NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap eNuus

 

Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges

 

Jaargang 3  -  Nommer 10  -  27 Junie 2005  -  nuus@ngkooskaap.co.za

 

Teken in Beindig intekening

 

 

Stuur OosKaap eNuus gerus aan jou vriende en moedig hulle aan om in te teken.

 

INHOUD

 

(Hierdie uitgawe handel grootliks oor die Algemene Predikantebyeenkoms. Moet egter nie die opwindende nuus oor die Gemeentedienste-Netwerk miskyk nie.)

 

Algemene Predikantebyeenkoms skep energie

Sentreer op Woord en Belydenis

Verbreding in spiritualiteit

Stories van hoop n broosheid

So maak mens met n teologiedosent wat dwaal

Maak erns met die Bybel se kontekste

Getuienis van die predikante

Opwindende nuus oor die Gemeentedienste-Netwerk

Wiele rol vir Buitengewone Sinode

Jaarboekbesonderhede vir 2006

 

DAGBOEK

 

Buvton-Kursusse

Verantwoordelike Vernuwing

Positiewe Ouerskapkursus: 29-31 Julie 2005 - Suurberg

Nuttelose informasie

Asof sy bakterie was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur...

 

 

Algemene Predikantebyeenkoms skep energie

n Werklik historiese byeenkoms van bykans 1,400 predikante van die NG Kerk het die afgelope week in Bloemfontein daarin geslaag om predikante met energie te vul, hoop vir die toekoms van die kerk te gee, en momentum te verskaf aan die groei van n nuwe visie van kerk-wees op Bybelse voetspoor.

    Volgens dr Coenie Burger is die byeenkoms gerel om predikante se besef van samehorigheid en eenheid te versterk; n inspirasie te wees; te praat oor sake wat na aan die hart l; en natuurlik veral om ons roeping as kerk en dienaars van God te versterk en te vier. My groot gebed vir die konferensie is dat die Here met ons sal praat oor ons roeping. Ek dink nie ons het op die oomblik n duidelike roeping wat ons almal deel, wat ons saambind en waaroor ons almal saam opgewonde is nie, het Burger vraf by monde van Kerkbode (24 Junie) ges. Daarom was die tema, Ons vier ons roeping, so gepas.

    Belangrike insette is inderdaad oor ons roeping gemaak. Miskien een van die heel belangrikste opmerkings het van die hoofspreker, prof Eddie Gibbs van die VSA, gekom: predikante is nie die enigste geroepenes van God nie, inderdaad het elke lidmaat n roeping. Dit is nie n geval van leraars wat n roeping het om uit te voer los en teenoorstaande van die gewone gelowiges nie. Ons is almal saam as kerk geroep om vir God tot diens te wees. Hy noem die gedagte dat slegs predikante geroepenes is the myth of the limited call en beklemtoon dat hierdie mite te veel verantwoordelikheid op leraars se skouers plaas. Gibbs vervolg: In preparation for this session I looked up the word call in my bible concordance. In nearly every instance it relates to the call of the entire people of God Israel in the Old Testament and the church in the New. In fact that call pre-dates Israel, going right back to the call of Abram. I will make of you a great nation, and make your name great, so that you will be a blessing and in you all the families of the earth shall be blessed (Gen. 12:2,3).

    n Duideliker visie op die roeping van die NG Kerk is besig om uit te kristalliseer. Waar ons in die verlede sterk gedryf is deur die versorging van hulle wat reeds lede van die kerk is, begin die wreld rondom die kerk al hoe meer aandag kry. Dis opvallend hoeveel gepraat word van die Here wat die kerk stuur na die wreld. Die evangelie van Jesus Christus, wat ges het: Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle, kleur ons selfverstaan as kerk al hoe meer.

    Tekens van n kerk wat haarself toenemend verstaan as geroep en gestuur vir diens aan almal rondom haar, was opvallend. Vandaar een van die kleingroepgesprekke waarin die vraag gevra is of die NG Kerk by n hoofsaaklik Afrikaner-identiteit moet bly staan of n skuif moet maak in die rigting van almal rondom haar op grond van die evangelie. Hiervolgens sal almal waarheen die Here die gemeente stuur, welkom wees en bedien word. Dis beslis te vroeg om van gestuurdheid as n konsensus in die kerk te praat, maar die eerste tekens is reeds daar.

