NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap eNuus

 

Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges

 

Jaargang 2  -  Nommer 15  - 6 Desember 2004  -  nuus@ngkooskaap.co.za

 

 

INHOUD

Buitengewone Oos-Kaapse Sinode in 2005

n Kersgeskenk vir pasinte in die Livingstone en Dora Nginza-Hospitale

Openhartige eenheidsgesprek

Verklaring deur die UK Konvent vir Eenheid

Belhar as verstaansraamwerk

Jongmense oor die Algemene Sinode

Vrystaatse kritiek op die Algemene Sinode

Hoe is die NG Kerk aan die skuif?

DAGBOEK

Kursusse van die Kerk- en Gemeenskapsfasiliteringsnetwerk (CFN)

Sinodale vergaderdatums vir 2005

(S)hell

 

 

Buitengewone Oos-Kaapse Sinode in 2005

Vars nuus is dat die Oos-Kaap van 18-20 Oktober 2005 n buitengewone sinodale vergadering hou. Die doel hiermee is om in te skakel by die ritme van die Algemene Sinode wat weer in 2006 vergader. Die sakelys word saamgestel uit sake wat die sinodale kommissie as van wesenlike belang vir die roeping van die NG Kerk in Oos-Kaapland beskou. Hierdie sake sal vroeg in 2005 gedentifiseer word.

    Lees meer oor hierdie, en ander besluite, wat by die afgelope SK-vergadering geneem is in ons spesiale OosKaap eNuus wat eersdaags aan elke gemeente gestuur word.  Bo

 

n Kersgeskenk vir pasinte in die Livingstone en Dora Nginza-Hospitale

Johan Lamprechts is verantwoordelik vir die geestelike versorging by die Livingstone-Hospitaal, een van die staatshospitale in Port Elizabeth. Hier vertel hy van n besondere bediening aan pasinte in Livingstone en Dora Nginza nog n staatshospitaal...

    Oor die afgelope vier jaar het ek en my vroutjie, Mariet, die grootste gedeelte van Kersdag in Livingstone Hospitaal geskenke uitgedeel.  Verlede jaar het ons meer as 'n duisend geskenkies opgemaak.  Die geskenke kom hoofsaaklik uit gemeentes en van individue.  Ons wil dit baie graag weer hierdie komende Kersfees doen.  Aangesien ek intussen ook by Dora Nginza betrokke geraak het,  wil ons probeer om die diens ook na daardie hospitaal uit te brei.  Dit sal natuurlik veroorsaak dat ons heelwat meer geskenke moet h.  Gun my net 'n paar oomblikke om die omvang van die projek met u te deel.

    So twee maande voor die tyd begin die geskenkies arriveer.  Teen Desember word elke moontlike ruimte by die huis gebruik om alles te stoor.  Dan volg die sortering.  Ons sit/eetkamer word gewoonlik hiervoor gebruik en vir dae lank moet jy jou trap ken om nie oor 'n pop of 'n boks lekkers neer te slaan nie.  Dan volg die opmaak van die geskenke.  U kan self dink hoe lank dit neem.  'n Paar dae voor Kersfees moet jy begin aanry hospitaal toe. 

    Dan breek Kersdag aan.  Die oggend vroeg is ons al by die hospitaal.  Ek trek my kersvaderpak aan en ons begin by die kindersale.  Gewoonlik stap 'n groep van die personeel saam en word daar lustig kersliedere gesing.  Oral sien jy verbaasde kindergesiggies om 'n hoek loer,  die ene afwagting.  Hoe sal ek die vreugde van die kindertjies beskryf?  Baie van hulle ontvang met Kersfees net 'n paar kleertjies as daar geld is.  U moet sien hoe sommige dogtertjies daardie poppe teen hulle bors vasdruk en hoe die pakkies lekkers oopgemaak word!  Ja,  'n mens besef maar net hoe goed die Here vir baie van ons is.  Ons ontvang so baie en dink daar selde oor.  Baie van die kinders spandeer maande in die hospitaal.  As hulle van ver kom ontvang hulle dikwels nooit besoek nie.

    Hierna gaan ons na die algemene sale.  Die reaksies wat jy hier ontvang wissel van vreugde tot verbasing tot dankbaarheid.  Dikwels vra 'n pasint hoeveel dit kos.  Baie vra van wie dit kom.  Die antwoord is gewoonlik:  van Jesus!  Dit is opvallend hoe stram en gepynigde uitdrukkings verander na blydskap vandat jy 'n saal inkom tot jy uitstap.

