NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap Algemene Sinode eNuus

 

Nuus uit die Algemene Sinode in sitting te Johannesburg, 4-8 Junie 2007

 

Uitgawe 3 - Woensdag, 6 Junie 2007

 

 

 

Hierdie eNuus handel oor die besluite oor Kerkhereniging en Homoseksualiteit

 

NB:

Deel 1 en 2 van die Sakelys van die Algemene, tesame met die Aanvullende Verslae is beskikbaar by www.ngkok.co.za/as2007. U kan dit gebruik as verwysing by die lees van hierdie nuusbrief. Vorige uitgawes van OosKaap Algemene Sinode eNuus is ook hier beskikbaar.

Julle kan gerus ook kyk na n paar persberigte wat oor die Algemene Sinode verskyn het.

 

A. KERKHERENIGING

 

Agtergrond

Die NG Kerk het n leidende besluit oor kerkhereniging by die Algemene Sinode van 2004 geneem wat sedertdien as verwysingsraamwerk vir gesprekke gedien het. Aanvanklik was die reaksie van die VGK nie baie positief nie, maar sedert die VGK se Algemene Sinode in 2005 het die situasie verander. In Junie 2006 het die NGK en VGK tydens n vergadering in Esselenpark baie aandag aan die vlakke van vertroue gegee. Ten spyte van verskille is n kosbare vertrouensbasis hier gebou. n Proses is geskep om ook die NGKA en RCA te betrek. In Augustus 2006 het so n gesprek in Bloemfontein plaasgevind. Daar het die leierskappe van die vier kerke die eerste keer by Achterberg bymekaar gekom, en in Mei 2007 het Achterbergh 2 plaasgevind. Hierdie dokumente is verkrygbaar in die Aanvullende Verslae, bl 28 en verder. Verder is alle Achterbergh dokumente ook op ons webblad (www.ngkok.co.za) beskikbaar.

Vier aspekte het by Achterbergh 2 aandag gekry: konfessionele basis, model, gesamentlike projekte, en versoening. n Voorgestelde versoeningsproses is ook geformuleer. Die volledige Achterberg 2 dokumente is in die Aanvullende Verslae (bl 28-37). n Opsomming hiervan is te vind in die Aanvullende verslae in die raampie wat strek vanaf bl 23-25.

Die Achterbergh 2 dokumente is nog nie vas en konkreet genoeg nie. Hoewel gemeentes oor die inhoud hiervan gekonsulteer sal word, sal dit nog net die eerste rondte van gesprek wees. Daar sal daarna n verdere rondte van raadpleging met gemeentes plaasvind.

Van die Algemene Sinode word slegs gevra om die bre rigting van Achterbergh 2 goed te keur as n vertrekpunt vir die voortsetting van die reis.

Volgens Coenie Burger is die proses baie broos en is daar baie dinge wat nog deurgepraat moet word. Daar sal nog baie werk gedoen moet word.

 

Posisie oor Belhar

Die NG Kerk en Afrika en die Reformed Church in Africa is nie een gereed om Belhar as belydenisskrif te aanvaar nie. Dit lyk of die NGK en VGK se Algemene Sinodes se standpunte begin konvergeer: die VGK stel dit nie langer as voorwaarde vir kerkhereniging nie, en die NGK aanvaar die Bybelse inhoud, maar het talle lidmate en kerkrade wat nie gereed is om dit as belydenisskrif te aanvaar nie.

 

Model vir kerkhereniging

Daar is n hele dag spandeer met regsverteenwoordigers oor hereniging. Die wetgewing in SA is nie baie vriendelik teenoor herenigingsprosesse nie.

Daar is vier voorlopige konsensuspunte:

Ons het gemeentes, ringe, sinodes en die algemene sinode. Wat gemeentes betref, behou plaaslike kerkrade volledige besluitnemingsbevoegdheid oor die plaaslike bediening. Die grootste weerstand teenoor kerkhereniging hou verband met wanbegrip oor hierdie beginsel.

Wat die Algemene Sinode betref sal dit die plek wees om kerkhereniging in die verband te begin. Wanneer die kerke gereed is, sal begin kan vorm om n insluitende, herenigde sinode te vorm.

Sinode en ringe se grense stem nie ooreen nie, en dit sal langer neem om hier te herenig.

