RSS Feed

Die Bybel. Is dit alles waar? (1)

2012/04/04 by Danie Mouton No Comments »

Abraham het alreeds in Genesis 15:8 gevra: “Hoe sal ek weet… Here?”  Meer as ‘n duisend jaar later vra Pontius Pilatus: “Wat is waarheid?”

Wat is waarheid?  Waarop kan mens jou lewe verlaat?  Hierdie vraag is deesdae belangriker as ooit.  In die laat-moderne, of post-moderne, konteks word die menslike soeke na waarheid onder ernstige druk geplaas.  Kan mens die waarheid oor God hoegenaam ken?  Of oor jou mede-mens?  Die kosmos?  Is daar net een waarheid?  Hoe weet ek jou waarheid het enige betekenis vir my?

Die moderne opvatting dat waarheid in logiese proposisies vasgevang kan word, word toenemend bevraagteken.  Mense verloor hul vertroue in blote rasionaliteit.  Waarheid is veel meer as die uitkoms van rasionele denkprosesse.

But is it all true?

But is it all true?

In die lig hiervan het ek Alan Padgett en Patrick Keifert (redakteurs) se “But is it all true? The Bible and the question of truth” (Eerdmans 2006) met groot aandag begin lees.  Nege gespreksgenote, met filosofiese en teologiese agtergrond, lewer inhoudelik ryk bydraes waarin waarheid multi-dimensioneel beskryf word.  Waarheid is nie bloot proposisioneel maar, maar het ook etiese, eksistensiële en estetiese kante.  Waarheid is relasioneel, en bestaan veral ook as ontmoeting in die hier en nou tussen teks, mens en God.

Die waarheid van die Bybel word nie bloot openbaar wanneer die Bybel as objek bestudeer word nie.  Die waarheid van die die Bybel word werklik wanneer die Skrifte as gespreksgenoot in die ontmoeting tussen God, mens en wêreld aan die woord kom.

Ek beplan om meer bydraes oor die boek te skryf.  In hierdie, eerste, bydrae word ‘n kort opsomming gegee van die eerste hoofstuk.  Dit is geskryf deur prof Dennis T. Olson, onder die titel: Truth and Torah: Reflections on Rationality and the Pentateuch.

Olson werk met die aanname dat die Bybel ons  belangrike insigte gee oor die aard van die soeke na waarheid oor God, onsself en ons wêreld.  Hy fokus op die eerste vyf boeke van die Ou Testament, wat bekend staan as die Pentateug.  Sy bydrae bestaan uit die volgende vyf stellings:

1.  Spore van post-moderne uitdagings vir die godsdienstige soeke na waarheid (‘n verstaansraamwerk van suspisie, dekonstruksie, en pluralisme) kom alreeds in die Tuin van Eden en by die Toring van Babel voor.

Die slinkse slang in die tuin van Eden werp suspisie op God se woorde: “Is dit so…”  Die slang vermeng waarheid en onwaarheid om deur suspisie ‘n leuen te skep.  Die hele verhaal van Adam en Eva se rebellie het met die soeke na waarheid te doen.  Die waarheid word reg geken, maar ook skeefgetrek en ontduik.  Van Eden af worstel mense om die waarheid te ken.

Olson interpreteer die gebeure by die toring van Babel ook as ‘n worsteling om die waarheid.

2.  Die primêre Hebreeuse naamwoord in die Pentateug vir “waarheid”(’emet) dui beide op relasionele vertroue as op ‘n meer objektiewe toetsing van die waarheid

Merkwaardig genoeg het waarheid in die Pentateug beide ‘n intense relasionele komponent van vertroue en ook ‘n meer objektiewe, feitelike kant.

Waarheid word dikwels met trou verbind, en verhoudings van waarheid en trou beskryf.   Ervarings van hierdie trou en waarheid word gekoppel aan beloftes daarvan met die oog op die toekoms.

Daar is ook ‘n feitelike basis vir waarheid.  In Deuteronomium moet ondersoeke deur regters gedoen word en die waarheid van die getuienis word getoets.  Daar moet meer as een getuie wees.  Die regters was nie soseer mense wat wette toegepas nie, maar eerder onderhandelaars wat deur arbitrasie harmonie en konsensus in gemeenskappe moes bewerk.  Regters mag ook nie omkoopgeld aanvaar nie, omdat God self nie omgekoop kon word nie en onpartydig was in sy oordele oor mense.

Profesie is ook getoets – enersyds aan die toewyding (waarheid en trou) van die profeet se verhouding met die Here, en tweedens of toekomsprofesie werklik (feitelik) realiseer.

3. In die Pentateug ontvang mense slegs gedeeltelike glimpse van God en die waarheid van God se beloftes

Olson verwys na Abraham wat die sterre as teken vir die belofte van ‘n nageslag en ‘n kind gekry het.  Uiteindelik het hy nooit die land gesien nie, hoewel hy wel die teken van die kind ontvang het.  Moses het diepgaande kontak met God gehad, maar tog kon hy God net van agter sien (Eks. 33).  Mense ken en sien ten dele.

