RSS Feed

Archive for the ‘Gemeente’ Category

Here, wat doen U nou?

2011/09/03 by Danie Mouton 1 Comment »

Ds Carl Crouse van die NG Kerk Grasvoëlkop vertel van die spanning rondom die loods van hul KankerHOOP projek op Vrydagaand, 2 September 2011.  ‘n Koufront met buitengewone hoë windsnelhede het Port Elizabeth heeldag geteister, en om alles te kroon het ‘n groot deel van die stad kort na 16:00 ‘n kragonderbreking ervaar.  Hy vertel self:

“Ons (NGK Grasvoëlkop) het gisteraand ‘n kankerHOOP projek aangepak. Agt maande se gedagtes en beplanning. Iets wat ons vir die laaste twee maande amper daagliks aan gewerk het – en wat ek onophoudelik aan gedink en oor stres het!

“Die beplanning en verwagting was groot gewees. Etes, kunstenaars, getuienisse, uitstallers, geskenke en sertifikate vir die 45+ personeellede van die kankersale wat sou kom. ‘n Kerslig stap na Hospice. Donderdag was een van die mooiste dae van die jaar gewees. Die gedagtes is: “Dankie Here! Ons vertrou u vir net so mooi dag môre.”

“Toe kom Vrydag. Die teenstelling kon nie groter nie. Ons het mos almal gebid. Baie gebid. En vertrou. Die wind sal gaan lê. Maar nee. Die markee tent kan nie op nie. Plan B word later plan C en so voorts.

“‘n Uur voor ons moet begin gaan die krag af.

“Die verkeer is chaos, die weer is guur, dis Vrydagaand! Wat gaan oorbly van ons planne?

“Die gemeente trek saam. Kerse word in sakke opgemaak en ingedra. Generators word gereël. ‘n Battery aangedrewe luidspreker / mikrofoon word gehaal. Gas lampe en stowe verskyn.

“Uitstallers dag op, mense daag op, koffie, pannekoek en kos word verkoop.  Die personeel kom (meer as 30 van hulle en selfs ‘n paar dokters). Die kerk lyk mooier as wat dit nog ooit gelyk het. Ernstig, ek oordryf nie. Die “vibe” is een van entoesiasme. Die kerk was nog nie in jare so vol nie. Ons het lig, ons het klank, ons het ‘n klavier, ons het mense.

“Die grootste teleurstelling word die twee mense wat gesê word dat hulle gaslampe nie meer nodig is nie!!

“Die Here voorsien dat my voorganger Samuel en sy vrou Logy daar kan wees, sy vul op die laaste nippertjie in vir die persoon wat hul storie sou vertel en toe moes onttrek. Met humor en hartlikheid vertel sy van haar stryd teen kanker.

“Dit word ‘n besondere aand. Die uitstallers is opgewonde.  Die mooiste verhale word vertel. Die personeel word bederf en mens kan sien wat dit vir hulle beteken.  Ek is gevul met verwondering en waardering: die liggaam werk saam.  Die kerkgebou self word die simbool van hoop – rustigheid, warm verhoudings, sagte lig te midde van die donker en storm buite.

“Die Here is in beheer.  Dit word bevestig toe die krag aangaan toe ons letterlik die laaste dinge uitdra en die kerk wil sluit.

Ons aand word ‘n storie om te vertel.

“KANKER en HOOP is nie twee woorde wat natuurlik langs mekaar kan staan nie. Hulle is soos pole van magnete wat mekaar wegdryf. Wie is ons om te wil waag om hulle een woord te maak? Voorbarig?

“Ons weet dat die pad met kanker ‘n baie moeilike pad is. Dinge loop nooit glad nie, daar is altyd slegte nuus, altyd teenkanting, altyd teleurstelling, altyd uitdaging. So wie is ons om te verwag alles moet seepglad verloop. Wie is ons wat wil sê ons wil hoop verkondig en ons raak dikbek met die eerste teken van probleme!

“Ons storie word ‘n storie van HOOP. God wys dat Hy in beheer is, dat Hy steeds seën, dat Hy sal besluit oor weer en krag soos Hy goeddink. Moenie dink dat Hy nie skyn in donkerte of swak is as daar nie krag is nie!

“Jesus se opstanding en die hoop wat Hy daagliks bied, word verkondig – ‘n paar Jode, Moslems en Hindoes het ook hierdie aand die getuienis van ‘n nederige gemeente oor hul Lewende Here gehoor en gesien. Here, U is goed.

“Ons wil so gou moedeloos word.

“My gedagtes gaan uit na miljoene Christene wat daagliks in die vreeslikste omstandighede leef. Ek is tans besig om te leer van volharding en inspanning en opoffering en dissipelskap. Dis nie iets wat in ons kultuur groot is nie, en wat ‘n lui en afgewaterde Christenskap veroorsaak.  Dankie Here vir hierdie klein lessie. Help my om getrou te wees.

“Here, U is goed.”