Die moontlikheid van assosiasie-lidmaatskap word tans oorweeg. Die Protestantse Kerk in Nederland het op hierdie basis verenig. Deelnemende kerke stem nie oor alles in die groter verband saam nie, maar assosieer met die groter eenheid. Die RCA het bepaalde teologiese verskille, bv oor die vrou in die amp, die gebruik van rook en drank, wat dit dalk net moontlik sal maak om op die vlak van assosiasie-lidmaatskap in te skakel.

 

Vrae

Tydens die vergadering het die kleingroepe hul vrae op skrif gestel en aan die moderatuur oorhandig. Meer as 80% van die vrae het oor die proses gehandel.

Hoe gaan ons lidmate deel maak van die proses? Voor die einde van die jaar sal die Algemene Sinode se besluite vir kommentaar na gemeentes gestuur. Dit sal nog nie n stemming behels nie, maar die terugvoer sal verreken word. Indien daar konsensus met die ander kerke bereik is, sal n tweede rondte van raadpleging plaasvind voordat daar gestem word. Kerkrade sal inisiatiewe moet neem om verhoudings op grondvlak te bou en gesamentlike projekte aanpak.

Hoe kan ons maak om die proses te vertrou? Volgens Coenie het hy gedoen wat hy kon. Die basis vir gesprek was die besluit van die Algemene Sinode 2004. Ons sal moet kyk na ons kerksisteem. Mense s net wat hulle wil. Die vlak van vryspraak is geweldig groot - mense slinger beskuldigings rond wat nie waar is nie. Vertroue is iets waarop mens moet besluit, al weet jy jy kan toekomstig teleurgestel word. Korrekte inligting moet so wyd as moontlik versprei word.

Wie dryf die proses - lidmate of van bo af? Dit moet van albei kante kom.

Is die vier kerke se bedoeling met kerkeenheid dieselfde? Nee. Selfs nie almal binne elke kerk het ook dieselfde standpunt nie. Ons moet aktief daarna soek om mekaar te vind.

Wat kan ringe nou al doen as hulle een wil word? Daar is ringe wat alreeds saam vergaderings hou. Beide behoort nog aan hul kerke, maar hou vergaderings saam.

Hoe lank gaan ons lidmate wat ons terughou duld? Selfs al moet ons buitengewone maatrels tref, moet ons soveel as moontlik mense binne hou.

Wat is die moontlikheid van kerkskeuring? Veral die Hollandse Gereformeerdes het n baie slegte rekord as dit kom by kerkskeuring. Die Hongaarse Gereformeerdes is al vir 500 jaar een. Ongelukkig verskil Christene. Enige reling wat Christene wat verskil bymekaar te hou in een kerkverband is beter as kerkskeuring. Die moontlikheid van die assosiasie-verband kan dalk daarmee help.

Is gemeenteleiers genoegsaam bemagtig? Die prosesse in gemeentes kan baie verder gaan as wat op die oomblik gebeur.

Taal? Die verskillende tale moet gekoester word. Dit is vir almal vanselfsprekend dat gemeentes die gangbare taal sal bly behou. By ringe, sinode en die algemene sinode moet elke vergadering self besluit. Die VGK maak van tolke gebruik. Elkeen moet in die taal kan deelneem waarin hulle gemaklik is.

Mense se vrese? Die eenheid van die kerk het alles te doen met die identiteit van die kerk. Mense is op soveel vlakke teleurgesteld met wat in die nuwe Suid-Afrika gebeur dat mense dit oordra na die eenheidsproses. Ons moet met ons lidmate oor die emosionele blokkasies vir hereniging praat. Ons moet prosesse kry om emosies te hanteer. Luister ernstig na die vrese en hanteer dit.

Strukture? Dis n gereformeerd-presbiteriale struktuur. Die regsadvies s dat ons saam n nuwe kerkverband moet vorm. Al die gemeentes herorganiseer hulself in n nuwe kerkverband. Dit behels die herstrukturering van ringe, gemeentes en sinodes nadat n algemene sinode tot stand gekom het.

Eenheid met kerke wat nie deel is van die NG Familie nie? Die Gereformeerde en Hervormde kerke was ook deel van ons. Die drie kerke van die Familie is tans die mense wat s ons moet dit doen. Die Gereformeerdes en Hervormdes is nog nie op di punt nie. Dan is daar ook die Presbiteriane en Congregationals. Daar sou op n baie sagte manier begin kon word om alle Gereformeerdes / Presbiteriane nader aan mekaar te bring.