Hoewel mense God nooit ten volle deurgrond nie, maak God God se opdragte duidelik en toeganklik genoeg.  God praat nie net deur Moses nie, maar gee ook opdrag dat die woorde neergeskryf moet word (om die torah te skep).  Beide die torak en God se toekomstige spreke deur ‘n profeet na Moses moet die volk op die regte pad lei.  Nuwe woorde van God word gestabiliseer deur die geskrewe tradisie, wat die onderskeiding van die waarheid aanhelp.

4.  Die Pentateug is oop vir wysheid en waarheid buite sigself

Olson wys op talle voorbeelde van mense buite die kader van die volk van God wie se woorde van wysheid in die lewe van die volk geïntegreer word.  Jetro die Midianiet, Balaam en Melgisedek, die priester van Salem, is almal voorbeelde hiervan.

Die Pentateug se bevestiging dat God die Skepper van alle volke en nasies is, wat verbonde met hulle en die skepping sluit, suggereer dat God waarheid en betroubare verhoudinge met ander vestig wat nie in die Bybel verhaal word nie.  Hagar, die Egiptiese slaaf van Abraham en Sara, en haar seun Ismael, ontvang die belofte dat die Here hulle ‘n groot nasie sal maak.  Die res van hulle verhaal word nie vertel nie, hoewel ons kan aanneem dat God aktief in hulle geskiedenis sou wees.  In Aamos 9:7 sê die Here bv. dat Hy dade van bevryding en verlossing vir ander nasies bewerkstellig het, soos die Etiopiërs en die Filistyne.

Dit is dus moontlik dat wysheid gevind kan word buite die volk, maar dan moet dit deeglik getoets word.  Die doen van die wil van God kan ook bedreig word deur “waarheid” van buite.

5.  Die waarheid oor God, die mens en die wêreld groei oor lane jare van ervaring, stryd, lyding en transformasie binne die konteks van die menslike gemeenskap waarvoor God gekies het

Die ken en die doen van waarheid is iets wat oor jare in feitlik al die sentrale karakters in die Pentateug se lewens gebeur. Dink aan Abraham, Jakobs, Josef en Moses.  Selfs die hele ouer geslag, wat uit Egipte gelei is, sterf eers in die woestyn voordat ‘n nuwe geslag die beloftes van God opnuut toeëien en die beloofde land inbeweeg.

Ten slotte

Daar is inderdaad baie waarmee die Torah moderne soekers na die waarheid kan help.  Ons sien inderdaad nog ‘n raaisel soos deur ‘n dowwe spieël, maar ons vertrou die beloftes van die Een wat dit gegee het.  En ons leef en soek elke dag na die waarheid op grond van hierdie beloftes.

 

We need to take better care of Sister Earth

2011/09/10 by Danie Mouton No Comments »

Ds Chris Steyn, van Aliwal-Noord, publiseer die volgende essay van Richard Rohr (‘n Franciskaanse Katoliek) op sy Faceboek-blad.  Die Franciskaanse Orde is natuurlik deur Franciskus van Assissi gestig.  Ek gee die artikel hier volledig weer:

As a priest of the Franciscan Order, the very first European “invaders” in the States of New Mexico, Florida, Georgia, Texas, and California. I think we have been around long enough to see both the good and the bad that we brought with us. We usually found it congenial to live among the Native peoples of the new world, because they already shared our vision of both a simple and a communal life. In fact, they often taught us how to live it!

Now we see that these ancient values of living close to the earth, and in union with natural creation, are no longer highly prized values in our world or in our country. In fact, we Christians, Catholics, and Franciscans have given little moral leadership to any alternative vision. Strange, considering St. Francis’ daring and clear commitment to nature, simplicity, and non- violence. Strange, considering God’s covenant with Noah, the animals, and “all of creation.” Strange, considering Jesus’ loving observation and praise for the sparrows, the lilies, “living waters” and “rich soil.”

If the nations that built on the Judeo-Christian heritage do not soon see the work of earth care and climate change as a moral and spiritual imperative, one wonders how we will have any moral authority left? As St. Thomas Aquinas said, “Nature is the primary and most perfect revelation of the Divine.” This “Bible” of creation existed for billions of years, and sustained us long enough so we could write the next Bible. For St. Francis, the natural world was not an object to be objectified but a fellow subject that he reverently addressed as “Sister” and “Brother.” Our capital city of Santa Fe is named after him, so there must be a special invitation for us in this “land of enchantment.”

It is sad that we Christians have become so individualistic in our notions of what God is saving that we gradually whittled it down to tiny human groups who always happened to be just like ourselves. Our God became very small in the process, we smaller yet, and the physical world the least of all. There

was little room or appreciation for the wonderful “new earth” that the Bible sees as the very ending (Revelation 21:1) of salvation history.

Jesus told his followers that we would be judged on how we treated “the least” of the brothers and sisters. It seems the very things we all, without exception, share in common—the one earth on which we walk, “Sister Water” who sustains us all, “Brother Sun” who gives life to absolutely everything, have themselves become the very least sisters and brothers of all. It’s rather unbelievable.

