Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die
heiliges
Jaargang 5 - Nommer 15 - 14 September 2007
- www.ngkok.co.za
Moderamen Algemene Sinode reik verklarings uit oor
kerkhereniging en die Evangeliese Inisiatief
Gemeentes: Ontsluit ‘n Christelike
respons op MIV-Vigs
Attie van Niekerk in gesprek met
Julian Muller
NGK Queenstown wil gemeentes
rondom lofprysing bemagtig
Ester-Konferensie 16-18 November te
Jeffreysbaai
Moderamen Algemene Sinode se verklaring
na gesprek met die Evangeliese Inisiatief
Die Moderamen
se besluit oor die NG Kerk
en die Kerkherenigingsproses
Vakature: Adjunk-Algemene Sekretaris
SA Raad van Kerke
Goed wat jy nie wil hoor tydens ‘n operasie nie!
Moderamen
Algemene Sinode reik verklarings uit oor
kerkhereniging en die Evangeliese Inisiatief
Kort op die hakke van vandeesweek se OosKaap eNuus volg hierdie spesiale uitgawe wat kommunikasie vanaf die
Algemene Sinode deurgee. Maar eers ‘n ander opmerking of twee, drie - hierdie
was ‘n vol week. Daarna volg die twee verklarings van die Algemene Sinode. Inhoud
Gemeentes:
Ontsluit ‘n Christelike respons op MIV-Vigs
Wat ‘n aangename ervaring om Nelis du Toit,
predikant in diens van (bestuurder van) CABSA (Christen Aids Buro van Suider-Afrika), by die Gemeentedienste-Netwerk te ontmoet. Ons kon lekker gesels
oor die bemagtigingsrol van hierdie kerklike bemagtingsentrum
van die Hugenote Kollege.
Julle kan ‘n kort voorlegging oor
die rol en dienste van CABSA hier besigtig.
Een van die uitdagings vir
gemeentes is om ‘n Christelike respons tot HIV-Vigs te ontwikkel. ABSA se
webblad (www.cabsa.co.za) help mens
geweldig baie hiermee. Wat opval, is dat Vigs en die lyding daaraan verbonde
ons as gemeentes eintlik nié opval nie. Dit trek nie ons aandag nie. Mens wonder
hoe ons Godsverstaan, asook ons begrip van wie die kerk is en wat haar roeping
is, sal moet skuif om ‘n Christelike bediening saam met mense wat leef met
HIV-Vigs moontlik te maak. Inhoud
Attie
van Niekerk in gesprek met Julian Muller
Dr Attie van Niekerk lewer ‘n verhelderende
bydrae in gesprek met prof Julian Muller oor die sogenaamde nuwe rigtings in
die teologie. Hierdie is ‘n omvattende artikel wat wyer gaan as die artikels
van Van Niekerk en Muller wat in hierdie dae in
Kerkbode en koerante verskyn.
Die volle titel van die artikel is: Teologiese
Strominge in die NG-Opleiding aan die Teologiese Fakulteit, UP in Gesprek met
Prof Julian Müller
Klik
hier om die artikel te lees.
Let ook daarop dat Kerkbode van
14 September 2007 drie artikels oor die Opstanding dra. Hierin vra prof Adrio König bepaalde vrae aan prof Muller, dr Attie van
Niekerk sê “Moenie die baba met die badwater uitgooi nie”, en prof Julian
Müller reageer. Inhoud
NGK
Queenstown wil gemeentes rondom lofprysing bemagtig
Ds Velle Potgieter van
Queenstown-gemeente vertel in meegaande
dokument hoe hulle lofprysingsbediening na belangstellende gemeentes wil
uitreik om lofprysing in gemeentes te bevorder en te help vestig.
Hy vertel self: Deur die uitreike
wil Selah gemeentes opgewonde maak en help om hulle
eie unieke lof en aanbiddingsbedieninge te vestig. In elke gemeente is die
potensiaal daarvoor. Die getuienisse uit gemeentes van hoe die Here werk deur
musiek en sang is te veel om te noem, maar word deel van die gesprekke in
gemeentes waar daar gefokus word om God te vereer.
Dit word tans in die vooruitsig gestel om
volgende jaar (2008) opleiding en toerusting as `n naweekgeleentheid te reël in
Queenstown spesifiek vir gemeentes van die Oos – Kaap. Selah
stel hulleself beskikbaar vir eredienste en toerustingsgeleenthede en vertrou
dat gemeentes van hierdie geleentheid sal gebruik maak om hulle te kontak vir
bediening in u gemeente.
Aangesien hierdie `n geloofsbediening is,
is daar nie `n vasgestelde tarief nie, maar Selah
versoek net dat die reiskostes en verblyf (indien hulle moet oornag), deur die
gemeente gedra sal word. Indien gemeentes finansieël
swaarkry, kan met Selah onderhandel word.
