Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die
heiliges
Jaargang 6 - Nommer 17 - 5 Junie 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
NG Kerk Sondagsriviermond op 1 Junie gestig -
gemeente nommer 106
Tobie de Wet: Versoek om feite, foto’s en ander
bedieningsinligting
Winterskool vir Aanbidding en Musiek: 8, 9
Augustus
Danie Matthee se Obed
Nuusbrief - Mei 2008
Stuur ‘n e-pos aan jou agtergeblewe geliefdes - NA die
wegraping!
Nigeriërs en risiko’s ter wille van die evangelie
Multi-kulturele en multi-rassige bedieninge groei
vinniger en groter
Jaarverslag van die Hugenote Kollege
Vrae oor ‘n bediening in Kanada?
NG Kerk
Sondagsriviermond op 1 Junie gestig - gemeente nommer 106
Dit was ‘n regte plattelandse fees soos min: die afstigting van die
Oos-Kaapse gemeente nommer 106, Sondagsriviermond, op Sondag, 1 Junie 2008.
Die erediens en meegaande verrigtinge het so
tussen 2 en 3 ure geduur, met geen vervelige oomblik nie. Die storie van die
totstandkom van hierdie gemeente is met gepaste kleur en geur vertel - sover as
40 jaar terug. Dit begin op ‘n nederig manier by die Coega buitewyk van die
Uitenhage Moedergemeente. Stories is vertel, foto’s gewys, en die Here se hand
oor dekades raakgesien, bevestig en gevier.
Chris van Wyk, moderator van die jongste sinode,
het die erediens gelei, waarna Danie Nel, leraar van Uitenhage-Oos, die ou
moeder, die verrigtinge as seremoniemeester gelei het. Lidmate het die
geskiedenis nagevors en met foto’s op die dataprojektor toegelig. Ons kon hoor
hoe die bediening van Coega na Colchester/Cannonville verskuif het, hoe die
koop van die kerk-erf op die veilig in die slag gebly het (uitoorlê deur ‘n
ander kerk), en het veel meer sappige brokkies geluister. Predon Roodt kon
wonderlike verhale vertel hoe lidmate verantwoordelikheid vir die voltooiing
van die kerkgebou geneem het.
Toe word die kerkraad bevestig deur ds Adele
Strauss, wat twee maande gelede hiervandaan geskuif het Kempton-Park toe.
En toe begin die groeteboodskappe. Nie sommer
sulke boodskappe nie - dit was ‘n oordentlike
gegroetery en geseënery.
En toe eet ons. Net die teenwoordiges sal die
volle betekenis van die volgende woorde begryp: nog nooit, ooit het ek soveel
eetgoed, pro rata tot die hoeveelheid eters, op een slag bymekaar gesien nie.
Die oorgawe waarmee die skare geskep en geëet het, het reg laat geskied aan die
oorvloed wat voorgesit is. Sowaar. Mense wat so lekker kan eet, verdien die
moeite wat die voorbereiding meegebring het.
Daar was baie persoonlike warmte in die
verrigtinge. Dis ‘n hegte klomp.
Die deurlopende tema van die hele dag was die
Bybelse opdrag dat dié gemeente, soos die Sondagsrivier, bestaan ter wille van
die omringende wêreld. Die seën en genade van die Here moet met ander gedeel
word.
Kom ons bid dat die gemeente hierdeur gekenmerk
sal word. Dat die warmte gedeel sal word met mense wat tans nog nie in
gemeenskap met die Here en sy gemeente leef nie.
Tobie de Wet:
Versoek om feite, foto’s en ander bedieningsinligting
Ons vriend Tobie de Wet rig die volgende
versoek om hulp uit Japan
Volgende
maand by die RCJ Shikoku retreat (waar al die predikante, meeste
kerkraadslede en baie lidmate en jongmense bymekaar kom) moet ek 'n
redelike volledige (twee-uur lange) "referaat" oor ons kerk (NGkerk
en familie) in SA lewer, ons geskiedenis,
gemeentelike bedieninge, gemeenskapsprojekte (veral rondom AIDS), en
veral oor ons sending betrokkenheid. Ek beplan onder andere 'n moontlike
powerpoint aanbieding. Ek benodig dus feite en fotos.
