|
Opsomming van Kursusinhoud
Statistiese
ontleding van die inskrywings
Klik hier vir meer
agtergrondsinligting oor die projek, of vir
die 2008-keerdatums vir inskrywing.
Ontmoet die aanbieders
Die opleiding van lidmate
vir bedieningshulp word aangebied deur die Netwerk vir
Bedieningstoerusting van Lidmate.
Die verantwoordelikhede
van hierdie netwerk bestaan uit:
• Voorsiening van
doelmatige toerustingsmateriaal;
• Aanbieding van die opleiding dwarsdeur die sinodale gebied;
• Beoordeling van studente met die oog op die toekenning van
akkreditasie;
• Evaluering van die opleiding.
Die netwerk bestaan uit
die volgende aanbieders:
Dr Jannie Richter
Jannie is predikant van die NGK Barkly-Oos en staan reeds vir meer as 30
jaar in die bediening. Sy spesialisasieveld is gemeentebou, waarin hy 'n
doktorsgraad verwerf het. Hy is ook die skrywer van 'n publikasie oor
die erediens en erediensbeplanning, "Het ons harte nie warm geword
nie...".
Benewens sy verantwoordelikheid as aanbieder, tree Jannie ook
as bestuurder van die Netwerk vir die Bedieningstoerusting van Lidmate
op.
Ds Dries
Coetzee
Dries is predikant van die NGK Oos-Londen-Noord en staan reeds vir meer
as 20 jaar in die gemeentebediening. Hy is besig met verdere studie en
spesialiseer in gemeentebou.
Ds
Dewald Davel
Dewald is predikant van twee gemeentes, Molteno en Sterkstroom, en is
reeds meer as 20 jaar in die bediening. Dewald spesialiseer in
gemeente-ontwikkeling en fasilitering, waarin hy verdere opleiding
ontvang het.
Ds Aldo
Liebenberg
Aldo is vir die afgelope twee jaar leraar van die NGK Willowmore. Hy
spesialiseer in gemeente,bou, prediking en pastoraat. Hy het vir twee
jaar in 'n buitelandse bediening vir Suid-Afrikaners in Taiwan hanteer.
Ds
Christo Stümke
Christo is vir meer as 20 jaar in die bediening, trouens sedert 1984 die
leraar van die NGK Uitenhage-De Mist. Hy spesialiseer in pastoraat en
beskik oor 'n meestersgraad in pastorale terapie.
Ds
Willie van Zyl
Willie is die leraar van die NGK Maclear en staan reeds byna 30 jaar in
die bediening. Hy lę homself toe op toerusting, leierskap en pastoraat.
Lidmaatbediening lę hom na aan die hart.
Kursusinhoud
Prediking
Die doel
van die kursus om om bekwame lidmate toe te rus om met 'n hoë mate van
vertroue te kan preek en tydens eredienste leiding te kan neem.
Die kursus
behels twee siklusse waartydens deelnemers twee preke uitwerk. Vir elke
preek word ook 'n doelmatige diensorde saamgestel. Studente word stap
vir stap begelei in die proses van preek-maak en die opstel van 'n
diensorde wat die boodskap van die preek aanvul. Waar moontlik maak die
kursus voorsiening daarvoor dat die preke en diensordes in byeenkomste
van die gemeente of in kleingroepe gebring word. Elke siklus duur
minstens 10 ure.
Gedurende
die proses waartydens 'n preek en erediens 'gebore' word, word insigte
uit nuwere teologiese besinning oor prediking en erediens bygewerk. Die
hoop is dat deelnemers se perspektief verruim sal word deur 'n goeie
begrip te vorm van die huidige samelewing sowel as die denkwęreld en die
geestelike konteks van 'n gemeentelike erediens.
Sake soos
die volgende kom ter sprake:
●
die aard van prediking en erediens as 'n besondere instrument van die
God Drie-enig;
●
die rol wat prediking en erediens in God se opbou van die gemeente en
die koninkryk speel;
●
die waarde en betekenis van die persoonlikheid van die prediker;
●
verantwoordelike en verrykende omgang met die Skrif,
●
God se gesprek met die huidige węreld en sy boodskap vir mense, ens.
Die kursus
bied nie gevorderde teologie nie, maar is toeganklik vir enige lidmaat
wat 'n goeie begripsvermoë het. Daar word nie baie leeswerk voorgeskryf
nie, maar daar word van elke deelnemer verwag om belangrike kernnotas
gedurende die sessies te formuleer.
ń
Pastoraat
Kyk na hierdie
interessante opsommende
skets wat jou van die kursusinhoud vertel, en jou hopelik motiveer
om dit by te woon - die skets kom uit Sessie 6 van die
toerustingsmateriaal.
ń
Agtergrond
ń
1. 'n Besluit met wesentlike implikasies
Die NG Kerk in Oos-Kaapland het besluit om goedgekeurde materiaal,
bekwame dosente en opleidingsgeleenthede daar te stel waarmee ons
lidmate oplei om prediking en pastoraat in gemeentes waar te neem.
