepunte van sy bediening.
Vandeesweek is 14 leraars opgelei om lidmate
toe te rus om prediking en pastoraat in gemeentes te beoefen. Die dominees
beskryf die opleiding as besonder sinvol vir hulself. Dit was ook vir hulle ‘n
manjifieke VBO-geleentheid.
Die besige maand sluit af met ‘n
naweekkursus, Geloofsonderskeiding vir Gemeenteleiers, wat deur meer as 70
kerkraadslede uit die ringe van Dordrecht en Burgersdorp, te Rhodes bygewoon
word (20-22 Maart).
Leerbaarheid onder leiers blyk hoog te wees
in ons sinodale gebied! Dit voorspel
baie mooi dinge vir ons toekoms.
Skakel af - in belang van Moeder Aarde
‘n Interessante
onderhoud op RSG oor “earth hour” het my op die volgende laat afkom by www.earthhour.org:
Earth
Hour began in Sydney in 2007, when more than 2.2 million families and
businesses turned off their lights for Earth Hour on Saturday 31 March 2007.
Just one year later, Earth Hour reached 370
cities and towns in more than 35 countries across 18 time zones, and the
campaign shifted from a Sydney event to a global sustainability movement.
An estimated 50 to 100 million people
around the world switched off their lights for Earth Hour in 2008, and global
landmarks including the Rome’s Coliseum, the Coke billboard in Times Square in
New York and Jumeirah Hotel in Dubai darkened for one hour.
In 2009, Earth Hour aims to reach 1 billion
people around the world in more than 1000 cities involving business, government
and the community in the world’s largest global action on climate action on 28
March 2009.
Come on South Africa, join us for Earth
Hour 2009, turn off your lights at 8.30pm Saturday 28 March and sign-up here at
www.earthhour.org.
Die Sinodale
Kommissie het besluit om Vorm A (die vorm vir kerklike ondersoek deur gemeente,
ring en sinode) te hersien en te vereenvoudig. Die nuwe Vorm A is voltooi en op
ons webblad beskikbaar - www.ngkok.co.za/admin.
Gebruik dit asb alreeds vir die 2008-9
verslagjaar.
Algemene Sinode se Moderamen besluit
oor Algemene Verkiesing
Dr Kobus Gerber,
Algemene Sekretaris van die NG Kerk, skryf die volgende:
18 Maart 2009
Geagte Kollegas
ALGEMENE VERKIESING
Sien asseblief hieronder die besluit wat die ASM op sy vergadering van 17-18
Maart aanvaar het oor die Algemene Verkiesing van 22 April 2009.
VERKIESING 2009
Die Algemene Sinode se Moderamen
(ASM) het op 18 Maart die volgende aanvaar:
1. Ons roep al ons lidmate op om Vrydag (20 Maart) saam met
alle ander Christene – en ook elke volgende Sondag tot en met die verkiesing op
22 April – ernstig voorbidding te doen met die oog op die verkiesing (sien ook
Riglyne vir Verkiesing aan Lidmate hieronder).
2. Al ons leraars en gemeentes word gevra om aandag te gee aan
die Verklaring: Nasionale Kerkleiers-vergadering van 19 en 20 Januarie (sien
bylaag aangeheg)
3. In aansluiting by bogenoemde, onderskryf die moderatuur die
volgende riglyne waarvolgens lidmate hulleself sou kon oriënteer ten opsigte
van deelname aan die Algemene Verkiesing vanjaar:
Riglyne vir Verkiesing aan Lidmate
Dit sou bepaalde risiko’s kon inhou vir ‘n
kerk om sy lidmate te probeer beϊnvloed ten opsigte van hulle
ondersteuning van (en stem ten gunste van) 'n bepaalde politieke party. Tog kan daar tye aanbreek waarin dit beskou
sou kon word as die dringende roeping van die kerk om aan lidmate perspektief
te gee oor die politieke rigting van die land.
