NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap eNuus

 

Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges

 

Jaargang 2  -  Nommer 14  - 19 Oktober 2004  -  nuus@ngkooskaap.co.za

 

 

INHOUD

Goeiedag

Die wreld steek nou op n ander manier aanmekaar

Kerkhereniging

Homoseksualiteit

 

Paddastories

 

Goeiedag

Die Algemenhe Sinode het so pas in Hartenbos ten einde geloop. Oor die volgende paar dae bring ons snitte uit die sinodale besluite oor eNuus lesers.

   In hierdie uitgawe verwys ons na twee belangrike besluite wat geneem is: di oor kerkhereniging en di oor homoseksualiteit.

   Ek heg ook vir julle as bylae die uitleg oor die Belharbelydenis en die begeleidende brief aan wat in Junie 2004 voor die Konvent vir Eenheid gedien het.   Bo

 

Die wreld steek nou op n ander manier aanmekaar

Soos die verskil tussen dag en nag, s staan vanjaar se sitting teenoor die vorige byeenkoms in 2002. Sinode 2002 was pure Gladiators - verbale swaardgevegte waarin die woord-vaardigste debatvoerders gewen het. Die sinode het vernuf en die vaardigheid om uit te oorl, beloon. Logika, getrouheid aan die tradisie, groepvorming, harde beginsel bo brose persoon - dit was die styl.

    In 2004 het ons om ronde tafels gesit. Met mekaar gesels. Oor God, sy Woord en sy werk in die wreld. Ons stories, ons identiteit, ons mens-wees is ook op die tafel gesit. Wie is God, wat doen Hy van oudsher in ons wreld, hoe kan ons inskakel by Sy motiewe, dade en inisiatiewe in die wreld? - dit het ons geboei.

   Mens het op Hartenbos begin veilig voel in die kerk. Jy kon jou stukkende kante wys, dis veilig om gebreke te h. Saam huil en magteloos-wees oor mekaar se gebrokenheid is in orde. Presies daar ontdek jy eers wat genade regtig is.

   Ja, die wreld steek na Hartenbos op n ander manier aanmekaar. Weg is die eenvoudige wreld waar n paar rels, duidelike swart-wit wette van n onverbiddelike wetgewer alles sommer maklik-maklik uitsorteer. Die wreld is meer kompleks, mense meer drie-dimensioneel en daarom moeiliker om klinkklaar te oordeel, in voorafbereide vakkies te plaas en s as medemense te verloor. Die wreld is meer kompleks, maar die sig op die genade van God is veel duideliker. Ons kon sy stem hoor, sy liefde beleef, die vrede, geregtigheid  en vreugde wat Hy bring met mekaar deel.

   Ons het ervaar dat God mense roep om betekenisvolle dinge met Hom in die wreld te doen. Ons het ervaar dat Hy aktief in die wreld werk - ook ons deel van die wreld. Hy gee om vir Afrika, Hy bou sy kerk, Hy bring genesing en herstel, Hy verbind ons aan Hom.

   Al die verhale, besluite en stories oor die sinode hou verband met die skuif van n saaklike kerk na n menslike kerk. (Buite hierdie verstaansraamwerk maak die sinode se besluite nie sin nie.) n Menslike kerk? Net so: menslik. In dieselfde sin waarin mens s: God het die wreld aangeraak deur sy Seun in die gestalte van n mens te stuur, sodat daar genesing vir sondaars en hoop vir die hopelose, vergifnis vir skuldenaars en troos vir di wat teen die grond l, kon kom.  Bo

 

Besluit oor Kerkhereniging

1.  Inleiding

Die NG Kerk is hartseer en verle omdat ons na baie jare se gesprekke oor kerkhereniging nog nie veel gevorder het nie.  Terwyl daar faktore is wat die proses werklik baie moeilik maak, weet ons dat dit nie n verskoning is nie. 

   By die Sinode het ons voor die aangesig van die Here opnuut oortuig geraak van die belangrikheid van kerkeenheid en ons wil onsself met nuwe toewyding daaraan wy.  Ons glo dat die Here van ons vra om so spoedig moontlik ou breuke te heel en as volle familie van kerke byeen te kom in een kerkverband.  Ons glo ook dat n verdeelde kerk baie moeilik die roeping wat die Here vir ons as kerk het, sal kan uitvoer.  Ons huiwer om dit te s, maar ons oordeel dat versuim in hierdie verband nie net sal beteken dat ons die Here gefaal het nie, maar ook ons Suider-Afrikaanse samelewing en miskien veral die kinders en jongmense. 

