RSS Feed

Archive for February, 2010

Park Avenue : Vreemdelinge word Vriende

2010/02/28 by Danie Mouton No Comments »

Stel jou die volgende voor: ‘n middelklas, wit Amerikaanse voorstad waar Afro-Amerikaners in toenemende getalle begin woon. Bendes raak meer aktief in die omgewing, en die woonbuurt verloor sy tradisionele karakter. ‘n Beduidende aantal inwoners, en lidmate van die gemeente, verskuif na ander woonbuurte. Hulle stel dan voor dat die gemeente sy gebou verkoop, en self skuif na ‘n ander woonbuurt. Die leiers besin daaroor en roep ‘n stemming in die gemeente uit: bly ons, of gly ons?  Met ‘n klein meerderheid word besluit om te bly. Onmiddellik bedank sowat 30% van die lidmate en verskuif hul lidmaatskap na ander gemeentes in hul nuwe omgewings. Die getraumatiseerde gemeente rig haarself nou meer intensioneel op die veranderde omgewing. ‘n Jeugpredikant begin kontemporêre, publieke musiekuitvoerings (dis nie halleluja’s en metodiste koortjies nie) op die kerk se parkeerterrein vir die gemeenskap aanbied. Jongmense kom. Hulle ouers kom. Gemeente en gemeenskap maak vriende, en meer en meer Afro-Amerikaners sluit by die gemeente aan.  Die gemeente reik ook uit na die bendes en ander nood, veral die tipiese nood of behoeftes van nuwelinge in ‘n gemeenskap.

Resultaat

Die resultaat is ‘n multi-kullturele gemeente van formaat.

Hierdie is die verhaal van die Park Avenue Metodiste-Gemeente in Minneapolis, in die staat Minnesota, VSA. Die verhaal speel in die sestiger- en sewentigerjare af. Sedertdien het die gemeente ‘n baken geword waar vreemdelinge vriende word en mense ingeskakel word in egte, lewensveranderende gemeenskap oor ook hierdie soort grense heen.

Die demografiese vloeibaarheid van die omgewing duur voort. In die afgelope dekade het baie Spaans-sprekendes in die gebied kom woon. Die senior leraar het in reaksie hierop Spaans geleer – onder andere in Suid-Amerika gaan woon vir ‘n paar maande – sodat die gemeente effektief kan uitreik na die nuwelinge. ‘n Derde, hoofsaaklik Spaanse, oggenddiens is begin.  Die Spaans-sprekendes wil natuurlik ook graag hul Engels  verbeter, sodat die erediens nie eksklusief Spaans is nie. Baie van hierdie persone verkies ook om die gewone, Engelse eredienste by te woon.

Ek het die gemeente in 2003 die eerste keer besoek, en weer in 2009. Daar is nou ‘n nuwe senior leraar, ‘n Afro-Amerikaner. Die erediens word deur mense van alle denkabre groeperinge bygewoon.  Juis vanweë die karakter van uitreik na nuwelinge, beskik hierdie gemeente net oor die ongelooflike vermoë om vreemdelinge welkom te laat voel – en ons het dit nou weer beleef. Die leierspan verteenwoordig die diversiteit waarheen hulle mik. Die predikantespan het lede uit die blanke, Afro-Amerikaanse en Spaanse gemeenskappe. Engels en Spaans word gebruik – die voorbidding is bv in Spaans gedoen. Tydens die erediens word van jongmense, oumense en ander lidmate gebruik gemaak om voorbidding te doen, die Skrifgedeelte voor te lees, ensovoorts.  Die diversiteit is voortdurend sigbaar en die eenheid in die verskeidenheid ooglopend. Dit beteken dat jyself, met die diversiteit wat jy bring, baie maklik deel word van die handelinge.

Ek het ‘n ander dinge raakgesien wat my diep geraak het:

Die rol van voorbidding vir egte lewensituasies

Tydens ons besoek het die Red River in die staat Noord-Dakota, noord-wes van Minneapolis sy walle oorstroom. In die erediens is daar indringend vir die situasie voorbidding gedoen. ‘n Aantal lidmate het gaan help om sandsakke te pak, sodat die gemeente eerstehandse terugvoer oor die situasie gehad het. Die indringende en egte petisie vir God se hulp was opvallend. Die gemeente het die gebruik dat enigiemand wat iemand anders, of ‘n bepaalde situasie, aan die Here wil opdra op ‘n stadium voor in die kerk kom kniel terwyl daar in die groot groep voorbidding gedoen word. Jy kan gaan om, sê, jou nefie wat aan dwelmmiddels verslaaf is, aan die Here te gaan opdra.  Terwyl die voorganger in die algemeen bid, kan jy jou eie gebede daarby invoeg. Die konneksie wat hierdie simbolies daad skep tussen God, lewe, en die priesterlike intrede van die geloofsgemeenskap by God, is lewensveranderend. Die gebede word ook nie met ‘n morele meerderwaardgheid (“dat sondaars sal regkom”) gedoen nie, maar as ‘n kreet uit die hart vir God se genadige ingrype. Mens en hul nood word ernstig geneem.

Die menslikheid van die teologie

Reeds in Suid-Afrika het dit my al opgeval hoe menslik Metodiste in hul teologie dink – en ek bedoel dit BAIE positief. Die manier van praat oor Christus is nie net ‘n verhewe Christus van bo nie, maar veral ook ‘n Christus van onder, ‘n Christus as egte mens, Een wat verstaan wat dit beteken om mens te wees, Een wat weet wat onder ons velle aangaan.  Tydens die preek in Park Avenue was hierdie perspektief deurslaggewend. Die dominee het vertel hoe Jesus gaan sit en rus het toe hy moeg was (Joh 4).  “Ek is ook nou moeg”, sê die dominee, “en daarom gaan ek ook nou sit”.  Hy vertel hoekom hy moeg is, en ons dink almal aan ons eie moegheid.