Help
asseblief met inligting waar jy dalk self kan: Praatjies en/of powerpoints oor
ons kerk en sy werk wat jy dalk self al moes aanbied in jou
spesifieke hoedanigheid.
Hopelik
weet jy ook van jou kollegas wat sulke inligting het, aanbiedinge gedoen het,
gegewens en fotos het wat vir my doel bruikbaar is.
Ek moet
veral ook klem lê op die uitdaginge waarvoor die kerk in SA staan en hoe en wat
die kerk alles doen om dit aan te pak. Ek moet die kerk in Japan terselfdertyd
uitdaag om op een of ander manier ook betrokke te raak.
Ek beskou
hierdie as 'n baie belangrike geleentheid om ons kerk aan die RCJ bekend te
stel. Dit mag ook die voorloper wees tot soortgelyke aanbiedinge (seminare) op
gemeentelike vlak indien dit goed afloop.....
Baie
dankie.
Tobie
Winterskool vir
Aanbidding en Musiek: 8, 9 Augustus
Ds Jacques Louw, voorsitter van die Algemene Diensgroep
Gemeente-ontwikkeling se Projekspan vir Musiek skryf:
Die ADGO se
Projekspan vir Musiek gee met groot opgewondenheid vir u die inligting deur van
‘n tweedaagse Winterskool vir Aanbidding
en Musiek wat in Augustus in Potchefstroon aangebied sal word.
Predikante
kan gerus daarop let dat hierdie Winterskool geakkrediteer is by die VBO Forum
en dat u met u bywoning VBO punte sal verdien.
Kerkrade
(veral vanuit die Noordwes, Gauteng, Vrystaat en Noord-Kaap) word gevra om in
belang van die saak van aanbidding in ons gemeentes hulle predikante,
orreliste, begeleidingsgroepe en ander betrokkenes na die Winterskool te stuur
en dit te sien as indiensopleiding. Ons
doen ook ’n baie ernstige beroep op kerkrade om tog die reis-, verblyf en
inskrywingskoste van hulle leraars, orreliste en ander betrokkenes na die
Winterskool te betaal of andersins dit dan ruim te subsidieer.
Die
Winterskool in Potchefstroom sal verder opgevolg word met ’n soortgelyke Lenteskool vir Aanbidding en Musiek op
24 en 25 September 2008 by Stellenberg-gemeente in die Wes-Kaap.
Die
sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Junie.
Daar het julle dit. Die volledige
inligtingsdokument is op ons sinode se webblad beskikbaar.
Danie Matthee se Obed Nuusbrief - Mei 2008
Ds Danie Matthee skryf
oor die jongste nuus rondom sy bediening:
Dit voel asof Mei
maand maar pas begin het, maar in werklikheid lê Junie voor die deur. Miskien voel dit vir my net so kort omdat die
maand met twee langnaweke afgeskop het en ek so ongelooflik besig was. Ek was gelukkig genoeg om die langnaweek van
die eerste Mei my verjaarsdag by my ouers op Struisbaai te kon vier. Dit was regtig vir ons as gesin heerlik om
vir die eerste keer die jaar saam weg te kom en van werk te vergeet.
Met die terugkom slag
was dit weer volstoom skouer aan die wiel sit vir die Musiekblyspel “Breek ‘n
Been” wat ek die 12de tot die 14 Mei saam met D.F. Malherbe hoërskool in die
die Port Elizabeth Operahuis opgevoer het.
Ek is die Here innig dankbaar dat dit so ‘n reuse sukses was. Die skool en elkeen wat deelgeneem het kan
opreg trots wees op wat hulle bereik het.
