|
Gegroet!
Terwyl
die winterkoue behoorlik in ons gebeentes kom inkruip het, en die bome
sonder blare, die kort dae en skemersonnetjie baie mense ietwat
mistroostig laat voel, is daar 'n warm gevoel van Christelike liefde in
ons harte. Die opgestane Here Jesus het die Gees uitgestort en daarmee die
bedeling van hoop in die wêreldgeskiedenis ingelui. Geen situasie is te
vasgeval, te hopeloos, om nie deur God vernuwe te word nie. Onthou dat al julle nuusbrokkies altyd baie welkom is!
Bo
Konvent
van Eenheid
Vandeesweek
vind die Konvent vir Eenheid by die NG Gemeente Brackenfell in Kaapstad
plaas. Sowat 240 afgevaardigdes vanuit die NG Kerk in Wes- en Suid-Kaapland, die VGK Kaapland en die NG Kerk in Oos-Kaapland
kom bymekaar
om die Here se aangesig te soek en na te dink oor die vereniging van die
Familie van NG Kerke. Die motief agter hierdie gesprek is Bybels van
aard. Dink aan die Here se gebed: "Ek bid dat hulle almal een mag
wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het".
Die geloofwaardigheid van die evangelie van versoening is op die spel
wanneer die kerk verdeeld is. Die eenheid van God en die volmaakte
liefdesverhoudinge in die Drie-Eenheid tussen Vader, Seun en Gees, stempel
die kerk se identiteit. Waar ons in 'n konkrete situasie van verdeeldheid
leef, tas ons die geloofwaardigheid van die Boodskap, die Evangelie, aan.
Vir die Uitvoerende Komitee van die Konvent (bestaande uit die drie
moderature van die samestellende sinodes) is dit duidelik dat nie al die
lidmate geesdriftig oor kerkvereniging is nie. Die proses word daarom nie
op 'n verdelende wyse aangepak nie, maar op 'n wyse wat kerkvereniging te
dien. In hierdie proses kan ons egter nie politieke oorwegings,
ideologiese konsepte, of historiese verdeeldheid, toelaat om die kerk se
identiteit en roeping te kaap nie. Daar moet eerlik vanuit die evangelie
van Jesus Christus oor ons kerk se identeit én roeping (om in liefdevolle
eenheid lig en sout vir Suid-Afrika te wees) besin word.
Kyk uit vir ons spesiale Konvent-Uitgawes waarin meer inligting en
agtergrond oor die Konvent gegee sal word. Bo
'n
'Geestelike' eenheid?
Mens vra
jouself af of die eenheid van die kerk nie dalk 'n geestelike saak is wat
nie in praktiese strukture uitgedruk hoef te word nie. Hierdie gedagte
speel 'n belangrike rol in baie mense se ingesteldheid teenoor
kerkvereniging. Dit het te doen met die geweldige invloed wat Plato, 'n
Griekse filosoof en belangrike grondlegger van Westerse denkpatrone, tot
vandag toe uitoefen. Vir Plato is die fisiese wêreld maar net 'n flou
skaduwee van die eintlik, geestelike of goddelike wêreld van die ideële.
Plato roep mense op om hulle van die fisiese wêreld los te maak en
hulself op die ideë-wêreld te rig.
So 'n benadering kan die wêreld van elke dag nie ernstig neem nie. Dit is
veral in die geestelike as 'n losstaande (die eintlike) dimensie
geïnteresseerd. As die eenheid in Christus in hierdie sin van die woord
'n geestelike saak is, hoef ons dit nie prakties waar te maak nie. So 'n
platoniese benadering staan vreemd teenoor die Bybel wat die konkrete
werklikheid as die skepping van God beskryf.
Die evangelie is vir die Bybel goeie nuus vir hierdie wêreld. Dit is die
vernuwing van ou, sondige mense en lewens. Dit wil elke gebroke huwelik
herdefinieer, elke vasgeloopte situasie in hierdie werklikheid nuut maak,
verlossing bring wat mense in hierdie lewe help. Alle benaderings tot
geloofseenheid wat dit wil verplaas na 'n ander dimensie, asof dit nie in
ons konkrete lewe 'n verskil maak nie, is nie in lyn met die evangelie
nie.