Standpunte van kerkrade? Die standpunte van kerkrade in die stemming sal vir goedkeuring (approbasie) aan die gemeente voorgel word, soos in die geval van die verkiesing van kerkraadslede. Die standpunte van kerkrade sal ernstig geneem word. As n beduidende hoeveelheid (ver minder as die vereiste persentasie) besware het en nie wil deelneem nie, sal eers daaraan aandag gegee word.

Posisie van gemeentes ten opsigte van hul regspersoonlikheid? Dit word in beide die kerkreg en gemene reg beskerm. Daar is geen manier waarop n algemene sinode, sinode of ring kan beskik oor die bates van n gemeente nie. Ons moet ook onthou dat ons n roeping het om armoede te verlig en om werktuie van God te wees waar daar swaarkry is. Daarom is mededeelsaamheid belangrik. Dit doen ons onder leiding van plaaslike kerkrade.

Pensioenfondse? Ook die pensioenfondse is eie regspersone.

 

Debat

Dr Hannes Koornhof het getuig hoedat die Here in die prosesse wantroue en kwade gesindhede afgebreek het toe mense nie langer gedink het dit is moontlik nie. Hierdie groei van vertroue kan in elke plaaslike gemeente plaasvind. Koornhof het ges dis n historiese geleentheid dat ons nou vir die eerste keer eerste konsensus-voorstelle het om vir insette en konsultasie na gemeentes te neem. Dit is belangrik dat daar nie druk op plaaslike gemeentes sal wees nie. Ons het ook met n gefaseerde proses te doen wat voorsiening maak vir die totstandkoming van een algemene sinode. Dit kan eers gevorm word nadat alle kerkrade / gemeentes die hele proses goedgekeur het.

n Ander spreker het gevra in watter mate predikante die blokkasie vir kerkhereniging is nie. Al die informasie kom tot by kerkkantore, maar wat word dan daarvan?

Deelnemers aan die debat het groot waardering vir die kerk se leierskap uitgespreek en hul verwondering uitgespreek oor die besondere vordering wat gemaak is.

Dr Francois Wessels het daarop gewys dat eenheid tussen gemeentes as konkrete werklikheid vir Paulus vanselfsprekend is. Omdat die gemeentes almal aan een organisasie behoort, kan Paulus aan die Romeine s hy is op pad na n nuwe arbeidsveld (Spanje) en as ek by julle stop (Rome), moet julle my help. Hy was nog nie daar nie (Rome), maar neem vanselfsprekend aan dat hulle sal help soos die ander kerke reeds gedoen het. As apostel gee hy opdragte dat gemeentes, soos in Galasi, die moedergemeente in Jerusalem moet help - ons is een.

Heelwat gesprek is oor die Achterbergh 2-dokumente gevoer. Die bedoeling daarmee is dat dit basis vir n gesprek kan wees. Dit is nie besluite nie. Die volledige stel dokumente is as Bylaag 1 vanaf bl 28 ingebind (Aanvullende Verslae). n Opsomming van Achterbergh 2 is in die Aanvullende Verslae te vind op bl 23-25. Hierdie opsomming gee die konsensus tussen die kerklike leierskappe weer.

Die NG Kerk se identiteit is ons storie van die afgelope jare. Dit is belangrik dat ons hierdie storie / identiteit aan lidmate moet kommunikeer, het prof Danie du Toit aan die vergadering ges. Die storie sluit ook die slegte in van ons wederstrewigheid en worsteling. Lidmate moet verstaan waarom ons tans met hierdie dinge worstel. Ons het n eenvoudige storieboek nodig sodat mense die relevansie van die debat oor hereniging kan verstaan.

Ds Danie Jordaan het beklemtoon dat daar ongelooflike sonskyn is in die versoening tussen mens en mens in Christus. Saam met ander afgevaardigdes het hy dankbaarheid uitgespreek vir die vordering rondom hereniging.

