RSS Feed

Archive for the ‘Leierskap’ Category

Vyftien maniere waarop gemeentes skole kan ondersteun

2011/02/17 by Danie Mouton 2 Comments »

Onderwys is in ‘n krisis in Suid-Afrika.  Dit het met interne probleme te doen, maar ook met die verbrokkeling van die vesel van die gemeenskap.

Tydens ‘n ekumeniese gebedsgeleentheid  vir die onderwys in Port Elizabeth, het me NGI Bashman, hoof van die distrikskantoor van Onderwys in Uitenhage, die volgende wyses gedeel waarop gemeentes skole kan ondersteun:

1.  Neem ‘n skool aan

Gemeentes word aangemoedig om inisiatief te neem om ‘n nabygeleë skool aan te neem deur belangstelling te toon en vriendskapsbande te smee.  Die Onderwysdepartment en skoolhoof is vennote in die proses.  Gemeentes vermy beterweterigheid, en is eerstens ingestel op die smee van verhoudinge en die betoon van opregte belangstelling.

2.  Ondersteun huishoudings waar kinders in beheer is

Daar is talle huishoudings in talle gemeenskappe waar volwassenes afwesig is.  Die huishouding word deur kinders bestuur.  In sommige gevalle is die ouers oorlede, in ander gevalle weens ekonomiese of ander omstandighede afwesig.  Gemeentes kan help om hierdie verskynsel in gemeenskappe te oudit.  Hoeveel van hierdie huishoudings is daar, en hoe kan die gemeenskap mede-verantwoordelikheid neem om die lot van hierdie kinders te verlig?

3.  Verhoed kinderswangerskappe

Gemeenskappe moet doelgerig saamstaan teen kinderswangerskappe.  Gemeentes kan veral fokus op die bemagtiging van ouers om kinders te begelei rondom hul seksualiteit.

4.  Donasies

Gemeentes moedig ouers aan om nuttige items wat nie langer gebruik word nie, skool toe te neem.  Voorbeelde: ou skooluniforms, boeke, skoene, skryfbehoeftes.

5.  Neem kinders op in die skoolsisteem

Dit gebeur dat Graad 12-leerders druip en dan besluit om nie terug te gaan skool toe nie.  Daar is dikwels kinders van skoolgaande ouderdom in gemeenskappe wat nie in die skool is nie.  Hierdie kinders word nie toegerus vir ‘n produktiewe toekoms nie.  Gemeentes kan in vennootskap met die Onderwysdepartement sodanige leerders identifiseer en motiveer om skool toe te gaan.

6.  Verskaf informasie

Gemeentes kan ‘n opvoedingsmaand instel waartydens die Onderwysdepartement genooi word om informasie te kom deel.  Veranderings in die kurrikulum kan toegelig word, besonderhede oor bv. winterskool- of lenteskoolprogramme gedeel word, sportprogramme bekendgestel word, en selfs eksamentye gedeel word.  Die belangstelling van die gemeenskap in hierdie programme, en die motivering van leerders, kan ‘n beduidende verskil aan die funksionering van skole maak.

7.  Kommunikasie tussen die Departement en gemeentes

Die Onderwysdepartement het ‘n behoefte om gemeentes in te sluit in amptelike kommunikasie oor onderwysaangeleenthede.  Distrikskantore gee bv. jaarliks ‘n analise van eksamenuitslae van Graad 1 tot 12.  Predikante en gemeenteleiers kan dit in amptelike hoedanigheid bywoon, begrip en ‘n aanvoeling ontwikkel, en toegerus word om leiding aan gemeentes te gee oor betrokkenheid by die verbetering van onderwysresultate.

8.  Gee geleentheid vir huiswerk

Gemeentes word aangemoedig om hul fasiliteite op weeksmiddae beskikbaar te stel vir die leerders van die gemeenskap om huiswerk te kom doen.  Lidmate kan versoek word om per rooster toesig te hou.  Daar is baie huishoudings wat om verskeie redes nie aan leerders geleentheid vir studie kan bied nie.

9.  Berading

Gemeentes kan nooit genoeg doen in terme van familieberading en die versterking van gesinne nie.  Die meeste leerders kom uit gebroke of disfunksionele huise, selfs waar die ouers nie geskei is nie.  Hierdie sosiale onstabiliteit is ‘n ernstige struikelblok vir opvoedkundiges.

10.  Ondersteun die opvoeders

Gemeentes kan opvoeders op die volgende praktiese maniere ondersteun:

  • Stresbestuur
  • Begrotingsbestuur
  • Wellness-programme tesame met die hantering van portuurdruk
  • Gebedsondersteuning
  • Gesinsberading
  • Betrek opvoeders in singewende kerklike aktiwiteite
  • Motivering en die herstel van die waardigheid van die onderwysprofessie

11.  Gedragsmodifikasie

Ernstige probleme in leerdergedrag kom voor rondom sake soos dissipline, verslawing, sosiale aanpassing, en moraliteit.  Kerk en skool moet saam bemagtigende planne maak om hierdie sake aan te spreek.

12.  Tydige aansoeke

Gemeentes moet alles moontlik doen om ouers in September / Oktober van die vorige jaar aan te moedig om betyds aansoek om die toelating van hul kinders tot skole te doen.  Die begin van die akademiese skooljaar word dikwels vertraag omdat ouers laat aansoek om toelating doen.

13.  Gebed tydens sleutelmomente

Gebedsondersteuning vir skole rondom sleutelmomente op die akademiese kalender word benodig, bv in eksamentyd, die aanvang van skoolkwartale, e.s.m.

14.  Gestremde leerders

In sommige gemeenskappe steek ouers hul gestremde kinders tuis weg.  Kerke kan ‘n kultuur skep waarin dit veilig is vir ouers om hierdie kinders vir opvoeding en onderwys aan te meld.

15.  Databasis van vaardighede

Skole benodig van tyd tot tyd die dienste van persone met bepaalde vaardighede, bv vir herstelwerk, sekuriteit, toesighouding, e.s.m.  Gemeentes wat ‘n databank het van bv. werklose lede en hulle vaardighede kan skole help om toegang tot hierdie soort ondersteuning te kry.

Kerkrade kan hierdie lysie gerus deurwerk om te bepaal welke van hierdie strategieë deur die gemeente toegepas kan word.

 

Gesprek as kragtige middel om gemeentekultuur te vorm

2010/10/28 by Danie Mouton No Comments »

Anthony Robinson is bekend vir sy uitstekende boek uit 2003, Transforming Congregational Culture. Dié boek het baie predikante baie gehelp.