Jesus-projek
wil adverteerders bykom oor vloekwoorde op TV
Die Jesus-projek oorweeg dit om sy visier op
adverteerders te stel in sy stryd teen die misbruik van die naam van God
oor TV. Die projek wil 'n nuwe strategie volg nadat min bereik is met
gesprekke met uitsaaiers, die Uitsaaiklagtekommissie en
Rolprent-en-publikasieraad. Die Jesus-projek oorweeg 'n nasionale boikot
van ondernemings wat adverteer tydens programme waarin die naam van die
Here misbruik word. Die hoop is dat dié
adverteerders druk op die uitsaaiers sal uitoefen. Ds. Jannie Pelser van
die Jesus-projek het gesL in
'n opname in April is bevind daar was 'n effense afname in vloekwoorde oor
die senders van SAUK, en 'n effense toename op e.tv. Teenoor die 550
misbruike wat in April verlede jaar oor die drie TV-kanale van die SAUK
voorgekom het, is daar vanjaar 450 getel. By e.tv het dit gestyg van 285
verlede jaar tot 320 vanjaar. Programme waarin die naam van God
herhaaldelik misbruik word, is The Bold and the Beautiful, Monk, Hidden
Hills en Friends. (Neels Jackson, Die Burger)
Kerkkoor
van Morgenster, Zimbabwe, wil toer
Henry en
Susan Murray van Morgenster, Zimbabwe, skryf:
Hier op Morgenster is 'n kerkkoor wat graag die een of
ander tyd na SA wil toer vir 'n week se optredes. Soos dit vir Susan en
myself lyk, is die beste moontlikheid waarskynlik dat dit moet saamval met
iets soos 'n Sendingweek by 'n groot gemeente of 'n tipe van koorfees waar
kerkkore optree.
Wie van julle stel belang? Kontak vir Henry en Susan by
hensan@mango.zw
Skollies
gesoek!
Ds Wouter
Olivier laat weet daar is nog baie plek op die skoolverlaterskampe van
2004 wat by Jeffreysbaai en Zuurberg gehou word van 4 tot 11 Julie 2004.
Bring dit asseblief dringend onder die matrieks in die gemeentes se
aandag. Indien u inskrywingsvorms of meer inligting verlang, kontak vir
Wouter Olivier (041 933 1829 / 083 280 5871) of Sas Swart (043 726 7533 /
082 784 5918).
Ignoreer die sluitingsdatums op die inskrywingsvorms - daar is altyd nog
plek vir nog matrieks op Skollies 2004.
'n "Omgee-rubriek"
in Die Kerkbode
Bonita
Koch, redaksionele assistent van Kerkbode skryf:
Ek sal dit baie waardeer
indien u vir my kan laat weet as julle projekte gaan aanbied wat ons onder
hierdie rubriek kan gebruik. Dit is soos 'n sopkombuis, truie brei vir
kinderhuise, help by oue te huise ens ... waarby ander mense betrokke kan
raak en hulle hulp kan aanbied. Julle kan vir my die projek se naam,
kontak persoon en wat met die projek beoog word e-pos of faks - bonita@tydskrifte.co.za,
of faks: (021) 864-8242
Enige "mooi stories" waarvan julle weet wat gebeur het, en wat
ons kan gebruik vir LIG of Kerkbode moet julle asseblief vir my aanstuur,
ek sal dit baie waardeer.
Die
"Omgee-rubriek" sal in die eerste uitgawe van elke maand verskyn
en die eerste uitgawe van dié rubriek is 13 Augustus. Die sperdatum
wanneer ek die rubriek moet lewer is 30 Julie. As julle dalk die inligting
vir my op die laatste teen Dinsdag 23 Julie kan stuur vir dié
uitgawe sal ek baie bly wees. Voel asseblief welkom om dit nou al te stuur
as julle weet van projekte of iets wat vanaf Augustus gaan gebeur.
Indien daar 'n spesifieke projekleier is of iemand van wie julle weet, wat
ek gereeld kan kontak vir "mooi stories" of iets vir die
"omgee-rubriek" - stuur asseblief die persoon se
kontakbesonderhede sodat ek gereeld kontak kan maak.
Ons beoog ook om in elke uitgawe van Kerkbode 'n "Dagboek" te
plaas vir die Jongmense. Hiermee wil ek graag inligting oor gebeure en
byeenkomste wat die ouderdomsgroep 18-30 jaar raak en dit dan onder hulle
aandag bring. Laat weet asb vir my as julle so iets beplan of van
byeenkomste weet.
Baie dankie en lekker werk!
Bonita
Koch
(Tel: (021) 864-8304,
Faks: (021) 864-8242,
e-pos: bonita@tydskrifte.co.za)
Bediening
in die Coega-Hawe
Die vestiging
Coega Industriële Ontwikkelingsone skep 'n groot nuwe uitdaging vir die
kerklike bediening. Gesprek word tans gevoer met die hawe-owerhede om 'n
ruimte, insluitend 'n gebou, vir kerklike bediening in die Industriële
Ontwikkelingsone te vestig. So 'n fasiliteit sal heel moontlik, volgens
Coega-amptenare, vir alle godsdienste voorsiening moet maak. Die saak moet
dus goed bedink word. Die gesprek is van kerklike kant geïnisieer deur
Rev Lawrie Wilmot van die CPSA. Persone wat meer inligting verlang kan met
hom skakel by (041) 991 1465. Die NG Kerk voer ook gesprek oor hierdie
moontlikhede.