Meteens het ons almal toestemming om moeg te wees. Ons mag maar sê ons het nie energie nie, ons vind dit moeilik om die Here te dien en altyd te doen wat reg is – ook omdat ons energie op is. Die taal en operasionele teologie maak dit vir ons moontlik om ons broosheid te toon. En ons vat dit na die Here toe, en vra sy hulp.  Die menslikheid verdring God nie, maar konnekteer ons met die Here.

Die erediens is deurspek daarvan:  ons mag maar gebroke wees, dit nie maak nie, voortdurend beskaamd voel oor ons eie tekortkominge. Jesus neem ons skande weg, en daarom kan ons ons skande eien en daaroor praat.  Die dominee preek daaroor dat God juis by uitstek inisiatief neem om ons op te soek en ons vas te hou. “Meeste van julle ken my storie”, sê Hy, “julle weet in watter moeras ek was en hoe God my bly opsoek het en my uiteindelik opgetel het.  Ek wil dit nooit vergeet nie, want dit herinner my: ek moet ook só wees, soos Jesus – bly opsoek en bly optel.  God nooi julle uit om ook so te wees.”

Na my mening is die verhewenheid van ons eie teologiese perspektiewe oor Christus ‘n groot struikelblok in ons konneksie met mense waar hulle is. Ons moet ‘n slag weer die Hebreërbrief se Christologie ernstig neem.  Die Een wat opgewek is anderkant die dood en verhef is tot die Regterhand van God, en nou die leisels van die wêreld vashou, is óók ‘n mens, nou nog, en tree in vir ons by die Vader.
Waar dit in ‘n erediens beliggaam word, het dit ‘n kragtige uitwerking.

Die deelname van lidmate

Die erediens was deurspek van die deelname van lidmate. Die lofprysing is deur die aanbiddingsleier en koor gelei. Die wydingsgebed na die dankoffers deur ‘n jong lidmaat. ‘n Klein dogtertjie het ‘n lied saam met die koor gesing. Die voorbidding is deur ‘n Spaanssprekende en Engelsprekende lidmaat-paar gelei. Die afkondigings is deur ‘n paar lidmate hanteer. Die teks is deur iemand anders voorgelees.  Hierdie is diverse mense – wit, swart, bruin.  Die erediens bly voortdurend vars, interessant en inklusief: gasvry en verwelkomend.

(Hierdie bydrae het aanvanklik in OosKaap eNuus verskyn.)

 

Van onmagtig na bemagtig

2010/02/27 by Danie Mouton 1 Comment »

Onderweg na gestuurdheid

Gemeentes wil graag hul gestuurde roeping uitleef.  Baie leraars en lidmate weet die kerk is geroep vir ‘n publieke bediening waar die gemeente ‘n verskil in haar omgewing maak. Daar is twee belangrike bewegings waaraan gemeentes  op hierdie reis aandag moet gee:

  • Die beweging van onbewus na bewus;
  • Die beweging van onmagtig na bemagtig.

Hierdie bewegings was die tema van ‘n skitterende werkswinkel oor diversiteit wat Elize Morkel en Nelis Janse van Rensburg vandeesweek in PE aangebied het. Persoonlik het hulle my gehelp om fokus en ‘n greep op uitdagings vir gemeente te kry wat van besondere waarde is.  Ek verwerk hulle insigte om dit van toepassing op die geestelike reis van gemeentes te maak:

Bewus en onbewus, onmagtig en bemagtig

Die verhouding tussen hierdie twee polariteite of skale kan as kwadrante van ‘n vierkant uitgedruk word:

In kwadrant 4 is die gemeente besig met die bekende, tradisionele bediening.  Die doel is om die gemeentelike bediening baie effektief in stand te hou, of selfs te vernuwe, maar steeds binne die grense van die bekende ruimte van “ons” samesyn (die kring van bestaande lidmate). Die gemeente dink nie bewustelik na oor die gemeenskap, of oor siekte en nood in die omgewing nie.  Baie middelklas lidmate en leiers weet nie regte van die geweldige nood op hul voorstoep nie, of weet daarvan maar bring dit nie in verband met die Here of geloof in die Here, en die Here se roeping vir ons nie. Almal is onbewus van nood, disoriëntasie, die lewe anderkant die grense wat vir julle bekend is.  Die gemeente is onbewus en onmagtig.

Kwadrant 2 is waarskynlik die posisie van verreweg die meerderheid NG gemeentes.  Alles wat van kwadrant 4 gesê is, is hier waar. Die werklikheid is dat die gemeente relatief voorspoedig is, die lidmate is mense met kapitaal, reserwes, geleerdheid, wysheid, lewenservaring, mense met besighede, motors, faksmasjiene, of ‘n gemeente met ‘n kerkgebou, aksies e.s.m.  Daar is baie potensiaal, maar dit word nie in belang van die omgewing aangewend nie, omdat die omgewing nie bewustelik verken word, of nie doelgerig in verband gebring word met God, geloof, gemeente en gemeentelike roeping nie.

In kwadrant 3, bewus maar onmagtig, het die gemeente grense oorgesteek, en bewus geword van nood in die omgewing.  Niemand weet egter hoe om die nood aan te spreek nie.  Die behoeftes lyk trouens oorweldigend.  Dink aan die groot hoeveelheid armes in die plakkerskamp, terwyl die gemeente se bronne beperk is.  Of die werklikheid van verkragting, gesinsgeweld, of drank- en dwelmmisbruik.  Hoe gaan ons gemeente ooit ‘n verskil aan die MIV/Vigs-uitdagings maak?  Hierdie is ‘n baie pynlike posisie om jouself in te bevind.

Nog ‘n voorbeeld: gemeentes en leraars ervaar hoe die invloed wat hulle in die samelewing het voortdurend kwyn.  Dink aan die respek wat die gemeenskap vroeër vir predikante gehad het.  Dit is weg.  Baie dominees het rondom die The Ultimate Goal-projek, waar gemeentes gevra is om gemeenskapskomitees op dreef te kry, gesê dat hulle dit nie sal kan doen nie.  Hulle is of voel gemarginaliseerd en sonder invloed.  Dieselfde geld gemeentes en die invloed van die kerk oor die algemeen Waarom is dit so?  Watter kragte is aan die werk wat gemeentes, leraars en ander leiers marginaliseer? Hoe gaan ons ‘n verskil maak?  Dit, terwyl baie lidmate ook nie regtig kans sien om uit hul gemaksone te beweeg nie.