Dit is waarskynlik veral belangrik wanneer
dit blyk dat die rigting waarin die politieke sisteme neig, sou kon uitloop op
* die bedreiging (selfs die duidelik
aantasting) van die menswaardigheid van mense (simptomaties in die hoë voorkoms
van armoede – veral die diskrepansie tussen ryk en arm, geweld, misdaad,
korrupsie, ens),
* die bedreiging (en selfs die afbreek) van
gesonde morele waardes van die gemeenskappe waarin ons lidmate leef.
* die misbruik van mag om eie groepsbelange (etniese, kulturele, of
godsdienstige belange) te beskerm en te bevorder
* die aantasting van die beginsel van
geregtigheid aan alle inwoners van die land.
Daarom sou dit in 'n bepaalde tydstip van
die geskiedenis (soos voor 'n algemene verkiesing) van die kerk verwag kan word
om sy lidmate aan te moedig om hulle politieke keuses te maak in terme van
bepaalde waardes soos:
* politieke leierskap wat met integriteit
uitgeoefen word
* morele stand van rolmodelle in politiek
* ekonomiese visie in terme van
armoedevraagstuk
* die honorering van die waardes van die
grondwet en die verbintenis tot die beskerming van die konstitusionele prosesse
in die land.
* die wyse waarop oor mag gepraat word, mag
gebruik en uitgeoefen word.
Onlangse ongelukkige gebeure in Zimbabwe
het ons geleer dat 'n mens nie té laat moet probeer om 'n situasie (konstitusioneel)
te red nie. Die Grondwet is juis
veronderstel om ons teen so 'n situasie te beskerm. Daarom moet ons vroegtydig die gevaartekens
raaksien wanneer dit sou blyk dat die integriteit van die Grondwet (en sy
waardes) onder druk kom en het ons die verantwoordelikheid om daaroor leiding
te gee aan ons lidmate.
Natuurlik is die Grondwet en sy waardes nie
onaantasbaar nie. Vir ons as kerk bly die waardes van die Evangelie van Jesus
Christus, soos ons dit in die Bybel verstaan, ons hoogste prioriteit en
lojaliteit. Maar so lank as wat die Grondwet hierdie oortuiging van ons nie
bedreig nie, moet ons dit as staatkundige instrument tot vreedsame naasbestaan
in hierdie land respekteer en verdedig.
Die ASM sal dankbaar wees
indien die inhoud hiervan soveel as moontlik lidmate so gou as moontlik bereik.
Dankie vir julle aandag
hieraan.
Vriendelike groete.
Dr JJ GERBER
Algemene Sekretaris van die NG Kerk
National Day of Prayer for Elections
20 March 2009
A call from NIRSA, Jericho Walls,
Global Day of Prayer, TEASA, Vote SA Initiative/Christian Lawyers Association, Heartlines,
World Vision, Africa Enterprise, and
other Christian organisations for the Church to pray and seek God's face for
our nation in this season of change and turmoil. We call on the Church to set
aside one day of CORPORATE PRAYER (Friday, 20 March 2009) and three days of
FASTING and PRAYER (18 - 20 March 2009).
Strategy
20 March 2009: 1 day of corporate prayer
* For each community, town,
congregation, school or business to organise a dedicated time of corporate
worship on the National Day of Prayer (e.g. in the Town Hall, Public Square,
School Hall, high places overlooking the community, in a Mall, or in church
buildings).
* For every church of all
denominations to organise a time of corporate prayer for their congregation on
this day (e.g. early morning, lunchtime and evening prayer meeting, cell
groups, meeting for men, women, youth and children etc)
* For businesses, municipalities,
public offices, schools, universities and sport centrums, etc. to make
available a small office or private space, and to encourage employees, clients
and visitors to join in prayer for our nation.