Robinson deel nou die nuutste ontwikkeling in sy denke oor leierskap en die transformasie van gemeentelike kultuur op ’n baie praktiese manier in sy nuwe boek: Changing the Conversation, a third way for congregations (Eerdmans).

Verlede jaar met die Wêreldsokkerbeker het sommige predikante – moedeloos – gesê dat hul gemeentes se kultuur nie gemeenskapsbetrokkenheid toelaat nie.  Mense in magtige leiersposisies in die gemeente hou by die tradisionele game plan en sien nie enige noodsaak om iets nuuts te doen en uit te reik na die gemeenskap nie.

Robinson help ons verstaan dat ons nie die slagoffers van ons gemeentelike kultuur is nie, maar dat ons op ’n sinvolle manier kan help vorm gee aan ’n nuwe kultuur wat op ’n organiese manier uit die beste van die bestaande kultuur groei.

Sy uitgangspunt is dat die verandering van ’n instelling se kultuur bestaan uit die aanpassing van die basiese gesprek wat gevoer word.  Diegene wat die verandering lei, ontdek nuwe taal, of herontdek ouer taal, lei nuwe gesprekstemas in, formuleer nuwe agendas, en bied alternatiewe maniere aan om sake, kwessies en probleme te verstaan.

Tien aspekte

Die tien aspekte of gesprekke, as jy wil, wat in gemeentes aandag moet kry, is volgens hom die volgende:

It’s not about you – dit gaan oor die groter kultuur en konteks;

And yet … It is about you – ons moet self ook vanuit ’n ontmoeting met Christus leer watter reaksie Christus van ons vra op ons omstandighede;

A New Heart – hierdie hoofstuk behandel die noodsaak van bekering in gemeentes, ook op die vlak van die gemeenskap van gelowiges – gemeentes moet hulself bekeer (voortdurend);

Who shall lead them – ’n stewige hoofstuk oor optimale gemeentelike leierskap;

Why are we here? ’n Skitterende hoofstuk oor doel of roeping en die rol daarvan in gemeentes;

Write the vision;

Let’s get (less) organised! – Nog ’n stewige hoofstuk oor gemeentelike leierskap;

The Church and the public sphere;

*  Death and resurrection;

Where do we start?

 

Transformative Community Partnerships

2010/07/01 by Danie Mouton No Comments »

This is a summary of a speech given to an ecumenical group of Christian leaders in Port Elizabeth, on Thursday 1 July 2010.

1. What next?

As ecumenically representative group of church leaders we need to concern ourselves with the never-ending task of discerning the way forward. What do we do next as body of Christ?

(Note: By “we” I refer to a more or less undefined communitas of congregational leaders in the Nelson Mandela Metropole, a group of friends and like-minded visionaries who meet from time to time, e.g. to have breakfast together. The role of TCN (and Fountain Vineyard in another way) in keeping this band together is much appreciated.)

We have a commendable history of being enablers. We discern a common call, and work towards empowering churches and believers to take the necessary initiatives and further the common goals in a way fitting with their own particular identity, style, spirituality and gifting. The way the church cooperated with The Ultimate Goal-Project and with the National Prayer Day-Initiative are prime examples.

Whatever we promote, we need to do it in such a way that we empower the faithful at ground level to do God’s work. I propose that we continue to lead by focusing on an common vision and a common calling as church, and less on centralised management. That has been one of our habits, and a good one too. Jesus Christ as Head of his Church directs congregations and faith communities in such a way that a beautiful symphony of joint ministry evolves in a way that human effort cannot hope to organise. That is the promise given to those who seek God’s will and obey God’s calling: our efforts will be richly blessed beyond our wildest dreams.

In this short document I propose that we do more intentional what we have already been up to over a long period of time. We, at this point in time, need to promote transformative community partnerships at every possible level. Some may involve congregations directly, others will thrive in others spheres of society, e.g. Christian businesses, academics, teachers, the public, etc. Some will tend to be more formalised, others will be informal and may exist only for a short period. But all partnerships will have the common goal of doing God’s work in weaving healing, justice and joy into the very fabric of our society.

2. Theological framework

2.1 Identity of God

A proper perspective on God’s revealed identity and the coming of God’s kingdom in our world is necessary to develop a sense of evangelical social responsibility. We need to formulate – on the basis of the bible – what we dare to expect of God in our society. Our confession of who God is, and what God is up to, will influence our understanding of our calling in society.

The fundamental Christian confession is that God is a Trinitarian God. God is revealed as a holy Community of Father, Son and Holy Spirit. There is diversity and relationships of love in God. God is relational and social. God is Being in Communion.

The intention of early church was not to formulate a Trinitarian dogma, but to describe the fundamental reality or landscape that we find ourselves in. We may dare to say that God created the cosmos out of and for relational love. We may also say that God “participates” lovingly in God’s creation.

The Bible portrays an active God, a triune God on a mission. Since the fall into sin God works actively to restore relationships, and to bring healing to the cosmos.

2.2 God and salvation

What we confess about God influences our expectation of God’s salvation.

Example 1: For some Christians God is not interested in the world. God just wants to save us from the world, for his heavenly kingdom. We are not saved for the world, our salvation is that we are whisked away from it. Salvation is only to be freed from sin in order to gain access to heaven. The world is damned and will be damned, therefore we do not contemplate the world, we contemplate heaven. Salvation is to have your eternal destination sorted out.

Example 2: Others see Jesus as a revolutionary who is not interested in a life bigger than the life we have at the moment. Jesus is only interested in social transformation. Salvation is an improved socio-economic set of circumstances. We are captives of the here and now, that is all we have and all we need.

Example 3: For some God is the God of the individual. Whatever we may expect of God, it will be localised in the lives of individuals, be it our individual justification, healing, or prosperity. If salvation benefits the individual, then evil, disobedience, illness etc will be localised in the individual as well. We are then blind-sides regarding systemic evil and illness, to be healed by a system-wide response.

The Bible says, I propose, that we take the world seriously as God’s creation. That is simply why so much is said about creation – and our responsibility for it. Creation is to be understood inclusively, it also includes us as human beings. Even after sin damaged creation, God is concerned with his creation. God continues to create a trustworthy world, where it is safe and joyful to live.

Indeed, the triune God is actively involved in God’s creation, bringing healing, justice and joy through the coming of God’s kingdom in every sphere of creation. As holy and loving Community or Partnership of Father, Son and Holy Spirit, God brings restoration in relationships, and creates a trustworthy world through love and justice. He opposes brokenness, and brings restoration. God’s ministry is to weave peace into the life of God’s creation. This is a summary of the Christian Credo through the ages.