Would it be strange, or would it be totally predicted, that these literal “fundamentals” would be the very issues that could bring us all down, bring us all together, or bring us to a universal and all inclusive holiness?

 

Here, wat doen U nou?

2011/09/03 by Danie Mouton 1 Comment »

Ds Carl Crouse van die NG Kerk Grasvoëlkop vertel van die spanning rondom die loods van hul KankerHOOP projek op Vrydagaand, 2 September 2011.  ‘n Koufront met buitengewone hoë windsnelhede het Port Elizabeth heeldag geteister, en om alles te kroon het ‘n groot deel van die stad kort na 16:00 ‘n kragonderbreking ervaar.  Hy vertel self:

“Ons (NGK Grasvoëlkop) het gisteraand ‘n kankerHOOP projek aangepak. Agt maande se gedagtes en beplanning. Iets wat ons vir die laaste twee maande amper daagliks aan gewerk het – en wat ek onophoudelik aan gedink en oor stres het!

“Die beplanning en verwagting was groot gewees. Etes, kunstenaars, getuienisse, uitstallers, geskenke en sertifikate vir die 45+ personeellede van die kankersale wat sou kom. ‘n Kerslig stap na Hospice. Donderdag was een van die mooiste dae van die jaar gewees. Die gedagtes is: “Dankie Here! Ons vertrou u vir net so mooi dag môre.”

“Toe kom Vrydag. Die teenstelling kon nie groter nie. Ons het mos almal gebid. Baie gebid. En vertrou. Die wind sal gaan lê. Maar nee. Die markee tent kan nie op nie. Plan B word later plan C en so voorts.

“‘n Uur voor ons moet begin gaan die krag af.

“Die verkeer is chaos, die weer is guur, dis Vrydagaand! Wat gaan oorbly van ons planne?

“Die gemeente trek saam. Kerse word in sakke opgemaak en ingedra. Generators word gereël. ‘n Battery aangedrewe luidspreker / mikrofoon word gehaal. Gas lampe en stowe verskyn.

“Uitstallers dag op, mense daag op, koffie, pannekoek en kos word verkoop.  Die personeel kom (meer as 30 van hulle en selfs ‘n paar dokters). Die kerk lyk mooier as wat dit nog ooit gelyk het. Ernstig, ek oordryf nie. Die “vibe” is een van entoesiasme. Die kerk was nog nie in jare so vol nie. Ons het lig, ons het klank, ons het ‘n klavier, ons het mense.

“Die grootste teleurstelling word die twee mense wat gesê word dat hulle gaslampe nie meer nodig is nie!!

“Die Here voorsien dat my voorganger Samuel en sy vrou Logy daar kan wees, sy vul op die laaste nippertjie in vir die persoon wat hul storie sou vertel en toe moes onttrek. Met humor en hartlikheid vertel sy van haar stryd teen kanker.

“Dit word ‘n besondere aand. Die uitstallers is opgewonde.  Die mooiste verhale word vertel. Die personeel word bederf en mens kan sien wat dit vir hulle beteken.  Ek is gevul met verwondering en waardering: die liggaam werk saam.  Die kerkgebou self word die simbool van hoop – rustigheid, warm verhoudings, sagte lig te midde van die donker en storm buite.

“Die Here is in beheer.  Dit word bevestig toe die krag aangaan toe ons letterlik die laaste dinge uitdra en die kerk wil sluit.

Ons aand word ‘n storie om te vertel.

“KANKER en HOOP is nie twee woorde wat natuurlik langs mekaar kan staan nie. Hulle is soos pole van magnete wat mekaar wegdryf. Wie is ons om te wil waag om hulle een woord te maak? Voorbarig?

“Ons weet dat die pad met kanker ‘n baie moeilike pad is. Dinge loop nooit glad nie, daar is altyd slegte nuus, altyd teenkanting, altyd teleurstelling, altyd uitdaging. So wie is ons om te verwag alles moet seepglad verloop. Wie is ons wat wil sê ons wil hoop verkondig en ons raak dikbek met die eerste teken van probleme!

“Ons storie word ‘n storie van HOOP. God wys dat Hy in beheer is, dat Hy steeds seën, dat Hy sal besluit oor weer en krag soos Hy goeddink. Moenie dink dat Hy nie skyn in donkerte of swak is as daar nie krag is nie!

“Jesus se opstanding en die hoop wat Hy daagliks bied, word verkondig – ‘n paar Jode, Moslems en Hindoes het ook hierdie aand die getuienis van ‘n nederige gemeente oor hul Lewende Here gehoor en gesien. Here, U is goed.

“Ons wil so gou moedeloos word.

“My gedagtes gaan uit na miljoene Christene wat daagliks in die vreeslikste omstandighede leef. Ek is tans besig om te leer van volharding en inspanning en opoffering en dissipelskap. Dis nie iets wat in ons kultuur groot is nie, en wat ‘n lui en afgewaterde Christenskap veroorsaak.  Dankie Here vir hierdie klein lessie. Help my om getrou te wees.

