Ontvang die toekoms uit God se hand
Sodra gemeentes se voortbestaan onder druk kom, begin hulle fokus op oorlewing. Hulpbronne word nou belangriker as ooit vantevore. Die oorheersende vraag word: waar gaan fondse en groei vandaan kom?
Ek werk tans met ‘n hele aantal klein gemeentetjies in verskillende gestuurde vennootskappe, en sien met deernis hoedat oorlewingsvrae en -stryd die toekomsverwagting van hierdie gemeentes oorheers.
Dit is in sulke situasies gewoonlik kontra-produktief om op die gemeente se oorlewing te fokus:
- Die drang om te oorleef word so sterk dat dit die gemeente se roepingsbesef opslurp. Die vraag is nie meer hoe die gemeente ‘n teken, voorsmaak en instrument van die Koninkryk van God kan wees nie.
- Oorlewing word ‘n doel opsigself. Dit is ‘n doelwit wat hoogstens ‘n tweede-rangorde vraag kan wees. ’n Sekondêre doelwit word dus nou die primêre fokus.
- Die gemeente loop gevaar om ‘n fondsinsamelingsorganisasie te word. read more…