 

Pray for Japan

2011/03/16 by Danie Mouton 1 Comment »

The crisis in Japan, due to the terrible earthquake, tsunami and expanding nuclear threat, touched many hearts.  The following prayers were published by sermons.com:

Prayer of Concern

Gracious God,
through your Son you have taught us
that nothing in life or in death
is able to separate us from your love.
Look in mercy on all
to whom great sorrow has come
at this time of natural disaster.
Help those who are injured,
support those who are dying.
Strengthen those who operate emergency services,
those who work for aid agencies,
all who channel relief to those in need,
those who labour to curb the spread of disease,
and those who keep open the lines of communication.
Console and protect
those who have lost loved ones
and the relatives and friends of those who are missing.
Give your light in darkness
to all who are near to despair,
and assure them that you hold all souls in life;
through Jesus Christ our risen Lord. Amen.

Prayers for all those affected

Lord, we pray not only for those whose lives have been darkened by disaster over recent days, but also for those whose faith has been shaken; for those who stand bewildered and fearful in the midst of tragedy; for the injured, the bereaved, and the destitute.

We commend to your grace all who are seeking to help and heal the injured, and to comfort and calm the bereaved.

From you alone can come the word that will lift them above their darkness. Answer, O Lord, the questions in their minds; and assure them that though disaster is not of your will, you are present with them in their suffering and sorrow, and can enable them to find purpose, hope and peace again. Amen.

Most merciful God, in the midst of natural disaster
we took to you in hope and trust,
acknowledging that there is much in life
beyond our present understanding.
Accept our compassion for the suffering;
bless those who working for their relief;
and show us what we can do to share in their task,
as servants of Jesus Christ our Lord. Amen.

Prayer for specific areas

God of the mountains and the seas, the awesome power of nature can be both a wonder as well as a source of tragedy. We cry out to you in this time of great need to the people affected by the earthquake and tsunami.

Almighty and everlasting God, comfort of the sad and strength to those who suffer: Let the prayers of your children who are in any trouble rise to you. We lift up to you the people of (list here the affected areas). For those who have lost loved ones, grant your peace; for those who seek shelter and food, grant your comfort; for those facing illness, grant your healing; for those whose lives have been shattered, grant your strength.

God of wisdom and strength, guide the hands of those who provide emergency relief. We entrust to you those who care for the bereaved, those with the gift of healing, those who carry the burdens of moving debris, and those who distribute much needed supplies. Hopeless as it may seem at times, their work is very important. Give them the endurance that is needed to continue in their good works.

God of all consolation, in the midst of things we do not understand, tragedy too great to comprehend, and grieving too heavy to bear, grant your peace. This is a time when we welcome your Word of hope born into our world. May that hope burn in our hearts.

 

Schrikke Rivier, my favourite place

2010/09/09 by Danie Mouton No Comments »

Daar is plekke vir elkeen van ons waar die hart en gemoed behoorlik tuis kom en op ‘n unieke manier rus vind.  Die plaas Schrikke Rivier is vir ds Barnard Steyn so ‘n plek. Dié plaas is die tuiste van sy vriend, die kunstenaar Martin Wessels.  In die volgende paragrawe  skryf Barnard ‘n inleiding vir Martin se seun, Tristan-Valodia, se beskrywing van sy gunsteling plek:

Die twee spore na die plaas Schrikke Rivier in die Kouga-berge is ’n dubbeldoor-paadjie: ’n weg vol hindernisse wat voorkeer; en ’n skatkis met beloftes wat die reisiger nader lok. By elke skurwe drif word voete versigtig in die koue bergstroom gesteek wat, terselfdertyd, herinner aan die lafenis van koel waterpoele stroom-op. Taaibostakke hang oor die kronkel-paadjie soos ’n sluier en lyk of dit ’n interessante geheim bewaar. Hekke staan vierkantig dwars in die pad en, net daar, oorrompel die skerp ruik van kerriebos jou. Waar spoelklippe die rit op sy hobbelrigste maak, gaap die bek van die antieke San-mense se beskilderde grot. Oplettende besoekers word in ’n sagte stem genooi om kontak te maak met oer-tye. Kerriebos of “Impepho” is die eerste bewoners se seremoniële wierook. Hier het hulle dekades lank na koue sterre daar bo gestaar en die konstelasies om warm vure tot mitologiese verhale omgetower. Vir hulle was die rivier, lig-groen uitgemerk deur vaderlandswilgers wat bankvas op die oewers staan, ’n heilige lewensaar.

Op Schrikke Rivier heers ’n teenwoordigheid wat soos ’n sagte gewig op die aarde rus. ’n Teenwoordigheid wat jou bedagsaam maak vir stemme uit die ou verlede; vir die ligte by nag en die lig by dag; vir wisselende seisoene; vir stilte en fluistering en dawerende donder; vir snerpende koue en vurige hitte; vir droogte en water uit die fonteine en uit die hemel se sluise; vir boekette veldblomme en kruie se reuke en kleure-palet.

Die landheer se seun, Tristan Valodia-Wessel, is ’n tiener-boskind wat soos die oorspronklike bewoners die fyn nuases van sy gunsteling-plek eerstehands waardeer en dan droom en werklikheid omroer en daaroor skryf ….

“The stars, like myriad diamonds …..”