KORRESPONDENSIE
Dankie vir OosKaap
eNuus
Johan Lamprecht van
die Livingstone Hospitaalbediening skryf:
Baie,
baie dankie sê vir OosKaap E-nuus. Ek geniet elke uitgawe terdeë.
Dit is 'n wonderlike idee om ons gemeentes 'n groter gevoel van
samehorigheid te gee. Ja, die leraars ontmoet mekaar by verskeie
geleenthede, maar die lidmate het feitlik nooit enige kontak met
mekaar nie (selfs nie eers altyd in hulle eie gemeente nie!). Ek
vind die nuus en die wyse van aanbieding baie interessant.
Dankie
veral vir u berig oor die spesiale dag van gebed wat op 2 Mei gehou was.
U was in die kol! Ek is persoonlik nou betrokke by gebed in ons
metropool en streekkoördineerder van die Intersessors Fraternal.
Vir ons vir wie die Here gebed as 'n passie gegee het, is dit
moeilik verstaanbaar dat ons mense nie sulke geleenthede met al twee hande
aangryp nie. Ons kan maar net bid en op die Here vertrou om
gelowiges te oortuig dat gebed die enigste antwoord is op die agteruitgang
van ons kerke. Maar dit daar gelaat.
Wat
bid mens oor en vir die regering?
Na aanleiding van die
Transformasie Dag van Gebed op 2 Mei gee Johan Lamprect ook die volgende
aanhaling uit die 'The Heavenly Man' van Broer Yun, 'n Sjinese
evangelis, deur:
Once I spoke in the West and a Christian told me,"I've been praying
for years that the Communist government in China will collapse, so
Christians can live in freedom." This is not what we pray!
We never pray against our government or call down curses on them.
Instead, we have learned that God is in control of both our own
lives and the government we live under. Isaiah prophesied about
Jesus, "The government will be on his shoulders." Isaiah 9:6.
God has used China's government for his own purposes, moulding and
shaping his children as he sees fit. Instead of focusing our prayers
against any political system, we pray that regardless of what
happens to us, we will be pleasing to God.
Don't pray for the persecution to stop! We shouldn't pray for a
lighter load to carry, but a stronger back to endure! Then the
world will see that God is with us, empowering us to live in a way
that reflects his love and power.
This is true
freedom!
Johan skryf: Is
dit nie 'n ongelooflike getuienis nie? Ek word skoon jaloers!
En ons sukkel om net maar saam te aanbid! Waar is ons prioriteite?
Van
ons Japanse vriende...
Ons vriende in Japan, Tobie en Annelie de Wet, het
ook op dievorige eNuus gereageer. Tobie skryf:
Dankie weereens vir OosKaap eNuus. Dit is regtigwaar lekker om te lees en
van groot waarde vir my hier in die verre. Ek is bly vir die verwysing na
die gemeentes in Japan se onderhouding van hul leraars. Ek dink regtig ons
moet maar by hierdie ouens kom leer oor wat dit beteken om regtig vir die
Here en sy kerk te gee en verantwoordelikheid te aanvaar vir die onderhoud
en voortbestaan van 'n gemeente waarvan ek deel is en van 'n leraar vir
wie ek beroep het.
Dit was
lekker om die goeie nuus uit die OosKaap te verneem, die
Treansformasiegebedsbyeenkoms veral daar in KwazaKwele en die lae
misdaadsyfer.
Die sieninge oor die NGKerk is ontstellend, veral die siening dat die
NGKerk die laaste een is van die drie Afrikaner vestings is. Ek is bevrees
dat dit dalk vir te veel wel nog die geval is.
Vuur!
Vuur!
During a recent ecumenical gathering, a secretary rushed in
shouting, "The building is on fire!"
* The Methodists gathered in the corner and prayed.
* The Baptists cried, "Where is the water?"
* The Quakers quietly praised God for the blessings that fire
brings.
* The Lutherans posted a notice on the door declaring the fire was
evil.
* The Roman Catholics passed the plate to cover the damage.
* The Jews posted symbols on the door hoping the fire would pass.
* The Congregationalists shouted, "Every man for
himself!"
* The Fundamentalists proclaimed, "It's the vengeance of
God!"
* The Episcopalians formed a procession and marched out.
* The Christian Scientists concluded that there was no fire.
* The Presbyterians appointed a chairperson who was to appoint a
committee to look into the matter and submit a written report.
* The Charismatics bound the power of fire.
* The Dutch Reformed Church wrote a church order article on hw to
cope with fire.
The secretary grabbed the fire extinguisher and put the fire out.
(Met
dank aan Rethie van Niekerk)
Groetnis tot ons weer gesels,
Danie Mouton SKRIBA Bo |