    Teen so tweeuur se kant maak ons gewoonlik klaar.  Jy is moeg en warm maar jy het self soveel meer ontvang as die pasinte.  Jy kon ten minste vir 'n paar oomblikke harte bly maak en iets van die gees van Kersfees met hulle wat minder bevoorreg is deel.  Natuurlik is daar ook die hartseer van hulle by wie se bed jy was wat nie nog 'n Kersfees sal beleef nie.  Sommige se geskenkies sal waarskynlik nooit eers oopgemaak word nie.  Party beddens se gordyne is toegetrek en by hulle het jy 'n paar uur of dalk maar net enkele minute te laat gekom.

    Ons vra baie mooi of daar nie nog lidmate of gemeentes is wat ons wil help nie.  As die Here u lei om 'n bydrae te maak,  sal ons dit regtig baie waardeer.  Ons is bereid om dit by u te kom afhaal indien dit binne redelike afstand is.  Ons kan die volgende artikels gebruik:  Waslappies,  seep,  lekkerruik- en bederfgoedjies vir die dames,  toiletware,  goedkoop juwele soos oorkrabbertjies en stringe krale,  koffiebekers,  speelgoed,  legkaarte, kryt en inkleurboeke,  babaklere,  lekkers en beskuitjies,  ornamente en enigiets anders wat as geskenke gebruik kan word.

    Baie dankie en 'n gesende Kersfees vir u en u dierbares!

Skakel Johan Lamprecht by 041 371 2680 (h) of 041 405 2505 (k) of 072 103 7010.   Bo

 

Openhartige eenheidsgesprek

Die Uitvoerende Komitee van die konvent vir Eenheid, bestaande uit die drie moderature van onderskeidelik die VGK Kaapland en die NG Kerk in die Wes- en Oos-Kaap, het verlede week n belangrike bosberaad te Oudtshoorn gehou.

    Dit was nie n goeie jaar vir kerkeenheid nie. Die entoesiasme na die besondere tweede byeenkoms van die Konvent in Junie te Brackenfell, waar n hernude verbintenis tot kerkeenheid met die belydenis van Belhar as volwaardige deel van die belydenisgrondslag van n herenigde kerk, gemaak is, het vinnig plek gemaak vir teleurstelling.

    n Eerste verwikkeling was die Oos-Kaapse Sinodale Kommissie wat besluit het om nie die Konvent se aanbeveling oor die belydenisgrondslag aan die Algemene Sinode deur te stuur nie. In plaas daarvan het die SK die Oos-Kaapse Sinode se standpunt van 2003, waarvolgens Belhar in n vierde, opsionele belydeniskring teregkom, in n beskrywingspunt aan die Algemene sinode voorgel.

    Die tweede verwikkeling is die nou reeds oorbekende standpunt van die Algemene Sinode dat Belhar in die belydenisgrondslag van n herenigde kerk opgeneem word sonder dat van alle lidmate verwag sal word om dit te onderskryf. Hierdie besluit is deur die Algemene Sinodale Kommissie van die VGK SA verwerp.

    Dit was dus allermins n oor-optimistiese Uitvoerende Komitee wat van 29 November tot 1 Desember te Schoemanshoek, Oudtshoorn, vergader het. Die tema van die eenheidsgesprek was versoening, geregtigheid en restitusie. Die kwaliteit van die verhoudinge, wat tot dusver gebou is, was egter deurslaggewend en die moderature kon mekaar opnuut vind. Daar is openhartig gesels en ons kon mekaar aansienlik beter leer verstaan.

    n Gesamentlike verklaring (sien die volgende paragraaf) is by afloop van die vergadering uitgereik. Kortliks saamgevat, is die vergadering van oordeel dat die Belhar-Belydenis n volwaardige deel van die belydenisgrondslag moet uitmaak; en word ingesien dat tasbare tekens van restitusie onderweg na kerkhereniging opgerig moet word. Dit het duidelik geword dat kerklike praktyke uit die verlede tot geweldige pyn aanleiding gegee het, en dit behoort reggestel te word nie as aksies wat van buite afgedwing word nie, maar as dade van liefde deur mense wat mekaar se pyn leer verstaan het.   Bo

 

Verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvent vir Eenheid

Die Uitvoerende Komitee van die Konvent vir Eenheid, gehou van 29 November tot 1 Desember 2004 te Schoemanshoek, Oudtshoorn, verklaar die volgende:

1.  Die vergadering het begin deur met storievertelling persoonlike ervaring van pyn en vreugde met mekaar te deel.

2.  Na eerlike gesprek oor versoening, geregtigheid en restitusie bevestig die vergadering dat hierdie sake prioriteite in n voortgaande gesprek bly.