Aangesien hierdie so ‘n verantwoordelike taak is, word slegs lidmate
opgelei wat:
1. deur kerkrade goedgekeur is vir
opleiding, en
2. daarna deur ringe /
ringskommissies gekeur is, en
3. nadat hulle eventueel opgelei is,
deur kerkrade vir hierdie doel aangestel word.
Die opleiding word verskaf deur die Netwerk vir Bedieningstoerusting
van Lidmate wat spesiaal vir hierdie doel geskep is, en uit
opgeleide predikante bestaan. Hierdie skrywe, die aangehegde
inligtingstuk en die verdere dokumentasie spel die hele prentjie uit.
2. Twee kerndoelwitte
Die opleiding wil gemeentes help om prakties-relevant te reageer op die
uitdagings vir die kerk:
● Die sendingveld het tot by
die voordeur van die kerk gekom, en gemeentes moet kreatief nuwe
bedieninge ontwikkel, geleenthede om die Woord te kommunikeer en
gebrokenes pastoraal te versorg - deur lidmate daarvoor af te sonder, te
laat oplei, en as entrepreneurs te bemagtig om hierdie taak uit te voer.
Besoldigde predikante alleen sal nooit hierdie uitdagings die hoof kan
bied nie;
● Gemeentes het bykomende
werkers nodig om belangrike bedieningsfunksies in die bestaande
bediening te hanteer - in enkele gevalle omdat predikante hoegenaamd nie
bekostig kan word nie, en in die meerderheid van situasies om die
bediening te versterk.
3. Praktiese voordele
Dink aan die volgende scenario’s:
3.1
Die kerk het nou ‘n legitieme, praktiese instrument om haar
missionęre taak uit te voer.
3.2
Sommige gemeentes kan nie langer leraars bekostig nie. Daar is
sowat 9 gemeentes in die Oos-Kaap wat geen leraar (of kontrak-leraar)
kan bekostig nie. Hierdie gemeentes kan nou lidmate (waarskynlik van hul
bestaande leiers) laat oplei om met vrymoedigheid ten opsigte van
prediking en pastoraat leiding te neem.
3.3
Gemeentes met slegs een leraar benodig “predikers” (opgeleide
ouderlinge) wanneer die leraar afnaweke neem of met vakansie is.
3.4
Baie gemeentes het meer as een preek-punt, en hou soms slegs
twee-weekliks of maandeliks eredienste op die meerdere preekpunte. Hier
kan nou weekliks eredienste gehou word.
3.5
Nuwe gemeente-ontwikkeling: Meer en meer gemeentes - of ons dit
besef of nie - is voor die uitdaging om nuwe bedieninge te ontwikkel.
Die werkkragte vir hierdie bedieninge moet uit lidmate kom - weens
praktiese, finansiële, maar veral Bybels-teologiese redes. Daar
is geen ander volhoubare, werkbare manier om hierdie uitdagings aan te
spreek behalwe deur hierdie soort opleiding nie.
3.6
Gemeentes en/of lidmate het geestelike bedieninge, bv onder
noodlydendes of in fabrieke, in verskeie werkskontekste, soos
middaguur-bidure. Ander gelowiges is weer natuurlike, hoewel informele,
versorgers. Mense kom sommer vanself uitdagings wat die lewe stel met
hul bespreek. Lidmaatleiers kan nou behoorlik bemagtig word om hierdie
bedieninge doelgerig en geloofwaardig te bevorder.
3.7
Waar leraars ook geroep is om lidmate in hul bedieninge te ondersteun,
gee die stelsel van lidmaat-predikers en lidmaat-versorgers aan
hoogs-opgeleide leraars die geleentheid om te belę in lidmaat-bedienaars
se lewens.
3.8
Hierdie opleiding word nié as alternatief vir kontrak-leraars gesien
nie - gemeentes word aangemoedig om steeds van hierdie leraars gebruik
te maak. Dit is dikwels gemeentes met kontrak-leraars wat met meerdere
preekpunte, of ander uitdagings, te doen het. Kontrak-leraars se hand
kan gesterk word deur lidmaat-bedienaars te benut.
4. Konsulteer die inligtingstuk en aangehegde dokumente
Hierby aangeheg vind u ‘n volledige inligtingstuk oor die opleiding, die
aanmeldingsvorm vir lidmate, en die skedule van opleiding vir 2008.
Konsulteer dit asb deeglik.
Een van u vrae handel waarskynlik oor die toesig en begeleiding van
hierdie bediening. Lees gerus meer oor die mentor-sisteem, naas die
begeleiding van die kerkraad, wat geďmplementeer word.
Alle dokumente is ook op ons webblad beskikbaar -
www.ngkok.co.za/lidmaatbediening.
Indien u bykomende vrae het,
moet u my asseblief onverwyld kontak. Onthou, u vrae kan ons as
Oos-Kaapse Kerk ook help om hierdie nuwe bedieningsmoontlikheid verder
te verfyn. Ons leer graag en help graag!
Ds Danie Mouton
Direkteur Begeleiding
Lees gerus die volledige dokument aan kerkrade, Maart 2008.
|