“Here, U is goed.”

 

Krisis van die tipiese Suid-Afrikaanse Familie

2011/05/25 by Danie Mouton No Comments »

Verreweg die meeste Suid-Afrikaanse kinders word in enkelouer-gesinne groot onder leiding van ’n moeder. Die meeste kinders word ook in huishoudings groot waar die ouers werkloos is. Faktore wat die gesins- en familielewe stempel is armoede, MIV-Vigs, die effekte van trekarbeid, geweld en misdaad, en die die apartheidserfenis van die land.

Talle kinders is wees. Dubbele weeskinders (wat albei ouers verloor het) tel in Sub-Sahara Afrika 9,1 miljoen, waarvan 5,2 miljoen (byna 60%) ten minste een ouers weens MIV-Vigs aan die dood afgestaan het. SA het 859,000 dubbele weeskinders, 2,4 miljoen kinders sonder ’n pa, en 624,000 kinders sonder ’n moeder.

Waarom word soveel meer kinders sonder ’n pa groot? Dit kan met geweld te doen hê (in 2007 was 87% van mense wat geweldadig gesterf het, mans). Verder word heelwat kinders groot sonder dat hulle ooit hul vaders ken.

3,95 miljoen kinders het teen 2008 een of albei ouers verloor, wat ’n toename sedert 2002 verteenwoordig. Weeskinders beleef ’n groter risiko om nie skool te gaan nie, te leef in huishoudings met veel laer voedselsekuriteit, en ly meer aan angs en depressie. Hulle is ook meer blootgestel aan die risiko van MIV-infektering. Hierdie risikofaktore is – bykomend – nóg groter as die enkelouer ’n pa is, eerder as ’n ma. Weduwees versorg hul kinders beter as wewenaars.

Wanneer die moeder van ’n kind van 0-3 jaar in SA sterf, het daardie kind ’n verhoogde risiko om binne ’n jaar ook te sterf. Kinders waarvan die moeder sterf, het ’n verhoogde risiko om nie skool te gaan nie, en voltooi minder jare van opvoeding en onderwys. Minder geld word aan hul opvoeding spandeer in vergelyking met kinders van wie die moeder leef.

Dit is bloot ’n mite dat kindertoelae jong meisies aanmoedig om kinders te hê. Data toon dat geboortes by jong moeders afneem, ten spyte van kindertoelaes.

Hierdie navorsing – en veel meer – is vervat in ’n verslag van die SA Instituut vir Rassevehoudinge wat op ons webblad beskikbaar is – lees dit gerus.

Die kerk en die familie

Die geïdealiseerde prentjie van die kerngesin – pa en ma, boeties en sussies – waarmee kerke graag werk, bestaan nie in die hoofstroom familielewe van Suid-Afrika nie. Tog fokus gemeentes op kerngesinne. Die vraag is dus hoe kerke die werklikhede van die land verreken in hulle bediening.

As gemeentes slegs goed-funksionerende verbondsgesinne in die visier het, en nie fokus op die insluiting van “onvolledige” gesinne in die skep van verbondsgemeenskap nie, mis ons die punt van die evangelie.

Die verslag wys op ’n duidelike behoefte aan ouerlike versorging van kinders. Gemeentes en gelowiges kan ’n geweldige rol speel om vaders en moeders vir kinders in die gemeenskap te wees. Om dit reg te kry, sal gemeentes lidmaat-gesentreerdheid moet afskaf, gemeenskappe betree en daadwerklike vertrouensverhoudings met kinders moet bou. Dit gaan almal iets kos. Vennote in hierdie proses is skole, welsynsorganisasies en agentskappe wat met wetstoepassing te doen het.

“It takes a village to raise a child.” Inderdaad.

 

Pray for Japan

2011/03/16 by Danie Mouton 1 Comment »

The crisis in Japan, due to the terrible earthquake, tsunami and expanding nuclear threat, touched many hearts.  The following prayers were published by sermons.com:

Prayer of Concern

Gracious God,
through your Son you have taught us
that nothing in life or in death
is able to separate us from your love.
Look in mercy on all
to whom great sorrow has come
at this time of natural disaster.
Help those who are injured,
support those who are dying.
Strengthen those who operate emergency services,
those who work for aid agencies,
all who channel relief to those in need,
those who labour to curb the spread of disease,
and those who keep open the lines of communication.
Console and protect
those who have lost loved ones
and the relatives and friends of those who are missing.
Give your light in darkness
to all who are near to despair,
and assure them that you hold all souls in life;
through Jesus Christ our risen Lord. Amen.

Prayers for all those affected

Lord, we pray not only for those whose lives have been darkened by disaster over recent days, but also for those whose faith has been shaken; for those who stand bewildered and fearful in the midst of tragedy; for the injured, the bereaved, and the destitute.

We commend to your grace all who are seeking to help and heal the injured, and to comfort and calm the bereaved.

