NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap eNuus

 

Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges

 

Jaargang 2  -  Nommer 13  - 9 Oktober 2004  -  nuus@ngkooskaap.co.za

 

 

INHOUD

Algemene Sinode: 'n Waterskeiding vir die NG Kerk

Sinode wil geredekawel vermy

Agenda van die Sinode

Kerkhereniging

Homoseksualiteit

Skrifgesag

Prof Adrio Knig oor die Nuwe Hervorming

Neem deel aan die Ramadan-bidure!

Algemene Sekretaris

Ontvangs en bevestiging: Willie de Koker

DAGBOEK

Werkswinkels te Despatch : 11-17 Oktober

Leraars Gebedsinisiatief - Ontmoeting met Aldo Martin - 12 Oktober

Louis Brittz by PE-Hoogland gemeente - 16 Oktober

Sendingweek : Ring van PE-Wes

Kinderwysheid

 

 

Goeiedag

Uit n sopnat, yskoue Port Elizabeth, op die vooraand van die Algemene Sinode: Goeiedag! Dis vir my lekker om weer (na weke van ernstige rekenaarprobleme) met julle te kan gesels. Vrede vir julle!

 

Algemene Sinode: 'n Waterskeiding vir die NG Kerk

Chris van Wyk, voorsitter van die Ontwerpspan van die Algemene Sinode, skryf:

WAAR is die dae toe die algemene sinode van die NG Kerk gekoller, getaai en betoga in die sinodale ouditoriums gesit het? Nou gaan dit anders wees: Informeel en gemaklik, almal by ronde tafels, spesiale dagwydings, hoofsprekers elke dag, parallelle wegbreeksessies, spesiale debatte, jong mense wat kom kuier en saampraat en allerlei ander lekker geleenthede. Ons maak van 10 tot 16 Oktober geskiedenis op Hartenbos.

Dit beteken nie dat daar nie hard gewerk gaan word nie. Benewens die fokus op ons verbintenis tot God, Afrika en ons streek, kerkhereniging en die ekumene, gaan die algemene sinode planne beraam om gemeentes te help om by die genesing van ons lande betrokke te raak. En 100 jong mense kom uit alle hoeke van die land om saam te gesels oor die beste wyse waarop ons dit kan doen.

Sleuteldebatte sluit in: Ons verhouding met God, ons betrokkenheid by nood, Skrifgebruik en Skrifgesag, MIV/vigs, homoseksualiteit en kerkhereniging. Wegbreeksessies sluit in: Opleiding en begeleiding van leraars, gestuurde gemeentes, kerklike tendense, opvoeding/gesin, armoede, geweld en misdaad, grondhervorming, roeping tot sending/getuienis, die NGK en die nuwe staatkundige bedeling, profesie oor profyt, 'n gemeentedienstenetwerk, vroue in die kerk, 'n algemene leraarsbyeenkoms vir 2005, nuwe gemeente-ontwikkeling, kleingroepbediening, doopviering en charismatiese spiritualiteit. Dt is mos sake wat op ons sakelys hoort en waarvoor ons planne mt maak.

Vanjaar kan 'n waterskeiding wees vir die NGK. Die algemene sinodale kantoor is verenig met 'n nuwe hoofsekretaris. Die 17 kommissies is omvorm tot vier grensgroepe en dien as aanbeveling voor die vergadering. Die kommunikasiestrategie is herontwerp en die hele sisteem van die NGK is in 'n netwerk geplaas sodat al die verskillende prosesse op gemeente-, rings-, sinodale en algemene sinodale vlak gesinchroniseer word en saam met mekaar kan begin funksioneer. Mag die Here hierdie kerk nog beter as voertuig gebruik om die evangelie van Jesus Christus so diep en wyd as moontlik tot genesing van ons wreld se mense te bring.