2.3 God’s call

God is up to something in every community, and invites Christians to join Him in pursuing God’s purposes. His calling is local and specific. Faith communities and individual Christians are therefore held accountable to – through spiritual discernment – identify God’s calling on their lives.

God’s calling cannot be reduced to involvement in a congregation’s programme or the maintenance of congregational interests only. It is broader.

God always call us in partnership with others. Through spiritual discernment we do not only discern our local and specific calling, but also the partners God gives us. Those partners are not only other congregations or Christians, but can involve any other person or agency, e.g. businesses, government institutions etc.

To be a disciple of Jesus, means to be called. To be a Christian faith community means to be called. And this call has – always – social and system-wide dimensions.

2.4 God’s kingdom

God’s kingdom and the church is not identical. The kingdom is bigger than the church. The church, as community of believers, is a sign, a foretaste and an instrument of the kingdom. The church is everywhere. It follows that the daily work believers do is also part of the kingdom, and serving the kingdom.

We therefore need to look at our daily work as sign, foretaste and instrument of the kingdom. The police officer, the veterinarian, the medical doctor, teacher, shop-owner, all of us are partners in the coming of God’s kingdom.

3. Transformative community partnerships

3.1 Conceptual

The concept of transformative community partnerships (TCP) is a way in which Christians and others join hands to weave trustworthiness, healing, justice, peace and joy into communities. We do it practically, with an eye on God’s future for us. The biblical expectation of a blissful future, energises us to change this world in the direction of God’s new world at the end of this age. We call this change biblical transformation.

A vital priority for Christian leaders is to strategise in order to bring Christians and agencies purposefully in contact with one another, in order to form transformative community partnerships as a way of taking hands to join God in God’s mission. These partnerships will include all role-players. The idea is to discover who the partners are that God gives us for our particular calling of mission.

3.2 The church’s collective role

What can the ecumenical or collective church in our metro pole do to further partnerships? A few ideas:

1. Promote the vision.

2. Train members to partner. Various agencies offer partnership training for specific purposes. We may also developed our own training.

3. Discover and introduce partners to one another. We need a strategy to help us see God’s call, to see various possible partners, and to meet them.

4. Workshop specific areas, let’s say education or the environment, and form partnerships to support the task of education.

5. Identify and communicate the stories of various partnerships that may already exist, although we do not see them for what they are.

6. Set believers free to do what God calls them to do – we do not claim their time and resources exclusively for the congregation’s program.

7. Prayer

8. Identify ways to represent, or invite, the community into the congregation’s life, e.g. during church services.

9. Promote an asset-based approach to community transformation. Those formed by Western cultural values often view so-called underdeveloped communities as empty jars in need of being filled with help from the outside. In this frame of mind the Western culture is superior and we need to bring those being left behind to the same standards by delivering a superior package of knowledge and skills. This approach disregards the resources God is providing in every community.

Note: What is asset-based community development?

ABCD is a methodology that seeks to uncover and utilize the strengths within communities as a means for sustainable development. The basic tenet is that a capacities focused approach is more likely to empower the community and therefore mobilize citizens to create positive and meaningful change from within. Instead of focusing on a community’s needs, deficiencies and problems, the ABCD approach helps them become stronger and more self-reliant by discovering, mapping and mobilizing all their local assets. Few people realize how many assets any community has, for example:

• Skills of its citizens, from youth to people with disabilities, from thriving professionals to starving artists

• Dedication of its citizens associations — churches, culture groups, clubs, neighbourhood associations

• Resources of its formal institutions — businesses, schools, libraries, community colleges, hospitals, parks, social service agencies

By the late 1990s, communities around the country were mapping and using these resources in imaginative ways, bringing them out of the closet and into creative synergy with each other, with dramatic results. Asset-based community development has provided leaders and institutions in all sectors with an approach that is relatively cheap, effective and empowering, that avoids paternalism and dependence — an approach that can be supported by all parts of the political spectrum and initiated at any level of civic life.

The first step in the process of community development is to assess the resources of a community through a capacity inventory or through another process of talking to the residents to determine what types of skills and experience are available to a community organization. The next step is to consult with the community and find out what improvements the residents would like to make. The final, and most challenging step, is to determine how the residents’ skills can be leveraged into achieving those goals.

4. The next step

This short presentation is intended to stimulate thought. We should workshop the idea of community partnerships as a possible way forward for the church collective in our metro pole to promote Christian change in society.

 

Hoe krimp gemeentes suksesvol?

2010/04/21 by Danie Mouton 7 Comments »

Die massiewe foto van Charles Murray, agter my,  domineer die konsistorie.  Links staan die pragtige egte silwer nagmaalservies uitgestal (uit die vroeë 19e eeu).  Die houtplafon imponeer.  Rye foto’s van generasies van bekende predikante is uitgestal in  die konsistorie, reg rondom ons, waaronder dié van pa Andrew Murray en seun Charles, saam vir 82 jaar predikante in hierdie gemeente.  Hierdie gemeente het goue oomblikke geken.

Ons sit in die imposante gebou van die sesde oudste gemeente van die NG Kerk in Suid-Afrika, die NG Kerk Graaff-Reinet.  (Die gebou is gebaseer op die ontwerp van die Salisbury Katedraal in Engeland.) Deur die oop deur sien ek hoe toeriste die kerkgebou, met sy kansel van Burmese Teak, bewonderend waardeer.  Terwyl ons gesels, verskyn voor my geestesoog die pragtige kerkgeboue van Aberdeen (hoogste kerktoring in die land), Nieu-Bethesda, Klipplaat, Nuwekerk, Jansenville, selfs Murraysburg – om maar ‘n paar te noem.

NG Kerk Graaff-Reinet

Kerkgebou van die NG Kerk Graaff-Reinet

Die dominees van die Ring van Graaff-Reinet is vandag bymekaar.  Ons beplan aan ‘n klein-gemeente-konferensie wat oor ‘n paar maande in die ring gehou gaan word.

Die pragtige kerkgeboue getuig van ‘n tyd toe hierdie gemeentes sterk, welvarend en finansieel lewenskragtig was.  Vandag gebeur daar steeds besondere goed in die gemeentes, maar in die meeste gevalle is die finansiële krag daarmee heen.  Sommige kan nie langer predikante bekostig nie, ander berei hulle voor vir die tyd wanneer hulle hul dominee gaan verloor.  Nog ander het reeds voltydse predikante verloor.