From you alone can come the word that will lift them above their darkness. Answer, O Lord, the questions in their minds; and assure them that though disaster is not of your will, you are present with them in their suffering and sorrow, and can enable them to find purpose, hope and peace again. Amen.

Most merciful God, in the midst of natural disaster
we took to you in hope and trust,
acknowledging that there is much in life
beyond our present understanding.
Accept our compassion for the suffering;
bless those who working for their relief;
and show us what we can do to share in their task,
as servants of Jesus Christ our Lord. Amen.

Prayer for specific areas

God of the mountains and the seas, the awesome power of nature can be both a wonder as well as a source of tragedy. We cry out to you in this time of great need to the people affected by the earthquake and tsunami.

Almighty and everlasting God, comfort of the sad and strength to those who suffer: Let the prayers of your children who are in any trouble rise to you. We lift up to you the people of (list here the affected areas). For those who have lost loved ones, grant your peace; for those who seek shelter and food, grant your comfort; for those facing illness, grant your healing; for those whose lives have been shattered, grant your strength.

God of wisdom and strength, guide the hands of those who provide emergency relief. We entrust to you those who care for the bereaved, those with the gift of healing, those who carry the burdens of moving debris, and those who distribute much needed supplies. Hopeless as it may seem at times, their work is very important. Give them the endurance that is needed to continue in their good works.

God of all consolation, in the midst of things we do not understand, tragedy too great to comprehend, and grieving too heavy to bear, grant your peace. This is a time when we welcome your Word of hope born into our world. May that hope burn in our hearts.

 

Vyftien maniere waarop gemeentes skole kan ondersteun

2011/02/17 by Danie Mouton 2 Comments »

Onderwys is in ‘n krisis in Suid-Afrika.  Dit het met interne probleme te doen, maar ook met die verbrokkeling van die vesel van die gemeenskap.

Tydens ‘n ekumeniese gebedsgeleentheid  vir die onderwys in Port Elizabeth, het me NGI Bashman, hoof van die distrikskantoor van Onderwys in Uitenhage, die volgende wyses gedeel waarop gemeentes skole kan ondersteun:

1.  Neem ‘n skool aan

Gemeentes word aangemoedig om inisiatief te neem om ‘n nabygeleë skool aan te neem deur belangstelling te toon en vriendskapsbande te smee.  Die Onderwysdepartment en skoolhoof is vennote in die proses.  Gemeentes vermy beterweterigheid, en is eerstens ingestel op die smee van verhoudinge en die betoon van opregte belangstelling.

2.  Ondersteun huishoudings waar kinders in beheer is

Daar is talle huishoudings in talle gemeenskappe waar volwassenes afwesig is.  Die huishouding word deur kinders bestuur.  In sommige gevalle is die ouers oorlede, in ander gevalle weens ekonomiese of ander omstandighede afwesig.  Gemeentes kan help om hierdie verskynsel in gemeenskappe te oudit.  Hoeveel van hierdie huishoudings is daar, en hoe kan die gemeenskap mede-verantwoordelikheid neem om die lot van hierdie kinders te verlig?

3.  Verhoed kinderswangerskappe

Gemeenskappe moet doelgerig saamstaan teen kinderswangerskappe.  Gemeentes kan veral fokus op die bemagtiging van ouers om kinders te begelei rondom hul seksualiteit.

4.  Donasies

Gemeentes moedig ouers aan om nuttige items wat nie langer gebruik word nie, skool toe te neem.  Voorbeelde: ou skooluniforms, boeke, skoene, skryfbehoeftes.

5.  Neem kinders op in die skoolsisteem

Dit gebeur dat Graad 12-leerders druip en dan besluit om nie terug te gaan skool toe nie.  Daar is dikwels kinders van skoolgaande ouderdom in gemeenskappe wat nie in die skool is nie.  Hierdie kinders word nie toegerus vir ‘n produktiewe toekoms nie.  Gemeentes kan in vennootskap met die Onderwysdepartement sodanige leerders identifiseer en motiveer om skool toe te gaan.

6.  Verskaf informasie

Gemeentes kan ‘n opvoedingsmaand instel waartydens die Onderwysdepartement genooi word om informasie te kom deel.  Veranderings in die kurrikulum kan toegelig word, besonderhede oor bv. winterskool- of lenteskoolprogramme gedeel word, sportprogramme bekendgestel word, en selfs eksamentye gedeel word.  Die belangstelling van die gemeenskap in hierdie programme, en die motivering van leerders, kan ‘n beduidende verskil aan die funksionering van skole maak.

7.  Kommunikasie tussen die Departement en gemeentes

Die Onderwysdepartement het ‘n behoefte om gemeentes in te sluit in amptelike kommunikasie oor onderwysaangeleenthede.  Distrikskantore gee bv. jaarliks ‘n analise van eksamenuitslae van Graad 1 tot 12.  Predikante en gemeenteleiers kan dit in amptelike hoedanigheid bywoon, begrip en ‘n aanvoeling ontwikkel, en toegerus word om leiding aan gemeentes te gee oor betrokkenheid by die verbetering van onderwysresultate.