Selah bid dat
gemeentes weer opgewonde sal raak oor die lewende Here en sal bid dat die Here
herlewing sal bring in Sy kerk. Inhoud
Ester-Konferensie
16-18 November te Jeffreysbaai
Hierdie skakels was
foutief in die vorige uitgawe van Oos-Kaap eNuus.
Jammer vir die ongerief.
'n
Ester-Konferensie vind op genoemde datum by Mentorskraal net buite Jeffreysbaai
plaas. Kyk gerus na meegaande plakkaat
wat al die inligting verskaf, asook na die inskrywingsvorm. Inhoud
Moderamen
Algemene Sinode se verklaring na gesprek met die Evangeliese Inisiatief
12.09.2007
1. Die Moderamen en leiersfigure van
die Evangeliese Inisiatief het op uitnodiging van die Moderamen ’n gesprek
gevoer met die doel om begrip vir die huidige situasie te kry.
2. Die Moderamen bevestig die
besluit van die Moderatuur dat die 6 geloofspunte van die Evangeliese
Inisiatief oor die breedste spektrum van die NG Kerk aanvaarding geniet.
3. Die Moderamen versoek die
Evangeliese Inisiatief om in hul poging om die saak van die evangelie te
bevorder, versigtig te wees om motiverings te gebruik wat persone of instansies
op ongekwalifiseerde wyse verdag maak, of om polarisasie te bevorder.
4. Die Moderamen wys daarop dat alle
kanale in die kerk beskikbaar is as eerste opsie vir enigeen wat die koninkryk
met passie wil bou.
5. Die Moderamen versoek die
Evangeliese Inisiatief om hul feesviering binne gereformeerde spiritualiteit te
vier.
6. Die Moderamen versoek sy
voorsitter om die uitnodiging vir ’n spreekbeurt by die byeenkoms van die
Evangeliese Inisiatief op 13 Okt te aanvaar.
7. Die Moderamen en die
afgevaardigdes van die EI bevestig hiermee gesamentlik hierdie besluite. Inhoud
Die
Moderamen se besluit
oor die NG Kerk en die Kerkherenigingsproses
12.09.2007
Agtergrond: Rondom Kerkhereniging was die Moderamen in die versoeking om kommentaar oor verskeie onlangse gebeure en koerantberigte te gee, maar het volstaan met slegs ‘n kort verklaring. Die rede is dat ons tans ’n konsultasieproses in ons eie sinodes volg oor vaste sinodebeluite wat nie beïnvloed moet word deur opmerkings van individue en dagbesture nie. Hul stemme dra nie die gesag van ’n kerkvergadering nie en koerantberigte is nie woordeliks korrekte besluite nie.
Verklaring:
Die
ASM was van die begin af bewus
daarvan dat die kerkherenigingsproses nie ‘n maklike proses sal wees nie. Verskillende verklarings van deelnemende kerke hieroor moet
in die lig daarvan verstaan word. Die NGK is verbind
tot die proses van kerkhereniging en beskou probleme wat van tyd tot tyd mag opduik as uitdagings wat ons in afhanklikheid van die
Here wil hanteer. Ons moedig lidmate aan om deel
te neem aan
die konsultasiegesprekke in gemeentes
sodat so veel as moontlik insette van lidmate uit al vier kerke deel
kan vorm van ons verdere soeke na
konsensus oor kernsake. Inhoud
Vakature:
Adjunk-Algemene Sekretaris SA Raad van Kerke
Indien jy sou belangstel om vir die SA Raad van Kerke te werk, klik hier. Inhoud
Goed
wat jy nie wil hoor tydens ‘n operasie nie! Vra vir deeglike narkose....
* Kyk mooi
daarna. Ons sal dit benodig vir die outopsie.
* O gits! Waar is my Rolex?
* Oeps! Haai, sal iemand 400 ml
van hierdie goed oorleef?
* Daar is deesdae goeie geld in niere...
en hierdie ou het twee van hulle.
* Ag sit tog af daardie ding wat so
biep! Ek kan nie konsentreer nie!
* Ek haat dit wanneer goed hier wegraak.
* Goed mense, hierdie is vir ons almal
'n leerskool...
* Wat bedoel jy hy was nie hier vir 'n
...?
* Hierdie pasiënt het reeds kinders, nie
waar nie?
* Suster, het hierdie pasiënt die
orgaanskenkingkaart geteken?
* Toemaar, ek is seker dis skerp genoeg…
* Verbrands! Waar is bladsy 47 van
die handleiding?
* s hierdie die ou met die slegte
lewensversekering?
(Met dank aan Wesvonk)
Skriba Sinodale Kommissie