Uit die elf gemeentes in die ring het sewe nog predikante, hoewel net 2 nog ten volle volgens sinodale riglyn betaal word.

Die vraag is: hoe vorentoe?  Waarom het hierdie ring, wat soveel finansieël sterk gemeentes gehad het, vandag ‘n hele aantal marginale (in terme van finansies en lidmaattal) geloofsgemeenskappe?

In die gesprek word die volgende faktore buite direkte beheer van die gemeentes genoem:

  • Die karakter van boerdery het oor die afgelope dekades radikaal verander.  Aanvanklik is op baie kleiner eenhede geboer, maar om ekonomies op haalbare skaal te boer verg deesdae groot landboueenhede.  Dit bring ontvolking mee.
  • Wildsboerdery het baie toegeneem.  Wildsplase is groot en veel minder arbeidsintensief as selfs veeboerdery. Dit spel ook ‘n verlies aan lidmate.
  • Persone koop plase en bewoon dit slegs gedeeltes van die jaar, of selde.  Dit geld veral wildsboerdery.
  • Die Addo Nasionale Park se grondgebied is uitgebrei en ontvolk gedeeltes van die ring wat boerdery betref (dink veral aan die area rondom die Darlingtondam).
  • Die Spoorweë het aktiwiteite op kleiner dorpies, soos Klipplaat, grootliks beëindig.  Die ou stoomtrein-tegnologie het ondersteuningspersoneel op verskeie plekke langs die spoorlyn nodig gehad.  Met elektriese of dieseleenhede en rekenaarbeheer vir wissels kan die spoorstelsel sentraal vanuit groot sentra beheer word.

Die krimp in lidmaattalle het egter ook met faktore volkome binne die beheer van gemeentes te doen.  Die volgende opmerkings word nie beskamend bedoel nie, maar bloot bedoel om die konseptuele landskap waarbinne baie gemeentes funksioneer te beskryf:

  • Waar nuwelinge wel gemeenskappe betree, word hulle nie intensioneel binne gemeentes geïntegreer nie.  Daar is ‘n baie lae bewussyn dat die kerk moet uitreik na nuwelinge, hulle gasvry verwelkom en binne die gemeente integreer.
  • Die NG Kerk se volkskerk-erfenis laat hom ook geld.  Dit is nie vanselfsprekend dat lidmate oor grense sal gaan en persone buite die Afrikanerkring sal verwelkom nie.  Dit is nie “ons mense” nie.
  • Daar is ‘n onderwaardering van die bydrae wat lidmate tot die effektiewe bediening van gemeentes kan lewer.  ‘n Oorafhanklikheid van predikante lei daartoe dat gemeentes sonder predikante onnodig stagneer, en net funksioneer wanneer ‘n dominee van buite betrek kan word.  Gemeentes ontbeer dus inisiatief en gawes wat in die bestaande lidmaattal beskikbaar is, maar weens ‘n gebrek aan ‘n toepaslike bedieningsmodel onbenut bly.
  • Wanneer die finansiële oorlewing van die gemeente die primêre motief raak, word die gemeente gediskonnekteer van God se lewegewende bedoelinge met die geloofsgemeenskap.

Weer eens:  hierdie opmerkings is bedoel om die landskap te beskryf, nie om te beskaam nie.  Die punt is: as dit die de facto situasie is, wat kan gemeentes doen om hulle selfverstaan en bedieningsmodelle aan te pas?  Wie is daar wat die Here na ons gemeentes stuur?   Hoe kan ons hulle verwelkom?  Hoe moet ons verander om hulle by ons welkom te heet?

Verder:  hoe kan ons ‘n Bybelse, inklusiewe kerkbegrip ontwikkel?  Hoe sien die Bybel die kerk?  Indien die Here die kerk bymekaar roep, voor God se aangesig sentreer, leer en vorm, en die kerk daarna uitstuur, wie behoort aan die kerk?  Na wie word ons gestuur?  Hoe verwelkom ons hulle?

Wat gaan die rol van die predikant in die ontwikkeling van ‘n Bybelse kerkbegrip wees?  Dit is duidelik dat lidmate in die toekoms ‘n groter rol in die bediening in gemeentes moet speel.  Hiervoor moet ‘n visie ontwikkel word.  In talle gemeentes voel dit na ‘n neerlaag wanneer die gemeente nie langer ‘n dominee kan bekostig nie.  Dit is onnodig, maar gemeentes gaan nie groei na ‘n bediening wat die gawes van lidmate ontsluit en benut as die ring, of die uitgaande predikant, nie die visie hiervoor ontwikkel nie.

Hoe krimp gemeentes suksesvol?

In die pynlike proses van krimp, sê die dominees van die ring van Graaff-Reinet vir my, moet gemeentes hulle voorberei op nuwe finansiële realiteite en gereed maak vir lidmaatgedrewe bedieninge.

Terselftertyd moet krimp nie as normaal en vanselfsprekend aanvaar word nie.  Die vraag is eerder: hoe transformeer gemeentes suksesvol?  Aan wie behoort die toekoms van die gemeente?  Wie in die gemeenskap is die geestelike erfgename van hulle wat hierdie geboue opgerig en geloof oor eeue en dekades lewend gehou het?  Hoe gaan ons hulle insluit, en onsself transformeer om hulle te kan verwelkom?

Hierdie transformasie van krimpende gemeentes in gemeenskapsgerigte kerke behoort met die volgende rekening te hou:

  • ‘n Verantwoorde proses van fasiliterende leierskap waardeur die gemeente so wyd moontlik ingeskakel word in die ontdekking van ‘n nuwe roeping vir ‘n nuwe tyd;
  • Die beoefening van korporatiewe geestelike dissiplines wat die gemeente help tot ‘n beskrywing van hul identiteit voor God se aangesig, en in die lig van die Woord;
  • ‘n Diep en geestelike konneksie met die gemeenskap, waarin die gemeente vra na wie die Here hulle stuur?
  • Roeping is die perspektief van waaruit die gemeente se bestaan, en die gestaltes daarvan, bedink word.  Dit verg gebed en afhanklikheid van die Here, waarin die lidmate die gemeente “teruggee” vir die Here en van die Here afbid hoe die gemeente moet voortbestaan;
  • Meganiese prosesse wat bloot met rasionele logika rekening hou en die beste opsies vir finansiële oorlewing wil kies, moet vermy word.

