RSS Feed

Archive for the ‘Boeke’ Category

Die Bybel. Is dit alles waar? (1)

2012/04/04 by Danie Mouton No Comments »

Abraham het alreeds in Genesis 15:8 gevra: “Hoe sal ek weet… Here?”  Meer as ‘n duisend jaar later vra Pontius Pilatus: “Wat is waarheid?”

Wat is waarheid?  Waarop kan mens jou lewe verlaat?  Hierdie vraag is deesdae belangriker as ooit.  In die laat-moderne, of post-moderne, konteks word die menslike soeke na waarheid onder ernstige druk geplaas.  Kan mens die waarheid oor God hoegenaam ken?  Of oor jou mede-mens?  Die kosmos?  Is daar net een waarheid?  Hoe weet ek jou waarheid het enige betekenis vir my?

Die moderne opvatting dat waarheid in logiese proposisies vasgevang kan word, word toenemend bevraagteken.  Mense verloor hul vertroue in blote rasionaliteit.  Waarheid is veel meer as die uitkoms van rasionele denkprosesse.

But is it all true?

But is it all true?

In die lig hiervan het ek Alan Padgett en Patrick Keifert (redakteurs) se “But is it all true? The Bible and the question of truth” (Eerdmans 2006) met groot aandag begin lees.  Nege gespreksgenote, met filosofiese en teologiese agtergrond, lewer inhoudelik ryk bydraes waarin waarheid multi-dimensioneel beskryf word.  Waarheid is nie bloot proposisioneel maar, maar het ook etiese, eksistensiële en estetiese kante.  Waarheid is relasioneel, en bestaan veral ook as ontmoeting in die hier en nou tussen teks, mens en God.

Die waarheid van die Bybel word nie bloot openbaar wanneer die Bybel as objek bestudeer word nie.  Die waarheid van die die Bybel word werklik wanneer die Skrifte as gespreksgenoot in die ontmoeting tussen God, mens en wêreld aan die woord kom.

Ek beplan om meer bydraes oor die boek te skryf.  In hierdie, eerste, bydrae word ‘n kort opsomming gegee van die eerste hoofstuk.  Dit is geskryf deur prof Dennis T. Olson, onder die titel: Truth and Torah: Reflections on Rationality and the Pentateuch.

Olson werk met die aanname dat die Bybel ons  belangrike insigte gee oor die aard van die soeke na waarheid oor God, onsself en ons wêreld.  Hy fokus op die eerste vyf boeke van die Ou Testament, wat bekend staan as die Pentateug.  Sy bydrae bestaan uit die volgende vyf stellings:

1.  Spore van post-moderne uitdagings vir die godsdienstige soeke na waarheid (‘n verstaansraamwerk van suspisie, dekonstruksie, en pluralisme) kom alreeds in die Tuin van Eden en by die Toring van Babel voor.

Die slinkse slang in die tuin van Eden werp suspisie op God se woorde: “Is dit so…”  Die slang vermeng waarheid en onwaarheid om deur suspisie ‘n leuen te skep.  Die hele verhaal van Adam en Eva se rebellie het met die soeke na waarheid te doen.  Die waarheid word reg geken, maar ook skeefgetrek en ontduik.  Van Eden af worstel mense om die waarheid te ken.

Olson interpreteer die gebeure by die toring van Babel ook as ‘n worsteling om die waarheid.

2.  Die primêre Hebreeuse naamwoord in die Pentateug vir “waarheid”(’emet) dui beide op relasionele vertroue as op ‘n meer objektiewe toetsing van die waarheid

Merkwaardig genoeg het waarheid in die Pentateug beide ‘n intense relasionele komponent van vertroue en ook ‘n meer objektiewe, feitelike kant.

Waarheid word dikwels met trou verbind, en verhoudings van waarheid en trou beskryf.   Ervarings van hierdie trou en waarheid word gekoppel aan beloftes daarvan met die oog op die toekoms.

Daar is ook ‘n feitelike basis vir waarheid.  In Deuteronomium moet ondersoeke deur regters gedoen word en die waarheid van die getuienis word getoets.  Daar moet meer as een getuie wees.  Die regters was nie soseer mense wat wette toegepas nie, maar eerder onderhandelaars wat deur arbitrasie harmonie en konsensus in gemeenskappe moes bewerk.  Regters mag ook nie omkoopgeld aanvaar nie, omdat God self nie omgekoop kon word nie en onpartydig was in sy oordele oor mense.