8.  Gee geleentheid vir huiswerk

Gemeentes word aangemoedig om hul fasiliteite op weeksmiddae beskikbaar te stel vir die leerders van die gemeenskap om huiswerk te kom doen.  Lidmate kan versoek word om per rooster toesig te hou.  Daar is baie huishoudings wat om verskeie redes nie aan leerders geleentheid vir studie kan bied nie.

9.  Berading

Gemeentes kan nooit genoeg doen in terme van familieberading en die versterking van gesinne nie.  Die meeste leerders kom uit gebroke of disfunksionele huise, selfs waar die ouers nie geskei is nie.  Hierdie sosiale onstabiliteit is ‘n ernstige struikelblok vir opvoedkundiges.

10.  Ondersteun die opvoeders

Gemeentes kan opvoeders op die volgende praktiese maniere ondersteun:

  • Stresbestuur
  • Begrotingsbestuur
  • Wellness-programme tesame met die hantering van portuurdruk
  • Gebedsondersteuning
  • Gesinsberading
  • Betrek opvoeders in singewende kerklike aktiwiteite
  • Motivering en die herstel van die waardigheid van die onderwysprofessie

11.  Gedragsmodifikasie

Ernstige probleme in leerdergedrag kom voor rondom sake soos dissipline, verslawing, sosiale aanpassing, en moraliteit.  Kerk en skool moet saam bemagtigende planne maak om hierdie sake aan te spreek.

12.  Tydige aansoeke

Gemeentes moet alles moontlik doen om ouers in September / Oktober van die vorige jaar aan te moedig om betyds aansoek om die toelating van hul kinders tot skole te doen.  Die begin van die akademiese skooljaar word dikwels vertraag omdat ouers laat aansoek om toelating doen.

13.  Gebed tydens sleutelmomente

Gebedsondersteuning vir skole rondom sleutelmomente op die akademiese kalender word benodig, bv in eksamentyd, die aanvang van skoolkwartale, e.s.m.

14.  Gestremde leerders

In sommige gemeenskappe steek ouers hul gestremde kinders tuis weg.  Kerke kan ‘n kultuur skep waarin dit veilig is vir ouers om hierdie kinders vir opvoeding en onderwys aan te meld.

15.  Databasis van vaardighede

Skole benodig van tyd tot tyd die dienste van persone met bepaalde vaardighede, bv vir herstelwerk, sekuriteit, toesighouding, e.s.m.  Gemeentes wat ‘n databank het van bv. werklose lede en hulle vaardighede kan skole help om toegang tot hierdie soort ondersteuning te kry.

Kerkrade kan hierdie lysie gerus deurwerk om te bepaal welke van hierdie strategieë deur die gemeente toegepas kan word.

 

Waar word jy vanjaar gebore?

2010/12/02 by Danie Mouton 1 Comment »

Gebore op die verkeerde plek?  Meeste van ons sou dalk in Sandton, of in ’n Londense ryksmansbuurt soos Kensington gebore wou word.  Dalk as lid van ’n beroemde koningsgesin?

Jesus is in Betlehem gebore, ’n geringe plekkie.  Nie in Jerusalem, die stad van konings nie, maar so 14 km van die koninklike teiken af, in die nederige Bethlehem.

Die Mfengu-stam, ’n Xhosa-groepering, is in die 18e eeu deur die Britse goewerneur in die Grensgebied “geplaas” (rondom Oos-Londen, King William’s Town, Stutterheim) as buffer tussen die Britse settlaars en die Xhosas.  Mfengu beteken “bedelaar”.  Ons ken hulle vandag as die Fingos.  Hulle was op verskeie maniere die slagoffers van die Zulus en die Xhosas, sommige sê hulle was Xhosa-slawe.

Die Mfengu is met Britse dwang na nuwe geboorteplekke verskuif.

Desmond Tutu is ‘n Mfengu. Hy kom dus uit ‘n baie lae gerekende stam. Sy krisis is dat hy boonop in die ou Transvaal gebore is. Jy word nog laer gereken as jy buite jou tradisionele stamgebied gebore is. So goed soos mense wat van Nasaret en Bethlehem kom.

Verkeerde stam, verkeerde geboorteplek.

Hoe leer sulke mense die Here dank vir die “plek” waar jy gebore is, en hoe ander bekeer word van die plek waar hulle gebore is (as dit Sandton, Houghton, Kensington of Stellenbosch is?). Hoe moet jy gered word uit jou stam, of bevry word van jou (sf)stam(ming)?

Max du Preez sê hy is in die Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Daarom is een van sy voorvaders – hy kies hulle – ook Moshoeshoe, die briljante Sotho opperhoof wat die Sotho deur vergifnis en die skep van sosiale gemeenskap tot ‘n nasie verenig het.

Dit laat my dink: kan ek ook vir my bykomende geboorteplekke kies? Dalk Bethelehem?  Kwazakehle?  Sharpeville?  Langa?  Robbeneiland?  Golgota?