Ringe behoort die opsie ter vermy om gemeentes bloot te sluit, omdat hulle nie langer volgens kerkordelike bepalings kan voortbestaan nie.  Wanneer mens in terme van roeping dink, kan ‘n gemeente van 20 mense betekenisvol voortbestaan. Toegeruste lidmate en mentorskap van geestelike leiers, soos ringspredikante, is nodig.  Byvoorbeeld:  in ‘n land soos Turkye, waar die Christelike geloof tans weer stadig maar seker groei, is dit niks snaaks om gemeentes van 8 lidmate te ontmoet nie.  Waarom dan nie in Suid-Afrika nie?  Ons moet net buite die konvensionele wysheid en bestaande bedieningspraktyke (wat baie geld en groot geboue benodig) dink.

Gemeentes kan suksesvol krimp en transformeer.  Hiertoe moet teologies-konseptuele beperkings op wat ‘n gemeente is aangepas word.

 

God se beeld in die karretjiemense

2010/03/31 by Danie Mouton 4 Comments »

“Wanneer jy onder die karretjie inkruip, en langs die ma en haar babatjie regskuif, sien jy die beeld van God in die verslete gelaat van ‘n mede-mens”, vertel Estelle Jacobs, projekkoördineerder van die Hantam Gemeenskap-Opvoedingprojek.

“My lewensroeping is om hoop  vir die karretjie-mense en eenvoudige plaaswerkers van die uitgestrekte, harde vlaktes van die Karoo te bring.  Wrede letsels van alkoholmisbruik, fetale alkoholsindroom, dagga, blootstelling aan die elemente, die ingeperkte lewe op of onder ‘n donkiekarretjie, onkunde en die afwesigheid van die vaderfiguur is op gesigte uitgekerf.  Ons skep saam aan ‘n beter toekoms vir die kinders, en om die kinders te bereik, moet jy met die ma, en die gesin, en die gemeenskap in geheel werk”.

Estelle is lidmaat van die NG Kerk Colesberg.  Ons gesels op die oewer van die Oranjerivier, wat breed en rustig vloei na goeie reëns, tydens ‘n gemeentekamp wat oor dissipelskap handel.  Haar passie vir die Here en haar deernis met die plaaswerkers is duidelik sigbaar.  Sy lééf haar roeping.

Die gemeenskapstrust het 20 jaar gelede ontstaan as ‘n opvoedingsprojek vir kinders.  Gou is besef dat mens nie met die kinders alleen kan werk nie.  Boere as werkgewers, die ouers van die kinders, en die gemeenskap moet verander om ‘n ruimte te skep waarin die kinders se talente ontgin kan word, en hulle voorberei kan word vir die lewe.

Karretjiemense around a fire, Northern Cape - Heinrich HJ von Michaelis

“Fetale alkoholsindroom is ‘n geweldige groot sindroom.  Moeders hier dink nie aan die fetus as ‘n ontwikkelende mensie binne-in haar wie se toekoms deur haar optrede beïnvloed word nie.  Ons moet hulle opvoed.  Deur netwerke wat oor ‘n lang tyd gevestig is, word swangerskappe nou by ons kliniek aangemeld, waarna ‘n gesondheidswerker die moeder dadelik gaan besoek en adviseer oor lewensstyl, eetgewoontes en gedrag.  Daar word na die lewensomstandighede gekyk en die moeder word bygestaan om die swangerskap reg te laat verloop.  Dit verg dat mens onder ‘n donkiekarretjie moet gaan sit, en praat oor hoe hierdie ‘n veilige wêreldjie kan wees vir die ongebore kind, en later vir die opgroeiende mensie.”

Kursusse in temas effektiewe ouerskap, die ontwikkeling van ouers as rolmodelle, toesig oor huiswerk van die kinders, begroting, seksualiteit, en MIV/Vigs voorkoming word onder meer aangebied.  Die trust bedryf ook ‘n gemeenskapskool en –kliniek.

“Ek het geleer om God in die aangesig van hierdie mensies raak te sien.  Jesus is as mens gebore ter wille van ons.  Ek volg in sy voetspore en steek self die grense oor na mense wat soveel genade nodig het.  Ek glo ons belê in die kinders van hierdie gemeenskap se toekoms.  Stadig maar seker verander die ouers, en verbeter die lewensomstandighede.  Hierdie mensies is só ontvanklik vir wat ons hulle leer.  Ons betoon soveel liefde, en hulle ook weer.  Elke naweek wat mense nie dronk is nie, is ‘n deurbraak.  Hulle aanvaar dit as ons hulle aanspreek, hulle gryp ons konkrete liefdesdade aan, en hulle verryk ons lewens”.

Ek wil dadelik weet: “Hulle verryk julle lewens?”  “O ja,” borrel Estelle, “dit is mense met ‘n eenvoudige, konkrete geloof wat op die Here self fokus.  Dit is mense wat, met die bietjie wat hulle het, opoffer om ander te help en by te staan.  Daar is deernis, nederigheid en eerlikheid in oormaat.  God word in terme van die natuur as die Vader van almal en alles beleef.  Hulle help jou om jou geloof in God te veranker, nie in idees of teorieë oor God nie.”

Estelle vertel van die swart vrou wat ‘n negejarige seun onder haar vlerk geneem het.  Beide sy ouers is oorlede, en hy ly erg aan fetale alkoholsindroom.  Sy ontwikkelingmoontlikhede is uiters beperk, en emosioneel is hy ‘n babatjie.  “Jy kan jou nie die skeidingsangs indink – op alle vlakke – wat sy lewetjie kenmerk nie.  En hierdie vrou sorg vir hom soos haar eie.  Watter lewensverrykende voorbeeld van liefde en geloof”.

Estelle begeer dat die trust se kundigheid gedupliseer kan word, en dat hulle weer by ander kan leer wat dieselfde doen.

Ek bid dat die Here haar ryklik sal seën met liefde wat breed, diep en wyd soos die Oranje vloei, sy wat deur die liefde van Christus gedring word.

[Hierdie artikel het in Kerkbode van 19 Maart 2010 verskyn – www.kerkbode.co.za]

 

Ekumeniese gebedsbyeenkoms by Sokkerstadion

2010/03/22 by Danie Mouton 1 Comment »

Vanuit byna alle denominasies het Christene op 22 Maart by die nuwe Wêreldbekersokkerstadion in Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) byeengekom.  Die doel was om ‘n 2 km-lang lewende ketting reg rondom die stadion te span, presies om 16:00, en die seën van die Here op die stadion, die Wêreldbekertoernooi 2010, en die gemeenskap af te bid.

Dit was vir ons as organiseerders ‘n vraag of genoeg gelowiges sou opdaag om die ketting te voltooi.  Wel, dit het toe gebeur!  Dit was lekker om ‘n hele aantal NG Gemeentes verteenwoordig te sien.