 

Besluite

Die besluit wat die Algemene Sinode uiteindelik goedgekeur het, lees as volg (kom voor in die dokument Aanvullende Besluite):

 

1.1.4 AANBEVELINGS: GESAMENTLIKE GESPREK TUSSEN DIE VIER KERKE

1.1.4.1 Die Algemene Sinode ondersteun die inisiatiewe wat die Moderamen sedert Junie 2006 in oorleg met die Moderamens/Sinodale Kommissies/Sinodale Diensrade van al die sinodes asook die Moderamens/ Sinodale Kommissies van die VGKSA, NGKA en die RCA geneem het tot hereniging van die vier kerke in die NG Kerk-familie.

1.1.4.2 Die Algemene Sinode is dankbaar teenoor die Here vir die nuwe gesindheid wat die Here sedert Junie 2006 tussen die vier kerke gegee het in hierdie eenheidstrewe en die vordering wat gemaak kon word ten opsigte van die bou van verhoudinge en die vind van konsensus.

1.1.4.3 Die Algemene Sinode neem kennis van die Achterbergh II-dokumente. (klik hier vir die volledige Achterbergh 2 dokumente)

1.1.4.4 Aangesien die proses tussen die vier kerke sodanig gevorder het dat daar iets konkreet op die tafel is, versoek die Algemene Sinode sinodes om die Achterbergh II-dokumente saam met die besluite van die Algemene Sinode 2004, aan gemeentes deur te gee vir bespreking en kommentaar aan die hand van die volgende proses:

* die Moderamen voorsien teen einde Julie 2007 n dokument met riglyne vir gemeentes oor hoe om sulke gesprekke op die mees konstruktiewe manier te voer;

* die Moderamen stel n pro-forma verslagwyse op, wat ook in die riglyne aan gemeentes opgeneem word, aan die hand waarvan kerkvergaderings hulle mening en insette kan gee;

* die sinodes versamel alle kommentaar en insette van gemeentes nie later nie as 1 Desember 2007 en gee dit deur aan die kantoor van die Algemene Sekretaris vir verwerking;

* hierdie fase is slegs vir konsultasie, bespreking en insette/ kommentaar.

1.1.4.5 Die Algemene Sinode dra dit verder aan die Moderamen op om, in die lig van die kommentaar en insette van gemeentes asook die besluite van die Algemene Sinode 2004, verder met die ander drie kerke te onderhandel oor konkrete voorstelle aan kerkrade/ gemeentes van al vier die kerke. Hierdie konkrete voorstelle word, indien moontlik, gedurende die tweede helfte van 2008 deur elke kerk aan kerkrade/gemeentes voorgel met die oog op hulle goedkeuring. Dit word deur elke kerk gedoen in ooreenstemming met die prosedures wat tans in daardie kerk se Kerkorde/ besluite daarvoor voorgeskryf word (Die NG Kerk se proses word uitgespel in Agenda Deel I A.5.1 bl 384 pt 14).

1.1.4.6 Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen op om in hierdie proses verder leiding te neem en om, soos die afgelope maande sedert Junie 2006, telkens die moderature van al die sinodes te betrek in konsensus-soekende onderhandelinge met die ander kerke. Die onderhandelinge geskied aan die hand van die besluite van 2004 asook die uitkoms van die proses in pt 1.1.4.4 hierbo.

 

1.2.1.5 AANBEVELING: KONSULTASIEPROSES

Die Algemene Sinode versoek sinodes om verantwoordelikheid te aanvaar vir die hantering van die konsultasieproses binne die kerkverband.

 

1.2.2.2 AANBEVELING: POSISIE TOV KERKEENHEID / KERKHERENIGING

Die Algemene Sinode bevestig weereens dat ten opsigte van die saak van kerkhereniging dit by vergaderings van Algemene Sinodes nie meer oor die of (maw die wenslikheid) van kerkhereniging gaan nie, maar oor die hoe daarvan (maw die beste manier waarop dit bereik kan word) aangesien uitvoerige besluite waardeur die NG Kerk haarself verbind het tot hereniging met die ander drie kerke van die NG Kerk-familie reeds sedert 1990 by verskillende Algemene Sinodes geneem is, en al die (streek)sinodes ook duidelike besluite ten gunste van kerkeenheid geneem het.

 

1.3 OPDRAG AAN MODERAMEN

Die Algemene Sinode bekragtig dat die Moderamen sy mandaat uitgevoer het aangesien by die Algemene Sinode van 2002 opdrag aan die Moderamen gegee is om die proses van kerkhereniging verder te begelei. Die Algemene Sinode herhaal die opdrag aan die Moderamen.