    Dit was ook opvallend om te sien hoe vanselfsprekend dit vir ons geword het dat ons n kerk van Afrika in Afrika is. Ons vroere eurosentriese verstaan van ons teologiese en kulturele identiteit word baie vinnig verplaas deur die besef dat ons Afrikane is wat met die oog op Afrika geroep is. Waar ons vroer dalk op Afrika neergesien het, gewonder het waarom ons regtig (nog) hier is, en gesukkel het om eienaarskap vir Afrika te aanvaar, het die prentjie oor die laaste paar jaar radikaal verander. Die Algemene Sinode 2002 se roepingsverklaring het ongetwyfeld n belangrike rol in hierdie proses gespeel. Tereg het hierdie roepingsverklaring prominente aandag in die liturgie van die afsluitingseremonie geniet.

    Mense in die greep van God se roeping, het energie. Na n feestelike paar dae saam, is mens werklik huis toe met n nuwe verbintenis aan die Kerk en die Here van die kerk.

( Prof Eddie Gibbs se lesings kan afgelaai word by www.ngkerk.org.za ) Bo

 

Sentreer op Woord en Belydenis

Hoewel die konferensie oor roeping gehandel het, was die sterkste beweging n baie duidelike herverbintenis aan die Gereformeerde basis van ons kerk-wees. Die Woord en belydenisgrondslag van die kerk het die meeste aandag in gesprekke gekry en dis goed so. Niemand gaan tog n toekoms tegemoet sonder om die mees betekenisvolle en fundamentele, positiewe erfenis uit jou verlede saam te neem nie. Vir die NG Kerk is dit die Woord en Belydenis. Prof Piet Strauss het gewys op die belangrike uitgangspunt dat n direkte lyn uit die Woord en belydenisgrondslag na die kerk se besluite, handelinge en uitlewing van haar roeping altyd aangetoon moet kan word.

    Gereformeerdes het n helder visie op die feit dat die Here mense verander, lei en stuur deur sy Woord en Gees. Onthou dat Woord in hierdie sin nie n dooie letter is waaroor ons deur ons verstand (rasionaliteit) beheer uitoefen nie. Dit is in die eerste plek nie ons wat die Woord verstandelik uitl, begryp en besluit wat daarin staan nie. Die Woord is die lewende Woord van God wat deur die Gees n greep op ons het, ons lewens uitl, stuur en rig wat vir ons definieer hoe dinge in hierdie wreld eintlik in mekaar steek en hoe God ons roep en uitstuur. Bo

 

Verbreding in spiritualiteit

Die Burger Oos-Kaap het feitlik geen dekking aan die Predikantekonferensie gegee nie. Een van die talle goeie berigte van Neels Jackson, kerksakeverslaggewer, (Volksblad, 23 Junie) het nie Die Burger gehaal nie. Dit vertel hoedat die Predikantekonferensie van n verbreding van spiritualiteit in ons kerk getuig:

 

BLOEMFONTEIN. -- Van die lied Shout to the Lord tot vyf minute van stilte was vandeesweek deel van die wyses van aanbidding waarmee die algemene predikantekonferensie van die NG Kerk hier ruimte gemaak het vir die uiteenlopende spiritualiteite binne die NG Kerk.

    Die organiseerders het moeite gedoen om die verskillende aanbiddingstyle in die kerk in die konferensie in te bou.

    So is daar eergisteraand in die kerk van die NG gemeente Kovsiekampus 'n meditatiewe nagmaalsdiens gehou. Die kerk was taamlik donker met die meeste van die lig wat deur honderde kerse in die kerk verskaf is. 'n Fokuspunt was 'n groot kruis wat uit talle kersies gevorm is wat net voor die kansel in die kerk gebrand het.

    As deel van die liturgie kon mense tydens die diens kerse aansteek as simbool dat Jesus Christus se liefde, te midde van die donker, 'n vuur is wat nie uitgedoof kan word nie.

