|
Welkom
by OosKaap eNuus! Hierdie is die
eerste uitgawe van OosKaap eNuus, die eerste vrug van die Sinode se
nuwe strategie vir kommunikasie. Van nou af sal eNuus van tyd tot
tyd verskyn om te vertel wat in die hart van die NG Kerk in
Oos-Kaapland leef.
Terugvoer en bydraes is welkom by skriba@ngkok.org.
Gesigte
na die toekoms gedraai Goeie nuus:
ons maak betekenisvolle vordering met die implementering van ons
nuwe sinodale model. Sinodes was vroeër lang verslagvergaderings, en
het op die verlede gefokus. Ons gesigte is egter nou in die rigting
van die toekoms gedraai, en ons skep saam aan 'n nuwe toekoms.
Die Sinode van Oktober 2003 was 'n totaal nuwe
ervaring waar afgevaardigdes om tafels saam gebid en beplan het.
Waarheen nooi God ons? Wat plaas Hy op die tafel? Ons het daarna
gestreef om die toekoms nuut te sien--deur die oë van Christus. En
onder leiding van die Here, deur sy Woord en Gees, het dit gebeur:
God het vir ons nuwe moontlikhede gewys.
'n Luisterspan het die leiding van die Heilige
Gees uit die sinode opgevang en verwoord. Die wyse waarop ons die
leiding van die Here verstaan, is saamgevat in die Tweede Verslag
van die Luisterspan (sien die Handelinge van die Sinode, bladsy
188). Waar ons die afgelope dekade as sinode sterk
op oorlewing gefokus het, het die sinode bewus geraak van die nood
in ons gebied. Die kerk in Oos-Kaapland sien haarself as God se
instrument wat die Here navolg in die herstel en genesing wat Hy ook
in ons deel van die węreld bring.
Ringe en gemeentes
neem inisiatief Ringe speel in
hierdie nuwe bedeling 'n geweldige belangrike rol. Die sinode dra
van nou af haar volledige inkomste uit gemeentes net so na ringe
oor, met die visie dat ringe hierdie fondse op 'n kreatiewe manier
sal aanwend in diens van God se koninkryk. Die
begroting vir 2004/2005 word tans op hierdie basis gefinaliseer.
Ringe het ringsprojekte voorgestel, wat vanaf 1 Maart 2004 met sowat
R370,000 befonds gaan word. Kom ons bid dat die Here hierdie
inisiatiewe op 'n besondere manier sal gebruik. Voorbeelde van
projekte is: ® Fokus op die vestiging van effektiewe
kleingroepe; ® Navorsing oor die invloed van industriële
ontwikkeling op die kerk; ® Deel van die evangelie met
plaaswerkers en die ontwikkeling van lewensvaardighede by hulle
(Amos plaasprojek); en die ® Vestiging van 'n vennootskap
van missionęre kerke. Die deskundige lede van die sinode het die
projekte as relevant beskryf, met die potensiaal om werklik 'n
verskil in die kerk te maak.
Sinodale
prioriteite Ds Hansie Schutte,
moderator van die jongste sinode, beklemtoon dat die konteks
waarbinne ons kerk moet wees baie sterk op die sinode na vore gekom
het. Die Here het ons geroep om op plaaslike gemeentevlak in 'n
stukkende węreld sout vir die aarde en lig vir die węreld te wees,
het hy gesę. Hansie het ook na die besluit oor
kerkeenheid verwys. Sinode 2003 het beklemtoon dat die eenheid van
die liggaam van Christus ons naby aan die hart lę, en dat ons ons
gaan beywer om uit te reik na die broers en susters in die familie
van NG Kerke, sodat die kerke weer kan herenig.
Belangrike datums Die jaar
2004 beloof om 'n opwindende kerkjaar te wees: ® Die
Sinodale Werkswinkel
vir alle Oos-Kaapse leraars vind
van 8-11 Maart plaas, waarskynlik te Cradock. ® Konvent vir Kerkeenheid: 22-24 Junie, waarskynlik te Oudtshoorn. Elke
Ring wys 3 afgevaardigdes aan. ® Algemene Sinode: 10-16
Oktober, te Hartenbos. Afgevaardigdes is reeds
aangewys.
Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige
Nuwejaar! Dit is tyd om te groet
met beste wense vir 'n geseënde Christusfees en 'n lekker blaaskans
vir almal!
Danie
Mouton Skriba
Naskrif:
Tydens
die afgelope Sinode, het die vergadering die volgende verbintenis
gemaak:
Geloofsverbintenis van die
sinode
Ons
glo aan een kerk as spieëlbeeld van ons een God: Vader, Seun en
Heilige Gees
Daarom verbind ons ons aan
eenheid onder mekaar, in ons kerkfamilie en met ander Christene oor
die węreld.
Ons
glo aan `n heilige kerk wat deur wet en belydenis `n ligdraer in die
węreld is
Daarom
verbind ons ons om as Geesvervulde mense prakties aan die evangelie
gestalte te gee.
Ons glo aan `n algemene
kerk wat weens Christus se koningskap oor tyd en ruimte heen
bestaan
Daarom
verbind ons ons om die boodskap van Christus oor die węreld heen te
dra.
Ons
glo aan `n Christelike kerk
wat as barmhartigheidsgemeenskap in Christus gesalf is
Daarom
verbind ons ons om met dade lief te hę en blymoedige offers te
bring.
Ons
glo aan die gemeenskap van die heiliges wat hulle gawes met vreugde
tot nut van mekaar gee
Daarom
verbind ons ons om na mekaar om te sien en die ander se belang
eerste te soek.
Boontoe
|