NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap Algemene Sinode eNuus

 

Nuus uit die Algemene Sinode in sitting te Johannesburg, 4-8 Junie 2007

 

Uitgawe 2 - Dinsdag, 5 Junie 2007

 

 

 

 

NB: Deel 1 en 2 van die Sakelys van die Algemene is beskikbaar by www.ngkok.co.za/as2007. U kan dit gebruik as verwysing by die lees van hierdie nuusbriefie.

 

A. PRAKTIESE GEMEENTE-WEES

Dinsdagoggend is grootliks aan kerk- en gemeente-wees afgestaan. Afgevaardigdes was duidelik diep onder die indruk van noodsaaklike aanpassing in die bediening en funksionering van plaaslike gemeentes. Hier volg n beknopte opsomming:

 

Nagedink oor gemeente-wees

Ons soek na n manier van kerk-wees wat lidmate toerus om aan die bediening deel te neem. Dit blyk een van die belangrikste prioriteite vir die NG Kerk te wees, het dr Braam Hanekom inleidend oor die gesprek rondom n afgebakende en praktiese gemeentelike ekklesiologie ges.

In die debat het die moderator van n streeksinode genoem dat die sisteem van die kerk mense laat gril en postmoderne jongmense laat uitbeweeg uit die kerk. Ons kry dit nie reg om by die behoeftes van mense op grondvlak uit te kom nie. Die politieke bagasie van die kerk tel ook teen ons.

Verdere kommentaar: Strukture bepaal gedrag - waar lidmate kans kry om hul roeping uit te leef, funksioneer gemeentes baie goed. Die Kerkorde (Artikel 9) plaas predikante in die situasie dat as hulle lidmate bemagtig, word ges hulle het niks meer werk nie.

Gemeentes is ongelukkig begrotingsgedrewe en nie roepingsgedrewe strukture nie, is in die bespreking ges. Strukture ontmagtig lidmate en lewer hulle uit aan die kom en gaan, prioriteite en persoonlike voorkeure van predikante. Daarom moet lidmate struktureel bemagtig word. Ons het ongelooflike lidmate, maar die predikante en strukture laat hulle nie ruimte om te wees wat hulle kan wees nie.

Oor onsigbare mure wat mense verhinder om die kerk binne te kom, is gevra of die kerk nie te maklik te veroordelend oorkom nie. Taal, kultuur, sosiale en ekonomiese klas, rassisme, onbetrokkenheid by die mede-mens is faktore wat die kerk uitsluitend maak. Die teologiese vlak van die prediking, die pragtige planne, stukke en projekte word dikwels as te hoog vir lidmate beleef. n Bruin afgevaardigde het in n kleingroep vertel hoe gesprekke oor die beskerming van Afrikaans in kerkraadsvergaderings van sy gemeente hom volledig uitsluit van die gemeente.

Die wyse van gemeente-wees word n verleentheid, is ook in die bespreking ges. Ons moet nuut oor gemeentes as dissipelgemeenskappe dink. Veral in die platteland is die domineeskerk nog sterk gevestig. Veral op die platteland word gemeentes - ten goede - geforseer om inter-kerklik sam te werk, bv rondom jeugbedieninge. Oor hierdie samewerking kan die mooiste verhale vertel word.

 

Evangelisasie

Evangelisasie is die kernbesigheid van die kerk, maar die kerk haar hart vir evangelisasie verloor. Waarskynlik omdat mense nie vir ons belangrik is nie, het dr Braam Hanekom tydens die Algemene Sinode ges. Ons benodig nuwe style van evangelisasie waar ons mense en hul lewensverhale ernstig neem, daarna luister en saam soek na die inweef van die evangelie in hul lewens. Uit meer as 2 miljoen mense in Johannesburg behoort sowat 6,000 mense aan die NG Kerk. Dit plaas ons voor die dringende uitdaging om die evangelie na mense te neem.

Versorging kan ook ons evangelisasie laml. Ons fokus op die eie lidmate, sonder om grense oor te steek na buitestanders.

Geografiese grense gee die missionre bediening n doodsteek. Mense trek in n gemeente in en verwag dan die kerkraad moet aandag gee. Grense maak instandhouding die hoofdoel. Indien ons geografiese grense sou afskaf, sal gemeentes meer moeite moet doen om te evangeliseer.

 

Identiteit

In die gesprek oor gemeente-wees is op die gevare van uitsluitende identiteitsvorming. Mens kan so seker raak van jou identiteit, en dan sluit jy ander daarmee uit. Daarom is die missionre karakter van die kerk so belangrik. Identiteit moet altyd insluitend gevorm word - met n oog op die naaste - omdat mens jou identiteit slegs in gemeenskap met die ander, die vreemdeling vind.