    Tydens die diens was daar ook vyf minute van stilte waartydens mense God se nabyheid kon beleef. Luidens die program weet 'n mens nie altyd wat om te bid nie, maar die Gees van God pleit vir die mens met versugtinge wat nie in woorde ges kan word nie. Die preek was net vyf minute lank en stemmingsvolle liedere is gebruik wat sangers in 'n klassieke styl gesing het.

    Hierteenoor het gisteroggend se dagopening nader gestaan aan die charismatiese tradisie met lofprysing wat onder meer deur 'n kitaar en tromme begelei is. Van die dominees het met hul hande in die lug gestaan en God onder leiding van 'n voorsanger geloof en prys met liedere wat nie in die kerk se Liedboek voorkom nie.

    Die vorige oggend se opening was egter meer tradisioneel met Liedboek-liedere wat gesing is op begeleiding van meer klassieke instrumente soos die tjello en viool.

    Een van die uitdagings vir die kerk en mikpunte van die konferensie was om 'n gevoel van eenheid onder predikante te bevorder ten spyte van die uiteenlopende aanbiddingstyle wat hulle in die kerk beoefen. Bo

 

Stories van hoop n broosheid

As deel van die konferensie het die verskillende jaargroepe wat by die drie teologiese fakulteite afgestudeer het, bymekaargekom vir klasrenies. Vir baie predikante was hierdie een van die grootste hoogtepunte van die byeenkoms.

    Eerstens was dit interessant om klasmaats na jare weer te sien, en die goeie ou dae in herinnering te roep. In elke predikant skuil steeds n onnutsige student, en dit was lekker om die studentepret weer voor jou geesteso te sien afspeel. In sommige gevalle is die verouderingsproses iets vreesliks om gade te slaan. Ander dra hul jare weer baie goed. Maar die goeie chemie van saam-wees is steeds daar.

    Tweedens was dit aangrypend om hoogte- en laagtepunte van die bedieningsjare met mekaar te deel. Voorheen het mens dit dalk nie besef nie, maar daar heers n diep vertrouensverhouding tussen die meeste lede van so n klas. Ons het ons broosheid met mekaar gedeel, maar veral ook baie stories van hoop.

    Derdens het elke jaargroep sy lede wat nie langer in die bediening is nie. Hulle was uiteraard nie teenwoordig nie, maar hulle stories is vertel. Party moes uittree weens finansile agteruitgang in gemeentes, ander weens verswakkende gesondheid of dalk n ongeluk; sommige kon dit nie langer uithou met gemeentelede wat die wreld vir hulle warm gemaak het nie. Sekeres se huwelike het verbrokkel, en ander het geleenthede buite die bediening gekry. Party worstel met bitterheid of gevoelens van mislukking. Baie jaargroepe het n doelbewuste verbintenis gemaak om hierdie persone op te soek, belangstelling te toon en bystand te gee. Dit is vanselfsprekend n baie positiewe ontwikkeling. Bo

 

So maak mens met n teologiedosent wat dwaal

Prof Malan Nel, een van die sprekers by die Algemene Predikantekonferensie, is in vraetyd gevra of hy Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood openlik kan bely. Die agtergrond vir die vraag is natuurlik klagtes oor die inhoud van die teologiese opleiding wat voornemende predikante ontvang.

    Nel het sy geloof in die opgestane Here sonder meer bely, maar ges die vraag laat hom intens ongemaklik voel. As daar vraagtekens oor sy oortuigings was, moes daar lankal n klagte daaroor by die kuratorium (die kerklike liggaam wat toesig oor teologiese opleiding hou) wees. Hy het die gesprek oor hierdie saak in die media as verdagmakery beskryf.

    Prof Piet Strauss het later in die dag ook gewys op die weg van n amptelike klag as die regte prosedure waar daar kommer oor die geloof van n teologiese dosent van die NG Kerk bestaan.

    Die vraag aan prof Nel was eintlik verstommend. Enige mens wat aandag gee, sal weet wat Nel se lewenslange oortuigings is. Hy maak geen geheim daarvan nie. Bloot die luister na wat hy ges het oor predikante en die kerk se roeping laat geen ruimte om te twyfel aan sy lewende verhouding met die opgestane Christus nie. Vanwaar dan die vrae?

