#imagine 2017: belangrike inligting
Belangrike inligting oor #imagine 2017
Ons hoop julle is net so opgewonde soos ons oor hierdie jaar se #imagine fees. Baie dankie vir jou bereidwilligheid om op een of ander manier deel van hierdie movement te wees! Ons waardeer elkeen se hulp hiermee opreg!
Sommer net ’n vinnige e-pos met meer inligting oor #imagine 2017:
2017 Datum en Program
Hierdie jaar se #imagine vind plaas van 18 – 20 Maart 2017.
Die Oos-Kaap fees is weer by Mentorskraal, Jeffreysbaai.
Registrasie open 10:00 op Saterdag 18 Maart en die amptelike program begin eers die aand 18:00. Die eerste ete wat deur #imagine verskaf word sal aandete wees om 17:30.
Ons laaste sessie van die naweek sal Maandagaand 20 Maart om 23:00 klaarmaak.
So julle as groep kan dan besluit om Maandagaand oor te slaap of om direk na die sessie die pad terug aan te pak.
Tieners , groepleiers en volunteers
Enige iemand is welkom om deel te wees van die #imagine beweging.
Vrywilligers – Enige iemand kan ‘n vrywilliger wees. Vrywilligers help met die algemene take soos, kospakkies, op en afslaan van stasies, en vorm deel van algemene program deur loop van naweek. Vrywilligers kan ook spesifiseer indien hul spesifiek by gebed en of berading stasie wil dien.
Groepleiers – Enige iemand wat lief is vir Jesus en ‘n passie het vir tieners. Van ouers, onderwysers, kategete, predikante, pastore, studente en pensionarisse (met ‘n skop)… enige persoon is welkom om groepleier te wees. Groepleiers sal materiaal en toerusting ontvang wat hulle help om naweek voluit aan te pak en geniet. Groepe sal tydens die eerste sessie ingedeel word. Groep grootte wissel ts 6-10 per groep.
Tieners – #imagine experience is spesiaal vir die jongmense Gr7-Gr12.
iTickets
Kaartjies is beskikbaar op iTickets.
https://itickets.co.za/events/372173.html
Kostes:
Tieners R450
Groepleier R470
Vrywilliger R470
Groep-inskrywings
Hierdie jaar doen iTickets nie meer groep inskrywings nie, net individuele inskrywings. Indien jou groep tieners nie elkeen self ‘n kaartjie koop op iTickets nie, kan jy deur die feeskantoor ‘n groepbespreking doen. Julle vul die informasie van elke inskrywing vir ons op daardie “excel sheet” (aangeheg) in en stuur dit terug na ons kantoor en doen dan ‘n EFT.
Vorm en bewys van betaling kan gestuur word na: ec@imaginemovement.co.za
Brugbou uitdaging aan gemeentes!
Ons wil graag ELKE gemeente uitdaag om ’n ander gemeente of gemeenskap te nooi na #imagine 2017. Dalk is daar ’n ander denominasie of gemeenskap wat nog nooit gehoor het van #imagine nie, of dit nie alleen kan bekostig nie! Gaan kuier sommer dadelik by hulle en maak saam planne om hierdie jaar saam te gaan. Hierdie is ‘n wonderlike brugbou geleentheid. Ons wil gemeentes ook uitdaag om ten minste 10% van tieners wat hul saambring te borg (met ander woorde om aan minderbevoorregte jongmense ‘n geleentheid te gee om ook #imagine 2017 by te woon).
Belangrike skakel!
https://www.dropbox.com/sh/yln8gtgbr9d6iqt/AABeBxB7fXWobDCNY7xZ6o9-a?dl=0
Hierdie is ‘n dropbox skakel met die inskryfvorms en bemarkingsmateriaal wat jy kan gebruik om #imagine 2017 in jou gemeente/dorp sigbaar te maak!
Info
Vir nog meer info oor #imagine , getuienisse, die ontstaan, foto’s en video’s besoek gerus :
webtuiste – imaginemovement.co.za
Facebook – www.facebook.co.za/imaginemove
whatsapp – 079 991 7847
As daar enige vrae is, moenie huiwer om te e-pos of te skakel nie.
#imagine-Groete,
imagine oos-kaap span
ec@imaginemovement.co.za
0849006816 (Barbara-Mari Swarts)
Trackback from your site.