 

Die sinode het ook slegs kennis geneem van n verslag oor hoe approbasie van kerkhereniging werk (bl 38-40 van die Aanvullende Verslae).

 

Groeteboodskappe deur moderators van die NGK-Familie

Tydens die gesprek oor kerkhereniging het ds Lampies Lebone van die NGKA (tans besig met hul eie sinode), prof Thias Kghatla van die VGK en ds Victor Pillay van die RCA groeteboodskappe aan die sinode oorgedra.

 

DVD oor kerkhereniging

Die Oos-Transvaalse sinode het n DVD vervaardig waarin die 4 moderators gesprek voer oor kerkhereniging. Kerkrade en gemeentes kan dit baie nuttig gebruik. Dit is by Bybel-Media beskikbaar.

 

 

B. EKUMENE

 

Die Algemene Sinode het besluit om aansoek te doen van die All Africa Conference of Churches. Die moontlikheid van n liggaam wat die brer familie van NG Kerke regoor Afrika bymekaar sal bring, is ook goedgekeur. Die bedoeling is dat dit op geen manier in die plek van die kerkherenigingsproses in Suider-Afrika mag staan nie.

Dan is ook besluit om weer aansoek te doen om lidmaatskap van die Wreldraad van Kerke. Dit is n forum waar ons nou deel word van n wyer, wreldomvattende gesprek tussen kerke. Dit beteken nie dat die WRK se besluite ons kompromitteer nie. Vanaf 1948 tot in die 1960s was die Kaapse en Transvaalse kerke lede van die WRK.

 

 

C. HOMOSEKSUALITEIT

 

Die verslag van die taakspan oor homoseksualiteit is deur die twee mede-voorsitters, Jorrie Potgieter en Andr Bartlett voorgedra. Die verslag word deur twee alternatiewe voorstelle afgesluit. Vergelyk bladsy 143 van Sakelys Deel 1. Die eerste voorstel vra dat die besluit na kerkrade afgewentel word. Die Algemene Sinode neem dus nie standpunt teen permanente homoseksuele verhoudings in nie. Die tweede stel aanbevelings vra dat homoseksuele verhoudings afgewys word.

 

Konsensus

Ten spyte van groot verskille is verskeie punte van konsensus gedentifiseer:

1. DIE SKRIF

Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke en besluite oor homoseksualiteit soek ons eerlik na

maniere om die Bybelse waardes betekenisvol binne di konteks te interpreteer.

2. MENSGERIGTHEID

Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die

geloofsgemeenskap gebaseer moet word. Alle mense is geskep na die beeld van God; die verlossing in

Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die

menswaardigheid van alle mense.

3. INKLUSIEWE LIDMAATSKAP

Alle mense, ongeag hulle seksuele orintasie, is ingesluit in God se liefde en hulle behoort op grond van

hulle doop en geloof as volwaardige lidmate van die kerk van Christus aanvaar te word. Onder volwaardige

lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die

kerklike tug.

4. HUWELIK

Alhoewel daar ook verskil van mening oor die huwelik bestaan, is daar ten minste konsensus daaroor dat die

huwelik tussen .n man en .n vrou .n belangrike instelling van God is.

5. PROMISKUTEIT

Sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuteit word as destruktiewe en sondige gedrag afgekeur.

6. PASTORALE ONDERSTEUNING

Die kerk behoort ondersteuningsisteme daar te stel en pastorale sorg, waar nodig, te verskaf aan persone

wat op die een of ander wyse die werklikheid van homoseksualiteit beleef.

 

Meningsverskil

Dan is daar ook bepaalde meningsverskille:

1. SKRIFGEGEWENS

Oor die vertolking van die Skrif oor homoseksualiteit:

. Een standpunt vertolk die Skrifgegewens as .n afwysing van homoseksuele gedrag.

. .n Ander standpunt vertolk die Skrifgegewens as .n afwysing van sekere destuktiewe vorme van seksuele

gedrag sonder om .n uitspraak te lewer oor homoseksualiteit as sodanig.

2. VERHOUDINGS EN DIE HUWELIK

Oor die aanvaarbaarheid van vaste verhoudings tussen persone van dieselfde geslag:

. Aan die een kant is daar die beskouing dat sodanige verhoudings teen die leer van die Skrif is.