    Persone wat bekommerd is oor die leersuiwerheid van dosente, skuld ons nou meer detail. Die tyd is verby dat algemene, vae opmerkings soos dat almal nie saamstem oor Jesus se liggaamlike opstanding nie enige verdere aandag behoort te kry. Tensy ons nou meer besonderhede kry, soos wat n spesifieke klag aan n kuratorium noodwendig sal verskaf, moet mens waarskynlik nie die klagtes as wesenlik belangrik beskou nie. Die gevaar is ook dat n gebrek aan besonderhede oor spesifieke dosente wat dan sou dwaal, alle dosente sonder meer onder verdenking plaas.

( Prof Malan Nel se volledige voordrag kan afgelaai word by www.ngkerk.org.za ) Bo

 

Maak erns met die Bybel se kontekste

Die Predikantekonferensie het van Open Space Technology gebruik gemaak. Dit werk so: terwyl die spreker praat, handig enige lid van die vergadering n voorgestelde gesprekstema op papier by die steunspan in. Die fasiliteerders ontvang die temas en groepeer dit volgens soort. Na afloop van die lesing word daar dan kleingroepe gevorm (sowat 30) wat die temas bespreek. Notule word van die gesprekke gehou, wat dan weer teruggevoer word na n luisterspan wat die inhoud daarvan saamvat. Op hierdie manier word daadwerklike aandag gegee aan dit wat vir die vergadering belangrik is. Die getuienis van die predikante wat aan die einde uitgereik is, is ook langs hierdie weg geformuleer.

    Vanselfsprekend sou van hierdie gesprekke oor dosente wat vermoedelik dwaal, handel. Ek haal in hierdie verband weer n berig van Neels Jackson aan nog een van di wat nie die Burger gehaal het nie (uit Volksblad van 23 Junie):

 

DIE neiging na fundamentalisme in sekere kringe van die NG Kerk is 'n groter gevaar as enige ander dwaling in die kerk, het prof. Fanie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat (UV) hier op die algemene predikantekonferensie van die NG Kerk gewaarsku.

    Fundamentalisme is volgens Snyman die neiging om die Bybel te verklaar sonder om die literre of historiese konteks van die gedeelte in ag te neem.

    Snyman het in 'n tweede bespreking deur 'n wegbreekgroep oor die teologiese suiwerheid binne die NG Kerk ges die samelewing is op die oorgang tussen modernisme en post-modernisme, 'n oorgang tussen sekerhede en onsekerhede.

Di nuwe onsekerhede laat mense gryp na die sekerhede wat die fundamentalisme hulle bied. Snyman het fundamentalisme egter as "die dood in die pot" bestempel. Dit is volgens hom fundamenteel ongereformeerd. Die kerk moet erns maak met die literre en historiese konteks van die Bybel.

    Op 'n vraag of dit fundamentalisties is om te glo aan die liggaamlike opstanding van Jesus Christus uit die dood en aan sy maagdelike geboorte, het Snyman ges 'n mens moet ankers h te midde van die relatiwiteit. Hy glo dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het en hy is nie skaam daaroor nie. Dieselfde geld die maagdelike geboorte.

    Sy kollega, prof. Johan van Rensburg, het egter ges daar moenie illusies bestaan dat almal saamstem oor Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood nie. Daar is teolo wat dit nie wil s nie.

    Prof. Piet Meiring van die Universiteit van Pretoria het gepleit dat die debat op 'n ho vlak gevoer moet word. "Ons skiet te veel met haelgewere op mekaar." Hy het die liggaamlike opstanding van Jesus as die kern van die geloof bestempel en bygevoeg hy weet nie van een van sy kollegas wat dit nie kan s nie. Hy het, soos prof. Piet Strauss van die UV die vorige dag, gevra dat mense wat wel klagtes oor dosente het, dit op skrif stel en na die kuratorium neem.

    Dr. Henk Gous, Wes-Transvaalse moderator, het ges sulke klagtes word nie doodgedruk nie. Die kuratorium by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) het geen klagtes teen sy dosente gekry nie. Hy het gemaan teen wilde bewerings in die media.