Ons het almal baie hard gewerk, en ek glo dit was vir die jongklomp
lekker om te kon beleef hoe die Here mens vir jou harde werk beloon. Vir my was dit ‘n groot voorreg om saam met
so ‘n talentvolle span te werk en ek weet die Here sal die verhoudings wat die
afgelope drie maande gebou is, in die toekoms gebruik om groot dinge in sy
koninkryk tot stand te bring.
Dankie ook vir almal
wat vir die produksie gebid het, die Here het ons gebede verhoor. Die krag krisis wat gedryg het om ons
oefenskedule omver te werp en ons openingsaand te kelder, het Hy gebruik om ons
met ander skole en kerke te laat saamwerk sodat ons oefenruimte te kon hê en
openingsaand was ‘n dawerende sukses sonder enige kragonderbrekings. Deur alles het die Here vir die sowat tagtig
jongmense betrokke by die produksie gewys dat Hy betroubaar is en dat gebed ‘n
kragtige uitwerking het! Sodra ek die
produksie se fotos van die skool kry sal ek daarvan op die website sit, so gaan
maak gerus ‘n draai by www.obed.co.za
Vir asem skep na
‘Breek ‘n Been’ was daar nie tyd nie, want die 16de Mei was ons eerste optrede
met Perd en Vlinder by laerskole. Of
liewer Lord Digiteck, Gigabite en Vlinder, want Perd se rol het met die finale
teks in die slag gebly omdat ek Lord Digiteck en Perd speel en die groot kostuum
veranderings net nie sou werk nie. Hoe
dit ook al sy, die drie skole wat ons tot dusver besoek het se kinders het die
produksie terdeë geniet en vir ons op die verhoog was dit veral lekker om te
sien hoe spontaan hulle aan die aksie deelneem.
Die storie illustreer hoe belangrik die Bybel is en dat ons dit elke dag
moet lees. Bid asseblief dat die Here
deure by laerskole sal oopmaak, sodat baie kinders met die boodskap bereik kan
word.
Behalwe vir die
kinderproduksie en ‘Breek ‘n Been’ het ek aan die einde van die maand ook
optredes met my eenmanstuk ‘Vry’ en die afgelope Sondag het ek saam met
Hoërskool Framesby se leerlinge, Golgota op Uitenhage opgevoer. Loof saam met my die Here vir ‘n besige en
produktiewe maand en bid asseblief vir werk vir Obed in die volgende twee
maande. Junie is eksamentyd en Julie
skoolvakansie, so kans vir optredes by skole en kerke is maar skraal en winter
is nie ‘n goeie teater tyd nie. Vra
asseblief ook die Here om vir Obed die regte persoon of persone se stuur om ons
bemarking en optredes reël. Daar is ‘n
moontlikheid dat Obed betrokke kan raak by ‘n verhoogproduksie oor die film ‘A
Walk to Remember’. Die van julle wat die
fliek gesien het sal weet dit is ‘n aangrypende en inspirerende storie. So bid asseblief daarvoor en dat die Here se
wil met alles sal geskied.
Ek groet met Psalm
18. Ek kan nie die hele psalm hier
aanhaal nie, maar gaan lees gerus die ongelooflike mooi woorde wat Dawid
geskryf het en mag vers 3 veral waar wees in jou lewe. “Die Here is my rots, my skuilplek en my
redder, my God my rots by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige
vesting.”
Christus groete.
Danie Matthee
Sel: +27 82 876 9015
E-pos: danie@obed.co.za
Stuur ‘n e-pos aan
jou agtergeblewe geliefdes - NA die wegraping!
Ek vermoed daar bly na hierdie brokkie nie veel verassings op die web oor
nie!
‘n Diens is pas bekendgestel waarmee jy e-pos kan
stuur aan tot 62 van jou geliefdes wat agterbly nadat jy - en miljoene ander
Christene - deur die wegraping van die aarde, wel, weggeraap is. Dit kos $40
per jaar
Hoe weet dié internet-sisteem die wegraping het
plaasgevind? “We have set up a system to
send documents by the email, to the addresses you provide, 6 days after the
"Rapture" of the Church. This occurs when 3 of our 5 team members
scattered around the U.S fail to log in over a 3 day period. Another 3 days are
given to fail safe any false triggering of the system.”