18 – 20 March 2009: 3 days fasting and prayer
* For every church of all
denominations to organise times of corporate prayer for their congregation
(e.g. early morning, lunchtime and evening prayer meetings, meetings for men,
women, youth and children) for the duration of the three days of prayer and fasting.
* For every individual
Christian to rise up, take their stand before the Throne of Grace and intercede
for our nation for at least one hour during the three days of fasting.
* Consider filling the three
days with multiple night-and-day prayer sessions.
* We encourage individuals
to participate in the three days of fasting on any one of the following ways of
fasting:
Normal Fast (no food, just water/liquids)
Esther Fast (no food and no water - get advice from
medical practitioner)
Daniel Fast (simple food/vegetables/fruit, liquids)
Partial Fast (eat only one meal per day)
Soul Fasting (consider refraining from any kind of
entertainment e.g. TV or movies - for the three days)
Prayer Guidelines
The following guidelines are to help you to focus your
prayers on two aspects of prayer:
Proclamations and Thanksgivings
I confess and believe that:
* The Triune God - Father,
Son and Holy Spirit, is sovereign, rules from heaven and is in control over
South Africa! Psa 47:8; Jer 10:7.
* God sees and responds to
everything that happens in South Africa! Psa 33:13-15 ; Gen 16:13.
* God has a plan and a
purpose for South Africa! Is 14:26.
* God answers the prayers of
those who cry out to Him. Is 41:17; Is 58:9-10; Matt 7:7.
* God will bring salvation
to the unsaved in South Africa! Ps 42:11; Ps 79:9.
* God wants the wicked and
the violent to repent and turn to Him! Ezek 18:23.
* Justice will come to South
Africa! Luk 18:7.
* God's mercy will triumph over
judgment for the healing and restoration of our nation! Jas 2:13; 2 Chron 7:14.
Prayer points for the 2009 elections
For peaceful, free, fair and just elections.
* Pray that we will be a
nation built on Truth. Is 26:2.
* Pray that every church leader
and every member of the Body of Christ will set a Godly standard of
righteousness within their own lives. That our behaviour will reflect ‘Christ’
in all things at all times. That we will become citizens of SA responsible for
our actions before God. Heb 12.14
* Pray for every Christian
who is in politics. That they will provide Godly leadership by example.
Romans 8:28 2 Tim 2:15
* Pray for the current
political leaders. That their conduct during the electoral process will be
determined by a greater revelation of the fact that they are called upon to
govern as servants to the nation before God. Romans 13.1, 1 Tim 2:1-2
* Pray for the various
political parties to respect and honour the right of each party to campaign
without intimidation or fear of retaliation.
* Pray that God will deliver
us from ‘tribal’-minded leaders.
* Pray that God will help us
to overcome the cycle of violence in our nation.
* Pray for future political
leaders to be appointed because they are men and women of Godly character.
* That the incoming government
will promote laws that honour God. Hos 10:12.
* That the intervention in the
plight of the poor and needy in our nation will be foremost on the agenda of
our government. Psa 72:4; Psa 72:12.
* Pray that God will deliver our
nation from evil. Psa 2:8
* That His Kingdom be established
in this nation as it is in heaven. Col 1:15 -20
* That righteousness and justice
will prevail and because of that there will be peace. 2 Chron 7: 14. John
14:14, John 16.23
Father of our Lord Jesus Christ, have mercy on South
Africa. Lord Jesus Christ, have mercy on South Africa. Holy Spirit, have mercy
on South Africa.
In the Name of the Father and of the Son and of the
Holy Spirit, we bless you, South Africa!
A small booklet on praying for the nation, HEAR OUR
PRAYER, is also available and can be ordered from the Jericho Walls office.