Profesie is ook getoets – enersyds aan die toewyding (waarheid en trou) van die profeet se verhouding met die Here, en tweedens of toekomsprofesie werklik (feitelik) realiseer.

3. In die Pentateug ontvang mense slegs gedeeltelike glimpse van God en die waarheid van God se beloftes

Olson verwys na Abraham wat die sterre as teken vir die belofte van ‘n nageslag en ‘n kind gekry het.  Uiteindelik het hy nooit die land gesien nie, hoewel hy wel die teken van die kind ontvang het.  Moses het diepgaande kontak met God gehad, maar tog kon hy God net van agter sien (Eks. 33).  Mense ken en sien ten dele.

Hoewel mense God nooit ten volle deurgrond nie, maak God God se opdragte duidelik en toeganklik genoeg.  God praat nie net deur Moses nie, maar gee ook opdrag dat die woorde neergeskryf moet word (om die torah te skep).  Beide die torak en God se toekomstige spreke deur ‘n profeet na Moses moet die volk op die regte pad lei.  Nuwe woorde van God word gestabiliseer deur die geskrewe tradisie, wat die onderskeiding van die waarheid aanhelp.

4.  Die Pentateug is oop vir wysheid en waarheid buite sigself

Olson wys op talle voorbeelde van mense buite die kader van die volk van God wie se woorde van wysheid in die lewe van die volk geïntegreer word.  Jetro die Midianiet, Balaam en Melgisedek, die priester van Salem, is almal voorbeelde hiervan.

Die Pentateug se bevestiging dat God die Skepper van alle volke en nasies is, wat verbonde met hulle en die skepping sluit, suggereer dat God waarheid en betroubare verhoudinge met ander vestig wat nie in die Bybel verhaal word nie.  Hagar, die Egiptiese slaaf van Abraham en Sara, en haar seun Ismael, ontvang die belofte dat die Here hulle ‘n groot nasie sal maak.  Die res van hulle verhaal word nie vertel nie, hoewel ons kan aanneem dat God aktief in hulle geskiedenis sou wees.  In Aamos 9:7 sê die Here bv. dat Hy dade van bevryding en verlossing vir ander nasies bewerkstellig het, soos die Etiopiërs en die Filistyne.

Dit is dus moontlik dat wysheid gevind kan word buite die volk, maar dan moet dit deeglik getoets word.  Die doen van die wil van God kan ook bedreig word deur “waarheid” van buite.

5.  Die waarheid oor God, die mens en die wêreld groei oor lane jare van ervaring, stryd, lyding en transformasie binne die konteks van die menslike gemeenskap waarvoor God gekies het

Die ken en die doen van waarheid is iets wat oor jare in feitlik al die sentrale karakters in die Pentateug se lewens gebeur. Dink aan Abraham, Jakobs, Josef en Moses.  Selfs die hele ouer geslag, wat uit Egipte gelei is, sterf eers in die woestyn voordat ‘n nuwe geslag die beloftes van God opnuut toeëien en die beloofde land inbeweeg.

Ten slotte

Daar is inderdaad baie waarmee die Torah moderne soekers na die waarheid kan help.  Ons sien inderdaad nog ‘n raaisel soos deur ‘n dowwe spieël, maar ons vertrou die beloftes van die Een wat dit gegee het.  En ons leef en soek elke dag na die waarheid op grond van hierdie beloftes.

 

Ons twee is drie: ‘n handleiding vir huweliksvoorbereiding

2010/07/02 by Danie Mouton 2 Comments »

Dr Kobus Prinsloo is ‘n ou bekende in kerklike kringe.  Hy was vir lank predikant by die NG Kerk Heideveld, het sy doktorale verhandeling in pastorale terapie voltooi, en is – onder andere – ‘n huweliksterapeut van formaat.

Uit Kobus se pen het pas ‘n handleiding met gespreksessies verskyn gerig op pare wat hullself voorberei op die huwelik.  Die werkboek is so opgestel dat pare deur ‘n begeleier ondersteun word op die pad van huweliksvoorbereiding.

Die basiese uitgangspunt is dat God die skepper van die liefdesverhouding van die paartjie is, en dat daar daarom drie persone in die huwelik is – die twee indiwidue en hul liefdesverhouding.