Maar waarom inskryf? Ek haal aan:
We all have family and
friends who have failed to receive the Good News of the Gospel.
The unsaved will be 'left behind' on earth to go through the "tribulation
period" after the "Rapture". You remember how, for a short time,
after (9/11/01) people were open to spiritual things and answers. (We are still
singing "God Bless America" at baseballs' seventh inning stretch.)
Imagine how taken back they will be by the millions of missing Christians and
devastation at the rapture. They will know it was true and that they have blown
it. There will be a small window of time where they might be reached for the
Kingdom of God. We have made it possible for you to send them a letter of love
and a plea to receive Christ one last time. You will also be able to give them
some help in living out their remaining time. In the encrypted portion of your
account you can give them access to your banking, brokerage, hidden
valuables, and powers of attorneys' (you won't be needing
them any more, and the gift will drive home the message of love). There
won't be any bodies, so probate court will take 7 years to clear your assets to
your next of Kin. 7 years of course is all the time that will be left. So,
basically the Government of the AntiChrist gets your stuff, unless you make it
available in another way. You can also send information based on scripture as to
what will happen next. Each fulfilled prophecy will cause your letter
and plea to be remembered and a decision to be made.
"WHY" is
one last chance to bring them to Christ and snatch them from the flames!
Op die manier sal mense dan weet dat die Left Behind-reeks al die tyd reg was.
Lees gerus meer by www.youvebeenleftbehind.com.
O, en as jy lus kry om aan te sluit: stuur vir my
‘n e-pos en ek kan jou dalk $40 per jaar spaar.
Nigeriërs en
risiko’s ter wille van die evangelie
In ‘n vorige OosKaap eNuus het ek vertel van die PE-Sentraal gemeente se
uitreik na die gemeenskap, en die Nigeriërs wat nou by die kerk inskakel.
Wie sê hierdie mense is eg, vra iemand hierdie week?
Sê nou maar hulle probeer die gemeente infiltreer om ‘n dwelmnetwerk te vestig?
‘n Ander persoon is só skepties dat hy selfs vra: Kan Nigeriërs tot bekering
kom? Veral die gladde soort wat ons hier in ons midde het? Eina!
Die tyd sal leer. Maar, met eerbied gesê, sal
Nigeriërs met besigheidsaanvoeling seer sekerlik nie ‘n klein, ouer-wordende
gemeente soos PE-Sentraal wil infiltreer as moontlike dwelmnetwerk nie. Ek dink
julle kry die prentjie.
Intussen weet ons mos ons is soos skape tussen
wolwe gestuur. Dit hou risiko’s in om die evangelie te deel. Wanneer mens Lukas
10:1-12 lees, lyk dit selfs of Jesus ons doelbewus van mag stroop en ons
weerloos maak. Waarskynlik kan die evangelie nie suksesvol gedeel word vanuit
‘n posisie van mag nie. Die vrede word alleen effektief gedeel vanuit ‘n
posisie van swakheid en weerloosheid.
Enige NG gemeente wat multi-kultureel begin werk,
is blootgestel. Ook omdat dit baie lidmate nie aanstaan nie en so ‘n gemeente
ondersteuning kan verloor.
Kom ons bid vir wysheid vir dié gemeente. En mag
die Here vir hulle medewerkers en lidmate toevoeg om die getuienistaak
effektief uit te voer.
Die SA Bloedoortappingsdiens rig die volgende versoek, in dié maand wat as bloedskenkermaand
gekies is:
APPEAL TO CHURCHES FOR SUPPORTING BLOOD
DONATION
SOUTH AFRICAN NATIONAL BLOOD SERVICE
MAY 2008
Dear Pastor, servant of the
Most High,
The South African National Blood
Services (SANBS) hereby requests your support in disseminating our message for
blood donation to your church members.