. Aan die ander kant is daar die beskouing dat sodanige verhoudings Christelik-eties aanvaarbaar is as dit

gerig is op die vorming van .n vaste verbintenis van liefde en trou.

Daar bestaan ook meningsverskil oor die aard van die huwelik:

. Een standpunt sien dit as .n eksklusiewe verbintenis tussen een man en een vrou.

. Daar is ook .n ander standpunt wat ten gunste daarvan is dat vaste lewensverbintenisse tussen persone

van dieselfde geslag dieselfde legitimiteit as die huwelik behoort te geniet.

3. BESONDERE AMPTE

Daar is meningsverskil oor die voorwaardes waaronder homoseksuele mense tot die besondere ampte

toegelaat behoort te word. Standpunte kan basies in twee verdeel word:

. Diegene wat nie .n probleem het met die toelating van homoseksuele persone nie, op voorwaarde dat

hulle .n selibate lewenstyl beoefen

. Diegene wat ten gunste van die toelating van persone in nie-promiskue, vaste verhoudings van liefde en

trou is.

4. PASTORALE ONDERSTEUNING

Daar bestaan meningsverskil of .n Bybels-gefundeerde pastorale model daarop gerig moet wees:

. Om homoseksuele persone te lei tot die verwesenliking van God se skeppingsdoel met man en vrou (herorintasie) of die beoefening van .n selibate lewenstyl

. Om homoseksuele persone tot sinvolle integrasie van hulle Godgegewe seksuele orintasie in die uitlewing van .n Christelik-etiese verantwoordelike leefstyl te begelei.

 

Motiverings deur mede-voorsitters

Andr Bartlett het in sy voordrag - ten gunste van die afwenteling van die besluit na kerkrade - daarop klem gel dat sinodes of die algemene sinode nie behoort te doen wat gemeentes kan doen nie. Al die verskille oor homoseksualiteit gaan eintlik oor die vraag hoe gehandel word met lidmate van homoseksuele orintering. Die standpunt wat hy verteenwoordig voel dat die Algemene Sinode reeds die nodige Skrifstudie gedoen, en - soos ander kerke wreldwyd - tot die oortuiging gekom dat alle mense op grond van geloof kan aanspraak maak op kerklidmaatskap - ongeag seksuele orintering. Wat die enigste oorblywende sak betref, hoe ons handel met die homoseksuele persoon in vaste verhoudings, moet dit aan gemeentes oorgelaat word. Hier word nie abstrak oor mense gepraat nie, maar oor die konkrete mens. Die gemeente is die beste plek waar gay en nie-gay lidmate saam met mekaar kan leef. Die Presbyterian Church in die VSA hanteer lidmate in vaste gay verhoudings op hierdie wyse. Die EKD (Evangeliese Kerk in Duitsland) laat dit ook aan die plaaslike gemeente oor.

Bemagtig gemeentes, help gemeentes om plekke te word waar ons na God, mekaar en ander gemeentes, kan luister het Bartlett ges. Ten spyte van alles wat gay-Christene van die kerk beleef het, is daar steeds n verwagting om n woord van die kerk te hoor. Soos Jakob in die lang worsteling by die Jabbok-rivier ges het: Ek gaan u nie los voordat u my nie gesen het nie. Gays s ook vir die kerk: Ons gaan julle nie los nie totdat julle nie n woord van bevryding, sen, oor ons uitgespreek het nie. Kom ons vertrou lidmate om dit namens die kerk te doen, s Bartlett.

Jorrie Potgieter - ten gunste van die afwys van homoseksuele verhoudings - het in sy voordrag ges die vraag is of die Skrif regverdiging gee vir homoseksuele verhoudinge en verbintenisse. Die hoogste bron vir seksualiteit en verhoudinge bly die Skrif. Die Skrif ken reeds homoseksuele verhoudinge van liefde en trou. Dit geld ook bv die Griekse denkers en die Gilgamesh-epos. Daarom kan ons nie die gang van die Bybel, wat heteroseksualiteit as norm voorstaan, ignoreer nie. Hoe sien die Bybel seksualiteit. Heteroseksualiteit is die enigste norm vir seksuele verhoudings en lewensverbintenisse. Jesus hanteer die huwelik dan ook so. Die kerkvaders en die teologiese ontwikkeling tot ons dag keur homoseksuele verhoudings af. Slegs 2% Protestantse kerke aanvaar homoseksuele lewensverbintenisse. Die goedkeur van homoseksuele lewensverbintenisse sal n nuwe verstaan van die Bybel en die tradisie van die Christendom beteken.