3.  Die vergadering se verbintenis tot kerkhereniging word herbevestig.

4.  Die vergadering verklaar dat wedersydse vertroue `n onverhandelbare uitgangspunt op die pad na kerkhereniging is.

5.  Die vergadering verklaar dat die Belydenis van Belhar `n volwaardige belydenis binne `n herenigde kerk behoort te wees.

6.  Die vergadering aanvaar dat die besluite van die ASK (VGK), November 2004, en die Algemene Sinode NGK, Oktober 2004, sekere parameters vir toekomstige optrede daarstel.

7.  In lyn met punt hiermee (punt 6) word drie terreine vir samewerking gedentifiseer:

7.1  Om regtig saam te werk, saam te strewe en saam te stry om gemeentes te help ten einde die evangelie in ons land so effektief as moontlik te bring.

7.2  Om gemeentes binne die genomineerde sinodale gebiede as deel van die eenheidsproses te begelei na die aanvaarding van die Belydenis van Belhar wat regtige aanvaarding van die hart sal wees en waarin die pyn van die konteks verreken is.

7.3  Om vanuit n gemeenskaplike herverstaan van ons kerklike geskiedenis n weg te vind waar weliswaar dalk klein, maar tasbare tekens opgerig kan word rakende restitusie. `n Verskeidenheid opsies vir restitusie is bespreek. Daar word egter geoordeel dat ten minste drie opsies nou daadwerklike optrede vra:

7.3.1  Die herstel van menswaardigheid op soveel vlakke as moontlik.

7.3.2  Die doen van `n omvattende oudit van gemeente-eiendomme wat onder apartheid ontneem is.

7.3.3  Die vrywillige bydrae van predikante, lidmate, gemeentes, ringe en sinodes van die NGK en VGK tot `n egalisasiefonds ten einde VGK leraars in groot finansile nood by te staan.

8.  Hierdie verklaring word na die onderskeie sinodes se moderature en moderamens / SKs verwys vir hulle insette en die verskaf van die nodige mandate. n Taakspan is reeds aangewys wat, in opdrag van die Konvent, strategie moet ontwikkel wat die proses van kerkhereniging in die gebied van die Konvent kan stimuleer. Hierdie sake word ook na die Taakspan verwys om, waar van toepassing, strategie in hierdie verband te begin uitwerk.   Bo

 

Die Belydenis van Belhar as verstaansraamwerk

Waarom die ononderhandelbare aandrang van die VGK op die volwaardige aanvaarding van die Belhar-Belydenis? Mens hoor dikwels dat die VGK s: Ons is Belhar. Die besluit van die Algemene Sinode suggereer dat die verbintenis met Belhar te doen het met historiese, emosionele en simboliese faktore. Mens neem dan aan dat Belhar vir die VGK simbool en instrument is van n historiese weerstand teen apartheidsteologie, en die aanvaarding deur die NGK n teken is dat ons hulle pyn verstaan en erken.

    By die Bosberaad het ek die aanvoeling gekry dat Belhar n ander, selfs veel dieper rol, speel. Belhar is n verstaansraamwerk, n paradigma, n verstaan van die werklikheid van God, van die verlossing wat Hy bring en die nuwe mensheid wat Hy tot stand bring. Dis in hierdie baie fundamentele sin dat die VGK Belhar is. Eenheid, geregtigheid en versoening die groot temas van Belhar is die wyse waarop die evangelie werk en die nuwe lewe in Christus gestalte in die wreld aanneem.