Tot sover Barnard.

Swempoel op Schrikke Rivier

A Description of My Favourite Place

The stars, like myriad diamonds strewn over the velvet sky; a thousand shimmering eyes on an ebony ocean. Then, with infinite silence, the moon rises, casting its light over the silently calling mountainsides. The world turns to misty silver and silent shadows, then the wind blows like the gasping breaths of sorrow. As though in a dream the moonlit fields away; a silver sea; solid, yet a dream.

The world silently waits as the cold, biting air lies like a weight on the land. Slowly the east lights with cold blue; that silent, forlorn hue. The last clouds hug the mountaintops, as though they wish to linger on. With slow patience the sun draws close. The sky bleeds the crimson of blood fading into the infinite sky. Then a pause.   Will dawn ever come?  Yes, and she does, rising shrouded in light. The world dings; the word awakens. The river, once of liquid silver, now of burning red, yet, on the sun climbs. Yonder the river, now a shimmering gold, rushes; rushes by to the distant sea.

The burning heat; every thing is borne down by the heat-laden wind. All is subdued and tired, but in the east laden clouds rumble with fiery lightning. The clouds fill the sky. The river now a smudge of ominous grey. The heat has departed, leaving the fresh-tasting air. Then, the still before the storm. A bird cries, lonely, from its perch. The skies open, letting down their tears. The sky thunders as though giants fight in the heavens. Spears of lightning split the air, but still those tears of heavenly joy fall. The thirsty land opens, drinking gluttonously the heaven sent abundance. But still it falls, amongst the thunder and the lightning; the crashes, the thunderous explosions. Streams babble and rush. Waters filled with dark ochre mud rush like a severed vein. Then, slowly, the world moves on.

As dusk falls below the silent skies, the world stand silent, save the bird’s cry. Then, as darkness sets in, and once again the world’s a silver sea, I must ask why has a mortal like me been blessed to see such perfect beauty?

Tristan Valodia-Wessels

 

King William’s Town hou Vrouedag

2010/08/26 by Danie Mouton No Comments »

Marieta Olivier vertel hieronder hoe vanjaar se Christelike Vrouedag op King William’s Town verloop het.  Vir diegene wat die dorp nie ken nie, dit is die ou koloniale dorpie (met ongelooflike argitektuur) neffens die Oos-KAapse hoofstad, Bisho.  Steve Biko is ‘n boorling van die dorp, en lê hier begrawe.

CHRISTIAN’S WOMAN’S DAY 2010

Many women from around King William’s Town gathered together for the Annual Woman’s Day Celebrations on Saturday 14 August. It was encouraging to see more than 120 ladies meeting together for one purpose and that to glorify God. The Theme Hands that work, Hands that pray being the encouragement to all woman to be working for God.

Every one was handed a healthy packed breakfast on arrival which was part of the ice breaker.The MC for the day was Jenny Wilson. After a warm welcome in three languages (English, Afrikaans and Xhosa) Marieta Olivier reminded the woman of our community what the common goals are for Christian Women’s Day.

1.         To reach out to women of KWT with the message of Jesus.

2.         To foster friendship and community among the Christian women of the town.

3.         To provide a Christian alternative to the political focus on the role of women in our town.

4.         To work together as a non-denominational committee to achieve these goals.

Singing cheerfully as she walked to the microphone Nombulelo Time welcomed all in Xhosa and read from Isiah 6:1-6.

Shelley Lombard, a missionary working at Dumisani Theological Institute, led the praise and worship to God, acknowledging Him as Lord. It was lovely to hear so many women’s voices joining together in the common desire, to praise their God. Reference was made to how we can know what the work of God is. John 6:29 “Jesus answered them, “This is the work of God, that you believe in him whom he has sent.” Following which the prayer was that God captivated each ones’ heart so that we would know the will of God for our lives and that we would live for Him because of what He has done for us. Gal 2:20 “I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me.” It was a blessing to hear the voices singing this prayer to God as one.

We were enlightened on Sign language by Lumka Nonkelela which was very interesting and fun to participate in. She showed us some basic survival signs. Susan Goosen handed out little papers with a hand drawn on it to give women direction on how and for whom to pray.

Following this Patricia Ihlendfelt who is part of the pastoral team at Bethany Emmanuel Baptist Church, delivered an address based on the theme encouraging all women young and old, rich or poor to be involved in the work for Jesus. We all have different skills and talents, but there is something that we all can do. At the end of her talk, she gave us some ideas of how we could reach out into our communities to help those in need and to share with them, God’s love.

It was a very interesting day, because women of all traditions and cultures joined together to worship their Lord and Saviour.  Many new friendships were established and old friendships re-kindled.  We were very conscious of how precious it is to be part of the family of God. Some fun activities with hands concluded the spritual part of the morning. Tea tables were beautifully set in different themes and every one could enjoy delicious tea treats and socialise to end the day.

With the proceeds of the day, we have bought a large number of Bibles.  This is so that every woman who was there could get one free of charge to give away. We appeal to all that were there and need a bible to present to someone who does not have a Bible of her own to collect one from Dumisani College in Leopold Street.

