Gemeentes fokus op jongklomp tydens die skoolvakansie
Terwyl gemeentes soos Ugie en PE-Lorraine die Sokker Wêreldbeker verbeeldingryk aangegryp het, was daar ook gemeentes wat spesifiek tydens die lang winterskoolvakansie op jongmense en kinders gefokus het.
‘n Baie suksesvolle Avontuurweek vir laerskoolkinders is in Port Elizabeth deur PE-Lorraine, PE-Hoogland en Somerstrand aangebied. Meer as 400 kinders, 80 jong leiers en 30 volwassenes het die week bygewoon. Dit het van 11 tot 15 Junie plaasgevind.

Meer as 400 kinders en jeugleiers sing geesdriftig saam aan geestelike liedere tydens die Avontuurweek by PE-Hoogland-Gemeente.
Word of Faith, ‘n pentakostalistiese gemeente in Port Elizabeth, het ‘n hele speelpark voor die kerkgebou opgerig waar jongmense kon kom ontspan. Volgens pastoor Jimmy Crompton is die speelpark met behulp van borgskappe deur Christen-sakemanne ingerig, en het dit die gemeente nie ‘n sent gekos nie. Hulle het bloot die inisiatief geneem.
Twee voorbeelde van die vrug wat gemeentes pluk deur op jongmense te fokus.