    Om intellektueel in te stem met die inhoud van Belhar, soos die NG Kerk doen, is heeltemal iets anders as om di belydenis as lens op die evangelie te aanvaar. Die NG Kerk sal Belhar inderdaad opnuut moet lees saam met die VGK - en diep daaroor nadink en saamgesels.   Bo

 

Jongmense oor die Algemene Sinode

Sewentien Oos-Kaapse jongmense het die Algemene sinode te Hartenbos bygewoon. Twee van hulle gee hieronder hulle indrukke in hulle eie woorde, natuurlik:

    Monique Smith: Ek was een van vele jong mense uit die Oos-Kaap wat die voorreg gehad het om die sinode vanaf 14 Oktober tot Vrydagaand 16 Oktober by te woon. Ek was ook die geleentheid gebied om die Oos-Kaap se sinodekers te dra by die afsluitingseremonie.

    Waar moet ek begin? Ons jong mense was die hele tyd op die hande gedra. Die mense wou net die beste vir ons gee, hulle wou dit n asemrowende belewenis maak en, ja, hulle het dit volkome reggekry. Ek was bietjie skepties oor die groot taak wat ons gehad het om ons s te s, aangesien ons gedink het dat die ouer mense nie van ons notisie sou neem nie. Gewoonlik is daar n stywe atmosfeer in die kerk en ek het aangeneem dat dit wel weer so sou wees. Maar het ek nou n aangename verrassing gekry! Die mense was gaaf en het ons verstaan. En ek glo hulle het GEHOOR wat ons te s gehad het.

    Die hele sinode sitting was ongelooflik. Die atmosfeer wat geskep was deur al die mense teenwoordig was lekker en ons het God se teenwoordigheid gevoel. Die sinode was nie net n negatiewe byeenkoms waar mense gekla het oor hoe sleg die kerk is nie, nee, daar was baie mense wat dit duidelik uitgelig het dat hulle kerk nie baie hoef te verbeter om een van die beste kerke te wees nie. Die terugvoering wat ons van die ooms, professore, en dominees gekry het oor ons uitstaande gedrag en ons groot bydrae was verbasend. Hulle het ons geloof oor die manier hoe die jeug hulle gedra het, asook die belangrike insette wat ons gelewer het.

    Ek wil ook net noem dat die ongeveer honderd en sewentien jong mense wat ek daar ontmoet het my oortuig het dat die toekoms van die NGK deur God se genade in 2010 nog steeds in goeie hande sal wees. Die sinode-sitting sal ek nie maklik kan, of wil vergeet nie.

    Chandr Brewis: 100 jongmense was hierdie jaar uitgenooi na die Algemene Sinode. Ek was een van die gelukkiges wat bevoorreg genoeg was om te gaan. Ons was met ope arms verwelkom; al die dominees en afgevaardigdes was ontsettend vriendelik. Dit was net n wonderlike gevoel om op n vreemde plek te behoort. Die 15e Oktober het ons die vergadering ingesit - twee-twee by n tafel. Ons het onder andere bespreek hoe ons graag die kerk wil h in 2010 en hoekom jongmense nie meer kerk toe kom nie. Ek het geleer dat ons almal dieselfde is maar net mense! Verskillende mense speel wel verskillende rolle in die gemeenskap. Ek het ook besef dat jongmense en oumense mekaar nodig het in die kerk en gemeenskap! Ek het net soveel liefde en aanvaarding ervaar, dat dit onmoontlik is om in woorde om te sit!   Bo

 

Vrystaatse kritiek op die Algemene Sinode

Die NG Kerk is sedert die Algemene Sinode in die nuus en word uit verskeie oorde gekritiseer.

    Vrystaters het vir hul deel van die drama gesorg toe die moderator van die vorige Vrystaatse sinode in n artikel (10 November 2004) in Die Volksblad ges het die kerk het tydens die Algemene Sinode wegbeweeg van die Skrif en die gereformeerde teologie. Hy lewer skerp kritiek op die besluite en werkswyse van die Algemene Sinode en s die verwarring in die kerk word al hoe groter weens tweekantige besluite insake homoseksualiteit, kerkeenheid en die aanvaarding van die Belhar-belydenis. Die besluite moet oor en oor verduidelik word omdat die formaat van die sinode n anti-rasionele en anti-teologiese gees geskep het. Erasmus begeer n terugkeer na die bronne van die kerk se bestaan die Skrif, gereformeerde belydenis en die intensies van die 16de eeuse reformasie en die betekenis daarvan vir vandag. En om dan helderheid te kry oor sake soos Skrifgesag, belydenisgrondslag, sakramentsviering, uitbreiding van die belydenis, kerkeenheid, teologiese opleiding, eenheid en verskeidenheid, spiritualiteit, kategese-onderrig en erediensinrigting. n Radikale reformasie is hiervoor nodig.