 

Bemagtiging van swart boere bring seën vir hele gemeenskap

2010/08/18 by Danie Mouton No Comments »

“Kuiergaste van elders luister na die verhale van onderlinge diens in ons gemeenskap, en skud hulle koppe.  Die onderlinge samewerking, omgee en diensbaarheid hier by ons klink byna soos ’n sprokie.  Maar dit is ’n werklikheid.” Só vertel Pieter Bezuidenhout, ’n jong boer van Elliot, ’n klein dorpie in die skouspelagtige berglandskap van die Noord-Oos-Kaap.

Grusame ongeluk

Ons gesprek begin by die grusame taxi-ongeluk verlede jaar in Pinksterweek.  Taxi’s in die Elliot-distrik laai swart plaaskinders op en vervoer hulle na talle plaasskole in die omgewing.  Waar ’n grondpad by die teerpad aansluit, beland ’n taxi na skool voor ’n groot vragmotor.  Drie kinders sterf op slag.  Baie is ernstig beseer.

Pieter was een van die eerste boere uit die omgewing op die toneel.  Hy vertel hoe talle boere hulp kom verleen het.  Elliot se taxi-vereniging het ook ingespring.  Talle taxi’s is na die toneel gestuur.  Tussen hulle en die boere is die minder-ernstige beseerdes opgelaai en na die plaaslike hospitaal geneem.  ’n Hele aantal ernstig-beseerde kinders is na Oos-Londen gestuur vir behandeling.

Uit Pieter se vertelling ontvou die uitdagings waarvoor klein plattelandse gemeenskappe te staan kom en die besondere maniere waarop hulle dit hanteer.

Die dag na die ongeluk span die boere en die taxi-vereniging saam om die ouers na hul kinders wat in Oos-Londen behandel word, te neem.  Elliot is meer as 200 km van Oos-Londen.  Die vereniging gee die voertuie gratis, en die boere staan in vir die petrol.  Daarna doen hulle dit nog vier keer.

“Soms moes die ouers gaan net om die kinders ’n slag te gaan was,” vertel Pieter.  “Volgens die hospitaalpersoneel in Oos-Londen is hulle nie daar om die kinders skoon te kry nie, net om hulle gesond te kry.  Elke keer het die gemeenskap kospakkies vir die kinders saamgestuur.  Dit gaan maar swaar in ’n staatshospitaal, en ons kon die kleingoed nie aan hulleself oorlaat nie.  Onthou dis plaaskinders, hulle ouers het dit nie breed nie.”

Vanweë die taxi-ongeluk word ’n rampfonds deur die plaaslike NG Gemeente gestig.  Ds Conrad Thomas vertel dit was op inisiatief van einste Pieter en sy vrou, Chanél.

Weer Pieter: “Daardie eerste aand na die ongeluk staan ek en my vrou tussen die beseerde kinders in die hospitaal op Elliot.  Ons sien huilende kinders.  Enetjie klou sy stukkende trui vas, verflenter deur die ongeluk, vol bloed en gras.  Ander sit met stukkende skoolklere, beskadigde boeke, skoene wat daarmee heen is.  Die ontstellende vraag in hul kindergemoed is: ‘Waar gaan ek weer ’n trui kry?  Skoene?  Boeke?  ’n Skooltas?’  Jy kan nie glo dat ’n kind verby sy eie liggaamlike pyn kyk, en huil oor sy materiële verliese nie, maar dit is presies wat gebeur het.”

“Net daar sê Chanél vir my ons het ’n rampfonds nodig waartoe almal in die gemeenskap kan bydra.  Hier is nie groot besighede of ander welgestelde mense wat met groot donasies só ’n klip uit die pad kan rol nie. Ons is op mekaar aangewese.”

Die fonds is die volgende dag onder die vaandel van die NG Kerk gestig en mense het wyd skenkings gegee, waaronder ook die plaaslike taxi-vereniging.

Op ’n gemeenskapsvergadering, waarby rolspelers soos boere, die taxi-vereniging en die kerk betrokke was, is besluit wat met die rampfonds gedoen moet word.  Deel van die begrafniskoste is daaruit gedek.  Verder het die oorlewendes nuwe klere, skoene, tasse en boeke ontvang.  Vervoerkoste vir die ouers tussen Elliot en Oos-Londen is ook hieruit gedra.

Die ongeluk het die gemeenskap help verstaan hoe afhanklik almal van mekaar is.  Volgens Pieter het die samewerking sedertdien beduidend verhoog.

Waar het die diensbaarheid begin?

Pieter Bezuidenhout het op Elliot as plaasseun grootgeword.  Hulle familie boer geslagte reeds in die omgewing. Hy ken die gemeenskap.

Pieter vertel hoe anders dit vroeër was.  In die negentigerjare was daar verskeie plaasmoorde in die omgewing.  Sy pa het ’n plaas teen die dorp gehad, en wou dit verkoop weens die hoë vlakke van veediefstal.