   Ons pleit by die ander kerke van die NGK-familie vir n nklusiewe herenigingsproses waarin ons poog om sover moontlik almal wat deel is van ons kerke, saam te neem op die pad vorentoe.

   Ons is verbind aan die VGK wat vir ons s dat die Belharbelydenis vir hulle baie belangrik is en dat hulle dit sal wil inbring in die nuwe verband.  Ons is egter ook verbind aan die NGKA en die RCA wat vir ons s dat hulle nie kans sien om Belhar volledig as belydenisskrif te onderskryf nie.

   Wat ons eie kerk betref, het ons n verantwoorde­likheid teenoor baie predikante en lidmate wat gereed is virn hegte eenheid en graag Belhar sou wou onderskryf, maar ook baie predikante en lidmate wat om verskillende redes nie kans sien om Belhar as belydenisskrif te onderskryf nie.

   Ons glo dat ons n verantwoordelikheid teenoor al hierdie groepe het en sou onsself wou gee vir n proses waarin ons so gou as moontlik een word in n ruim huis wat plek maak vir almal van ons met die baie waaroor ons saamstem, maar ook dit waaroor ons verskil.

   Ons glo dat dit ironies sal wees as ons rondom n belydenisskrif wat juis die eenheid van die kerk bely by n punt kom waar ons die kerk maar laat skeur omdat ons nie meer glo dat die Here ons almal bymekaar kan hou en in een herenigde kerk kan saambring nie. 

   Ons pleit by ons broers en susters vir n spoedige hereniging in n ruim en bre eenheid waarin ons mekaar aanvaar en aanneem met al ons bagasie, en ook kans kry vir n groeiproses waarin ons mekaar leer ken en leer liefkry.

    Ons bied die volgende voorstel aan die ander lede van die familie aan as ons aanbeveling oor hoe ons mekaar iewers in die middel kan ontmoet en n pad saam kan begin loop.   Ons gaan ook so spoe­dig moontlik met ons eie gemeentes in gesprek tree oor hierdie voorgestelde proses vir kerkhere­niging.

   Ons hoop dat ons spoedig iewers in die middel een nuwe herenigde kerk kan vorm waar ons almal saam voor Christus buig en voor mekaar en as n saam-kerk die pad vorentoe aanpak.

2.  Verbintenis tot kerkhereniging

Die NG Kerk herbevestig sy ernstige en duidelike verbintenis tot die herstel van een kerkverband met die ander drie kerke van die Familie, nl die VGK, die NGKA en die RCA.  Hierdie verbintenis is ge­grond in die oortuiging dat die Here dit van ons vra ter wille van sy eer (Joh 17:23) en ter wille van ons gesamentlike roeping(Ef 4:4)  en getuienis in Afrika n.  Ons glo dat ons as Familie bymekaar hoort, mekaar nodig het en saam 'n wesenlike taak te vervul het in ons lande.

3.  'n Keuse om gou weer op gang te kom met die proses en saam te groei na groter een­heid

3.1 Die NG Kerk is jammer dat die herenigings­proses sloer.  Ons is oortuig dat daar genoeg gronde is waarom ons spoedig met die kerkherenigings­pro­ses kan begin:

(1) Ons het 'n gedeelde geskiedenis en weet al­mal dat ons bymekaar hoort;

(2)  Al die kerke aanvaar reeds die formuliere van eenheid as 'n gemeenskaplike belydenisbasis;

(3)  Die Algemene Sinode het reeds in 1998 ges dat hy die wesenlike inhoud van die Belharbelydenis aan­vaar;

(4) Daar bestaan in baie gemeentes, ringe en sinode reeds baie goeie samewerkingsverbande en strukture en op sommige plekke is daar reeds eenheidstrukture opgerig.

3.2 Ons is van oordeel dat hierdie sake genoeg geloofskonsensus bied sodat ons saam weer die proses op pad na een kerkverband kan begin.  Ons doen 'n beroep op die ander kerke van die familie dat ons so gou doenlik die voorbereidende proses op gang sal kry. 

3.3  Ons glo dat ons so 'n pad nie alleen aan­pak nie. Die getuienis van ander wat die pad reeds geloop het, help ons om ons vertroue te stel op die versoenende krag van die evangelie van Christus wat ons steeds nader aan mekaar kan bring en ons kan laat groei in ons liefde en begrip vir me­kaar.