Die sakelys van di sinode is geruime tyd al beskikbaar op die NGK se webtuiste -- soos onder meer in die Kerkbode bekendgestel -- en kan afgelaai word by www.ngkerk.org.za/index2.htm. Di sakelys, asook die handelinge n die sinode word gestuur aan alle afgevaardigdes, sowel as alle dienende leraars. Kerkrade en lidmate kan dit dus ook by hulle in die hande kry. (Oorgeneem uit Die Burger).   Bo

 

Sinode wil geredekawel vermy

KAAPSTAD. -- 'n Reeks lang vergaderings waarin 500 sinode-gangers ure lank heftig stry, is die een ding wat die NG Kerk volgende week op Hartenbos wil vermy, het 'n organiseerder van die algemene sinode ges. 'n Geredekawel oor omstrede agendapunte soos die Belydenis van Belhar, kerkeenheid, die doop en homoseksualiteit sal vermy word deur onder meer in kleiner groepe te verdeel waar mense makliker oor di kwessies konsensus kan bereik. Di groepe sal dan terugvoering gee aan die groter vergadering, het dr. Chris van Wyk, voorsitter van die sinode se ontwerpskomitee, ges.

Oor homoseksualiteit sal 'n voorafopgestelde verslag voorgel word, waarin na verwagting voorgestel sal word dat die saak verder ondersoek word omdat eenstemmigheid nog buite bereik is. "Ons het hele dae opsy gesit om te praat oor God en Afrika en hoe ons meer betrokke kan raak by maatskaplike kwessies," het Van Wyk ges. "Daarom sal ons ook oor ons visie van God gesels -- ons gaan kyk na die verhoudings binne die Drie-eenheid en wat dit ons leer oor ons verhoudings met mekaar."

Op die meer wreldse terrein gaan daar ook 'n ekonomiese voorlegging wees deur prof. Chris Pauw van die Universiteit van die Vrystaat oor "professie en profyt", waarin hy gaan praat oor hoe Christene op die ekonomie moet reageer. Daar gaan ook geluister word na mense se stories oor MIV/vigs. Oor die kwessie van die doop gaan gepraat word oor die moontlikheid "om ons oop te stel vir ander vorms van doopviering", wat die herdoop van volwassenes kan insluit, het Van Wyk ges. "Ons gaan ook na charismatiese spiritualiteit kyk, omdat die NG Kerk steeds baie lidmate aan charismatiese kerke afstaan en daar 'n groot charismatiese groep binne die kerk is."

Altesame 39 besprekingsessies gaan aangebied word -- talle gelyktydig. Die sinode sal deur sowat 500 mense bygewoon word: 200 predikante, 200 kerkraadslede, en 100 studente en werkende jong mense wat die mening van nie-kerkgangers sal oordra. (Johannes de Villiers, uit Die Burger)

(Lees ook die Voorskou tot die Algemene Sinode deur Ben du Toit wat hierby as bylaag aangeheg word.)   Bo

 

Agenda van die Sinode

Hoewel slegs twee persone uit elke ring die Algemene Sinode bywoon, ontvang elke leraar n kopie van die Sakelys en (later) ook die Handelinge. Die enkele gemeentes wat tans nie oor n leraar beskik nie, ontvang die Agenda by die kerkkantoor. Dit is dus vir elke lidmaat wat belangstel moontlik om hierdie dokumente te bekom. U kan dit ook lees en aflaai by www.ngkerk.org.za/index2.htm   Bo

 

Kerkhereniging

Die NG Kerk hoop om tydens die komende Algemene Sinode n groot tree vorentoe te gee op die pad van kerkhereniging. Hoewel minstens twee streeksinodes aanbeveel dat die Belydenis van Belhar deel word van die belydenisgrondslag van n herenigde kerk, sal daar waarskynlik nie van die kerk se lidmate en predikante verwag word om die belydenis te onderskryf nie.

Die Algemene Sinodale Kommissie is besig om n voorstel in hierdie verband te bespreek en sal dit aan die Sinode voorl. Die verwagting is dat dit as kompromisvoorstel Belhar as struikelblok in kerkhereniging uit die weg sal ruim.

Op n onlangse besoek aan Port Elizabeth het dr Coenie Burger, moderator van die vorige Algemene Sinode, ges dat die verskille oor Belhar waarskynlik meer te doen het met historiese, emosionele en simboliese faktore as met die inhoud daarvan. Die Algemene Sinode het reeds in 1998 besluit dat die wesenlike inhoud van Belhar aanvaarbaar is en dat dit in die belydenisgrondslag opgeneem moet word op n wyse wat niemand se gewete bind nie. Burger het ook beklemtoon dat kerkskeuring nie vir hom n opsie is nie en dat al die kerk se lidmate deel moet wees van die proses. Wat gemeentes betref, meen Burger dat kerkrade volledig die besluitnemingsbevoegdheid oor die inrigting van die plaaslike gemeente moet behou.   Bo