Klik op die posseëlbeeld om die volle foto te sien:

Merkwaardig genoeg het almal op hul eie wyse gebid.  Sommige kerkgroepe is duidelik meer aktivisties en luidrugtig as ander!  Tog het Anglikane, NG-lidmate, Charismate, Pentakostaliste, Katolieke, lede van die Salvation Army en ander hand-aan-hand en skouer-aan-skouer gebid.

Die waarde van hierdie soort byeenkoms is ‘n publieke getuienis dat Christene saam verantwoordelikheid neem en belangstel in die gemeenskap.  Gereformeerdes is dikwels afwysend teenoor die diversiteit spiritualiteite by so ‘n byeenkoms.  Dit is gevaarlik en jammerlik.  Enige soort teologie wat Christene publiek uitmekaar hou, is nadelig vir die kerk se getuienis.

[Klik hier om meer foto’s te sien, in ‘n groter formaat. Onthou om op die posseëlformaat te klik om die volle grootte foto te sien.]

Na VoorbladNa Inhoudsopgawe

 

‘n Moederlike bediening

2010/03/20 by Danie Mouton No Comments »

Volgens die Nuwe Testament kan mens die gemeentelike bediening baie betekenisvol in moederlike terme verstaan.  Gemeentes verteenwoordig dikwels ‘n manlik-gedomineerde omgewing.  Daarom is dit des te meer opvallend hoe die Nuwe Testament aan die gemeente as moeder dink:

Een:  Ons moederlike bediening as versorging:

1 Tessalonisense 2:7-8: “Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ‘n ma wat haar kinders vertroetel.  So geheg is ons aan julle dat ons nie net die evangelie van God aan julle gegee het nie, maar ook ons lewe vir julle sou wou gee, want ons het julle lief gekry.”

1 Korintiërs 3:1-3: “Ek kon nie met julle praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus.  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie.  En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want julle is nog wêreldse mense.  Daar kom jaloesie en twis onder julle voor.  Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie?” read more…

 

Demografiese skuiwe maak ‘n impak op gemeentes

by Danie Mouton No Comments »

Hoe gemaak as ‘n gemeente baie klein word, met geen tradisionele voedingsbronne meer nie?

Dink aan die klein Lutherse gemeentes in die Grensgebied (in die omgewing van Oos-Londen, Oos-Kaap). Hulle is die geestelike nasate van Duitsers wat 150 jaar gelede hier gevestig is en groot invloed op die streek se ekonomie uitgeoefen het.  Vandag kom daar nie meer Duitsers na hierdie omgewing nie.  Die meeste van hierdie gemeentes besef dat hulle werk het om te doen rondom hul identiteitsverstaan en samestelling.

Dink aan talle NG Gemeentes in sentrale stadsgebiede waar lidmate weggetrek het na die voorstede toe.  Daar is geen sprake dat tradisionele NG lidmate (Afrikaanssprekend, blank, middelklas) weer na hierdie omgewings sal skuif nie.   Sommige van hierdie gemeentes neem merkwaardige inisiatiewe, ander begin noustrop trek en oorweeg om hul deure te sluit.  Talle het dit reeds gedoen.

In die SA demografiese konteks woon daar vandag – ironies genoeg – waarskynlik méér mense in die omgewing van hierdie klein gemeentes as ooit vantevore in hul geskiedenis.  Meer mense, maar minder tradisionele lidmate. read more…

 

Bemagtigde response op uitdagings

2010/03/01 by Danie Mouton 2 Comments »

In ‘n vorige bydrae het ek geskryf oor die twee noodsaaklike bewegings vir gemeentes wat hulle gestuurde roeping uitvoer:

  • Van onbewustheid na ‘n daadwerklike bewussyn van die omliggende gemeenskap en die gemeente se roeping om die Here se genesing daarin te weef;
  • Van onmag na bemagtigde response – aanvanklik mag die gemeente oorweldig wees deur die nood en geen idee hê wat verwag word of wat om te doen nie.

In hierdie bydrae gebruik ek die insigte van Elize Morkel, gedeel tydens ‘n werkswinkel oor diversiteit in Port Elizabeth, om na te dink oor praktiese maniere waarop gemeentes bemagtig kan word om te reageer op die gestuurde uitdagings in die omliggende gemeenskap.  (Verwys na die oefening aan die einde van hierdie bydrae.)

Wanneer gemeentes die gemeenskap betree, mag lidmate en leiers aanvanklik seker wees hulle weet wat om te doen.  Niemand het sulke blink planne soos die stuurman wat aan wal staan nie.  Hoe dinge in ons eie geledere werk, is gewoonlik nie hoe ander gemeenskappe dink die wêreld steek aanmekaar nie.  Ons teorieë mag vinnig deur die mat val – voor ons weet is ons gekonfronteer met die posisie van bewus maar onmagtigkwadrant 3 soos beskryf in my vorige bydrae.

Hierdie onmag, wat dikwels met aggressie (“as almal net wil saamwerk”) of projeksie (“as die ou spulletjie net wil regkom”) gepaard gaan, vra nou na die ontwikkeling van bemagtigde response.

Redelike hoop

Elize Morkel verwys na die werk van Kaethe Weingarten* waarin sy met die konsep van reasonable hope werk.

Reasonable hope verwys na aksies wat een of meer mense kan neem ten einde sinvol te reageer op harde, bestaande werklikhede om ‘n uitkoms wat hoop gee en binne bereik is, te skep.

Wat redelike hoop nié is nie: Wanneer ons gewoonweg oor hoop praat, dink ons meestal aan die ideale uitkoms wat baie ver buite ons bereik is.  Hierdie soort hoop wil gretig wag op die toekoms,  op die aanbreek van die utopie, en intussen is die tyd wat verloop gevul met afwagting – sal ons ideaal werklikheid word? In hierdie sin is hoop ‘n eienskap van ‘n persoon (“hoopvolle mense”) en verwys na iets wat nou onbereikbaar is.

Redelike hoop fokus op dit wat binne bereik is, dit maak sin uit die hede en reageer op die hede op maniere wat ons voorberei vir die toekoms.  Redelike hoop bou ‘n stellasie uit die hede wat ons voordelig posisioneer met die oog op die toekoms.  Die hede word gevul met werk, met gesamentlike aksie wat sinmaak met wat gebeur en betekenisvol daarop reageer. Daar is geen waarborge van sukses nie, maar tog is daar aksie.