Ons kan die gevaarlikste woord in die kerk wees, het ds Danie Jordaan ges na aanleiding van sy gemeente se betrokkenheid by ander gemeentes in Angola en Botswana. Wat jy buite jou kerkgeboue doen is net so belangrik as wat jy daarbinne doen.

 

Missionre gemeentes

Prof Piet Meiring het inleidend opmerkings oor die missionre roeping van die kerk ges dat God in sy diepste wese n sturende, sendende God is. God is liefde en deernis, immer soekende na gemeenskap. God is voortdurend besig om mense te nooi tot nuwe gemeenskap. God gebruik elke lidmaat as agent van hierdie uitnodiging.

Sending na die omgewing rondom ons, dat die kerk daar vir die wreld, is n opwindende ontdekking in ons tyd, het Meiring ges.

 

 

B. EREDIENS

 

Handboek vir die Erediens

n Nuwe Handleiding vir die Erediens het pas verskyn, die eerste weer nadat die vorige uitgawe laat in die tagtigerjare die lig gesien het. Dit is vandag by die Algemene Sinode bekendgestel. Die handleiding is deel van n proses, en nuwe, aanvullende materiaal sal steeds ontwikkel word. Gemeentes word aangemoedig om self kreatief met die liturgie om te gaan. Die Algemene Sinode het die Handboek as n liturgiese proefbundel goedgekeur. Die Algemene Diensgroep vir Gemeente-Ontwikkeling sal die Handboek evalueer en aanbeveel vir goedkeuring by die volgende Algemene Sinode.

Die Handboek bevat o.a. voorbeelde van doopvieringe van verskillende geleenthede - iets wat die vorige Algemene Sinode alreeds aangemoedig het - sonder dat die indruk van herdoop daarmee geskep word.

Die vergadering het ook kennis geneem dat die Drie Formuliere van Eenheid tans in moderne Afrikaans vertaal word.

 

Kerkmusiek

Die FLAM-liedere (eietydse liedere) word tans ontwikkel. Die klassieke musiek-kant van kerklike musiek kry nou ook aandag. Daar is tans twee krisisse aan die ontwikkel: orreliste is nie meer so geredelik beskikbaar nie, terwyl die opleiding van baie kontemporre musici aandag nodig het. n Professionele opleidings-DVD vir kontemporre musici gaan saamgestel word. Dit word gesien as n praktiese manier om verskillende style van spiritualiteit te hanteer.

Die Begeleidings-CD-pakket is beskikbaar vir gemeentes wat nie oor n orreliste beskik nie. Dit is by Bybel-Media op 13 CDs beskikbaar. Die oorspronklike, ou pakket is geheel en al hersien. Gemeentes wat die ou pakket het, kan dit vir n minimale bedrag opgradeer.

Die Algemene Sinode ondersteun die werkswyse van FLAM en moedig sinodes aan om gebruik te maak van hierdie teologies en musikaal-gekeurde eietydse liedere.

Tekste van liedere in ander tale, waarvan die melodie in die Liedboek verskyn, is op die kerk se webblad beskikbaar.

 

 

C. DIE DOOP

 

n Verslag oor die betekenis en gebruik van die doop is vandag bespreek. Dit verskyn op bl 31 van Deel I van die Sakelys en is die moeite werd om te lees.

In die bespreking is die verslag deur prof Adrio Knig as te min vir Gereformeerdes en eerder as die standpunt van die hervormer Zwingli dan Calvyn se standpunt beskryf. Die doop is nie net n teken (soos die verslag s), maar ook die sel en waarborg van die genade. Knig, n voorstander van die bekeringsdoop, het ook daarop gewys dat die bekeringsdoop en herdoop in dieselfde paragraaf behandel word. Die bekeringsdoop is nie bedoel om n herhaling van die Christelike doop te wees nie, maar die dopeling se antwoord op die Christelike doop. Die bekeringsdoop word nie in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees gedoen nie, maar in die naam van die doopkandidaat as antwoord op die Christelike doop se oproep tot bekering.

Tydens die gesprek is genoem dat talle lidmate hulle laat oordoop weens n behoefte om uitdrukking aan hulle antwoord op die Here se genade te gee.

Coenie Burger het daarop gewys dat ons inderdaad Zwingliaans raak in ons doopbeskouing en dit bloot as n teken sien. Dit is inderdaad sels van die genade en ons moet mense hierin begelei soos hulle opgroei.