Die wending het gekom toe grond tien jaar gelede deur die regering aan swartmense toegeken is.  Op een plaas boer sewe swart boere saam.  Hulle het in hul eerste jaar 30 hektaar mielies geplant, met ’n totale oes van 12 ton mielies.  In dié omgewing oes mens minstens 5 ton mielies per hektaar, wat beteken dat hulle opbrengs 12 ton in plaas van 150 ton was.

“Toe kom vra hulle hulp by my.  Sou ek hulle kon leer boer?  Ek het hulle geleer om grond te bewerk, reg te ploeg, te bemes, en te saai.  Vandag is hulle boerdery volledig ’n kontantbedryf.  Hierdie seisoen het hulle 50 hektaar mielies kontant geplant, en dit lyk of hulle ’n volle 6 ton per hektaar gaan oes.  Implemente is ook al kontant gekoop.

“Hierdie mense het ’n passie vir boerdery en versorg hulle grond behoorlik.  Dit was vir my lekker om hulle te help en te sien hoe hulle ontwikkel.  Ek noem hulle goeie boere.  Hulle herstel hulle grensdrade, hou hul lande skoon, bedryf hulle besigheid ordentlik.

“Op hierdie manier het hulle deel geword van ons boeregemeenskap.  Hierdie sewe ouens is ook in die taxi-bedryf.  Daarom is die taxi-rank die plek waar baie probleme in ons gemeenskap vandag opgelos word,” verduidelik Pieter.

Sedertdien help meer boere vandag nog met ploeg en oes op swart boere se grond.

Op hierdie manier is ’n klimaat geskep wat sedert die taxi-ongeluk ’n sterk stygende lyn toon.

Uitkomste

Die taxi-bedryf en die boeregemeenskap het mekaar behoorlik as vennote gevind.  “As jy so met hierdie mense saamwerk, sien jy oor watter kwaliteite hulle beskik, en watter soort mense hulle inherent is.  Dit het veroorsaak dat ons hele gemeenskap uiteindelik soos ’n groot familie geword het,” sê Pieter.

Dit klink goed.  Daarom wil ek by Pieter weet hoe hierdie familie saamlewe.

“Wel,” sê hy, “as ons boere wil gaan rugby kyk in Bloemfontein, dan gee die taxi-vereniging vir ons ’n minibus, op die huis.  Die voertuig is so skoon jy kan eet van die vloer af.  Ons gooi net petrol in en daar gaat ons.”

“Nie een boer sluit ’n skuur as ons die plaas verlaat nie.  Daar is nie diefstal nie.  Op daardie selfde plaas teen die dorp wat my pa weens diefstalle wou verkoop, het daar verlede jaar net een skaap vermis geraak.

“’n Rukkie gelede het ons agtergekom daar is op groot skaal ’n skaapstelery op een van die plase aan die gang.  Boere het die taxi-vereniging gebel en hulle het binne ’n halfuur die hele omgewing se paaie geblokkeer sodat die skuldiges vasgetrek kon word.”

Hoe meer Pieter die voorbeelde opstapel, hoe meer verstom raak ek.

Hy gaan voort.  “My ma woon nog saam met ons op die plaas.  Wanneer ons nie daar is nie, is dit nie vreemd dat ’n taxi – ongevraagd – kom kyk of alles reg loop met my ma op die plaas nie.  Jy kan sien dié mense gee om vir ander.

“Verlede jaar is BA, ’n groot figuur in Elliot en taxi-eienaar, oorlede.  Sy begrafnis was werklik ’n gemeenskapsbegrafnis.  Uit alle groepe het mense hul hulde kom betoon.

“Onlangs het ons gemeente basaar gehou.  Ons is nie ’n ryk gemeenskap nie, maar ons het ’n wonderlike opbrengs gehad.  Almal het ietsie gegee.  Die taxi-vereniging het mense aangery  om by die basaar te kom koop.  Vir my was dit nogal vreemd, as kind het ek dit nie geken nie.  Vir ons was die basaar altyd die blanke, NG basaar.  Die taxi-vereniging help ons om nie teen kleur vas te kyk nie.

“Ons leer baie oor gemeenskapslewe by ons swart vriende.  ’n Paar jaar gelede is ’n swart kind se ma by geboorte in die hospitaal oorlede.  Daar was nie familie nie.  Een van die taxi-eienaars en sy vrou het die kind geneem en maak hom as hulle eie groot.  Geen voorwaardes is gestel nie.  Jy voel klein as jy dit sien gebeur.”

Ander gemeenskappe?

Elliot se gemeenskapsverhaal is gebore vanuit die hart van God.  Dit is ’n beweging van die Gees om ’n betroubare wêreld met genesing, geregtigheid en vreugde te skep.

Daarom hoef Elliot se verhaal nie uniek te wees nie.  Wat die verskil maak, is mense met harte vol nederige diensbaarheid, soos Pieter en Chanél.  Mense wat die potensiaal vir liefde en sorg oor grense heen van elke stukkie trauma in gemeenskappe raaksien.  Mense wat in ander se lewens belê, soos om vaardighede en kennis te deel.

Nederige diens is onweerstaanbaar.