South
African National Blood Service
(SANBS) finds it difficult to meet the demand for blood and blood
products. Only 1 % of the South African
population donates blood, this is not sufficient to sustain the blood supply
needed, simultaneously, ensuring that all South Africans get assurance that
this precious gift of life will always be available.
The high demand for blood has prompted SANBS to
approach churches to take blood donation as a project and to give back to the
community by either donating blood or promoting blood donation.
This can be done by:
• Appealing to your congregation through a newsletter; (using
editorial below)
• A verbal appeal during services;
• Putting notices on the notice boards; and
• Holding blood donor clinics at your place of worship.
“By simply
giving a unit of blood someone receives another Birthday, another day, another anniversary, another
chance.
We appeal to
you to donate blood regularly and make it your personal gift of love to your fellowman. There is no
greater gift than giving of yourself to save a life.
June has been declared Blood Donor Month. In winter
the country experiences drastic shortages of blood due to flu, colds and just
generally apathy in the cold weather.
Please help
promote blood donation in our communities so we can save lives of those in dire
need of this precious gift of life.
For more
information call South African National Blood Service toll free: 0800 11 9031.”
Thank you, in advance, for your support with this
initiative.
For further information you are welcome to contact:
Gail
Nothard
Corporate
Marketing Manager
Tel:
011-761 9300
Or
Market
Research Officer
Tel:
011- 761-9347
Multi-kulturele en
multi-rassige bedieninge groei vinniger en groter
In ‘n baie
interessante gesprek oor multi-rassige en -kulturele gemeentes in Port
Elizabeth, het dr Ryk van Velden verwys na navorsing van George Yancey wat
duidelik aantoon dat multi-rassige gemeentes in die VSA vinniger groei en
groter word as mono-rassige kerke. Dit is omdat hulle beter kan reageer op
skuiwe wat in die omgewing plaasvind, en ook groter inherente kapasiteit het om
meer gevarieerde mense te akkommodeer.
Daar is vier redes waar kerke veelrassig word:
Eerstens weens die keuse van gerespekteerde leiers om in hierdie rigting te
transformeer. Kerke wat groot waardering het vir die gawes van die Gees, en hul
leiers as sulke gawes sien, loop hierdie pad relatief maklik. Dit gebeur veral in
die charismatiese kerktradisie.
Tweedens word kerke weens evangelisasie veelrassig. Mense kom oor grense
tot bekering en die kerk akkommodeer die vrug van haar eie evangelisasie.
PE-Sentraal is ‘n voorbeeld hiervan. Protestantse kerke loop dikwels hierdie
pad.
Derdens word kerke veelrassig weens demografiese skuiwe in die omgewing.
Veral in Rooms Katolieke kerke, wat baie meer sensitief is vir die omgewing en
die hele konteks wil bedien, eerder as in Protestantse kerke, is dit die motief
agter ‘n veelrassige bediening.
Vierdens word kerke deur netwerkvorming en die aangaan van vennootskappe
oor grense heen multi-rassig. Dit gebeur veral met nie-denominasionele
genootskappe.
Ryk het verwys na die belang van inklusiewe liturgie en leierskap en ‘n
gasvrye ontvangs van mense in die ontwikkeling van multi-kulturele bedieninge.
Die uitdaging vir die kerk - en so bly sy getrou aan die evangelie - is om nie
te verwag dat mense oor “soos ons” word voordat hulle in die kerk ontvang word
nie.
George Yancey se navorsing is gepubliseer as “One Body One Spirit”.
13thFLOOR is in 1995 gestig as C-Kruis, en is tans
‘n internasionale uitvoerende kunste organisasie wat die Evangelie van Jesus
Christus verkondig. Dit word gedoen deur
met behulp van die kunste in tieners se lewens ‘n impak te maak en deur Bybelse
waarhede op ‘n relevante manier te leer met visuele media en musiek. Twee spanne van 45
studente toer jaarliks deur Suider-Afrika vanaf Mei tot Oktober. Ten einde ons droom: jongmense wat regte lewenskeuses maak te realiseer, werk ons saam
met plaaslike gemeentes en skole.