4.  'n Pad wat baie geduld, begrip en tege­moet­komendheid van almal vra

Die geskiedenis leer ons dat verenigingsprosesse tussen kerke nooit eenvoudig is nie.  Dit vra van alle betrokkenes geestelike toewyding, geduld, lief­de en veral tegemoetkomendheid.  Dit beteken dat ons almal bereid sal moet wees om mekaar iewers in die middel te ontmoet.  In die proses sal ons deur­entyd moet rekening hou met vrae en on­seker­heid wat mense het en dit met groot geduld, sensitiwiteit en baie gesprek hanteer.

5.  Die Belharbelydenis

Omdat die Belharbelydenis 'n belydenisskrif van een van die familiekerke is, stel ons voor dat dit as een van die belydenisskrifte in die herstelde kerk­verband opgeneem word (vgl besluit AS 1998).  Ons is steeds oortuig dat die wesen­like inhoud van Belhar (ons verbintenis aan die Bybelse getuienis oor God Drie-enig, oor die eenheid van die kerk, oor geregtigheid en ver­soening) baie wyd aanvaar word (vgl AS besluit 1998).  Dit impliseer nie dat alle gemeentes, pre­dikante, kerkraadslede, en lid­mate van die nuwe verband dit vanselfsprekend as belydenisskrif hoef te onderskryf nie.

Ons is oortuig dat die verskille oor Belhar meer te doen het met historiese, emosionele en simboliese faktore as met die wesenlike inhoud self.  Dit is baie belangrik dat ons oor al hierdie faktore sal praat sodat ons nie "by die verlede stilstaan nie" (Jes 43:18), maar saam kan fokus op ons roeping vandag en in die toekoms.  Ons verbind onsself hiertoe. 

6.  Model: 'n verenigde kerkverband van self­standige plaaslike gemeentes

Ons stel voor dat die presbiteriaal-sinodale kerk­regeringstelsel as model vir die organisering van die nuwe een kerkverband gebruik word.   Dit bete­ken dat al die gemeentes as selfstandige gemeen­tes ingevoeg word in ringe, sinodes en een alge­mene sinode.  In die proses moet ruimte gelaat word vir onderhandeling, nuwe moontlikhede en 'n groei na mekaar. 

7.  Gemeentes se reg om hul oor hul eie werk te besluit word erken

Al die bestaande gemeentes van die verenigde verband sal so behoue bly en almal saam die ge­meentes van die nuwe verband wees.  Gemeentes is onderling oop vir bywoning en lidmaatskap.  Waar meer as een gemeente in dieselfde gebied val, staan dit gemeentes vry om hulle onderlinge sake en samestelling spontaan en sonder voorskrif of dwang te rel volgens plaaslike behoeftes.  Kerkrade behou dus die besluit­nemings­bevoegdheid oor die inrigting van die gemeente.

8.  Ander kwessies word gedurende die proses onderhandel

Daar is 'n aantal sake waaroor saam onderhandel moet word as die voorbereidende proses aan die gang kom.  Dit sluit in die skryf van 'n nuwe kerk­orde, die naam van die kerk, teologiese opleiding, organisasie van kerklike werksaamhede, finansies en eiendomme, taal, ens.  Ons is bewus daarvan dat van hierdie sake baie sensitief en emosioneel van aard is en dat die onderhandelings hieroor met baie wysheid, oorleg en sensitiwiteit hanteer sal moet word.  Tog is ons van oordeel dat menings­verskille oor hierdie meer praktiese sake nie in die pad van kerkhereniging behoort te staan nie.

9.  Wesenlike rol van gesamentlike gesprek en besinning op alle vlakke

Ons glo dat die proses van kerkhereniging in­dring­ende gesprekke en begeleiding op alle vlakke gaan vra veral ook op grondvlak met gemeentes en lidmate.  Ons verbind onsself tot hierdie ge­sprek­ke en oordeel dat dit 'n groot wins gaan wees as van hierdie gesprekke ook saam gevoer kan word.  Ons is oortuig dat dit die proses sal aanhelp as die gesprekke oor eenheid gevoer word in die lig van ons gesamentlike roeping in ons lande en ons gesamentlike geloof in die evangelie. 

