NG Kerk in Oos-Kaapland

Potgooi en Klankopnames

 

 

Tuisblad

 

Klankopnames

Wêreldwye verspreiding van die Christelike geloof - Prof Scott Sunquist
Prof Sunquist het in 'n post -Lausanne refleksie op 26 Oktober 2010 in Port Elizabeth geesdriftig gesels oor die wêreldwye groei in die Christelike geloof tussen 1910 (Edinburg Sendingkonferensie in Skotland) en 2010 (Lausanne, Kaapstad).  Luister.


Huweliksvoorbereiding - werkboek vir paartjies en begeleiers
Dr Kobus Prinsloo vertel meer oor sy werkboek vir huweliksvoorbereiding, getiteld "Ons twee is drie".  Dit is baie bruikbare materiaal vir predikante wat paartjies met die oog op huweliksvoorbereiding begelei

Gesprekke oor die bediening in en om Port Elizabeth
Ek het aan die einde van my 'n groep na-graadse studente in Port Elizabeth begelei rondom gesprekstemas oor die bediening.  Om die gesprekke grond toe te bring het ons verskeie uitstappies onderneem en agterna daaroor besin.  Die deelnemers was Leon Cronjé, Dolf Loots, Leon Klate, Pieter Nel en Steve Briggs.  Luister hier oor gesprekke wat verband hou met:
1.  'n Besoek aan Algoa-Gemeenskapskerk
2.  'n Toer deur die sentrale stadsgebied van PE,
3.  'n Besoek aan die Grieks-Ortodokse kerk in PE.   Jy kan ook luister na 'n Grieks-Ortodokse ouderling se bekendstelling van die gemeente.

Tussen die triomferende heiliges van die Grieks-Ortodokse tradisie
'n Groep studente het die Grieks-Ortodokse kerk in Port Elizabeth besoek na aanleiding van studie rondom die triniteitsleer van John Zizioulas, bekende teoloog uit hierdie tradisie.  Luister hier hoe ons gids, Dimitri Paizes, die kerk aan ons bekendstel.  Klik hier om iets meer oor die besoek te lees.

Prof John de Gruchy oor Tradisie
Tydens die 2009-vergadering van die
Joint conference for academic societies in theology and religion in Stellenbosch, het prof John de Gruchy op 22 Junie 2009' n lesing gelewer met die tema 'Transforming traditions:  Doing theology in South Africa today'.  Klik hier op dit af te laai (13Mb) - regslik en kies "Save target as... om dit op jou harde skyf te stoor.

Bipolêre Gemoedsversteunring
Op RSG se gwilde program, Praat Saam, het Freek Robinson op 4 November 2008 met dr Liebenberg gesprek gevoer oor bipolêre gemoedsversteuring. Luister hier na die volledige program (32 MB)

 

SA Kerkorrelistevereniging: Jaarvergadering 2008

Nuwe ontwikkeling in die kerkmusiek
Ds Jacques Louw het 'n besondere inset gelewer tydens die SA Kerkorreliste-Vereniging se Oos-KAaplandse byeenkoms op 20 September 2008 by die NG Kerk Sionsrand  in Port Elizabeth. Hy het ook met talle voorbeelde vanb nuwe ontwikkelinge sy gesprek toegelig. Die byeenkoms is op 3 CD's opgeneem wat by die sinodale kantoor bestel kan word. of hier afgelaai kan word.

Regsklik en kies "Save Target as..." om die ZIP-lêer op jou hardeskyf te stoor. Jy het WinZip of 'n soortgelyke program nodig om dit te ontsluit

CD 1 (weens tegniese probleme sal die CD eers later beskikbaar wees)

CD 2

CD 3

 

Kerkeenheid en Belhar

NG Kerk en VGK Praat reguit oor hulle verskille (Okt 2008)  

Die moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode, prof Piet Strauss, en die assessor van die VGK se Algemene Sinode,  dr Mary Ann Plaatjies-van Huffel,  gesels reguit met mekaar oor kerkeenheid nadat alle formele gesprekke oor kerkeenheid in Oktober 2008 deur die VGK opgeskort is tydens die VGK se Algemene Sinode op Hammanskraal.

    In die program Reguitklets op die Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines (www.uitsaaines.co.za), wou Jean Oosthuizen by die twee kerkleiers hoor presies waaroor gaan die verskille en hoekom sukkel die twee kerke so om een te word.

    Klik op hierdie skakel om na die radioprogram te luister.

    Prof Strauss se omstrede groeteboodsakap waaroor die  VGK Sinode so kwaad was, is ook bespreek.

 

 

 

 

 

 

 

 

Tuisblad  -  OosKaap eNuus Argief  -  Administratief

Navrae: Danie Mouton