    Erasmus se standpunt het daartoe gelei dat hy versuim het om die nagmaaldiens tydens die afsluiting van die Algemene Sinode by te woon.

    In reaksie hierop het die moderamen van die Vrystaatse NG Kerk Erasmus ernstig berispe en hom aan die vernuwingsprosesse van die Algemene Sinode verbind. Die moderamen s (volgens n berig in Volksblad van 23 Nov 2004) hy vind dit jammer dat Erasmus sy ernstige bewerings dat die algemene sinode "nie-logies", "nie-teologies" en los van Skrif en belydenis besluit het, nie langs 'n kerklike weg nie, maar in die openbare media geopper het.

    Die moderamen sou liewer wou sien dat radikale reformasie in die NGK van binne deur 'n positiewe kritiese betrokkenheid geskied. "Die oorgrote meerderheid van die Vrystaatse afvaardiging na die algemene sinode het die vergadering as positief beleef. Die Vrystaatse sinode van 2003 het ook van mini-sinodes voor die sinode gebruik gemaak. Dr. Erasmus se verwysing na die nagmaal op die algemene sinode as 'n blote ritueel van brood en wyn, word deur diegene wat dit meegemaak het as kwetsend ervaar. Na die oordeel van die moderamen het hierdie geleentheid aan die vereistes vir die nagmaal voldoen."

    Die moderamen s hy verbind hom opnuut tot die eenheid binne die algemene sinodale verband van die NGK -- 'n eenheid waarin die NGK in die Vrystaat saam met die ander sinodes binne die NGK wil luister na die Bybel en uitdrukking wil gee aan die geloof wat "ons in ons belydenisskrifte verwoord". Die moderamen verbind hom ook tot vernuwingsprosesse binne die algemene sinode wat daarop gemik is om hierdie kerk te help om sy roeping as gereformeerde kerk in die tyd waarin ons nou leef, na te kom.

"Ons steun 'n nuwe vergaderstyl vir die algemene sinode en sal graag wil sien dat dit gereeld hersien word om steeds te verbeter. Ons is ook positief deel van die nuwe stelsel van diensgroepe en taakspanne waardeur die algemene sinode deur 'n projekgerigte benadering wil bydra tot die uitvoering van die roeping van die NGK."

    Die goeie reg van Erasmus op 'n persoonlike mening sover dit die algemene sinode betref, word erken. Tot sover die moderamen soos aangehaal deur Volksblad in n berig van 23 November 2004.   Bo

 

Hoe is die NG Kerk aan die skuif?

Dr Erasmus is ongetwyfeld reg daar is n skuif in die NG Kerk aan die gang. Maar presies waarin l die skuif? Ek dink dat die volgende drie aspekte mens help om skuiwe by die sinode beter te verstaan:

1.  n Skuif in die wyse waarop teologie prakties beoefen word. Mens kan teologie sien as iets wat deur hoogs-opgeleide, gesaghebbende kundiges beoefen word. Teologie verteenwoordig in hierdie sin van die woord gesag wat van buite kom en jou lewe rig en stuur. Teologie maak teoretiese onderskeidings en spel insigte uit wat dan toegepas word.

    By die Algemene Sinode is die gewone afgevaardigdes betrek by prosesse waar saamgesels is rondom die Woord oor wat God in n tyd soos hierdie van ons vra. Die geloofsonderskeiding van elkeen is ernstig geneem. In hierdie sin is teologie letterlik woorde oor God dan iets wat prakties deur die hele geloofsgemeenskap gesamentlik beoefen (ges) word. Daarom het die teologiese ghoeroes min kans gekry om te praat terwyl elkeen kon saamgesels en onderskei.

    Die teoloog-gefokusde teorie-toepassing model is dus vervang met n model van kollektiewe geloofsonderskeiding waar groepe gelowiges Skrifteks en konteks bymekaar gebring het. Hoewel die metode nuut is, is dit ongetwyfeld in lyn met die reformatoriese en spesifiek Gereformeerde klem op die geestelike verantwoordelikheid van elke gelowige.