Hierdie verlies aan invloed verteenwoordig ‘n groeiende bewussyn by baie kerkmense.  Hoe meer leiers hiervan bewus word, hoe meer kan hul onmagtig voel om sinvol op die Here roeping vir die gemeente te reageer.  Hulle voel hulself as die gevangenes van ‘n onmagtige en onwillige sisteem.

Kwadrant 1 is die posisie wat indiwidue en gemeentes inneem wanneer hulle met uitdagings geworstel het en nuwe weë ontdek het om dit aan te spreek. Hier word ‘n gemeenskaplike roeping om ‘n verskil gemaak geïntegreer met toepaslike planne en aksies wat inderdaad ‘n verskil maak.  Hierdie is die ruimte vir bemagtigde response.

Doelbewuste beweging

Gestuurde gemeentes is voortdurend besig met (1) beweging van onbewus na bewus en (2) beweging van onmagtig na bemagtig.

Dit is gemeentes wat doelgerigte aksie neem om ‘n groter gemeenskapsbewussyn te kweek, en ook voortdurend hul kapasiteit bou om effektief te reageer op die nood van die gemeenskap.

Twee belangrike vaardighede op hierdie reis is:

  • Plons as strategie om te beweeg van onbewus na bewus;
  • Die ontwikkeling van bemagtigde response in oorleg met die gemeenskap na wie uitgereik word as toepaslike strategie om die genesing van die Here in die gemeenskapslewe in te weef.

Lees ook meer oor plons as strategie.  Dit is ‘n voordrag wat ek voor die SA Missionêre Werkgemeenskap gelewer het op 17 Januarie 2010.

In ‘n volgende bydrae skryf ek oor bemagtigde response.


 

To Plunge : Congregations crossing Boundaries

by Danie Mouton 4 Comments »

TO PLUNGE …
WHEN CONGREGATIONS CROSS THEIR BOUNDARIES

Danie Mouton
Bloemfontein
Paper read at the meeting of the SA Missionary Society on 2010-01-17, Bloemfontein

Plunging as missional strategy embodies what Henry Nouwen calls missional presence:

Missional Presence

More and more, the desire grows in me simply to walk around, greet people, enter their homes, sit on their doorsteps, play ball, throw water, and be known as someone who wants to live with them. It is a privilege to have the time to practice this simple ministry of presence. Still, it is not as simple as it seems. My own desire to be useful, to do something significant, or to be part of some impressive project is so strong that soon my time is taken up by meetings, conferences, study groups, and workshops that prevent me from walking the streets. It is difficult not to have plans, not to organize people around an urgent cause, and not to feel that you are working directly for social progress. But I wonder more and more if the first thing shouldn’t be to know people by name, to eat and drink with them, to listen to their stories and tell your own, and to let them know with words, handshakes, and hugs that you do not simply like them, but truly love them.

–  Henri Nouwen

1.    INTRODUCTION

Plunging, as strategy of the SA Partnership of Missional Congregations, is an example of a South African innovation in the process originally proposed to us by the Church Innovations Institute.  It intentionally builds the capacity of congregations to cross boundaries, or – more exactly – to discern the way in which God is already busy guiding them to those outside the current sphere of community.  Plunging takes place in Phase 2, the engagement-phase, although it is meant to become a lifestyle for congregations.

2.    LUKE 10 : CALLED AND SENT

Luke 10 verses 1 to 12 plays an important role in congregations sharing in the journey proposed by the SAPMC. The passage profoundly shapes their Christian imagination.  By means of Dwelling in the Word, that is an extended discourse in the world in front of the text over an extended period of time (Ricoeur), this text creates a world of new missional meaning and possibilities for congregations.

In the first verses of Luke 10 Jesus calls a number of disciples together and sends them two by two, ahead of Him, to every town and place where he was about to go on his journey from Galilee to Judea.  They are made vulnerable by the Lord’s instructions: no purse, no bag, no sandals.  They go intentionally in complete dependence on the hospitality of those they are sent to.  The task is to join people in their daily lives, to work shoulder to shoulder with them, to share peace, to heal the sick. That is wherever they are welcomed.  They form new community in the Name of Christ.  In this way they participate in the mission of Jesus, the One that was sent by the Father and empowered by the Holy Spirit.  In this way the Kingdom of God is made manifest, even where the disciples and the peace are rejected.

This communal missional imagination empowers congregations to develop a missional understanding of the Scriptures, which will gradually change and re-shape the culture in the congregation.  Those currently outside the congregational community will become more and more important.

Soon congregations will ask: But to whom is Jesus sending us?  Which part of the harvest was prepared in advance by the Father and the Spirit to whom Jesus is sending us, his body, now?

3.    WHAT IS PLUNGING?

Plunging refers to the capacity to cross the congregation’s cultural boundaries, which includes conceptual and geographical boundaries.  It is a way of extending the peace by deliberately moving outside the current sphere of community, to form new community.  The primary agent is the triune God, who sends God’s congregation.  In order to obey this call the capacity to plunge needs to be built in the congregational life.

On the SAPMC journey congregations will discern communities to plunge into, to discover if the peace is accepted.  They will use their experience to discover to whom God is sending them.

4.    PLUNGING AND CULTURE

A few remarks about culture:  culture refers to a set of shared attitudes, values, goals, and practices that characterizes an institution, organization or group.  We all take part in, and are part of culture, and e.g. all churches are cultural institutions. They are governed by this shared sense of what it is all about.

It is often said that culture is like air to a human being, or water to a fish.  Fish are actually not aware that they are surrounded by water.  Water is just there, water is the way things are around here, it is accepted as an invisible part of life.  But take a fish out of water, place it in fresh air, bring it to other possibilities, and the cultural shock is very concretely and immediately there.