 

Homoseksualiteit

Die verslag oor homoseksualiteit wat voor die Algemene Sinode gaan dien, kom steeds nie tot n konklusie oor die saak nie. Dit wil bloot n verdere mylpaal in die herbesinning daaroor wees. Die groot uitdaging vir die kerk is nie n nuwe standpunt oor homoseksualiteit nie, maar eerder n gesprek wat berus op onderlinge vertroue en die aanvaarding van mekaar se goeie bedoelings, en om dan die gegewens oor hierdie saak so uit te dra dat dit reg laat geskied aan die Skrif en die kennis tot ons beskikking.

Verskeie kante van standpunte oor homoseksualiteit word in die verslag belig. Uiteindelik word aanbeveel dat die kerk die boodskap van hoop en bevryding in alle omstandighede aan mense moet bring; dat alle mense, ongeag hulle seksuele orintasie, die objek van God se liefde is, en slegs op grond van hulle geloof as volwaardige lidmate aanvaar moet word; dat dit onseker is of Bybelse verwysings na homoseksualiteit as strydig met God se wil na homoseksualiteit as sodanig verwys, of net na sekere vorme daarvan in bv die Grieks-Romeinse wreld. Daar is ook n verskil van mening of dit toegepas kan word op permanente seksuele verhoudings. Die kerk bly steeds promiskuteit - hetsy homo- of heteroseksueel - veroordeel. Verskoning word aan homoseksuele persone en hul families gevra vir handelinge van die kerk waarin die liefde van God nie sigbaar was nie.   Bo

 

Skrifgesag

Hoewel die NG Kerk steeds staan by die standpunt dat die Bybel die Woord van God is, is dit belangrik om na te dink oor die praktiese toepassing van die Bybel in ons lewe. Daar is groter sensitiwiteit in die Skrifgebruik vir die destydse konteks van die Skrif se uitsprake. Die verskil tussen die Bybelse tyd en ons eie tyd word ook meer in ag geneem. Dit beteken, s die verslag van die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, dat dit wat na n duidelike en direkte uitspraak in die Bybel lyk, nie meer altyd vir ons bepalend is nie. So sal daar byvoorbeeld aanvaar word dat die sterk verbod op die vrou se deelname in die erediens kultureel bepaald is, en daarom nie vir vandag deurslaggewend is nie. Daar is ook gedeeltes, soos die wette in Levitikus oor versoening, wat deur die heilshistoriese ontwikkeling rondom Christus, tersyde gestel word.

Vir hierdie verslag beteken dit nie dat die radikaliteit waarmee sekere drukgroepe, soos die nuwe Hervormers, volkome afwykende sienings van die Skrif aandien as vernuwing aanvaar word nie. Daar is besliste grense aan teologiese vernuwing.   Bo

 

Prof Adrio Knig oor die Nuwe Hervorming

Tydens n teologiese dag op 9 Oktober in Port Elizabeth het prof Adrio Knig van Unisa beklemtoon dat die Christelike geloof volgens Handelinge as opstandingsgeloof ontstaan het. Wanneer teolo daarom die opstanding van Christus bevraagteken, tref dit die Christelike geloof in die hart. Ons kan nie die opstanding onderhandelbaar maak nie.

Met verwysing na die nuwe Hervorming het Knig daarop gewys dat die Nuwe Hervorming teologies niks nuuts op die tafel plaas nie. Hierdie insigte is trouens deur die teologiese ontwikkeling in die twintigste eeu agterhaal en agtergelaat. Mens kan trouens nie daarvan as n hervorming praat nie, want die (ou) hervorming was n teruggryp na die Skrif - iets wat die nuwe hervorming nie kan s nie.

Knig het predikante aangemoedig om nie net uit die Bybel te preek nie, maar ook oor die Bybel. Lidmate moet die aard van die Skrif en Skrifgesag leer verstaan, en die grondslae van n korrekte Skrifhantering onder die knie kry.   Bo

 

Neem deel aan die Ramadan-bidure!