2.  n Skuif in die waarde wat aan mense geheg word. Vroere debatte by sinodes het gewerk met objektiewe, tydlose beginsels en ewige absolutes. Ons gemeenskaplike geloof in een waarheid was die faktor wat ons saamgebind het. Sekere dinge is inherent reg, ander inherent verkeerd. Daar was n sterk klem op reg en verkeerd, sonde en gehoorsaamheid. Insig in die ewige waarheid help ons om reg te leef, gehoorsaam te wees, onsself in God se wet in te voeg.

    Terwyl hierdie motiewe steeds sterk tydens die Algemene Sinode gefunksioneer het, was die werklikheidsbesef skielik baie meer kompleks. Mense en hul omstandighede kan nie so maklik in ons skema van ewige beginsels ingetimmer word nie. Wat maak jy as n predikant se seun, iemand wat die Here baie liefhet, ook homoseksueel is? Wat doen jy as nog n dominee se dogter HIV positief raak, n kind in die wreld bring, wat sy sewe jaar later aan die (Vigs-verwante) dood afstaan? Jou standaard sieninge kategoriseer hierdie werklikhede nie langer so maklik nie.

    Sinodegangers het opeens in onderlinge en gemeenskaplike gesprek die deernisvolle kant van God raakgesien, en dit gevier. Ons insig in God as Wetgewer is aangevul deur die verstaan van God as Geneesheer. Meelewing, aanvaarding, genade mens kan die lys langer maak het naas gehoorsaamheid, sonde en skuld deel van die woordeskat geword.

3.  n Nuwe waardering vir gesamentlikheid en gemeensaamheid in die beoefening van teologie: die metode waarvolgens die Algemene Sinode vergader het, veronderstel dat die geloofsgemeenskap geroep is om gesamentlik in Woordgebaseerde gesprekke - te onderskei wat God se wil en roeping vir die kerk is. Daarom is gesamentlikheid se belangrik. Dit word dit n vergryp teen die geloofsgemeenskap gesien wanneer jy jou aan gesprek onttrek. Onttrekking is eintlik n vergryp teen die Gees wat aan die hele geloofsgemeenskap gegee is (en nie net aan die enkele indiwiduele, professionele teolo nie). Daarom dat daar so sterk beswaar teen Erasmus se wegbly van die nagmaal is.   Bo

 

DAGBOEK

 

Kursusse van die Kerk- en Gemeenskapsfasiliteringsnetwerk (CFN)

CFN bied volgende jaar weer van hul uitstekende kursusse in die Oos-Kaap aan. Talle predikante en gemeenskapsleiers het al hierby gebaat. Die datums vir die Oos-Kaap is as volg:

15 Februarie - Geloofsonderskeiding

12 April - Visionering

29 Augustus - 1 September - Fasiliterende Leierskap

25 Oktober - Konflikoplossing

16 November - Mentorsopleiding

Navrae kan gerig word aan:

Algemene navrae oor kursusinhoud - Arnold Smit 083 301 8713 OF David Newby 083 800 9497.

Administratiewe navrae en registrasies - Gretha Horn 082 781 2446 of (011) 793-3953 OF Mandy le Bruyns (021) 685 6883  Bo

 

Sinodale Vergaderdatums 2005

Die volgende vergaderdatums is vasgestel:

* Dagbestuur van die Sinodale Kommissie: 3 Februarie, 14 April, 28 Julie, 20 Oktober.

* Volle Sinodale Kommissie: 19 Mei, 24 November.

* Buitengewone Sinode: 18-20 Oktober 2005.   Bo

 

Oepssss: (S)hell !

'n Man was per motor op pad werk toe toe hy in 'n botsing betrokke is en bewusteloos gestamp word. Verbygangers het hom uit die wrak gehaal en bygebring. Skielik begin hy vreeslik spartel en die paramedici moes hom 'n  kalmeerinspuiting gee. Nadat hy gekalmeer het, vra iemand hom hoekom hy so gespartel het.

    Ek onthou die slag, maar niks daarna nie," s hy. "Toe ek bykom, l ek  op 'n betonblad voor 'n groot verligte 'Shell'-teken, maar iemand het voor die 'S' gestaan ."

 

Groete tot ons weer gesels,

 

Danie Mouton

Skriba SK  Bo