A plunge is to deliberately move from the context of your dominant culture to another culture.  It is like a human being plunging into water and moving around in water.  Suddenly everything changes.  Your weight change in the water, movement is different, you need to use your muscles differently, strengths on land, may become weaknesses in water, etc.

Our culture is often blind to other possibility, it is often a closed system where we cannot imagine other ways of being and doing, which make it very threatening for us to jump into the murky water of groups we do not feel comfortable with.  This activity needs to be conducted in the safe space of a shared journey, wisdom and experience.  Hence congregations are clustered in the partnership.

5.    THE LOGIC BEHIND PLUNGING : WHY PLUNGE?

5.1  To re-connect with our context and with God’s actions, and to be refreshed and re-energised

In the Reformed tradition, as is the case with many mainline churches (old or more traditional churches), reality is defined for us by our theological convictions.  We fit our theology likes glasses or lenses to our eyes and we see what our lenses permit us to bring into focus.

We are being taught that God speaks to us only through the Word, and specifically the Word as it is preached to us by well trained theologians or pastors.  In their sermons they (we, us) keep our understanding of the world, with its many cultural groupings (that is groups with a particular way of life, not only ethnic groups) intact.

That disconnects us with the world in which Father, Son and Holy Spirit are active agents, bringing healing and restoration to.  We can re-connect with God’s actions by dwelling, plunging in our world.

It reminds me of the inner-city congregation in Port Elizabeth which started to distribute Bibles to people form other nationalities living in the downtown area. They were welcomed by these people, friendships grew, the outsiders started to attend church services.  A complicated set of circumstances and leadership challenges grew out of this initiative, with conflict amongst members too, but the congregation feels alive, in tune with God’s mission, and energised in a way you could not imagine a short while ago.

If we take the cross-cultural movement, and the serial nature of Christian expansion (Andrew Walls, Lamin Sanneh) seriously, the importance of an embedded communal lifestyle of plunging becomes evident.

5.2  To grow in our teachability

Within our boundaries we have our ways of describing our world and our set ideas about what is going on.

Once we move beyond our boundaries, once we plunge, we experience a different reality.  Suddenly our ideas become problematic – we realise that we do not understand, that we need to be taught how to minister in realities that are vastly different from our presuppositions.

When God sends us to another group, we better learn out of personal experience about that group, we need to connect with them in spaces in which we are not in control of the situation, in order for us to learn.

We often learn what the Gospel is all about.  We may enter a culture thinking we know what the Gospel can offer people.  But as we see, learn, and grow we often grow in our own understanding of the Gospel and about God’s agenda in the world.

5.3  To become aware of our own invisible walls, which keep people out

Your own culture is like air, or like water to a fish, it is not visible to you.  The walls, habits, customs, values, and rituals created by your culture are not visible to you, but it is real, it is there, and it is keeping others out.

A few examples:

•      The role of silence in the church – for us silence may be holy, for people with small kids, or youngsters, the silence may be threatening;

•      Assumptions about proper dressing, proper language, proper greeting; etc.

5.4  To form new community (the Gospel of Plunging)

If being missional is about forming new community, and welcoming the people to whom you are sent into community, and it is, then plunging is the way to go.  The desire behind plunging is to be taken up into new community.

5.5  To form a bridge community that will be able to guide our ministry forward

We do not know how to minster to those to whom we are being sent.  Therefore we need to learn together with them how to minister to them, and how to receive ministry from them.  By plunging into communities the invaluable bridge communities are formed that guide us forward.

6.    THE GOSPEL AND PLUNGING

6.1  The plot of the gospel

According to Luke 10 the peace of Jesus is extended by strangers entering a world, a city, a place, a house, where a harvest has been prepared in advance by the Father and the Holy Spirit.

The plot of the Gospel is the Holy Community, the Holy Trinity, sending the Son as a stranger into the world to bring us into communion with God.  We partake in that mission when we are taken up into this ever expanding search of God to extend this communion.

To plunge is therefore at the heart of the Gospel.  When Jesus originally sent the first disciples into the world my forebears were living in Europe, far from God.  It was by plunging, and plunging, stretching over centuries, that new community was formed.  Some of those Christians came to Africa, as strangers, and brought the gospel here (unfortunately often with their theological and ecclesiological baggage, with a purse).

That dynamic repeats itself over and over as we take part in the dynamic crossing of boundaries wherever we are.

6.2  Taming the gospel?

We can tame the gospel by institutionalising it, by making it our way of caring for existing members.  It often happens in congregations.  You can use the gospel to run a congregation in the interest of the congregation.  We e.g. exchange the dynamic character of the gospel for the idol of exclusive mutual care for existing members.  Mutual, Christian care is part and parcel of the gospel.  But it is not the whole gospel.

The danger is that we may use the gospel to further the church’s institutional interests by changing it into a way of caring for one another.

It reminds me of our dog, a Belgian Shepherd, called Zoë.  She looks like a wolf – to some extend – but she is domesticated, tame.  We may domesticate the gospel, which turns the gospel into pseudo-good news to those fortunate enough to be included in or company.  By plunging we re-connect to the wild gospel, the gospel that never respects any border or boundary, but sweeps us into companionship with strangers, in order for us to meet God.

7.    THE BIGGER PICTURE OF PLUNGING

As a way of taking up ministry, plunging is part of a way is understanding that is vastly different from the traditional way we do theology and practise ministry.

We are trained to work with a theory – application model.  You need to see the truth, you need to have a good theory about ministry, and then you apply it.  You have a vision of the “true”, ideal church, and then you do “true church” at ground level.

This philosophical approach goes back over centuries and is deeply rooted in Western thought.  It reminds me of the metaphor the Greek philosopher Plato, used in his Republic-dialogue, likening us to prisoners being chained in a cave.  Behind us people are carrying stuff around, and a big fire is burning in the mouth of the cave.  We see only shadows against the walls of the cave, and we take the shadows for reality.  We need to be released from our chains, we need to walk in the light to see the real truth, in order for us to apply truth, in this case in the governance of the city.