    Prof. Malan Nel van Tukkies het ook gister, nadat hy die predikantekonferensie toegespreek het oor predikante se roeping, per briefie die vraag gekry of hy die liggaamlike opstanding van Jesus bely. Nel het "ja" geantwoord (en die daad by die woord gevoeg deur die Apostoliese Geloofsbelydenis op te s) maar bygevoeg dat die vraag hom "intens ongemaklik" maak.

    As daar bedenkinge oor sy oortuigings was, moes daar lankal 'n saak daaroor by die kuratorium gewees het.

    Hy het gemaan dat die gesprek in die media oor dosente se standpunte nie skeurmakery is nie, maar verdagmakery. Bo

 

Getuienis van die predikante

Die Algemene Predikantebyeenkoms het aan die einde van die konferensie die volgende getuienis afgel:

 

Eenduisend vierhonderd predikante van die NG Kerk het die Algemene Predikantebyeenkoms van 20-22 Junie 2005 in Bloemfontein bygewoon. Ons het bymekaar gekom om ons roeping te vier en om nuut na God en mekaar te luister. Di byeenkoms was n unieke geloofbelewenis Ons het ervaar dat die Here self ons hier byeengebring het en met ons gepraat het. Hiervan wil ons graag getuig.

Ons het hier eerlik verhale gedeel oor sowel ons bedieningsvreugdes as ons broosheid. Ons kon met mekaar praat oor seerkry en heelword. Ons het teenoor mekaar getuig hoe die Here ons daardeur dra en help om ons roeping nuut te ontdek.

    Ons het hier opnuut ontdek dat die belydeniskarakter van ons kerk vir ons almal kosbaar is. As predikante van n belydeniskerk wil ons daarom mr erns maak met ons belydenisskrifte n bly saamdink oor die behoefte aan n eietydse belydenis. Ons staan by die Bybel as die Woord van God.

Ons bely met oortuiging dat Jesus Christus die opgestane Here is en dat Hy deur sy Heilige Gees in ons woon en ons vernuwe tot lof van ons Vader.

    Ons het onsself hier opnuut verbind aan mekaar en aan die kerkverband. Ons wil saam die pad stap aan die hand van die volgende waardes:

* Ons identiteit as predikante is dat ons bedienaars van die Woord is.

* Ons wil dien en nie heers nie.

* Lidmate is saam met ons mede-geroepenes. Ons wil leer om hulle meer te vertrou met die bediening.

* Die NG Kerk is die kerk vanwaar ons ons roeping uitleef.

* Die kerk is veral die plek waar daar warmte is en genesing plaasvind.

    Ons het hier bewus geword van die volgende roepingsuitdagings op ons pad:

* Ons wil geloofwaardig wees deur dit wat ons leer ook te leef.

* Ons wil n kerk wees wat diversiteit as verryking hanteer.

* Ons is baie bewus dat die NG Kerk in n multi-kulturele omgewing is en n roeping teenoor almal in die gemeenskap het.

* Ons wil erns bly maak met die proses van kerkhereniging en heeltyd sensitief wees om vir mekaar ruimte te skep en begrip te h op hierdie pad.

Ons is diep bewus daarvan dat die nood en gebrokenheid in ons samelewing ook ons verantwoordelikheid is.

Hierdie uitdagings vra dat ons nuwe vaardighede aanleer en ons is bereid om daarvoor toegerus te word.

Ons sien uit na die Seisoen van Luister waar ons dwarsdeur die kerk nuut na God, mekaar en die wreld gaan luister.

Ons keer na ons gemeentes terug om met nuwe entoesiasme ons roeping saam met al ons lidmate te vier. Bo

 

Opwindende nuus oor die Gemeentedienste-Netwerk

Die Gemeentedienste Netwerk (GDN) van die Algemene Sinode het so pas sy buro-funksie in werking gestel. Vir di wat nie weet nie, GDN is 'n omvattende een-stop-toegangspunt tot bedieningshulp vir gemeentes, wat teologies verantwoord, navorsingsgebaseerd en prakties is. Die visie is dat gemeentes en gemeenteleiers in Suidelike Afrika GDN as voorkeur toegangspunt tot bedieningshulp sal gebruik.