En kan ek deur hierdie keuse die kersverhaal of Filippense 2 beliggaam? In navolging van Jesus?  Vra my geloofskeuse, wat God in my werk, om op Kopbeenplek en in die leë graf gebore te word, nie van my om oor en oor gebore te word, te identifiseer, met die plekke wat die Geneesheer deur my aanraak nie?

Waar gaan ek vanjaar gebore word?  Met wie gaan ek assossieer?  Onder wie se nood gaan ek my skouer plaas?

 

Al op die randte, in die kantlyne, ontplof die Christelike geloof

2010/11/03 by Danie Mouton 1 Comment »

“Die intense beplanning het toe nie die verwagte resultate opgelewer nie.  Die optimistiese voorspellings van waar, hoe en met watter strategieë die evangelie die wêreld sou verower, het nie so gerealiseer nie.”

Aan die woord is prof Scott Sunquist vandeesweek in Port Elizabeth oor die wêreldwye verspreiding van die Christelike geloof.  Hy het gepraat tydens ’n post-Lausanne gesprek oor die groei van die evangelie in die twintigste eeu.  Sunquist, ’n Presbiteriaan, beklee ’n leerstoel in World Christianity by die Pittsburgh Teologiese Seminarium in die VSA.

“Om die waarheid te sê, die beplanning is vér oortref,”vervolg Sunquist, “maar op plekke in die wêreld waar dit nie voorsien of verwag is nie.”

Sunquist verwys natuurlik na die wêreldwye sendingkonferensie in 1910 te Edinburgh.  Die sendingwêreld was optimisties dat die Christelike geloof beskawing sou bring na verskeie plekke in die wêreld.  Maar vir Afrika was daar nie veel hoop nie.  Trouens,uit Afrika was daar by Edinburg 1910 net een verteenwoordiger, en niemand uit Suid-Amerika nie.  Dit sou in die 20ste eeu twee van die kontinente word waar die Christelike geloof letterlik sou ontplof.  Ook in China en in lande soos Nepal was daar verrassende, nee verstommende, groei in die geloof.  Alles in die kantlyne, op die randte van kerklike beplanning en verwagting.

Dit leer ons dat die missie in die eerste plek God s’n is.  Die groei van geloof is ’n werk van God, waarby mense ingeskakel is, maar wat nie met menselike tegnologie vasgevang of geprojekteer kan word nie.

Scott is ’n katalogus van stories.  Hy het vertel van dramatiese bekerings van Moslems in verskeie lande, dikwels op grond van gesigte en drome, maar ook weens die oordra van die evangelie. Op baie plekke word mense, wat nie kan lees of skryf nie, met merwaardige resultate bereik bloot deur Bybelverhale te vertel.

….Sy voordrag het groot belangstelling in PE ontlok.  Predikante en sendelinge van alle denominasies en groepering het dit bygewoon.  Daar was lewendige diskussie, ook informeel met dié wellewende, dinamiese professor.

Scott Sunquist se lesing is op ons webblad beskikbaar – klik hier.

 

Gesprek as kragtige middel om gemeentekultuur te vorm

2010/10/28 by Danie Mouton No Comments »

Anthony Robinson is bekend vir sy uitstekende boek uit 2003, Transforming Congregational Culture. Dié boek het baie predikante baie gehelp.

Robinson deel nou die nuutste ontwikkeling in sy denke oor leierskap en die transformasie van gemeentelike kultuur op ’n baie praktiese manier in sy nuwe boek: Changing the Conversation, a third way for congregations (Eerdmans).

Verlede jaar met die Wêreldsokkerbeker het sommige predikante – moedeloos – gesê dat hul gemeentes se kultuur nie gemeenskapsbetrokkenheid toelaat nie.  Mense in magtige leiersposisies in die gemeente hou by die tradisionele game plan en sien nie enige noodsaak om iets nuuts te doen en uit te reik na die gemeenskap nie.

Robinson help ons verstaan dat ons nie die slagoffers van ons gemeentelike kultuur is nie, maar dat ons op ’n sinvolle manier kan help vorm gee aan ’n nuwe kultuur wat op ’n organiese manier uit die beste van die bestaande kultuur groei.

Sy uitgangspunt is dat die verandering van ’n instelling se kultuur bestaan uit die aanpassing van die basiese gesprek wat gevoer word.  Diegene wat die verandering lei, ontdek nuwe taal, of herontdek ouer taal, lei nuwe gesprekstemas in, formuleer nuwe agendas, en bied alternatiewe maniere aan om sake, kwessies en probleme te verstaan.