It is first about theoretical seeing, and then applying it.  This model is the death in the pot for missional ministry.  It is this model that isolates us from real, vibrating, pulsing life, and which isolates us from God in our midst.  The active, triune Fellowship becomes a philosophical or theological construct.

Plunging is part of a model of doing ministry that we may call an emergent model.  In an emergent model, the rhythm is doing – reflecting – doing – reflecting.  It is dwelling in the world (plunging) and reflecting (dwelling in the Word).  It is about the Christian community seeking for God’s guidance by reflecting with the Word in one hand and the world (community) God is sending us to in the other hand, reflecting about our Christian identity and God’s preferred future for us.  And then to follow God into that unchartered future, while we keep on doing and reflecting.

In this model mistakes are important.  We need to give one another permission to take the risk of making mistakes.  By reflecting on our mistakes, we grow, and we learn.

Welcome to the dynamic, adventurous world of plunging!

 

Richard Osmer oor leierskap in gemeentes

2010/02/22 by Danie Mouton 2 Comments »

Op ‘n verrassende manier is Richard Osmer se onlangse boek, Practical Theology, An Introduction (2008), ook van besondere betekenis vir die gemeentedominee. Osmer is professor by die Princeton Teologiese Seminarium en bekend vir sy publikasies oor lering in gemeentes, soos A Teachable Spirit en The Teaching Ministry of Congregations.

Vier take

Hy beskryf die vier take van Praktiese Teologie op só ‘n manier dat mens net weet: dit is ook jou taak, die hele leierskap se taak, in die gemeente.  Osmer praat doelbewus van “congregational leadership” waarin hy nie net met predikante rekening wil hou nie.

Na aanleiding van konflik in sy eerste gemeente rondom aanpassings op die terrein van die kerkgebou, verduidelik hy dat die teologiese take die volgende is:

  1. Priesterlike luister :
    “What is going on in this situation?”. Hierdie is die beskrywend-empiriese taak. Hoe verstaan en interpreteer ons in die gemeente hoe dinge in mekaar steek. Dit kan geskied rondom ‘n episode in die gemeentegeskiedenis, of vanweë ‘n situasie wat ontwikkel het, of na aanleiding van die konteks.
  2. Interpretasie (wysheid) :
    “Why is this going on?” Hierdie is die interpreterende taak waar deur middel van verskillende interpreterende lense gevra word na die dinamika van die gebeure.
  3. Normatiewe taak :
    “What ought to be going on?”. Hier is profetiese onderskeiding nodig wanneer oor die geïnterpreteerde praktyke gepraat word.
  4. Praktiese taak – dienende leierskap :
    “How might we respond?”. Hoe kan ons lei op ‘n manier wat getrou aan die evangelie en effektief is?

Gemeenteleiers as interpreterende gidse

Osmer werk met Charles Gerkin se konsep van die pastor as interpreterende gids. Die pastor het in die moderne wêreld sy outoritêre, hiërargiese gesag en dus sy “reg om gehoor te word” verloor. Dit open egter die moontlikheid dat die pastor meer in kontak met die leefwêreld van mense kan kom, in die vel van die konteks kan inklim, en saam met lidmate op reis kan gaan. Saam gaan hulle na ‘n nuwe landskap, verken dit, interpreteer dit en maak sin daarvan. In hierdie benadering word interpretasie die sentrale taak – soos beliggaam in die vier take wat hy identifiseer.

Osmer skryf oor mense as interpreterende wesens, en praat oor die spiritualiteit van gemeentelike leiers wat op ‘n toepaslike manier begelei deur dialoog tussen die leefwêreld en die normatiewe bronne van die Christelike geloof begelei. Hy doen dit op ‘n werklik verhelderende wyse.

Taak 1 : Priesterlike luister

Die eerste taak, priesterlike luister, verg ‘n “spirituality of presence” van leiers. Vir leiers beteken dit om aandag te gee aan ander in hul spesifieke uniekheid en andersheid in die teenwoordigheid van God. Die sleutelwoord is “attending” – wat bou op die Heilige Gees se gemeenskapsvormende teenwoordigheid in mense se lewens.

Die vorming van nuwe gemeenskap veronderstel priesterlike luister. Hierdie soort luister is nie net ‘n leierskapstaak nie, maar die werk van die hele gemeente. Natuurlik is dit ook ‘n leierskapstaak. Wanneer ons bid, bid ons nie net oor of vir mense nie, maar tree namens hulle by God in – wat luister veronderstel. Wanneer gepreek word, word die teks in verband gebring met die konkrete spesifiekheid van die leefwêreld, wat luister veronderstel.

Daar is ‘n kontinuum van luister en aandag gee – van informele tot formele luister of ondersoek. Hy moedig alle vorme aan – van ‘n informele bewussyn tot meer formele ondersoeke, ook navorsing, in gemeentes.  Om teologies-verantwoord op uitdagings te reageer, begin by hierdie ontsluitende luister.  Osmer skets verskeie situasies wat vra om ‘b teologies-verantwoorde respons, en dui aan hoe die prosesse by priestelike luister begin.

Taak 2: Interpretasie: wysheid

In ‘n formidabele hoofstuk beskryf Osmer die interpretasie van gebeure.  Daar is ‘n kontinuum met twee pole :  weldeurdagtheid en teoretiese intepretasie.  Om behoorlik na te dink oor elke situasie en teoretiese lense daarop van toepassing te maak lei tot wyse oordeel.

Osmer bespreek Israel se wysheidstradisie op aangrypende wyse, bv met verwysing na die doel van die wysheid as die kuns van rigting verskaf.  Hy toon aan hoe die Nuwe Testament Jesus teken as die openbaring van God se verborge wysheid.  Hy maak dit alles van toepassing op die taak van interpretasie.