 

Sinethemba getuig die kerk gee om

2010/07/15 by Danie Mouton 1 Comment »

Op ‘n dag sien Felecia Tywantywa ‘n ou vrou huil  omdat sy nie weet wat om met haar kleinkind te maak nie.  Hy is uit die skool gesit, en was nie vir ‘n spesiale skool aanvaarbaar nie.  Die rede: hy is verstandelik gestremd.  Felecia is so hierdeur aangegryp dat sy hierdie kinders bymekaar begin maak en versorg het.  Ander het haar daarmee gehelp.

Hierdie visie, waarop die VGK Decoligny in die Transkei sterk ingekoop het, het gelei tot die oprigting van die Sinethemba Kinderhuis vir verstandelik gestremde kinders.  Die kerk het die tehuis sonder staatshulp gevestig. Die bedryfskoste word ook nie gesubsidieer nie.  Daar word tans nog met die regering oor subsidie onderhandel.

Die kinderhuis huisves tans 72 kinders en beskik oor 8 personeellede.

Felecia se visie is om vir die kinders praktiese opleiding te gee, soos die maak van groentetuine, pottebakkery, naaldwerk en hoenderboerdery.  Houtwerk vir die seuns is nog ‘n ideaal.

Die uitdagings is legio.  Die dogters is meestal mishandel en deur familielede verkrag, en die kinders word nie altyd deur die families versorg nie.  Die regering wil nou ook hê die skool moet fisies-gestremde kinders inneem.  Moontlik sal daar dan subsidie kom.

Daar is ook nog nie lopende water beskikbaar nie.  Water word per vragmotor aangery, en ‘n dienlike pad moet nog gebou word.  Die gebou kort ook heelwat afrondingswerk.  Ordentlike hokke moet vir die varke en hoenders gebou word.

‘n Ander uitdaging is die maandelikse salarisse – al is dit baie min – van die personeel.  Daar moet ook kos, klere en medisyne gekoop word vir die kinders.

Sinethemba is ‘n wonderlike getuienis van die hart van die kerk vir mense.  Dit is bemoedigend dat die NG Kerk Mthatha die VGK Decoligny bystaan met die inrigting en bedryf van die kinderhuis.  Luister hoe ds Willem Botes, leraar van beide die VGK en NGK, vertel oor die werk wat hier gedoen word:

[vimeo 11737009]

 

Volwasse kategese steek grense oor en laat die doopwater spat

2010/06/16 by Danie Mouton 2 Comments »

Eers word vier volwassenes gedoop as deel van belydenisaflegging.  Daarna kom hierdie persone se huweliksmaats na vore, en word hulle kinders ingebring om gedoop te word.

Vier volwassenes en daarna hul vyf kinders word op een dag gedoop.

Hierdie aangrypende seremonie het op 13 Junie 2010 in Port Elizabeth-Noord gemeente afgespeel.  Dit het alles begin met ds Johan Marais wat byna ‘n jaar gelede aangekondig het hy begin ‘n groep met die oog op volwasse kategese.  Twaalf volwassenes meld toe aan, waarvan sewe end-uit deel van die groep gebly het.

Ds Johan Marais doop die seun van Morris Shoco (met die blou baadjie), een van die volwassenes wat pas belydenis van geloof afgelê het en self gedoop is

Geloofwaardigheid weens diens

Waarom meld ‘n groot groep volwassenes vir kategese in ‘n NG Gemeente aan?  Dit het te doen met publieke geloofwaardigheid.  PE-Noord se geloofwaardigheid hou verband met hul betrokkenheid by die omliggende gemeenskap in die sentrale, semi-geïndustrialeerde stadsgebied waar die gemeente geleë is.  Die gemeente bedryf ‘n vroue-bemagtigingsprojek, gee Saterdae ‘n maaltyd aan byna 400 gemarginaliseerde straatlopers, besoek die gevangenes in die nabygeleë gevangenis, reik uit na en gee om vir die hele gemeenskap se kinders. Hulle is ook betrokke by die plaaslike laerskool.

Dit het nie altyd só gegaan nie – daar was tye dat PE-Noord deur diepe waters gegaan het, maar dis juis die diensprojekte wat hulle uit die as laat opstaan het.

Die diens en betrokkenheid by die gemeenskap gee aan die gemeente publieke geloofwaardigheid.  Mense herken Christus in die lewe van die gemeente.

Daarom is meer as 50% van persone wat die aanddienste bywoon nie lidmate van die gemeente in die klassieke sin van die woord nie.  Daarom gee sakemanne en besighede gereeld finansiële steun aan die gemeente se gemeenskapsprojekte.

Persone wat inskakel by die volwasse kategese kom dus nie vir verhelderende teoretiese insigte en toeligting van die kerk se dogma nie – hoe lofwaardig dit ook al mag wees.  Hulle kom omdat hulle Jesus aantreklik vind, en self ook vir Jesus saam met mede-gelowiges wil volg.

Volwasse doop en kinderdoop tesame

Vir my was die aangrypendste aspek van 13 Junie se belydenisaflegging die feit dat die 4 volwassenes wat gedoop is, dadelik daartoe oorgegaan het om – saam met hul lewensmaats – hul kinders te doop.  Nie net indiwidue nie, maar gesinne is aan die Here gebind.