In gesprek met Kobus kon ek sy passie hoor om paartjies te help verstaan dat hulle liefde van God af kom, en hoe hulle kan bou aan die unieke en nuwe identiteit van hulle verhouding.  Mens hoor sy kennis en ervaring, en sien dit kom uit sy hart.

Begeleiers ontvang ook duidelike riglyne om hierdie proses effektief te fasiliteer.  Die werkboek is ‘n belangrike bydrae vir die werk van predikante wat paartjies met die oog op huweliksluiting voorberei.

Vir navrae kan Kobus gekontak word by 078 8032 877 of kobusprinsloo@aerosat.co.za

Klank: Luister gerus hoe Kobus tydens ‘n gesprek meer oor die werkboek en sy benadering vertel (11:36).

Video: In hierdie kort video sit hy die inhoud van die werkboek uiteen (4:57):

[vimeo 13008315 480 270]

Kobus is sedert Julie 2009 aangestel as streekbestuurder Modkats vir die Kaapse en OVS-streke, asook senior produkbestuurder vir die Lewenslange Geloofsvennote-Projek.  Hy het in 1999 sy doktorsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi met ‘n proefskrif onder prof Dirk Kotze met die titel “‘n Diskoers in Narratiewe Pastorale Huweliksverryking”.  Hy het ‘n narratiewe metafoor ontwikkel wat vir huweliksvoorbereiding, huweliksverryking en vir huweliksterapie gebruik kan word.  Hy het binne die Algemene Sinodale verband heelwat werk gedoen op die gebied van predikante-begeleiding.

 

Atonement : A Comprehensive Framework

2010/03/12 by Danie Mouton No Comments »

One sometimes start to read a book and immediately knows that it is going to profoundly influence you.  This is the case with Scot McKnight‘s brilliant A Community called Atonement (2007, Abingdon Press).

In these paragraphs I summarize the first part of this book.

McKnight uses the metaphor of playing golf with a whole bunch of clubs, not only one favorite.  This is the way atonement functions in the Bible – there are many facets, metaphors and contours to keep in mind to do justice to the biblical message of atonement.  Too often atonement theories are like a golfer with only one favorite club, let’s say a putter, using that for all his shots.  One-club-atonement theories waters the biblical message down. read more…

 

Richard Osmer oor leierskap in gemeentes

2010/02/22 by Danie Mouton 2 Comments »

Op ‘n verrassende manier is Richard Osmer se onlangse boek, Practical Theology, An Introduction (2008), ook van besondere betekenis vir die gemeentedominee. Osmer is professor by die Princeton Teologiese Seminarium en bekend vir sy publikasies oor lering in gemeentes, soos A Teachable Spirit en The Teaching Ministry of Congregations.

Vier take

Hy beskryf die vier take van Praktiese Teologie op só ‘n manier dat mens net weet: dit is ook jou taak, die hele leierskap se taak, in die gemeente.  Osmer praat doelbewus van “congregational leadership” waarin hy nie net met predikante rekening wil hou nie.

Na aanleiding van konflik in sy eerste gemeente rondom aanpassings op die terrein van die kerkgebou, verduidelik hy dat die teologiese take die volgende is:

  1. Priesterlike luister :
    “What is going on in this situation?”. Hierdie is die beskrywend-empiriese taak. Hoe verstaan en interpreteer ons in die gemeente hoe dinge in mekaar steek. Dit kan geskied rondom ‘n episode in die gemeentegeskiedenis, of vanweë ‘n situasie wat ontwikkel het, of na aanleiding van die konteks.
  2. Interpretasie (wysheid) :
    “Why is this going on?” Hierdie is die interpreterende taak waar deur middel van verskillende interpreterende lense gevra word na die dinamika van die gebeure.
  3. Normatiewe taak :
    “What ought to be going on?”. Hier is profetiese onderskeiding nodig wanneer oor die geïnterpreteerde praktyke gepraat word.
  4. Praktiese taak – dienende leierskap :
    “How might we respond?”. Hoe kan ons lei op ‘n manier wat getrou aan die evangelie en effektief is?

Gemeenteleiers as interpreterende gidse

Osmer werk met Charles Gerkin se konsep van die pastor as interpreterende gids. Die pastor het in die moderne wêreld sy outoritêre, hiërargiese gesag en dus sy “reg om gehoor te word” verloor. Dit open egter die moontlikheid dat die pastor meer in kontak met die leefwêreld van mense kan kom, in die vel van die konteks kan inklim, en saam met lidmate op reis kan gaan. Saam gaan hulle na ‘n nuwe landskap, verken dit, interpreteer dit en maak sin daarvan. In hierdie benadering word interpretasie die sentrale taak – soos beliggaam in die vier take wat hy identifiseer.

