Demografiese skuiwe maak ‘n impak op gemeentes
Hoe gemaak as ‘n gemeente baie klein word, met geen tradisionele voedingsbronne meer nie?
Dink aan die klein Lutherse gemeentes in die Grensgebied (in die omgewing van Oos-Londen, Oos-Kaap). Hulle is die geestelike nasate van Duitsers wat 150 jaar gelede hier gevestig is en groot invloed op die streek se ekonomie uitgeoefen het. Vandag kom daar nie meer Duitsers na hierdie omgewing nie. Die meeste van hierdie gemeentes besef dat hulle werk het om te doen rondom hul identiteitsverstaan en samestelling.
Dink aan talle NG Gemeentes in sentrale stadsgebiede waar lidmate weggetrek het na die voorstede toe. Daar is geen sprake dat tradisionele NG lidmate (Afrikaanssprekend, blank, middelklas) weer na hierdie omgewings sal skuif nie. Sommige van hierdie gemeentes neem merkwaardige inisiatiewe, ander begin noustrop trek en oorweeg om hul deure te sluit. Talle het dit reeds gedoen.
In die SA demografiese konteks woon daar vandag – ironies genoeg – waarskynlik méér mense in die omgewing van hierdie klein gemeentes as ooit vantevore in hul geskiedenis. Meer mense, maar minder tradisionele lidmate. read more…