Nege dope op een dag, almal gesinsdope.  Geloof in die lewende teenwoordigheid van die Here in die kerk se bediening het skielik vir ons almal ‘n groter werklikheid geword.

Kerkraadslede van PE-Noord wens nuwe lidmate na volwasse belydenisaflegging geluk. Vier van hulle is gedoop en het toe hul kinders ten doop gebring.

My gebed is dat hierdie toneel toenemend eerder die reël as die uitsondering in ons gemeentes sal wees.

 

Cradock-Noord neem nuwe orrel glansryk in gebruik

2010/06/14 by Danie Mouton 2 Comments »

“‘n Uitgelese groep kunstenaars het saamgespan om die ingebruikneming van Cradock-Noord se nuwe Johannus-orrel ‘n onvergeetlike ervaring te maak,” vertel ds Attie van Wyk, predikant van die gemeente en orrelis in eie reg.

Die konserte het op 4 en 5 Junie plaasgevind.  ‘n Groot hoeveelheid mense van reg oor die land het die konsert van bykans 3 ure bygewoon. Daar was konsertgangers uit die Kaap, Johannesburg, Port Elizabeth, Humansdorp en van die omliggende dorpe soos Adelaide, Graaff-Reinet en Burgersdorp.

Kunstenaars wat deelgeneem het aan die konsert om die ingebruikneming van Cradock-Noord se nuwe kerkorrel te vier. Agter: Bennie Jonker, Geoff van der Voort, Prieur du Plessis. Voor: Melissa Witbooi, Keith Moss, Corné Vollgraaff, Sarah Evans, Iloreez Meyer, Lilian Zeelie, Eon Malan, Dalene Els, Colin Campbell en Attie van Wyk

Op die program was ‘n groot verskeidenheid musiek, soos toccatas, gespeel deur Colin Campbell (Widor en Boëllmann), asook ligter gewyde musiek. Instrumentaliste met trompet en fluit asook strykers en sangers het opgetree.  Daar was ook samesang.

As orreliste het Colin Campbell, Geoff van der Voort, Dalene Els, Eon Malan en Attie van Wyk uitvoerings gelewer. Lilian Zeelie het  fluit gespeel, Keith Moss, Sarah Evans en Melissa Witbooi het as strykers opgetree, met sangers Iloreez Meyer, Prieur du Plessis en Lionel van Zyl. Bennie Jonker en Corné Volgraaff het die trompet bespeel.

Die drie manuale van die NG Kerk Cradock-Noord se nuwe Johannus-orrel - een van die grootste digitale orrels in Afrika.

“Die konserte was nie net ‘n fondsinsamelingpoging nie, maar ook ‘n fees om die skoonheid van musiek te geniet, lof aan die Here te bring, en mekaar se samesyn te geniet.  Dit was ‘n wonderlike ervaring om lidmate skouer aan die wiel te sien sit en saam te werk om van die aande ‘n sukses te maak,” sê Attie. “Mense is verras deur die wonderlike musiek op die platteland.  Ek dink dit was ‘n inspuiting vir die platteland om hierdie konserte te kon beleef.”

Die konserte is elke aand deur sowat 650 mense bygewoon.

Ds Attie van Wyk, predikant van Cradock-Noord en musikant in eie reg

Klik hier om te luister hoe Attie die program en samewerking van die lidmate beskryf.

 

Nuwe lidmate uit die Garcia-woonstelle

2010/06/09 by Danie Mouton No Comments »

Die Garcia sub-ekonomiese munisipale woonstelle is nie die soort plek waar mens graag wil bly nie.  ‘n Hele katologus van sosiaal-maatskaplike probleme, soos gesinsgeweld, verslawing, dwelmhandel, kinderverwaarlosing – en meer – kom hier voor.

Die woonstelblok is geleë in die Cambridge woonbuurt, so ‘n kilometer of wat van die kerkgebou van die NG Kerk Cambridge af.

Ds Sas Swart vertel die verhaal hoe die gemeente by hierdie woonstelblok, en spesifiek die kinders betrokke geraak het.  Hulle doen wonderlike werk om te verseker dat die kinders by die skool kom, in die middae geleentheid het om huiswerk te doen (in die kerksaal) en ook die geleentheid kry om Jesus van Nasaret te leer ken en te volg.

Daar is bitter min romanties aan dié werk.  Maar Jesus dring die gemeente, en daar is vrug op die werk. Ek sal vorentoe hieroor ‘n bydrae op die blog publiseer.

Deel van hierdie vrug is die ouers van hierdie kinders wat kerklik ingeskakel raak en op hulle beurt óf leer om die Here te volg, óf weer die geleentheid kry om betekenisvol by deel van ‘n geloofsgemeenskap te word.

Onlangs, in Mei 2010, het vier volwassenes uit hierdie woonstelblok belydenis van geloof in die Cambridge-gemeente afgelê.

Vier nuwe lidmate vir die NG Kerk Cambridge. Hierdie vier persone het in Mei 2010 belydenis van geloof in die gemeente afgelê as vrug van die gemeente se dienswerk onder kinders van die Garcia sub-ekonomiese munisipale woonstelle. Kloksgewys van bo in die hoek links verskyn Loretta, Willie, Vivian en Grace.