Met dié dat C-Kruis wệreldwyd
takke plant in die VSA/VK/Europa sowel as ander Afrika lande, het dit nodig
geword dat ons bediening geken word onder een naam regoor die wêreld.
Die naam ‘C-Kruis’
het ons bediening gedra vir 12 jaar.
Meeste Suid Afrikaners ken die musiekterm ‘C-Kruis’. Jare gelede het ons die naam gekies omdat ons
‘n bediening op die been gebring het wat die kunste en die Kruis bymekaar
bring. Oor die jare het ons filosofie
verder ontwikkel en die bediening gegroei tot een wat nie net die kunste in
bediening gebruik nie, maar wat mense doelbewus uitdaag om hulle perspektief te
verander van hoé die kunste in die bediening kan gebruik word.
Daar
bestaan geweldig baie bygelowe rondom die nommer 13. Hierdie bediening wil beweeg op terreine waar
ander bang is om te gaan. Om selfs na
daardie twyfelagtige plekke te gaan om sodoende effektief te kan integreer in
die wêreld. Om na die 13e vloer te gaan… To move on the 13thFLOOR. Om mense bloot te stel aan die realiteit van
God in hul eie leefwêreld. Ons glo dat hierdie
naam ons filosofie in bediening reflekteer.
13thFLOOR bied ‘n
unieke jeugweekprogram met ‘n alternatiewe bedieningstyl. Deur dans, drama en musiek word tieners in
getrek in stories wat hulle konfronteer met die realiteite van hulle eie
lewens. Na afloop van vertonings en deur
middel van werkswinkels spandeer 13thFLOOR spanlede tyd in gesprek met tieners
om hulle te motiveer om Jesus in hulle realiteite te vind en in Sy krag bo
hulle realiteite uit te styg.
13thFLOOR ontwikkel
spanlede in lewensvaardighede, visie en leierskap. Hulle word uitgedaag tot dieper vlakke van
persoonlike en geestelike groei ten einde eendag as leiers ‘n daadwerklike
verskil te kan maak – as kunstenaars, besigheidsmense, medici… watter sfeer
hulle roeping hulle ook al heen lei.
Besoek gerus ons webwerf by www.13floor.net vir meer inligting.
Lees in die jongste uitgawe van Kerkbode:
* Xenofobie: die humanitêre ramp is
skande!
* Waarom mense steeds kan glo – ‘n
antwoord aan George Claassen
* Ek het my geloof teruggevind –
Joan Hambidge
* Biskop Paul Verryn – ‘n
barmhartige Afrikaan
* EI en Tukkies grom steeds vir
mekaar
* Eerste ekumeniese byeenkoms vir
dowes word gehou
* “Tsoenami” wag op mensdom oor
internet-seks” – Patrick Carnes
* Cecile Cilliers: steeds geseënd op
75
* Wat maak ‘n dominee “goed”?
* Hoe los die kerk sy probleme op?
* God se boerderybeginsels kan groot
“mens-oes” oplewer
Kruisgewys praat padlangs oor rassisme
Die jongste uitgawe van Kruisgewys is pas aan alle NG-dominees
en Afrikaans-sprekende leraars van die VGK gepos (2 084 eksemplare).
Dié uitgawe word aan rassisme as
onderwerp gewy "omdat die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG
Kerk met bekommernis kennis geneem het van die voortslepende rassisme van alle
kante wat voortgaan om verhoudings in ons samelewing te vertroebel", skryf
dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris, in die redaksioneel.
"Die Moderamen is oortuig dat die NG Kerk
graag méér wil doen om lidmate op die pad van versoening en die bekamping van
rassisme te begelei."