    Hoewel die diens nog in n ontwikkelingsfase is, kan GDN se dienste reeds op 4 maniere gebruik word (met groot dank aan Bybel-media se bydrae wat GDN en Kruisgewys moontlik gemaak het):

    1. Die tydskrif Kruisgewys word van 2005 af deur GDN uitgegee en is so pas by die Algemene Predikantebyeenkoms gratis uitgedeel aan die NG predikante wat daar was. Die res van die predikante sal dit ook di jaar gratis deur die pos ontvang. Ook die VG leraars van die Kaapland sinode sal dit vanjaar gratis oor die pos ontvang. Dit is gestuur na die adresse van die onderskeie gemeentes se kerkkantore/skribas toe. Indien enige predikant dit nie ontvang het nie, kontak vir Chris van Wyk by 0861gemeentes om jou adresbesonderhede reg te stel, sodat jy n eksemplaar kan kry.

    2. Die webwerf word ontwikkel as n plek waar al die dienste aan gemeentes kwartaalliks vooruit opgesit sal word (http://www.gemeentes.co.za). Dit is nou die dienste van Buvton (Maties), Excelsus (Tukkies), Efto (Kovsies), CFN, TIW, Seisoen van Luister, Verantwoordelike Vernuwing, die Algemene Sinode Diensgroep Gemeenteontwikkeling (ADGO), al 10 sinodes van die NG Kerk en nog n paar ander ekumeniese rolspelers. Daar is reeds n kalender vir die derde kwartaal 2005 sowel as n omvattende lys van dienste. Laat weet ons asseblief van enige diens aan gemeentes wat jy graag daar bekend wil maak dat ons n reling daaroor kan tref.

    3. Die oproepsentrum 0861gemeentes (0861436336 of 0415836438) word reeds bedryf van 09:00 tot 13:00 op weeksdae. Dit is geskep as plek waar inligting oor bedieningshulp uit die hele Algemene Sinodale Netwerk van dienste aan gemeentes gebied kan word. Bel (of epos) Chris van Wyk (direkteur) of Katie Swanepoel (sekretaresse) en ons probeer ons bes om jou binne 48 uur te help om die diens wat

jy benodig te vind of aan die netwerk deur te gee dat dit ontwikkel kan word!

    4. Die twee-jaarlikse forums waar enige verskaffer van dienste aan gemeentes in die NG Kerk uitgenooi word om saam dienste te kom ontwikkel en deel te neem aan die navorsingspoel wat ons aan die opbou is. Ons sal ook op n assimetriese basis ekumeniese vennote kan akkommodeer. Skakel ons vir moontlikhede. Die volgende geleentheid is in November. Detail sal later bekend gemaak word.

    Bedieningshulp is nou net n oproep ver! Bo

 

Wiele rol vir Buitengewone Sinode

Die datum vir die Oos-Kaapse buitengewone sinode (26-28 Julie) kom nou vinnig nader.

    Die doel van die sinode is om God se roeping vir ons kerk in die Oos-Kaap oor die volgende jaar of twee te onderskei. Dit gaan ons onder andere doen deur aandag te gee aan sleutelaspekte wat die kerk se aandag tans bou, veral na aanleiding van indringende gesprek tydens die Bosberaad in April.

    Wat is ons geroep om in n tyd soos hierdie van God te bely? Hoe kom ons bediening werklik tuis in ons konteks hoe werk en bedien ons met die oog op n tyd soos hierdie? Hoe leef God se mense nou as heiliges, volkome toegewy aan Hom. Hoe breek ons die brood nuwe lewensmoontlikhede, hoop, geregtigheid, genesing en vreugde vir ons konteks? Waarheen stuur God ons? Hoe werk ons mee om die morele en familiale vesel in ons land te herstel? Hierdie en ander vrae verg ons aandag.