Osmer werk met ‘n kommunikatiewe model van rasionaliteit waarin:

  • Argumente beredeneer word, wat tot konsensus of dissensus kan lei;
  • Bewustelik rekening gehou word dat argumente in ‘n bepaalde perspektief ingebed is, en
  • Teorieë in beginsel as feilbaar gesien word.

Hy gebruik alkoholisme as gevallestudie en toon aan hoe die teoretiese taak om ‘n wyse oordeel te vel, uitgevoer word.

Taak 3: Normatiewe taak: profetiese onderskeiding

<Vervolg>

 

Was ons werklik só?

2010/02/21 by Danie Mouton 5 Comments »

Vandeesweek kom ek af op twee besluite van die Algemene Sinode oor saamwoon, so 40 jaar gelede:

1966: Na aanleiding van ‘n versoek van die Ring van Uitenhage en ander klagtes wat ontvang is oor die sondige verskynsel van ongehude persone wat openlik as gehudes saamlewe en ergenis verwek in die Christelike samelewing, versoek die Sinode die Minister van Justisie beleefd om wetgewing in te dien wat die saamwoon van ongehude persone as gehudes strafbaar maak.

En volgende:

1970: Die Sinode versoek die owerheid om deur middel van doelmatige wetgewing alle buite-egtelike saamwoon met vervolging strafbaar te maak en kerkrade om teen hierdie onheilige praktyke met die kerklike tug op te tree.

‘n Kerk wat sulke besluite neem, is binne die sentrum van mag in die samelewing.  Dit is inderdaad waar die NG Kerk was, hoewel die owerheid natuurlik nooit aan hierdie versoek gehoor gegee het nie.  Gelukkig ook nie, want die ontugwet was demonies genoeg.

Deesdae hunker baie mense daarna dat die kerk weer standpunt moet inneem.  Met soveel moreel-bankrot leiers op die nasionale en plaaslike toneel verstaan mens die behoefte.  En te dikwels word geloof net as ‘n private aangeleentheid gesien.  Gemeentes en kerkverbande moet ‘n publieke rol opneem.

Maar gee ons asseblief gesonde oordeel as dit kom by die metodes wat ons aanwend en die vennote wat ons betrek.

Leer ons om deur liefde, belangstelling en deernis invloed by mense te verwerf.  Genees en vernuwe ons innerlik, sodat ons ‘n getuienis kan hê.  Leer ons uitreik na mense, leer ons om buitestanders gasvry te verwelkom, leer ons om dissipels van mense te maak.  Leer ons verhoudinge bou van waaruit ons impak op ander se lewens kan maak.

Mag ons nooit weer so aanmatigend wees nie!

 

Die kode van een tyd en plek

2010/02/20 by Danie Mouton No Comments »

Sy pa was ‘n spoorwegwerker, sy ma ‘n nooi Potgieter, en hy het op Middelburg in die Oos-Kaap grootgeword.

Time Magazine beskryf hom as die belangrikste lewende toneelskrywer.

Athol Fugard, oor wie dit gaan, vertel dat hy “net die kode van een tyd en plek (veral die Oos-Kaap) ken”.  Hy sê: “Ek kan op ‘n straathoek staan hier in Nieu-Bethesda of in my ou Port Elizabeth.  Ek kan kyk en ek kan ‘n geloofwaardige scenario aanmekaarslaan vir die ou swart vrou wat haar kaalvoet haas om betyds te wees vir die laaste bus, vir die sakeman wat in sy BMW verbyry.”  Met verwysing na die VSA, waar hy die laaste 20 jaar woon, sê hy dat hy niks weet van hierdie wêreld waaruit die Amerikaners kom en waarheen hulle op pad is nie. (Onderhoud met Willemien Brümmer, Die Burger 2006-05-26, soos aangehaal deur Hermann Giliomee in By van 2010-02-21)

Geloof en konteks

Dit is ‘n cliché om te sê gemeentes moet hul konteks, hul leefwêreld ken.  Tog val dit my op hoe ons daarmee sukkel. Ons gee hoog op dat mense aan huis besoek word, en dat die prediker die wêreld van die hoorders van die Woord ken.  Dit is ongelooflik belangrik.

Maar wat maak ons met hierdie kennis?

Die meeste leiers wat ek ken, gebruik hierdie kode bloot om polities-korrek te manevreur tussen:

  • al die familietwiste,
  • die onverhandelbare voorkeure van lidmate,
  • die verborge skandes wat nie genoem mag word nie, en
  • om aanstoot te vermy.

Mens kan hulle ook nie kwalik neem nie.  Baie dominees en kerkraadslede oorleef bloot omdat hulle political animals is wat weet watter patriarge en welke oortuigings nooit aangevat moet word nie.  Dis noodsaaklike oorlewingskennis,  veral wanneer jy die patriarge leer ken, en gemeenskappe se robuuste tegnieke – waarmee hulle profete wegwerk – in aksie sien.

Waarom die kode van een tyd en plek ken?

Eugene Peterson beklemtoon dat Jesus ons roep om ‘n lokale en spesifieke lewe te lei.  Jesus leef elke dag saam met ons en lei ons tot dissipelskap in ‘n lokale en spesifieke plek.  Só kom sy koninkryk.

Nogmaals: Jesus vorm ons deur sy Woord en sy Gees op ‘n plek en in ‘n spesifieke tyd.

Die uitdaging is dus dat die geloofsgemeenskap deur die evangelie gevorm word.  Die opdrag vir gemeenteleiers is om dinge te doen wat die kode, die DNA, van ‘n tyd en plek transformeer sodat die Jesus Way (Peterson) geïnkarneer kan word.

Die koninkryk kom naby, en breek deur, in die kode van een tyd en plek.  Daarom moet ons aansluit, lokaliseer, die tyd en plek ken en join sodat ons getransformeer kan word.

Om saam gevorm te word

Ek kan onthou hoedat ek, terwyl ek as student vakansies op die destydse SA Spoorweë en Hawens se rangeerterreine gewerk het, dikwels gewonder het hoe ek die evangelie gaan toepas op mense soos hierdie.