Die uitgawe bevat boeiende artikels oor gemeentes
soos Kovsie-kampus wat met 'n multikulturele bediening begin het, en 'n Ghanese
prediker wat in die PE-middestad 'n vennootskap met die NG Gemeente PE-Sentraal
gevorm het. 'n Prokureurslidmaat skryf oor rassisme vanuit 'n nie-dominee se
perspektief en vra onder andere:
"Ek
mag myself troos met die gedagte dat ek nie 'n rassis is nie, omdat ek nie
aktief aan die grappe, e-posse en SMS'e meedoen nie. Ek ondersteun immers
sending in Transkei en Mosambiek en aksies onder straatkinders in Port
Elizabeth. Ek gee geld vir vigswesies en vir 'n sopkombuis in 'n swart gebied.
Maar hoekom stuur mense wat my ken steeds van tyd tot tyd vir my uiters
rassistiese SMS'e of e-posse? Hoekom vertel 'n vriend 'n rassistiese grap vir
my by die braaivleisvuur? Is ek aandadig aan die skep van '"veilige
ruimtes" waar dié soort goed maar kan plaasvind?"
Kruisgewys se artikels is ook elektronies
beskikbaar op www.bybelmedia.co.za
of by www.gemeentes.co.za (die
webtuiste van die Gemeentedienste-Netwerk GDN).
Lekker eietydse
Bybelstudiegids – bestel dadelik
Magla – die dogter wat buite die boks gedink het deur Christelle Bekker en Nico
Simpson verskyn 30 Mei by Bybel-Media teen
R79.95
40 (minder bekende)
Bybelkarakters waaroor gesinne saam kan lees, gesels en groei. Prikkelende
stukke vir ‘huisgodsdiens’, gemaklike en informele aanslag met ’n interaktiewe
formaat.
Ons weet dat gesinne die
eintlike plek is waar geloof geleer en geleef word. Een van die opbouendste
gewoontes van ’n gesin is om gereeld saam die Here te ontmoet en te aanbid. Dit
word ’n reis wat gesinne se geloof versterk en hulle aanmekaar bind.
In Magla –
die dogter wat buite die boks gedink het word 40 cool Bybelkarakters,
waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in die Bybel
gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense net soos
ons, met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups.
Hierdie Bybelkarakters sal elke gesin baie gee om oor te dink en te praat.
Inligting,
Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
• Of stuur jou bestelling per e-pos
na: bestel@bmedia.co.za
• Of koop direk met jou kredietkaart
op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete vanaf Kwazulu-Natal Sinode
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
Jaarverslag van
die Hugenote Kollege
Die Hugenote Kollege doen jaarliks verslag aan Ringe. Vir diegene wat
belangstel het ek dit ook op ons webblad geplaas - klik
hier.
Vrae oor ‘n
bediening in Kanada?
Na aanleiding van ‘n buitelandse leraar se aanbod om van
hulp te wees met leraars wat in die buiteland in die bediening wil tree, skryf
een van eNuus se lesers: “Wil ons regtig dominees help om te emigreer?
Wat sê dit van die kerk en ons hoop vir die land en ons vertroue in die krag
van die Evangelie?”
Die vraag is of mens sommer net so die
konteks kan verlaat waarvoor jy geroep is? Moet jy jou laat lei deur
gesinsomstandighede of die politieke opset as dit oor jou roeping gaan?
Self voel ek sterk oor ons roeping in
Afrika. Die NG Kerk ook. Ek hoop julle bly almal. Mens het natuurlik ook begrip
vir diegene wat gaan.
There was once a cross-eyed teacher who couldn't control his
pupils.
To write with a broken pencil is pointless.
A rubber band pistol was confiscated from algebra class
because it was a weapon of math disruption.
He said I was average - but he was just being mean.
When fish are in schools they sometimes take debate.
When the electricity went off during a storm at a school
the students were de-lighted.
It wasn't school John disliked it was just the principal of
it.
He wears glasses during math because it improves divison.
Math teachers have lots of problems.
What did the triangle say to the circle? You're so
pointless.
Sinodale Kommunikasie