Ugie bereik 350 kinders met KidsGames
Die NG Kerk Ugie is klein. Die gemeente bestaan uit 134 belydende lidmate en 33 kinders.
Hierdie gemeente het die Wêreldbeker 2010 aangegryp as geleentheid om die gemeenskap, en omliggende dorpe, se kinders met die evangelie te bereik.
Op Sondag 2 Mei 2010 het 350 kinders op Ugie-skool se sportterrein bymekaar gekom om saam te speel en na die evangelie te luister. Rondom ‘n sokkerbal.
Ds Willie Schoeman, gemeenteleraar, het die opleiding as Kids-Games-fasiliteerder deurloop. Op sy inisiatief is al die kinders uit Ugie en die omliggende gemeenskappe, soos Elliot en Maclear, genooi om ‘n Kids-Games-geleentheid op die sportveld by te woon.
Luister hoe Willie vertel wat alles dié dag gebeur het:
Dit is aangrypend om te hoor hoe grense oorgesteek is. Kinders uit die totale gemeenskap is bymekaargebring, en kon saam met mekaar speel. Dink net wat die vrugte is wat dit vir die toekoms in ‘n dikwels verdeelde Suid-Afrika sal oplewer.
Kinders kon van Jesus leer. Kon kon mekaar leer ken. Kinders kon die kerk leer ken. Die kerk kon die kinders van die gemeenskap leer ken. Verhoudinge is gebou, vriendskappe is gevestig. Sport, in hierdie geval sokker, vermeng met belangstelling, kan geweldig baie vermag. Tot in die kleinste gemeenskappies.


[...] gemeentes soos Ugie en PE-Lorraine die Sokker Wêreldbeker verbeeldingryk aangegryp het, was daar ook gemeentes wat [...]