Dit was die fout.  Ek kon nie regtig antwoorde kry nie.

Eerste probleem:
Terwyl ek die evangelie wou toepas op “mense soos hierdie”, het ek nog nie by hulle aangesluit nie, nog nie die kode verstaan en omarm nie.  Nog nie gelokaliseer nie, die mense nog nie lief genoeg gehad om deel van hulle te word nie.  Letterlik nog nie genoeg ‘n vriend van tollenaars en sondaars geword nie.  (“Skuus, ek probeer nie sê die rangeerders was slegter as ander nie, dit was net ‘n wêreld wat ek glad nie geken het nie, en wat nie maskers opgesit het vir dominees-in-wording nie.  Sommige van hulle het besondere vriende geword – sien ‘n paar foto’s.)

Tweede probleem:
Mens kan die evangelie nie rasioneel beheer nie –  asof dit “ek” is wat deur ‘n proses van teologiese kundigheid rasioneel kan uitwerk wat die evangelie “vir hulle” beteken nie.  Terwyl jy nog op hierdie punt staans, kan jy net destruktief moraliseer. Die vorming van die evangelie kom deurdat jy saam met hulle weerloos voor die aansprake van die Woord staan, en sáám gelei word om die evangelie uit te leef.

Eers wanneer jy die kode ken en as dissipel saam met mense leef – die scenario in Fugard se woorde hierbo – kan jy saam met die mense deur die evangelie gevorm word.

Die rol van die regte gewoontes

Die vorming deur die evangelie is ‘n tydsame proses.  In hierdie proses is die navolg van geloofsvormende gewoontes die regte ding om te doen.  Prosesse soos Woon in die Woord, lectio divina, en…

Stories vertel as geloofsvormende gewoonte.  Verhale oor die gemeenskap, uit die gemeenskap, verhale waarin mens fyn luister na wat gebeur en waarmee die Here besig is.  Waarderende verhale wat veilige ruimtes, nie-beskamend, skep waarin ons die Here se genade leer ken en verstaan. Verhale wat die “kode van hierdie tyd en plek” beliggaam, en waarin ons soos speurders vra hoe die Here hierin betrokke is en hierdeur werk.

Pasop om die misterie en verwondering uit die stories te haal.  Pasop om van die kode van hierdie tyd en plek ‘n bron van moraliserende strooi te maak.  Kerkmense en dominees is tog baie goed hiermee.  Dan is dit steeds jy wat in beheer is.

En onthou dat alma die reg het om stories te vertel.  Hoe meer ons die stories opdiep van diegene wat nie in die gemeente of gemeenskap in posisies van mag is nie, bv die dames in die tuiste vir bejaardes, die plaaswerkers, die onbelangrikers en onbenulliges, soos Fugard se kaalvoetvrou hierbo, sal ons die kode van die tyd en plek leer ken.  Dit vat nogal die kuns van veilige ruimtes skep om die stories in die eerste plek te hoor.

Dit neem tyd, verwondering en baie stories – wat op ons gemeenskaplike geloofsvormende reis verbind word met die verhale uit  die Bybel, om die kode van hierdie tyd en plek te transformeer tot die ritme van die evangelie.  En in hierdie proses word ons self as predikante getransformeer.  Ons het ook hierdie bekering nodig.

As bonus:  een van die mense wat plaaslike stories goed baie goed kan vertel, is Michelle Faure van die Langkloof (Joubertina)

 

Nederlanders werk by Vukasebenze-Skuiling in Cradock

2010/02/19 by Danie Mouton No Comments »

Die evangelie het ‘n droom in die harte van Cradock se NG Gemeentes wakker gemaak, vertel prop Riana Erasmus, pastorale jeugwerker van Cradock-Oos.  Dié visie is in 2005 gebore tydens ‘n naweek saam met Engela Ellis en Johan Theron van die Kingfisher Mobiliseringsentrum.  Die onderskeie NG Gemeentes, die ACVV en die Cradockse gemeenskap het hul gawes en tyd gepoel, en vandag is die droom, die Vukasebenze-Skuiling, ‘n Oos-Kaaplandse sinodale projek waar tussen 70 en 80 mense elke weeksdag ‘n bord kos kry.

Personeel van Vukasebenze

Die doel van die skuiling is egter nie net om mense te voed nie, maar om hulle te bemagtig om in Christus ‘n nuwe lewe te begin.  Deur opleidingsprojekte kan mense hulle gawes ontdek en ‘n nuwe lewe ontsluit.  Dit sluit in:

  • Naaldwerk
  • Kookkuns
  • Handvaardigheid
  • Rekenaarvaardigheid
  • Hout- en sweiswerk

Klerebank

In samewerking met die plaaslike Polisieforum en die Departement van Onderwys word ook gepoog om ‘n verskil in die lewe van talle straatkinders te maak.

Pragtige naaldwerk

‘n Groentetuin is begin om uitgawes te help dek.  Nou lê daar elke dag vars groente op die kombuistafel.  Die verkoop van groenteplantjies, tuisgebakte brood, gebruikte klere en die was en pars van die plaaslike gastehuis se linne help verder om uitgawes te dek.

Welige groentetuin

Riana vertel verder:  “Ons droom hou nooit op nie en die gemeenskap staan telkens verwonderd hoe die Here elke dag voorsien en nuwe deure oopmaak.  So het twee Nederlandse egpare, Dick en Bernike van Mersbergen, en Kees en Greet van Someren, aan die begin van 2010 by die skuiling aangesluit.  Hulle werk kliphard, en gee boonop ook finansiële steun.  Dankie! Julle het ons prakties kom leer wat dit beteken wanneer ons sê: Vukasebenze!  Staan op en werk!”

Twee Nederlandse egpare het aan die begin van 2010 by Vukasebenze kom aansluit.

Vukasebenze en sy mense is ‘n inspirasie!

 

Roepingsverklaring Algemene Sinode 2007

2010/02/17 by Danie Mouton 2 Comments »

Elke kerkraad, ring en sinode behoort voordurend te beplan in terme van die Algemene Sinode 2007 se roepingsverklaring.