Jericho
Walls International Prayer Network
Private Bag X22, Lynnwood Ridge, 0040, South Africa
Tel. +27 12 365 3213; Fax. +27 12 365 3214
Email: info@jwipn.com, Website: www.jwipn.com
NIRSA
P.O. Box 14747 Hatfield 0028,
Tel. +27 12 343 9488/9, Fax. +27 86 685 5649
Email: communications@nirsa.co.za
Alpha-Konferensie oor
Gevangenisbediening
Peter Sutton, Nasionale Direkteur van Alpha
SA, laat weet dat Alpha en Prison Fellowship SA eersdaags ‘n gesamentlike
konferensie oor gevangenisbediening aanbied. Hy skryf:
Alpha South Africa and Prison Fellowship South Africa will be hosting a
combined Prison Ministry Conference in May 2009. This event will be a milestone
for both Alpha and Prison Fellowship .
Ron Nickel (President of Prison Fellowship International) and Paul Cowley
(International Director for Alpha for Prisons) will be sharing the podium
alongside Bishop Ivan Abrahams of the Methodist Church of South Africa at this
conference.
This conference will mark the
first step towards implementing our three-year strategy plan in partnership
with the Correctional Services in South Africa.
We therefore need the churches
and various volunteers involved in the road forward and I am sure you will
agree that there is now even more than ever, a need for effective Correctional
rehabilitation as well as effective ways of caring for offenders inside and
outside the prison walls.
Please support us with this
long term initiative by sending a delegation from your church to this
conference.
We look forward to hearing from you!
Peter Sutton
National Director Alpha South Africa
Tel: 012 998 8144
Email: inform@alphasa.co.za
Julle kan die inskrywingsvorm en meer
inligting direk by Alpha aanvra, of by Chantall Vermaak, Assitent van die
Direkteur Begeleiding, by db@ngkok.co.za.
Hierdie bydrae is met dank
oorgeneem uit Feldmuis, eNuusbrief van die Namibiese sinode:
By ‘n gebedskonferensie wat verlede maand onder beskerming van Communitas
in Stellenbosch aangebied is, is verskeie bronne bekend gestel waarby dominees
kan baat vind. André Theron (Pionierspark) het die konferensie bygewoon, en die
bronnelys tot Feldmuis se beskikking gestel Vroeër is publikasies en webblaaie
reeds bekend gestel. Vandeesweek kom verskeie aan die beurt. Onthou ook om te
gaan inloer by Communitas se webwerf waar verskeie Kursusse en artikels
afgelaai kan word – www.communitas.co.za. Dr Quintus Heine (vroeër
van Pionierspark) het ook ’n stimulerende gebedsblog wat die moeite werd is om te
besoek. Blaai na www.communitas.co.za/gebed
kursusse wat beskikbaar is vir kleingroepe en gemeentes
Fokus op meer as 200 vrae oor
Gebed:
Attie Barnard
Seker een van die beste en omvattentse moderne gebedsboeke in Afrikaans
Kleingroepe/ Gebedsgroepe/indiwidue kan hierdie 246 kort hoofstukke
sistematies deurwerk en bespreek. Daar is min boeke in Afrikaans wat teologies
so suiwer en eenvoudig onderwerpe rakende gebed behanmdel.Dit is ook ideaal
vir ’n gebedskursus in ’n gemeente /kleingroepe (Lux Verbi)
Renovation of the heart
Dallas Willard
Hier is ’n 6 weke (dalk 40dae) kursus om die karaktertrekke van Christus in
jou lewe in te neem.Dit het ‘n DVD by, groepboek by en ’n basiese boek. Goeie
kursus om in gemeente aan te bied.(Communitas kan dit bestel)
Emotionally Healthy
Church Peter Scazzero
Dit is ook ’n basiese boek met ’n groepbesprekingsboek vir 8 weke lank. Dit
kan ’n gemeente baie help om emosioneel en spiritueel volwasse te word. (Communitas kan
dit bestel)
Spiritual disciplines(Handbook)
Adele Calhoun
Dit is ‘n uitstekende boek wat 62 geloofsdissiplines kortliks verduidelik
en dit prakties maak. ‘n Baie goeie boek om as kursus vir kleingroepe of self
in besprekingsvorm weekliks aan te bied. Kyk na prentjies van Nico
Simpson op ons webwerf.