‘n Voorbeeld:  Elize het tydens die werkswinkel verwys na ‘n egpaar op die Kaapse Vlakte wie se kind verdwyn het.  Hulle het ‘n ondersteuningsgroep vir mense in soortgelyke omstandighede begin.  Die groep het bekendheid in die gemeenskap begin verwerf, en ‘n aksieplan uitgewerk.  Sodra ‘n vermiste kind aangemeld word, kontak die SAPS onmiddellik die ondersteuningsgroep, al is dit in die middel van die nag.  Die groep skakel mekaar summier en kom in aksie.  Uit ondervinding weet hulle waar in die gemeenskap om te begin soek (shebeens en ander plekke waar sulke kinders gevind kan word).  Hoe vinniger daar aksie geneem word, hoe groter is die kans dat ‘n verdwene kind weer opgespoor sal word.  Daar is nou talle wonderlike verhale van kinders wat so gevind is, met hul ouers verenig is, slegte omstandighede tuis wat suksesvol hanteer is en gesinsbande wat versterk is.  Hierdie aksie is gebore uit redelike hoop.

Eienskappe van redelike hoop

Die volgende aspekte gee ‘n nog duideliker perspektief:

  1. Redelike hoop is relasioneel.  Dit floreer binne verhoudings en veronderstel ubuntu.  Nie alle verhoudings ondersteun redelike hoop nie, maar dit neem doelbewus aksie om ondersteunende verhoudings op te soek, te stig en te versterk.
  2. Redelike hoop is ‘n praktyk. Ons doen dit saam met ander as ‘n uitdrukking van wie ons wil wees en hoe ons wil optree in die wêreld.  Dit gaan meer oor die gesamentlike mik na ‘n doel as oor die bereik van ‘n doelwit.  Die reis is belangriker as die (ideale) bestemming, hoop is ‘n werkwoord eerder as ‘n selfstandige naamwoord.
  3. Redelike hoop beskou die toekoms as oop, onseker en beïnvloedbaar.  Redelike hoop veg nie teen onsekerheid of ‘n onbekende toekoms nie, maar omarm dit as die beste opsie.  In desperate omstandighede, soos dié van geweld, armoede of siekte, kan ons nie weet wat die toekoms inhou nie.  Juis hier help redelike hoop ons om te werk in die rigting van iets beter as wat ons nou het.
  4. Redelike hoop soek-soek na doelwitte en weë wat daarheen lei.  Ons is geneig om slegs hoopvol te voel as ons ‘n duidelike doel het met ‘n bekende pad waat soontoe lei.   Ons voel hopeloos as die pad vol blokkasies is en die doel onduidelik is.  Redelike hoop doen en dink daaroor na, om dan op nuwe maniere te doen en te dink in ‘n ritme wat soek-soek, doen-doen en dink-dink  vorentoe beweeg.  Doelwitte en weë om daarby uit te kom, kan mekaar vinniger afwissel as wat ons ooit moontlik of wenslik gedink het.   Redelike hoop is nederige hoop, dit troef ideale, dit is tevrede om minder as alles te doen wat nodig is om te verseker dat iets gedoen word.
  5. Redelike hoop akkommodeer twyfel, teenstrydigheid en desperaatheid.  Gewone hoop funksioneer in swart-wit kategorieë,  Redelike hoop opereer in ‘n grys area waar twyfel, teenstrydigheid en desperaatheid dit nie vernietig nie.  Hoop het ‘n konnotasie van suiwerheid, terwyl redelike hoop weet dat die lewe morsig kan wees.

‘n Oefening met redelike hoop as fokus

Die volgende oefening leen ek by Elize Morkel.

Werk in pare aan redelike hoop volgens die volgende riglyne:

Een persoon dink aan ‘n saak / omstandigheid waarvan jy tydens die werksessie meer bewus geword het en wat jou dalk magteloos en oorweldig laat voel  Vertel jou maat daarvan.  Jou maat begin nou met jou ‘n gesprek in die rigting van redelike hoop volgens die volgende riglyne:

  • Wat is dit wat jou maat hoop? (Skryf dit neer.)
  • Reflekteer nou saam oor hoe bereikbaar dit is.
  • Vra wat die volgende hoop sal wees, ‘n bietjie kleiner en miskien meer bereikbaar.
  • Reflekteer op die haalbaarheid van die hoop.
  • Wat is nog ‘n kleiner, meer haalbare hoop?
  • Reflekteer oor die haalbaarheid.
  • Nog kleiner en meer haalbaar, ens ens.
  • Identifiseer ‘n stap wat nou geneem sou kon word in die rigting van dit waarop jy hoop.

Lees gerus ook my artikel oor plons as strategie om die beweging van onbewus na bewus in ‘n gemeente te verhoog.

* Weingarten, Kaethe 2010.  Reasonable hope: Construct, Clinical Applications, and Supports in Family Process, Vol 49, No. 1, 5-25.

 

Park Avenue : Vreemdelinge word Vriende

2010/02/28 by Danie Mouton No Comments »

Stel jou die volgende voor: ‘n middelklas, wit Amerikaanse voorstad waar Afro-Amerikaners in toenemende getalle begin woon. Bendes raak meer aktief in die omgewing, en die woonbuurt verloor sy tradisionele karakter. ‘n Beduidende aantal inwoners, en lidmate van die gemeente, verskuif na ander woonbuurte. Hulle stel dan voor dat die gemeente sy gebou verkoop, en self skuif na ‘n ander woonbuurt. Die leiers besin daaroor en roep ‘n stemming in die gemeente uit: bly ons, of gly ons?  Met ‘n klein meerderheid word besluit om te bly. Onmiddellik bedank sowat 30% van die lidmate en verskuif hul lidmaatskap na ander gemeentes in hul nuwe omgewings. Die getraumatiseerde gemeente rig haarself nou meer intensioneel op die veranderde omgewing. ‘n Jeugpredikant begin kontemporêre, publieke musiekuitvoerings (dis nie halleluja’s en metodiste koortjies nie) op die kerk se parkeerterrein vir die gemeenskap aanbied. Jongmense kom. Hulle ouers kom. Gemeente en gemeenskap maak vriende, en meer en meer Afro-Amerikaners sluit by die gemeente aan.  Die gemeente reik ook uit na die bendes en ander nood, veral die tipiese nood of behoeftes van nuwelinge in ‘n gemeenskap.

Resultaat

Die resultaat is ‘n multi-kullturele gemeente van formaat.