10.  Kerkskeuring moet ten alle koste probeer vermy word

Ons spreek die oortuiging uit dat ons in die herstel van een kerkverband kerkskeuring na enige kant ten alle koste moet probeer vermy.  Dit het te dik­wels gebeur ook in ons gereformeerde tradisie dat kerkverenigingsprosesse aanleiding gegee het tot kerkskeuring, die vorming van nuwe kerke en nuwe twiste.  Ons sal die proses so wil hanteer dat alle predikante, gemeentes en lidmate van die kerke saam hierdie pad aanpak.

11.  Die byeenbring van alle gereformeerde kerke

Ons spreek die hoop uit dat die hereniging van die familie 'n tree sal wees op pad na die byeenbring van alle kerke van gereformeerde belydenis in SA. 

12.  Raadpleging van gemeentes

Hoewel die Algemene Sinode en sy kommissies 'n taak het om leiding te neem, onderhandelings te voer en voorstelle te maak ten opsigte van hierdie proses, bevestig ons weereens dat ons verbind is om ons gemeentes te raadpleeg en te toets sodat ons saam hierdie pad kan loop.  Ons is oortuig dat ons kerkskeuring ten alle koste moet probeer ver­my.  Dit gaan waarskynlik vra vir 'n proses waarin ons vorentoe beweeg maar heeltyd sensitief is en ruimte maak vir mense met huiweringe en vrae. 

13.  Proses verder

Vir die proses van raadpleging met die sinodes en kerkrade in die NGK ten opsigte van die eenheids­proses in die NGK-familie stel die Algemene Sinode die volgende riglyne:

1.  Die besluite van die Algemene Sinode van 2004 oor die herstel van een kerkverband in die NGK-familie (ASK verslag 13:4 pt 4.3) het die status van aanbevelings vir gebruik in die verdere verloop van die gesprek met hierdie familie.

2.  Hierdie aanbevelings word in 'n konsultasie­proses deurgegee na die sinodes, kerkrade en gemeentes vir kommentaar en verdere aanbeve­lings.  Die konsultasieproses met kerkrade en gemeentes is die verantwoordelikheid van elke sinode/sinodale kommissie/sinodale diensraad/ mode­ra­men en word in oorleg met die ASK (plus ander kundiges) as die lede van die taakspan vir kerkhereniging uitgevoer sodat die resultaat nie later nie as einde Januarie 2006 by die ASK is.  Die konsultasieproses gaan oor die volgende:

2.1  Die besluite oor kerkhereniging van die Alge­mene Sinode 2004;

2.2  Die praktiese implikasies van elemente van die proses soos gevisualiseer in hierdie besluite plus die bepalings van Die Kerkorde (onder andere artikel 36, 37 en 44) en die Algemene Sinode se besluit oor 'n moontlike konsensus of 'n tweederde meerderheid van kerkrade (in 1998 en 2002).  In die verband is die volgende by 1.1.9 van die besluite van 2004 belangrik: "Ons sal die proses so wil hanteer dat alle predikante, gemeentes en lidmate van die kerke saam hierdie pad aanpak".

3.  Na die afhandeling van hierdie konsultasie­proses word die resultaat deur die taakspan ver­werk en by die voortgaande gesprek in die NGK-familie betrek.  Intussen is die aanbevelings van die Algemene Sinode 2004 beskikbaar vir kom­men­taar vanuit die hele NGK-familie en vorm dit deel van die gesprek en onderhandelings in die familie.

4.  Die toetsing van kerkrade en sinodes oor "finale" of eindvoorstelle vir die herstel van hierdie verband word gelaat totdat 'n behoorlike proses van konsultasie en saampraat met sinodes en gemeentes na die oordeel van die Algemene Sinode of die ASK plaasgevind het.

5.  Werklike kerkeenheid staan of val by die wyse waarop dit op gemeentevlak sigbaar word.  Daar­om moet gemeentes gemotiveer en konkreet ge­help word om na gelang van hulle plaaslike om­standighede met die ander gemeentes van die NG Kerkfamilie in hulle omgewing, asook binne ander samewerkingstrukture, daadwerklik saam te werk.  Aangesien hierdie 'n saak is wat binne die hele kerkverband belangrik is, is dit 'n dringende priori­teit wat die ASK in samewerking met en deur sinodes en ringe moet hanteer.   Bo

 

Besluit oor Homoseksualiteit

1. Dit is die roeping van die kerk om die evan­gelie van Jesus Christus in alle omstandighede en aan alle mense te bring.  Daarom is dit die kerk se taak om die lig van God se Woord ook op die ter­rein van menslike seksualiteit te laat val sodat die boodskap van hoop en bevryding in Jesus Christus ook met betrekking tot hierdie aspek van die lewe tuisgebring kan word.