Lord teach me to pray in 28 days Kay
Athur.
Hierdie is ook ‘n oulike gebedskursus(28 dae)wat in gemeente /kleingroepe
gebruik kan word. . Dit verskyn ook met groep dvd Kan van website bestel word www.lifeway.com
Beleef God H Blackaby &King
Hierdie is ‘n uitstekende 12 weke kursus oor spiritualiteit -om God se wil
vir jou lewe te verstaan- wat jy in die gemeente kan aanbied. Ek het dit
al gedoen sonder die videos , want ek kry die videos nie in die hande (as jy
dit het help ons asb)
Bybelmedia basiese Gebedskurus
Hierdie basiese kursus- wat omtrent 6 lesings het, is deur Attie van Wijk opgestel
en kan afgelaai word by www.bmedia.co.za/dienste (kliek dan op aflaaibare produkte ). Dit is bruikbaar en sinvol om
aan te bied in gemeente.
Lus vir ‘n Oberammergau Passiespele
Toer?
Ds Bas Peters het ‘n plekkie vir jou. Hy skryf:
Ek is op 'n Oberammergau passie-spele toer vir 2010 bespreek. Aangesien die kaartjies net in dubbel pakkette beskikbaar is, is daar dus een plek beskikbaar op die toer. Dit is 'n 17 dae Europa toer wat die passie-spele insluit. Dit sou ook moontlik wees vir iemand om op sy eie te toer en dan net die een nag (21 Mei 2010) met die passie-spele by die groep aan te sluit.
Volledige besonderhede ivm met toer en koste by my beskikbaar
Bas Peters
0828231762
Veritas-Bediening van ds Riaan
Terblanche
Ds Riaan Terblanche, leraar van Cradock-Moedergemeente,
afgesonder vir die Veritas Kollege bediening, vertel ons meer van sy program
vir die volgende drie weke. Bid asb vir hom en sy gesin:
Opleiding in
Mosambiek
Ek vertrek DV eerskomende
Maandagoggend vir 3 weke na Mosambiek. Saam met my ry ‘n
Mosambieker van Luia, Mofati, wat vir ‘n ruk hier in Cradock vir die gemeente
kom besoek het. Hy is ‘n baie handige tolk, en wil graag vir Charl Greyling,
wat met ‘n boerdery in Luia wil begin, gaan help. Charl is op die oomblik
in Krugersdorp waar hy gemeentes inlig oor sy roeping wat hy van die Here
in Mosambiek ontvang het. Dinsdag sal ons drie-stuks DV dan saam
vanaf Krugersdorp na Morgenster in Zimbabwe ry waar ons gaan oorslaap by
Ds. Henry Murray.
Ons beplan om dan Woensdag die 18de
Maart laatmiddag in Tete aan te kom. Donderdag wil ons sake in die stad
doen, onder andere ‘n motorfiets koop vir die bediening in Luia, en wil ek ‘n
bietjie vir Charl die plekke wys. Vrydag beplan ons om na Zobue te
reis waar ons hulp van Strand-Noord wil oorhandig om ‘n kerkdak in Mavua op te
sit, en in Vila Ulongue vir Ds. Bessitala, die algemene sekretaris van
die Igreja Reformada te ontmoet, en vir Charl aan hom voor te stel. Dis
ook ‘n geleentheid om die kerk ook in te lig oor die opleiding wat op huille
uitnodiging in die gemeentes geskied, en wedersydse bande te versterk.