Die finale besluit wat oor die verslag geneem is, lui as volg:

BESLUITE AANGAANDE DOOP, DOOPVIERING EN VERSLAG RAKENDE DIE BETEKENIS EN GEBRUIK VAN DIE DOOP (Moderamen Bylaag 3)

1. Die AS neem bogenoemde verslag in ontvangs as vertrekpunt vir omvattende gesprek aangaande doop en doopviering.

2. Die AS bevestig dat die Christelike doop vanuit die radikaliteit van die genade, as onherhaalbaar beskou moet word.

3. Met groot begrip vir die kragtige betekenis van simbole en rituele en met behoud van die Christelike doop as eenmalige sakrament (vir kinders en volwassenes) dra die AS dit aan sinodes op om te besin oor toepaslike rituele waardeur gedoopte lidmate van die werklikheid van God in hulle lewe kan getuig.

4. Sodanige rituele sou ook net bedien kon word aan persone wat hulle Christelike doop erken.

5. Die AS gee aan ADGO opdrag om die sinode te bedien met `n eenvoudige en helder beleid en voorstelle aangaande doop, doopviering, kindernagmaal en kategese, wat beide ons tradisie en die praktiese bedieningskonteks van ons dag in ag sal neem.

( vervang voorstel 6 p 18 van Agenda II)

 

 

D. GEESTESWRELD EN BEVRYDING

 

Die verslag wat oor die geesteswreld en bevryding voor die Algemene Sinode dien, het hewige bespreking uitgelok. Die verslag is gekritiseer as n poging om predikante wat n bevrydingsbediening beoefen te diskrediteer. Lidmate wat met die okkulte worstel, moet na sangomas gaan in n poging om hul probleme te hanteer omdat predikante dit nie kan hanteer nie, is ges. Daar is nie na fenomenologiese studies gekyk nie. Dit blyk ook dat die RCA gangbaar gebruik maak van bevrydingspraktyke. Die gegewens in die Skrif kan ook nie - is ges - as bloot pre-modern beskryf nie. Die hermeneutiek (verstaansraamwerk) van die verslag, is ges, kan ook gebruik word om geloof in n persoonlike God te ondermyn. Die verslag internasionaliseer die bose in die indiwidu, en dit is nie die boodskap van die Bybel nie.

In die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake se voorlegging is ges dat dit onmoontlik is om agter die moderne kennis oor menslike gedrag wat die psigiatrie en sielkunde aan ons gee, terug te gaan.

Uiteindelik het die sinode besluit om bloot kennis te neem van die verslag en die gepaardgaande aanbevelings. Opdrag is gegee dat die Taakspan Leer en Aktuele Sake verdere ondersoek en studie moet doen.

 

 

E. KERK EN STAAT

 

NG Kerk en Grondwet

n Indringende verslag oor die NG Kerk en die grondwet het voor die vergadering gedien. Dit verskyn vanaf bl 111 in Deel I van die sakelys. Die dokument is goedgekeur as beleidstuk van die NG Kerk, en as uitgangspunt vir die werk van die Parlementre Lessenaar.

Daar is besondere getuienisse gelewer oor die goeie kontak en gesprek wat in verskillende provinsies met premiers plaasvind. Dit bly egter moeilik om op die vlak van die sentrale regering met die staat in gesprek te tree.

 

 

F. KOMMUNIKASIE

 

Kerkbode en Lig

Kennis is geneem van die pragtige nuwe baadjies wat Kerkbode en vroer Lig aangetrek het. Namens ons sinode word gemeentes aangemoedig om hierdie publikasies te ondersteun. Plaas julle bestellings! Die gesinstydskrif Lig verdien om deur alle gesinne in die kerk gelees te word. Ontdek die Lig in Lig. Kerkbode is die koerant vir mense wat ingelig wil wees.

 

Ideale vir 2010

Die Direktoraat vir Kommunikasie het besondere ideale vir 2010. Dit word uitgespel by pt 8 wat op bl 105 van Deel i van die Sakelys begin.

Mense het tans die beeld van die NG Kerk dat dit tot die ou tyd behoort. Ons sal veral op jongmense in ons kommunikasie moet konsentreer. Taalgebruik moenie wreldvreemd wees nie. Sensitiewe taalgebruik ten opsigte van ras, geslag en ander diversiteite is nodig. Deel van die kommunikasiestrategie is dat mense n redelike en feitelik-gebaseerde idee sal h van wat dit beteken om n lidmaat van die NG Kerk te wees.

Die belangrikheid van die nuwe elektroniese media is ook deurslaggewend belangrik.

 

 

G. GEWELD EN MISDAAD

 

Indringende gesprek is gevoer rondom die ho vlakke van misdaad en geweld. In besluite wat geneem is, roep die sinode die owerheid op om die swaard wat hy ontvang het om geweld en misdaad te bekamp te gebruik. Kyk na bl 5 van die aanvullende verslae

 

 

Groete tot ons weer mre-aand gesels.

 

Danie Mouton

Bo