Die briefies wat hulle geskryf het om hul aansoeke om lidmaatskap te motiveer, is van die wonderlikste getuigskrifte wat ‘n gemeente kan kry.

Grace Devereaux skryf:

Let op die woorde: “‘n Kerk wat omgee vir mense.”  Dit is ‘n kerk wat om die regte redes aantreklik is en iets van die Here se hart vertoon.

Loretta Pillay sê die volgende:

Loretta se seun is aan ‘n rolstoel gekluister.  Die kerk se uitreik het hom weer ‘n ruimte gegee waarbinne hy kon sosialieer en waarin hy veilig kan wees.  Wat die kerk vir haar seun gedoen het, het Loretta beweeg om in te skakel.  Sy het dadelik gasvryheid ervaar.

Vivian September se briefie lees só:

Volgens die godsdienssosioloog Rodney Stark sal nuwe bekeerlinge tot ‘n geloof dikwels hul toewyding in terme van die aanvaarding van nuwe leerstellinge verduidelik.  Wat hulle tussen die reëls bedoel, is dat die leer van die kerk deur die hartlike verhoudinge en gasvrye ontvangs gelegitimeer is.

Willie Vorster skryf:

Willie word deel van die gemeente om deel te neem aan die dienswerk en getuienistaak.

Dit is ‘n ervaring om te beleef dat mense om die regte redes deel word van ‘n gemeente.  Cambridge help ons verstaan waaroor kerk-wees gaan.

 

Pinkster met vlae en sokkerballe

2010/06/03 by Danie Mouton 1 Comment »

Gratis rubbersokkerballe elke aand by die deure.  Die vlae van die 32 deelnemende lande teen die mure.  Die voorportaal met sokkerballe versier.  Lidmate met sokkerhempies aan.

Dis nie ’n gesig wat NG-Gemeentes kenmerk nie, maar só het PE-Lorraine vanjaar Pinkster aangebied.  Die sokkertemas het lidmate se verbeelding egter behoorlik aangegryp, vertel Anton Oliphant, predikant van die gemeente.

Lidmate van PE-Lorraine met van die sokkerballetjies wat tydens Pinkster by die deure uitgedeel is

Die oorhoofse tema was die finale eindstryd.  Dit is die stryd wat vir ons met Jesus se hemelvaart begin het, sê Anton, die stryd tussen die lig en die duisternis.  Die aandtemas het aspekte aangeraak soos:

  • Ken jou opponent, sy strategieë en verleiding, en berei jouself voor;
  • Gawes van die Gees. Elke spanlid is ’n belangrike speler en het belangrike gawes en ’n posisie.  Jy het doelskieters en middelveldverdedigers
  • Spangees, die belangrikheid van samewerking en eenheid.  Al lyk die opponente groot dra die spangees jou deur.
  • Lojaliteit aan die span.  Neem eienaarskap vir die span en die wedstryd.  Volg die Afrigter, Jesus!  Erken die Eienaar en Spanbestuurder.
  • Daar is ’n skare getuienis wat jou bemoedig.
  • Wat gebeur as die vyand ’n doel teen jou aanteken?  Moedeloosheid?  Hoe tree gelowiges op in tye van beproewing en moedeloosheid.  Op die projektor is foto’s vertoon van die moedeloosheid onder werklike sokkerspelers wanneer ’n doel teen hulle aangeteken word.
  • Oorwinning deur die Gees.

Die temas is toegelig met tipiese sokkerstrategieë, wat die spel vir lidmate ontsluit het.

Vlae van die 32 deelnemende lande is teen die mure van PE-Lorraine se kerkgebou tydens Pinkster aangebring. Daar is elke aand vir die lande gebid.

Daar is elke aand vir ’n ander deelnemende land gebid.  Informasie oor die politiek, bevolking, demografie is gebruik om gebedstemas (dankie sê en voorbidding) te formuleer.  Operation World se webblad was ook ’n belangrike bron vir inligting.  Só het lidmate die lande leer ken.

Anton vertel dankbaar dat die Pinksterdienste wonderlik bygewoon is. Die kerk was elke aand stampvol.

Die gemeente het selfs die TV-program Morning Live gehaal met hul foto’s en die verhaal van die Pinksterdienste.  Die feit dat ’n NG Kerk soveel aandag aan sokker gee was vir die aanbieders van Morning Live besonder betekenisvol, vertel Anton.  Hulle was verbaas dat die kerk ’n sokkertema kon én wou gebruik.

“Die Here het dit ’n hele ruk gelede op my hart gedruk om die sokkertema te gebruik.  Mens kan sokker gebruik om die koninkryk van die Here te dien.  Ons het altyd hierdie afstand tussen ons as rugby- en swartmense as sokkerondersteuners.  Mens kán en móét hierdie kloof oorbrug”, sê Anton.

“Gaan jy self sokker kyk,” vra ek vir Anton?  “Natuurlik,” sê hy, “ons kaartjies is gekoop!”