Maandag 23 Maart tot Vrydag 27
Maart beplan ek om in Tete 14 studente te begin oplei met module
3. Saterdag reis ons na Luia waar Charl gaan agterbly. Ek
reis dan na Furancungo waar ek Sondag gesprekke met Ds. Daniel, een van
ons fasiliteerders, en met die gemeente sal hê. Ek ry dan Maandag DV na Qualota,
80 km Noord van Furancungo, waar ek opleiding gaan gee. Ek beplan daarna om
Vrydag en Saterdag in Kawenga te wees om studente daar te ontmoet, en
Sondag te preek op Kazula. Kazula het ek vanaf Tete bedien, en die
mense wil my baie graag weer sien.
Ons hoop om dan Maandag die 6de
April terug te ry van Luia, en hopelik teen die 8ste weer in
Cradock te wees. Ek sal egter nie vreeslik rus hê nie, want ek moet dan
van die 10de tot die 14de April in Aberdeen Module 2 gaan aanbied.
Dit is is maar ‘n baie druk program. Bid asb. dat die Here my veilig sal
bewaar, en my die nodige krag sal skenk vir die opleiding. As u my wil
ondersteun en bemoedig met ‘n SMS in Mosambiek in hierdie tyd, kan u die
volgende selnr gebruik: +258-825817930. Dit is altyd lekker
en versterkend om van julle te hoor!
Ander goeie nuus is dat die Portugese
vertaling van Module 2 deur Boa Ventura klaar gedoen is, en nou
geproeflees moet word. Wanneer dit gereed is, kan dit ook met vrug in
Angola en ander Portugees-sprekende dele gebruik word.
“Repliek” uit die pen van dr Phillip Scheepers
verskyn
Dr Phillip scheepers,
tentmakerleraar van die NGK Grasvoëlkop in Port Elizabeth en werksaam by
Veritas Kollege in Australië het pas ‘n boek die lig laat sien wat as ‘n
belangrike antwoord dien op kritiek en aanvegting teen die Christelike geloof.
Phillip lewer gereeld
bydraes op die eKerk webblad en is ‘n deurdagte skrywer. Julle kan meer lees
oor hierdie tydige publikasie by www.repliek.org.
Besonderhede van padberade - April en
Mei 2009
Die jaarlikse
padberade vind vanjaar weer in ringsverband plaas. Dit is ‘n geleentheid waar ons saam, deur ’n
proses van geloofsonderskeiding, vra hoe ons by die Here se werk in ons
omgewings aansluit. Wat is God aan die
doen? Hoe kan ons Sy werk voltooi? Saam met die Here Jesus sê ons: “My voedsel
is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi”
(Joh 4: 34).
Bywoning
Die Sinodale
Kommissie versoek dat die volgende persone uit gemeentes vanjaar die padberade
bywoon:
▪ Dominees
▪ Skriba’s
en ander kerkkantoor personeel (daar is weer ‘n afsonderlike opleidingsessie
vir die skriba’s);
▪ Lede van gemeentes se Diensverhoudinge-kommissies en Predikante-ondersteuningskommissies
▪ Kerkraadslede
▪ Orreliste - vanjaar is daar ook ‘n
afsonderlike werksessie vir orreliste, aangebied deur ds Attie van Wyk van
Cradock (self ‘n orrelis van formaat).
Byeenkomste
|
Datum |
Ringe |
Plek |
Gemeente |
|
Maandag, 20 April |
Sondagsrivier Uitenhage Algoa |
Despatch |
NGK Bothasrus |
|
Dinsdag, 21 April |
Humansdorp Port Elizabeth Port Elizabeth-Wes |
Port Elizabeth |
NGK PE-Heideveld |
|
Woensdag, 22 April |
VERKIESING |
|
|
|
Donderdag, 23 April |
Cradock Graaff-Reinet |
Graaff-Reinet |
NGK Graaff-Reinet |
|
|
|
|
|
|
Maandag, 4 Mei |
Burgersdorp Dordrecht |
Barkly-Oos |
NGK Barkly-Oos |
|
Dinsdag, 5 Mei |
Oos-Londen Queenstown |
Stutterheim |
NGK Stutterheim |
|
Woensdag, 6 Mei |
Albanie |
Grahamstad |
NGK Albanie |
|
Donderdag, 7 Mei |
SINODALE KOMMISSIE |
|
|
Koste
Soos gewoonlik staan
die Sinodale kommissie in vir die koste van die leraars (etes en materiaal).