    Ander temas uit die groter gesprek in die NG Kerk, soos homoseksualiteit en kerkhereniging sal ook aandag geniet. Bo

 

Jaarboekbesonderhede vir 2006

Alle gemeente-skribas neem kennis: Julle moet asseblief jul gemeente-inligting vir Kerkjaarboek 2006 opdateer en so gou moontlik na Nellie Westraadt by da@ngkok.org stuur. Die keerdatum kom vinnig nader. Bo

 

DAGBOEK

 

Buvton-Kursusse

Die volgende inligting is oor Buvton-Kursusse ontvang:

 

1.  Teologie - Dogmatiek, Etiek, Ou- en Nuwe Testament 

Datum:   25 - 28 Julie 2005

Plek:  Buvton,Stellenbosch

Koste: R290 

Aanbieder:   Prof  Dirkie Smit

Sluitingsdatum:  19 Julie 2005  

Verblyf: Elke kursusganger is vir eie verblyf verantwoordelik. 

Kontakpersoon: Chrisna van der Merwe [cmer@sun.ac.za     of     021-808 3624]

Hierdie kursus sal aangebiede word in lyn met die vorige kursusse van prof Dirkie Smit en sal handel oor Christologie en Soteriologie, maw wat ons oor Jesus s en hoe ons ons verlossing verstaan.

 

2.  Die predikant as geestelike begeleier en sy/haar spiritualiteit

Datum:   1-2 Augustus 2005

Plek:  Buvton,Stellenbosch

Koste: R200 

Aanbieder:   Ds Gideon van Dam

Sluitingsdatum:  26 Julie 2005  

Verblyf: Elke kursusganger is vir eie verblyf verantwoordelik. 

Kontakpersoon: Andr Kilian apk@sun.ac.za      of     021-808 3382]

Sien volledige inligting en inskrywingsvorm aangeheg. Onderstaande is slegs inligting oor ds Van Dam.

'n Kursus aangebied deur ds Gideon van Dam op uitnodiging van die Taakgroep vir Predikante-begeleiding van die Algemene Diensgroep vir Gemeente-ontwikkeling (ADGO) van die Ned Geref Kerk. 

Gideon van Dam:

* Predikant in diens van die algemene sinode van die Protestantse Kerk Nederland (eengeworde Hervormde, Gereformeerde en Lutherse Kerk in Nederland)

* Sy opdrag is die begeleiding van predikante (werkbegeleiding, mentorprogram, ens)

* Hy is aan die Titus Brandsma Instituut in Nijmegen onder prof Kees Waaijman as geestelike begeleier opgelei

* Hy is lid van die Europese vereniging van geestelike begeleiers.

* Uit sy pen het 'n paar boeke en artikels in verband met die spiritualiteit en geestelike begeleiding van predikante verskyn waarvan die mees prominente een "Dichter bij het Onuitsprekelijke - over geestelijke begeleiding voor en door pastores" is.

 

3.  Covey: "Seven Habits"-kursus

Datum:   10 - 12 Augustus 2005

Plek:  Buvton,Stellenbosch

Koste: R1 500 

Aanbieder:   Frederick Marais

Sluitingsdatum:  26 Julie 2005  

Verblyf: Elke kursusganger is vir eie verblyf verantwoordelik. 

"Seven habits of highly effective people" vir gemeente- en gemeenskapsleiers. Elk van di sewe gewoontes word intensief behandel: "Be pro-active" "Begin with the end in mind" "Put first things first" "Think win-win" "Seek first to understand and then to be understood" "Sinergize" "Sharpening the saw" Bo

 

Verantwoordelike Vernuwing

Vanjaar vind Verantwoordelike Vernuwing op drie plekke plaas, waaronder in Port Elizabeth:

 

Wes-Kaap:

Datum:   16 - 17 Augustus 2005

Plek:  Stellenberg

NAVRAE & INSKRYWINGS

Kontak Valerie Green of Karin Barter

Tel (021) 976 4519

Faks (021) 976 2431

E-pos kerkraad@stellenberg.co.za

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 Augustus 2005

 

Oos-Kaap

Datum:   18 - 19 Augustus 2005

Plek:  PE Hoogland

Kontak Saretta Dawson

Tel (041) 367 1485

Faks (041) 368 7340

E-pos pehoogland@mweb.co.za

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 Augustus 2005

 

Pretoria en omgewing:

Datum:   22 - 23 Augustus 2005

Plek:  Moreletapark

Kontak Dries Lombaard

Tel (012) 997 1265 uitbreiding 140

Faks (012) 997 0323

E-pos dries@moreleta.co.za

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 Augustus 2005 Bo

 

Positiewe Ouerskapkursus: 29-31 Julie 2005 - Suurberg

Vir ouers wat toegerus wil word vir:

* Ouerskap in eie gesin

* Begeleiding van ander ouers deur positiewe ouerskap.