Hierdie is die verhaal van die Park Avenue Metodiste-Gemeente in Minneapolis, in die staat Minnesota, VSA. Die verhaal speel in die sestiger- en sewentigerjare af. Sedertdien het die gemeente ‘n baken geword waar vreemdelinge vriende word en mense ingeskakel word in egte, lewensveranderende gemeenskap oor ook hierdie soort grense heen.

Die demografiese vloeibaarheid van die omgewing duur voort. In die afgelope dekade het baie Spaans-sprekendes in die gebied kom woon. Die senior leraar het in reaksie hierop Spaans geleer – onder andere in Suid-Amerika gaan woon vir ‘n paar maande – sodat die gemeente effektief kan uitreik na die nuwelinge. ‘n Derde, hoofsaaklik Spaanse, oggenddiens is begin.  Die Spaans-sprekendes wil natuurlik ook graag hul Engels  verbeter, sodat die erediens nie eksklusief Spaans is nie. Baie van hierdie persone verkies ook om die gewone, Engelse eredienste by te woon.

Ek het die gemeente in 2003 die eerste keer besoek, en weer in 2009. Daar is nou ‘n nuwe senior leraar, ‘n Afro-Amerikaner. Die erediens word deur mense van alle denkabre groeperinge bygewoon.  Juis vanweë die karakter van uitreik na nuwelinge, beskik hierdie gemeente net oor die ongelooflike vermoë om vreemdelinge welkom te laat voel – en ons het dit nou weer beleef. Die leierspan verteenwoordig die diversiteit waarheen hulle mik. Die predikantespan het lede uit die blanke, Afro-Amerikaanse en Spaanse gemeenskappe. Engels en Spaans word gebruik – die voorbidding is bv in Spaans gedoen. Tydens die erediens word van jongmense, oumense en ander lidmate gebruik gemaak om voorbidding te doen, die Skrifgedeelte voor te lees, ensovoorts.  Die diversiteit is voortdurend sigbaar en die eenheid in die verskeidenheid ooglopend. Dit beteken dat jyself, met die diversiteit wat jy bring, baie maklik deel word van die handelinge.

Ek het ‘n ander dinge raakgesien wat my diep geraak het:

Die rol van voorbidding vir egte lewensituasies

Tydens ons besoek het die Red River in die staat Noord-Dakota, noord-wes van Minneapolis sy walle oorstroom. In die erediens is daar indringend vir die situasie voorbidding gedoen. ‘n Aantal lidmate het gaan help om sandsakke te pak, sodat die gemeente eerstehandse terugvoer oor die situasie gehad het. Die indringende en egte petisie vir God se hulp was opvallend. Die gemeente het die gebruik dat enigiemand wat iemand anders, of ‘n bepaalde situasie, aan die Here wil opdra op ‘n stadium voor in die kerk kom kniel terwyl daar in die groot groep voorbidding gedoen word. Jy kan gaan om, sê, jou nefie wat aan dwelmmiddels verslaaf is, aan die Here te gaan opdra.  Terwyl die voorganger in die algemeen bid, kan jy jou eie gebede daarby invoeg. Die konneksie wat hierdie simbolies daad skep tussen God, lewe, en die priesterlike intrede van die geloofsgemeenskap by God, is lewensveranderend. Die gebede word ook nie met ‘n morele meerderwaardgheid (“dat sondaars sal regkom”) gedoen nie, maar as ‘n kreet uit die hart vir God se genadige ingrype. Mens en hul nood word ernstig geneem.

Die menslikheid van die teologie

Reeds in Suid-Afrika het dit my al opgeval hoe menslik Metodiste in hul teologie dink – en ek bedoel dit BAIE positief. Die manier van praat oor Christus is nie net ‘n verhewe Christus van bo nie, maar veral ook ‘n Christus van onder, ‘n Christus as egte mens, Een wat verstaan wat dit beteken om mens te wees, Een wat weet wat onder ons velle aangaan.  Tydens die preek in Park Avenue was hierdie perspektief deurslaggewend. Die dominee het vertel hoe Jesus gaan sit en rus het toe hy moeg was (Joh 4).  “Ek is ook nou moeg”, sê die dominee, “en daarom gaan ek ook nou sit”.  Hy vertel hoekom hy moeg is, en ons dink almal aan ons eie moegheid.

Meteens het ons almal toestemming om moeg te wees. Ons mag maar sê ons het nie energie nie, ons vind dit moeilik om die Here te dien en altyd te doen wat reg is – ook omdat ons energie op is. Die taal en operasionele teologie maak dit vir ons moontlik om ons broosheid te toon. En ons vat dit na die Here toe, en vra sy hulp.  Die menslikheid verdring God nie, maar konnekteer ons met die Here.

Die erediens is deurspek daarvan:  ons mag maar gebroke wees, dit nie maak nie, voortdurend beskaamd voel oor ons eie tekortkominge. Jesus neem ons skande weg, en daarom kan ons ons skande eien en daaroor praat.  Die dominee preek daaroor dat God juis by uitstek inisiatief neem om ons op te soek en ons vas te hou. “Meeste van julle ken my storie”, sê Hy, “julle weet in watter moeras ek was en hoe God my bly opsoek het en my uiteindelik opgetel het.  Ek wil dit nooit vergeet nie, want dit herinner my: ek moet ook só wees, soos Jesus – bly opsoek en bly optel.  God nooi julle uit om ook so te wees.”

Na my mening is die verhewenheid van ons eie teologiese perspektiewe oor Christus ‘n groot struikelblok in ons konneksie met mense waar hulle is. Ons moet ‘n slag weer die Hebreërbrief se Christologie ernstig neem.  Die Een wat opgewek is anderkant die dood en verhef is tot die Regterhand van God, en nou die leisels van die wêreld vashou, is óók ‘n mens, nou nog, en tree in vir ons by die Vader.
Waar dit in ‘n erediens beliggaam word, het dit ‘n kragtige uitwerking.

Die deelname van lidmate

Die erediens was deurspek van die deelname van lidmate. Die lofprysing is deur die aanbiddingsleier en koor gelei. Die wydingsgebed na die dankoffers deur ‘n jong lidmaat. ‘n Klein dogtertjie het ‘n lied saam met die koor gesing. Die voorbidding is deur ‘n Spaanssprekende en Engelsprekende lidmaat-paar gelei. Die afkondigings is deur ‘n paar lidmate hanteer. Die teks is deur iemand anders voorgelees.  Hierdie is diverse mense – wit, swart, bruin.  Die erediens bly voortdurend vars, interessant en inklusief: gasvry en verwelkomend.

(Hierdie bydrae het aanvanklik in OosKaap eNuus verskyn.)