Vir elke ander persoon wat die beraad bywoon, verhaal ons die nominale koste
teen ‘n bedrag van sowat R65.00 (vyf-en-sestig rand) per persoon. ‘n Amptelike kennisgewing word eersdaags aan
gemeentes gestuur, waarna julle kan inskryf.
Johan Marais van Dordrecht stuur hierdie verhaaltjie:
A child was asked to write a book report on the entire
Bible.
Through
the eyes of a child:
The Children's Bible in a Nutshell
In
the beginning, which occurred near the start, there was nothing but God, darkness, and some
gas. The Bible says, 'The Lord thy God is one, but I think He must be a lot
older than that.
Anyway, God said, 'Give me a light!' and someone
did.
Then God made the world.
He split the Adam and made Eve. Adam and
Eve were naked, but they
weren't embarrassed because mirrors hadn't been invented yet.
Adam and Eve disobeyed God by eating one bad apple, so
they were driven from the Garden of Eden.....Not sure what they were driven in
though, because they didn't have cars.
Adam and Eve had a son, Cain, who hated his brother as
long as he was
Abel.
Pretty soon all of the early people died off, except for Methuselah, who lived to
be like a million or something.
One of the next important people was Noah, who was a
good guy, but one
of his kids was kind of a Ham. Noah built a large boat and put his family and some animals on it.
He asked some
other people to join him, but they said they would have to take a rain check.
After Noah came Abraham, Isaac, and Jacob.
Jacob was more famous
than his brother, Esau, because Esau sold Jacob his birthmark in exchange for some pot
roast. Jacob had a son named Joseph who wore a really loud sports coat.
Another important Bible guy is Moses, whose real name
was Charlton
Heston. Moses led the Israel Lights out of Egypt and away from the evil Pharaoh after God
sent ten plagues on Pharaoh's people. These plagues included frogs,
mice, lice, bowels,
and no cable.
God fed the Israel Lights every day with manicotti. Then he gave them
His Top Ten Commandments. These include: don't lie, cheat, smoke, dance,
or covet your neighbor's
stuff.
Oh, yeah, I just thought of one more: Humor thy father and thy mother.
One of Moses' best helpers was Joshua who was the
first Bible guy
to use spies. Joshua fought the battle of Geritol and the fence fell over on the town.
After Joshua came David. He got to be king by killing
a giant
with a slingshot. He had a son named Solomon who had about 300 wives and 500 porcupines.
My teacher says he was wise, but that doesn't sound very wise to me.
After Solomon there were a bunch of major league
prophets. One of these was Jonah, who was swallowed by a big whale and
then barfed up
on the shore.
There were also some minor league prophets, but I guess we don't have to
worry about them.
After the Old Testament came the New
Testament. Jesus is the star of The New. He was born in Bethlehem in a barn. (I wish I had been born in a barn
too, because my mom is always saying to me, 'Close the door! Were you born in a
barn?' It would be nice
to say, 'As a matter of fact, I was.')
During His life, Jesus had many arguments with sinners
like the
Pharisees and the Republicans.
Jesus also had twelve opossums.
The worst one was Judas Asparagus. Judas was so
evil that they named a
terrible vegetable after him.
Jesus was a great man. He healed many leopards
and even preached
to some Germans on the Mount.
But the Republicans and all those guys put Jesus on
trial before Pontius the Pilot. Pilot didn't stick up for
Jesus. He just washed his hands instead.
Anyways, Jesus died for our sins, then came back to
life again. He went up to Heaven but will be back at the end of the Aluminum. His return is foretold in
the book of Revolution.
Sinodale Kommunikasie