Osmer skryf oor mense as interpreterende wesens, en praat oor die spiritualiteit van gemeentelike leiers wat op ‘n toepaslike manier begelei deur dialoog tussen die leefwêreld en die normatiewe bronne van die Christelike geloof begelei. Hy doen dit op ‘n werklik verhelderende wyse.

Taak 1 : Priesterlike luister

Die eerste taak, priesterlike luister, verg ‘n “spirituality of presence” van leiers. Vir leiers beteken dit om aandag te gee aan ander in hul spesifieke uniekheid en andersheid in die teenwoordigheid van God. Die sleutelwoord is “attending” – wat bou op die Heilige Gees se gemeenskapsvormende teenwoordigheid in mense se lewens.

Die vorming van nuwe gemeenskap veronderstel priesterlike luister. Hierdie soort luister is nie net ‘n leierskapstaak nie, maar die werk van die hele gemeente. Natuurlik is dit ook ‘n leierskapstaak. Wanneer ons bid, bid ons nie net oor of vir mense nie, maar tree namens hulle by God in – wat luister veronderstel. Wanneer gepreek word, word die teks in verband gebring met die konkrete spesifiekheid van die leefwêreld, wat luister veronderstel.

Daar is ‘n kontinuum van luister en aandag gee – van informele tot formele luister of ondersoek. Hy moedig alle vorme aan – van ‘n informele bewussyn tot meer formele ondersoeke, ook navorsing, in gemeentes.  Om teologies-verantwoord op uitdagings te reageer, begin by hierdie ontsluitende luister.  Osmer skets verskeie situasies wat vra om ‘b teologies-verantwoorde respons, en dui aan hoe die prosesse by priestelike luister begin.

Taak 2: Interpretasie: wysheid

In ‘n formidabele hoofstuk beskryf Osmer die interpretasie van gebeure.  Daar is ‘n kontinuum met twee pole :  weldeurdagtheid en teoretiese intepretasie.  Om behoorlik na te dink oor elke situasie en teoretiese lense daarop van toepassing te maak lei tot wyse oordeel.

Osmer bespreek Israel se wysheidstradisie op aangrypende wyse, bv met verwysing na die doel van die wysheid as die kuns van rigting verskaf.  Hy toon aan hoe die Nuwe Testament Jesus teken as die openbaring van God se verborge wysheid.  Hy maak dit alles van toepassing op die taak van interpretasie.

Osmer werk met ‘n kommunikatiewe model van rasionaliteit waarin:

  • Argumente beredeneer word, wat tot konsensus of dissensus kan lei;
  • Bewustelik rekening gehou word dat argumente in ‘n bepaalde perspektief ingebed is, en
  • Teorieë in beginsel as feilbaar gesien word.

Hy gebruik alkoholisme as gevallestudie en toon aan hoe die teoretiese taak om ‘n wyse oordeel te vel, uitgevoer word.

Taak 3: Normatiewe taak: profetiese onderskeiding

<Vervolg>

 

“We Are Here Now”: Mapping the Missional Journey

2010/02/05 by Danie Mouton 6 Comments »

Introduction

Well-known Lutheran systematic theologian and church consultant, prof Patrick Keifert, outlines in his informative book, We are here now, the way forward for congregations at the end of the Christendom era, but also at the beginning of what he calls a New Era of Mission for the local church.

The book is his invitation on a journey of spiritual discernment for local churches, called to move from the maintenance of Christendom to innovating missional church in their time and location.  Keifert’s wisdom and insight was born out of, what he calls, excellent mistakes – the process of failing forward – learning out of your mistakes in a way that leads to positive outcomes.

What follows is a short summary of the book.  It is not intended to replace the book – please do yourself the favour of reading the well-written book.  It will prove to be a very wise investment of your time and money.  The book is available a www.bmedia.co.za, and was also translated in Afrikaans, published under the title: “Ons is nou hier”.

The Partnership for Missional Churches in South Africa uses the insights of the book, packaged as a uniquely South African process, as a journey of innovating mission in the local church.  You are most welcome to join on this journey by being facilitated in a collective journey, that is together with other congregations, in the Partnership process.  For more information please contact me at ngk.ooskaap@gmail.com.

Now for the summary of the book… read more…