Ouers met kinders (Kleuters en tieners!!!) kan kinders saambring ons gaan die kinders besig hou met hulle eie kampprogram***

Plek: Suurberg: 29-31 Julie.

Koste: R180 per volwassene en R40 per kind (Etes, kursusmateriaal en Meyers Briggs persoonlikheidstoets ingesluit)

Verblyf: Geborg deur Sinode!

Bring saam: Beddegoed, eetgerei, Bybel, Pen, Flitsalles wat nodig is vir kamp.

 

 

Inskrywingsvorm: Positiewe Ouerskap

 

Hiermee skryf ek/ons _______________________in vir die positiewe ouerskapskursus in te Suurberg 29-31 Julie en verklaar hiermee dat ek/ons nie die Ring van Humansdorp aanspreeklik sal hou vir enige skade/besering en of verlies nie. Vir ouers met kinders: Hoeveelheid kinders: _______ Naam/Name en Ouerderdomme_______________________________________

________ ________

Geteken Datum

 

 

Navrae: Jaco Putter 0825631616 of David Higgs 0828325172 Bo

 

Nuttelose informasie

* Vier-en-negentig persent van alle Amerikaners eet pizza. Hulle eet drie miljard per jaar, die ekwivalent van sowat 100 hektaar pizza per dag ongeveer 350 pizzas per sekonde.

* Beraamde aantal Chinese wat op China se platteland woon en nog nooit tande geborsel het nie? Antwoord: 500 miljoen.

* Volgens Michael Jackson se webblad, mjjsource.com, is sy onskuldigbevinding gelykstaande aan: die vrylating van Nelson Mandela, die geboorte van Martin Luther King jnr., n die val van die Berlynse muur.

(Bron: Time Magazine) Bo

 

Asof sy bakterie was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur...

By www.onnet.up.ac.za kry ek hierdie oulike geite almal antwoorde in eksamenvraestelle, waaronder Afrikaanse opstelle :

Snaakse vergelykings:

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderklere in 'n tuimeldror.

Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos 'n rolbal nie sou nie.

Hy was so lank soos 'n twee meter lange boom.

Hy het diep uit sy keel gelag - soos daardie geluid wat 'n hond maak net voor hy opgooi.

Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

Dit was 'n werkersklas-tradisie, soos pa's wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.

Sy het nader aan hom gegroei - asof sy bakterie was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

Die son het uit die see opgerys soos 'n gloeilamp uit 'n bad water.

Hy is so maer soos 'n vark op 'n grondhervormingsplaas.

Ek het so minderwaardig gevoel soos 'n Zim-dollar.

NOG:

Waarvoor word beesvelle gebruik?
A: om die bees binne te bou.
Wat is outobiografie?
A: dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.
Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
A: tot onder die voete.
Wat is die doel van die kies- en oogtande?
A: die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas............
A: hoe groter haaspastei.
Wat is die meervoud van kabeljou?
A: kabeljulle.

 

'n Sin met "ter aarde bestel"...    "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"

Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"

Wat is teenoorstaande hoeke? Hoeke wat vir mekaar kyk.

Wat is 'n terminale siekte? As jy op die lughawe siek word!

 

En:

Noem 5 dinge wat melk bevat?  Kaas, botter en drie koeie

Wat is die verlede tyd van EET?  Honger

 Wat is die verkleinwoord van OUPA?  Kleinseun

Vertaal in Afrikaans: 'I beg your pardon?'   HUH?

 Wat noem ons iemand wat velle looi?   Onderwyser

Voltooi: Wat jonk is, speel graag.  Wat oud is, ....... kreun graag

Wat kry jy as jy jou melktande wissel?  Pepermenttande

 

 

Groete tot ons weer gesels,

 

Danie Mouton

Bo