Elke jaar word daar wreldwyd deur Christene vir die Moslemwreld gebid wanneer hulle hulle vasmaand vier. Vanjaar is dit van 15 Okt tot 13 Nov. Daar is spesifieke gebedsonderwerpe beskikbaar wat julle in julle gemeente kan versprei. Gaan kyk by http://www.30-days.net of skakel met Jerigo Mure en maak vanjaar iets groots daarvan in julle gemeente.   Bo

 

Algemene Sekretaris

Dr Kobus Gerber het pas die benoeming as algemene sekretaris van die NG Kerk aanvaar. Hy is moderator van die vorige sinode van Noord-Transvaal en leraar van die NG Gemeente Waverley in Pretoria. Dr Gerber is die eerste persoon wat hierdie nuwe pos beklee. Die pos beskik oor n omvangryke posbeskrywing wat deur die Algemene Sinodale Kommissie se taakspan vir strukturele ontwikkeling ontwerp is.

 

Ontvangs en bevestiging: Willie de Koker

Baie welkom in die Oos-Kaap aan Willie de Koker en sy gesin. Willie het die beroep na Jeffreysbaai aangeneem en is op 1 Oktober in die gemeente bevestig.   Bo

 

 

DAGBOEK

 

Werkswinkels te Despatch : 11-17 Oktober

Die N G Kerke op Despatch se predikante bied vanaf 11-17 Oktober verskillende Werkswinkels aan. Dit vind plaas by die N G Kerk Despatch-Suid. Die werkswinkels sal elke aand om 19:00 begin en sal handel oor die volgende onderwerpe: Hoe leer ons kinders glo?, Kommunikasie in die huwelik, Heel die tyd alle wonde - wat doen ek met die slae van die lewe?, Die geestelike groei van kinders, Hoe moet ek maak om 'n gelukkige huwelik te h, 'n Egskeiding het plaasgevind..hoe nou?, Ek en my tiener in mekaar se hare, Hoe voel ek oor myself - weet jy dat jy geskape is om te presteer?, Huweliksmaat - alleenstaat - Elke huwelik het 'n einde, berei ons ons voor? Inskrywingsvorms is by die NG Kerke op Despatch. Skakel die kerkkantoor by Despatch-Suid, 933 3432 vir meer inligting.  Bo

 

Leraars Gebedsinisiatief - Ontmoeting met Aldo Martin - 12 Oktober

Op Dinsdag, 12 Oktober, ontmoet alle leraars van die Nelson Mandela Metropool van 10:30 tot 12:30 by die Algoapark Volle Evangelie Kerkgebou. Die besoekers is Aldo Martin van Argentini en Werner Swart van Harvest Evangelism Africa.

Aldo sal die verhaal van transformasie in sy kerk en stad vertel. Daar sal ook geleentheid vir die dien van die Here, die dien van die metropool en die dien van mekaar gegee word.

Navrae: Shan Fox 083 458-9702; Mvusi Gwam 072 112-4056; Pierre Van Wyk 083 370-3592  Bo

 

Louis Brittz by PE-Hoogland gemeente - 16 Oktober

Die bekende sanger, Louis Brittz, tree op Saterdagaand, 16 Oktober, by die NG Kerk PE-Hoogland op. Dit beloof om n wonderlike ervaring te wees. Koste belop R10 per persoon. Navrae: skakel Riania by 041 367 1485.   Bo

 

Sendingweek : Ring van PE-Wes

Hierdie sendingweek vind van Sondag, 17 Oktober, tot Dinsdag 19 Oktober, elke aand om 19:00 by die NG Kerk Sonheuwels, Bougainvillaweg, Linton Grange, plaas. Die hoofspreker is ds Philip Botha van Tableview. Lofprysing en aanbidding word vanaf 18:30 gelei deur n groep van Calvary- of Gelvandale gemeentes. Daar is ook n optrede van Legit 4 Christ. Ligte maaltye sal elke aand vanaf 18:00 te koop aangebied word.

n Kinderkonferensie word gelyklopend aangebied deur Andr Brink van CEF. Kontak Ilse Terblanche; 082 962-3309 of gaanheen@intekom.co.za; Johan v.d. Westhuizen 041-3602215; of Johan Theunissen 041-3602822.  Bo

 

Kinderwysheid

 Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas.
Die eerste een s: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en dan gee hulle hom sommer R500."
 Die tweede een s: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n  stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en dan gee hulle hom R1000."
 Die derde seuntjie s: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op  'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit ag manne om al die geld  bymekaar te maak!" (Met dank aan Crystal Watson, n ware kindervriend)

 

Tot ons weer gesels,

 

Danie Mouton

Skriba  Bo