Tien aspekte

Die tien aspekte of gesprekke, as jy wil, wat in gemeentes aandag moet kry, is volgens hom die volgende:

It’s not about you – dit gaan oor die groter kultuur en konteks;

And yet … It is about you – ons moet self ook vanuit ’n ontmoeting met Christus leer watter reaksie Christus van ons vra op ons omstandighede;

A New Heart – hierdie hoofstuk behandel die noodsaak van bekering in gemeentes, ook op die vlak van die gemeenskap van gelowiges – gemeentes moet hulself bekeer (voortdurend);

Who shall lead them – ’n stewige hoofstuk oor optimale gemeentelike leierskap;

Why are we here? ’n Skitterende hoofstuk oor doel of roeping en die rol daarvan in gemeentes;

Write the vision;

Let’s get (less) organised! – Nog ’n stewige hoofstuk oor gemeentelike leierskap;

The Church and the public sphere;

*  Death and resurrection;

Where do we start?

 

Schrikke Rivier, my favourite place

2010/09/09 by Danie Mouton No Comments »

Daar is plekke vir elkeen van ons waar die hart en gemoed behoorlik tuis kom en op ‘n unieke manier rus vind.  Die plaas Schrikke Rivier is vir ds Barnard Steyn so ‘n plek. Dié plaas is die tuiste van sy vriend, die kunstenaar Martin Wessels.  In die volgende paragrawe  skryf Barnard ‘n inleiding vir Martin se seun, Tristan-Valodia, se beskrywing van sy gunsteling plek:

Die twee spore na die plaas Schrikke Rivier in die Kouga-berge is ’n dubbeldoor-paadjie: ’n weg vol hindernisse wat voorkeer; en ’n skatkis met beloftes wat die reisiger nader lok. By elke skurwe drif word voete versigtig in die koue bergstroom gesteek wat, terselfdertyd, herinner aan die lafenis van koel waterpoele stroom-op. Taaibostakke hang oor die kronkel-paadjie soos ’n sluier en lyk of dit ’n interessante geheim bewaar. Hekke staan vierkantig dwars in die pad en, net daar, oorrompel die skerp ruik van kerriebos jou. Waar spoelklippe die rit op sy hobbelrigste maak, gaap die bek van die antieke San-mense se beskilderde grot. Oplettende besoekers word in ’n sagte stem genooi om kontak te maak met oer-tye. Kerriebos of “Impepho” is die eerste bewoners se seremoniële wierook. Hier het hulle dekades lank na koue sterre daar bo gestaar en die konstelasies om warm vure tot mitologiese verhale omgetower. Vir hulle was die rivier, lig-groen uitgemerk deur vaderlandswilgers wat bankvas op die oewers staan, ’n heilige lewensaar.

Op Schrikke Rivier heers ’n teenwoordigheid wat soos ’n sagte gewig op die aarde rus. ’n Teenwoordigheid wat jou bedagsaam maak vir stemme uit die ou verlede; vir die ligte by nag en die lig by dag; vir wisselende seisoene; vir stilte en fluistering en dawerende donder; vir snerpende koue en vurige hitte; vir droogte en water uit die fonteine en uit die hemel se sluise; vir boekette veldblomme en kruie se reuke en kleure-palet.

Die landheer se seun, Tristan Valodia-Wessel, is ’n tiener-boskind wat soos die oorspronklike bewoners die fyn nuases van sy gunsteling-plek eerstehands waardeer en dan droom en werklikheid omroer en daaroor skryf ….

“The stars, like myriad diamonds …..”

Tot sover Barnard.

Swempoel op Schrikke Rivier

A Description of My Favourite Place

The stars, like myriad diamonds strewn over the velvet sky; a thousand shimmering eyes on an ebony ocean. Then, with infinite silence, the moon rises, casting its light over the silently calling mountainsides. The world turns to misty silver and silent shadows, then the wind blows like the gasping breaths of sorrow. As though in a dream the moonlit fields away; a silver sea; solid, yet a dream.

The world silently waits as the cold, biting air lies like a weight on the land. Slowly the east lights with cold blue; that silent, forlorn hue. The last clouds hug the mountaintops, as though they wish to linger on. With slow patience the sun draws close. The sky bleeds the crimson of blood fading into the infinite sky. Then a pause.   Will dawn ever come?  Yes, and she does, rising shrouded in light. The world dings; the word awakens. The river, once of liquid silver, now of burning red, yet, on the sun climbs. Yonder the river, now a shimmering gold, rushes; rushes by to the distant sea.

The burning heat; every thing is borne down by the heat-laden wind. All is subdued and tired, but in the east laden clouds rumble with fiery lightning. The clouds fill the sky. The river now a smudge of ominous grey. The heat has departed, leaving the fresh-tasting air. Then, the still before the storm. A bird cries, lonely, from its perch. The skies open, letting down their tears. The sky thunders as though giants fight in the heavens. Spears of lightning split the air, but still those tears of heavenly joy fall. The thirsty land opens, drinking gluttonously the heaven sent abundance. But still it falls, amongst the thunder and the lightning; the crashes, the thunderous explosions. Streams babble and rush. Waters filled with dark ochre mud rush like a severed vein. Then, slowly, the world moves on.

As dusk falls below the silent skies, the world stand silent, save the bird’s cry. Then, as darkness sets in, and once again the world’s a silver sea, I must ask why has a mortal like me been blessed to see such perfect beauty?

Tristan Valodia-Wessels