2. Dit is ook die roeping van die kerk om sonder vooroordeel, bewus van ons eie gebroken­heid, ons lidmate op te roep en te begelei, om in waarheid met liefde en deernis voor God met mekaar om te gaan.  In die lig hiervan vra die Alge­mene Sinode verskoning aan alle homoseksueles en hulle families, binne en buite die kerk, vir elke geval waar die kerk sulke mense in die verlede, onder andere as gevolg van 'n gebrek aan leiding, seergemaak en veronreg het en waar God se liefde nie in die kerk se optrede raakgesien kan word nie.

3. Die Sinode is diep geraak deur die pyn en lyding, verwerping en eensaamheid wat persone wat op een of ander wyse met die werklikheid van homoseksualiteit gekonfronteer is.  Daarom onder­neem ons om met mekaar saam op weg te gaan, deur:

*  In liefde mense te ondersteun op persoonlike vlak en die nodige ondersteuningsisteme daar te stel op alle vlakke;

*  Met die middele tot ons beskikking die nodige pastorale begeleiding te verskaf, as daar 'n be­hoefte is;

*  Saam te besin oor wat 'n Bybels gefundeerde pastorale model is om homoseksuele persone te versorg.

4.  Die Algemene Sinode erken dat daar in die kerk verskillende vertolkings is van die beskikbare Skrifgegewens oor homoseksualiteit.  Ons onder­neem om die gesprek en studie oor hierdie saak met groot erns voort te sit met die oog daarop om die kerk en ons lidmate op die mees verantwoorde­like manier te dien.

5. Volgens ons verstaan van die Skrif kan slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as 'n huwelik beskou word. (Handelinge, Algemene Sinode 2002: 624 12:11 punt 2.)

6. In aansluiting by die Algemene Sinode van 2002 bevestig die Algemene Sinode dat sowel hetero­seksuele as homoseksuele promiskuteit ten sterkste veroordeel word.

7. In aansluiting by die huidige beleid­stand­punt van die NG Kerk oor lidmaatskap (Hande­linge, Algemene Sinode 1990: 590, 591, vgl para­graaf 249, 250) is die Algemene Sinode daarvan oortuig dat alle mense, ongeag hulle seksuele orin­tasie, ingesluit is in God se liefde is en dat hulle op grond van hulle geloof alleen as volwaar­dige lidmate van die kerk aanvaar behoort te word.  Dit is ons oortuiging dat ons alle mense se getuie­nis oor hulle geloof en toewyding, sowel as oor hulle seksuele orintasie, ernstig moet opneem en hulle integriteit moet aanvaar.   Bo

 

Paddastories

Sinodegangers het behoorlik geskaterlag oor die volgende Wilde Woordeboek Paddastories:

* Paradoks - die honde wat jou tuin padda-vry hou

* Parallel - wat oorbly as die hond sy werk gedoen het

* Parapleeg - wat die hond met die padda doen

* Paradigma - waarmee die padda se lot besing word

* Para-medic - iemand wat probeer om die padda se lewe te red

* Parafilie - die geneigdheid om so n arme padda jammer te kry

* Parabool - die padda se laaste sprong om aan die hond te probeer ontkom

* Paragorie - s voel die padda nadat die hond hom gebyt het

* Parafrase - die padda se laaste woorde

* Paragraaf - waarmee die padda te ruste gel word

* Para-shute - dit was toe die genadedood

* Paradys - waar die padda hopelik beland het

* Paraklese - troos aan die agtergeblewe paddas

* Paralaks - n lui padda

* Paranoia - vroulike padda in die ou bedeling

* Paddastoel - n moderator-padda

* Paranimf - padda met n alternatiewe orintasie

* Paraffien - n padda se gereelde dop

* Mamparra - n tienerpadda!

* Brulpadda - n kwaai sinodeganger voor n mikrofoon

* Parasiet - plek waar die padda n rukkie gaan sit

* Parallelogram - die opskrif op die padda se graf

* Para-letic - wanneer n onfikse padda klaar ge-gym het

* Parafinalia - nou is ons klaar met die paddastories!

 

Tot ons weer gesels,

 

Danie Mouton

Skriba  Bo