Homoseksualiteit bestaan in n wisselwerking van biologiese en omgewingsfaktore. Maar wetenskaplike oortuigings kan nie n teologiese beginsel vestig nie. Lidmate en sinodes vra n uitspraak van hierdie sinode. Dit kan nie maar afgewentel word na gemeentes nie. Indien gemeentes homoseksuele lewensverbintenisse kan insen, jies die sinode vir kerkordelike wanorde. Dan keur ons homoseksuele lewensverbintenisse / huwelike per implikasie goed. Die Skrif ken dit nie.

Homoseksuele persone wat selibaat lewe moet in die ampte toegelaat word, het Potgieter ges.

 

Bespreking in die vorm van dialogiese debat

Ek gee so n langerige seleksie van standpunt weer om julle iets van die gees van die debat te laat leef:

In die bespreking het Francois Wessels daarop gewys dat verandering in die kulturele omgewing die argument ten gunste van die goedkeuring van gay verhoudings meebring. Die aanvaarding van gay-verhouding kom nie uit die Bybelwetenskappe op nie. Die aanbeveling dat die sinode homoseksuele verhoudings afwys, beteken nie dat persone met n homoseksuele orintasie gemeentelik uitgesluit word nie.

Die Woord van God moet ernstig geneem word as enigste riglyn, het dr Koosie Delport ges. Die Bybel s jy mag n slaaf aanhou, en as n slaaf by jou aankom, moet jy hom beskerm. Dit het in Brittanje tot in 1833 geneem en in die VSA tot die 1860s om slawe vry te stel. Die argument was dat as n persoon as slaaf gebore is, moet hy lewenslank n slaaf wees. Daarom vra hy dat die sinode leierskap aan die dag moet l en die Bybel se boodskap van liefde moet bevestig. Sy pleidooi is dat ons dapper genoeg moet wees om te s - nie wat indiwiduele tekste s nie, maar wat die Bybel s - dat homoseksuele persone dieselfde voorregte as hetereseksuele getroude persone mag h.

Dr Julian Muller het gepleit vir die afwenteling van besluite na kerkrade, weens 3 redes: Die Bybel, mense en die wetenskap. As ons met die Bybel in die hand die saak beredeneer, doen ons dit nie fundamentalisties nie: ons het n Gereformeerde tradisie wat n bepaalde manier van uitleg het: ons moet grondig, deeglik, omvattend met die Bybel om te gaan. Die Bybel moet in sy groot verbande uitgel word en die uiteindelike boodskap te werk, naamlik voortgang in die openbaring, en die verskil tussen fokus en periferie. Om die konklusie te maak dat heteroseksueel reg en homoseksualiteit verkeerd is, is nie n Bybelse norm nie - daar is n heteroseksuele vanselfsprekendheid in die Bybel, en vir hierdie seksualiteit is daar norme. Dit is dat alle vorme van promiskuteit verwerp word. Mense: is ons regtig gewillig om te luister na Geesvervulde broers en susters wat oor hul homoseksualiteit getuig, het Muller gevra. As hulle s die Gees van die Here oortuig ons ons kan in liefde en trou ons orintasie uitleef, kan ons weier om hul te aanvaar. Gaan oor wie ek is, geneties en omgewingsgewys is - dan kan ek so n persoon net liefh deur liefdevolle respekvolle aanvaarding. Ons het ook respek vir die ander wetenskappe.

Prof Elna Mouton beklemtoon dat die beeld wat mense van God het en hul verstaan van menswaardigheid gekoppel is aan besluite wat hierdie sinode neem. Indien die Algemene Sinode nie tekste wat oor die vrou handel anders begin lees het, in die lig van die komplekse veelduidigheid van tekste nie, dan sou ek nie vandag hier gestaan het as dekaan van die Fakulteit Teologie nie, het sy ges. Hoe ons oor God en menswaardigheid dink, het radikale implikasies vir ander mense. Die warm hart van God wat alle verstand te bowe gaan, en soos ons dit in Jesus van Nasaret leer ken, bid ek dat u die profetiese moed aan die dag sal H om oor die bre gerigtheid van die Skrif n besluit te neem. Gemeentes moet hieroor besluit, omdat daar groter diversiteit in gemeentes is - geslag, kundigheid, en grondvlak kontak.