Dit is ‘n aangrypende dokument wat die pad vir ons uitstippel.  Hier volg die teks:

Ons besef opnuut God roep die NG Kerk deur sy Woord en Gees om aan Hom te behoort.  Christus, die Hoof van die kerk, stuur ons om ons roeping te gehoorsaam en ons daaraan toe te wy:

(a)  Om met ʼn leerbare gees die wil van God deur sy Woord te leer ken en uit te leef in die uitdagende en komplekse wêreld waarin ons lewe.

Ons is daarvan oortuig dat slegs die evangelie van Jesus Christus mense op die pad van verlossing, versoening en lewende hoop plaas. Daarom wil ons die Woord van die Here tydig en ontydig verkondig, as profete optree en oral getuienis aflê van die hoop wat in ons leef.

(b)  Om voortdurend in liefde na mekaar te luister en in ons vertroue van mekaar te groei.

Bewus van ons diversiteit, verbind ons ons aan groter eenheid tussen gemeentes, aan die hereniging van die kerkfamilie, asook aan die versterking van ons ekumeniese bande.  Ons wil graag met alle ander Christene saamwerk om veilige ruimtes te skep waarbinne ons eerlik met mekaar kan praat en bly praat.

(c)  Om in deernis met ander saam te leef.

Ons word deur God geroep as deel van sy liggaam in Afrika.  Ons is dankbaar vir alle positiewe ontwikkelinge op ons kontinent, waaronder die snelle groei van die Christelike geloof.  Daar is ook vele tragiese verhale van geweld, misdaad, armoede, hongersnood en die gevolge van MIV-Vigs.  Ons betuig ons meegevoel aan die talle slagoffers hiervan en wil meewerk aan genesing vir mens, dier en omgewing.  God roep en stuur sy kerk om ʼn verskil te maak.  Ons verseker alle owerhede van ons voorbidding.

(d)  Om met openheid onvoorwaardelik diensbaar te wees in die wêreld.

Ons wil graag met alle ander Christene hande vat om ons samelewings op te bou en pynlike omstandighede te verlig.  Ons wil mekaar as gemeentes en leiers met liefde aanspoor, begelei en toerus om by die genesing van ons lande betrokke te raak.  Ons is beskikbaar en is verbind tot diens aan gemeenskappe.  Ons dank die Here vir die toewyding van lidmate en die talle positiewe aksies waarvan ons oral hoor.  As gestuurde gelowiges is ons sout van die aarde en lig vir die wêreld.  Ons staan in diens van die koms van God se koninkryk.

Ons buig voor die Here.  Ons is hier.  Ons is sy kerk.  Ons is gestuurdes.

Aan God al die eer.

 

NG-Familie kuier saam in PE

by Danie Mouton No Comments »

Half verbaas het mense na die tyd gesê: “Dit was regtig lekker”.

Die toneel was die lekker saamkuier van lidmate en leraars uit die VGK, NGK en RCA op Saterdag, 13 Januarie 2010, by Algoapark-Gemeente in Port Elizabeth.  Die enigste verwagting was dat ons mekaar sou ontmoet en beter sou leer ken.

Die dag het bestaan uit een verteenwoordiger uit elke ring wat oor die ring se samestelling en wel en wee gesels het. Vrae is oor en weer gevra.  Daarna het almal in kleingroepies stories uit die gemeentes vertel, en is die volgende besprekingsvrae gevra:

  • Wat kan ons doen om mekaar op gronfvlak beter te leer ken?
  • Watter sinergie bestaan reeds waarop ons kan voortbou?
  • Wat is nog belangrik?

Voor jy verder lees, kyk hier hoe ons in kleingroepies werk:

Daar word kopstukke gesels in kleingroepe tydens die saamkuier van die Port Elizabethse Familie van NG Kerke

Grondvlak kontak verbreed

Die volgende moontlikhede is onder andere genoem:

  • Gemeentes kan oor en weer, as tweelinge, aan mekaar gekoppel word;
  • Leraars kan onderling sosialeer – lees hoe ds Thabane dit gestel het;
  • Gemeentes kan saam ‘n spesifieke noodlyndende area aanneem met die oog op bediening, bv ‘n plakkerskamp;
  • ‘n Gesamentlike ringsbyeenkoms.

Sinergie

  • ‘n Jeugbyeenkoms vind reeds in diestad plaas, en die hele Familie se jeug word daarheen genooi;
  • Ons leer om, soos ons jongmense, nie langer in terme van kleur en ras te dink nie;
  • Onderlinge vriendskappe tussen gemeentes word versterk en uitgebou.

Wat nog?

  • Ons skep ‘n Teologieskool vir lidmate in Port Elizabeth – met die oog op bedieningstoerusting;
  • Predikers ruil preekhulp uit, of berei saam preke voor;
  • ‘n Soortgelyke byeenkoms word in die tweede semester gehou.

Hoewel dit ‘n sinvolle geleentheid was, is dit ook duidelik dat daar nog baie aan grondvlakverhoudings gewerk sal moet word.  Hieroor was die groep baie realisties.

Meer foto’s kan hier besigtig word.


 

Powerful people helpless: “We need you God!”

2010/02/16 by Danie Mouton No Comments »

Michelle Faure, from the town of Joubertina in the Langkloof, regularly and eloquently blogs about life in the beautiful town with its equally beautiful people.

In a recent post she writes about a public prayer meeting in the local NG Kerk for rain:

Its not often that I have been in such a meeting, when a community comes together, and acknowledges that they are powerless. Powerful people, money, possessions, land, all dependent now, on a force beyond their control. Make it rain. Please make it rain. The fruit is on the trees, not quite ready for harvest, and we need you God – please make it rain.

Pray with us here in a very dry Eastern Cape Province as you read Michelle’s entire blog post.

Yes, please God: make it rain!

>>  Read about a public day of prayer for the draught in Port Elizabeth.