Dr Jan Viljoen het die getuienis van n lesbiese vrou voorgelees wat n voorheen gay-aktivis was. Sy het kragtige verander beleef toe sy haar aan die leringe van Jesus onderwerp het. Selfde-geslag verhoudings is nie wat God vir ons bedoel het nie.

Dr Fanus Erasmus vra hoe rym ons die behoeftes van mense met n bepaalde Skrifbeskouing. Teolo van die NG Kerk het n Bybels regverdiging vir apartheid gesteun. Hoekom het bv prof EP Groenewald dit gedoen. In 1939 skryf hy aan prof Grosheide dat hy nie sy o kan sluit vir die nood van my volk nie. Die nood van die volk was die aanleiding om die Skrif in n konteks so te verstaan dat dit apartheid goedkeur. Die geskiedenis het hard hieroor geoordeel. Met al die empatie wat ons het vir mense in gay verhoudings, moet ons uitmaak hoe verstaan ons die Skrif. Daarom vra hy dat ons homoseksuele praktyke as in stryd met die Skrif afwys.

Prof Adrio Knig s dat ons n dilemma het : ons het twee voorstelle voor ons wat albei slegte voorstelle is. Dis tipies van n dilemma. Die minste sleg van die voorstelle is om die saak na gemeentes af te wentel. Dis nie duidelik hoe ons die Bybel moet uitl nie. Ons weet nie - almal aanvaar die Skrif volkome en ons kom by verskillende menings uit. Ek verstaan die Bybel so dat homoseksualiteit sonde is. Ek verstaan die Bybel ook so dat dit nie na homoseksuele persone verwys nie. Dit verwys na heteroseksuele persone wat homoseksueel met mekaar omgegaan het, en daarom teen hulle natuur.

Dr Nelus Niemandt het ges Jesus is ook die Woord van God. Hoe het Jesus mense wat op die rand verkeer, hanteer? God werk steeds in sy wreld en nooi ons om aan te sluit by sy werk. Daarom moet ons meer gereserveerd praat oor die gans-andersheid van God. Ons sal dieper moet terugleun in die liefdevolle God wat ons in die eerste plek gekies het.

Jan Wandrag het gevra waarom is dit so moeilik om lief te h. Hoekom moet mense by ons kom pleit vir genade as God liefde is.

Verskeie sprekers het gewys op die sterk getuienis van die Skrif dat homoseksualiteit nie n legitieme moontlikheid vir die uitlewing van jou seksualiteit is nie. Hierdie spreker het die tweede standpunt sterk gesteun.

 

Twee besoekers

Werner Venter , n lid van die taakspan, het vertel hoedat hy by gay-praktyke betrokke geraak het. Deur sy bekering en geestelike reis het hy die God van die Bybel leer ken wat mense verander. God se karakter moet in ons gevorm word - dit word nie net gegee nie. Jesus het gesterf om ons te red - om ons nie te los waar ons is nie, maar om ons na sy oorspronklike bedoeling terug te neem.

Jean du Plessis is n gay-gelowige in n monogame gay verhouding wat onlangs wettig getroud is. Hy is reeds sedert die 60erjare betrokke by gay-regte. Hy wil opstaan vir die tallose mense wat stukkend gebreek word deur die diskriminasie teen gay mense. Die voedingsbron van hierdie verbrokkeling en verwerping is die gesindhede van gelowiges. Daar is baie toegewyde verhoudings. Die kerk se afkeur laat mense wegdryf na die slegte pole van die gay subkultuur. Mense ontbeer die voorreg om vreugdevol in die teenwoordigheid van die Here te lewe.

 

Amendement van prof Malan Nel

Prof Malan Nel het n amendement voorgel waarin gevra word of daar nie middelgrond tussen die twee standpunte te vind is nie. Die tien moderators met prof Danie du Toit, afgetrede professor in Christelike etiek word hiermee getaak. As hulle dit kan kry, sal hulle more (Donderdag) die middelgrond kom voorl.

Die vergadering het die amendement aanvaar.

 

 

Groete tot ons weer mre-aand gesels.

 

Danie Mouton

Bo