Kinders: Bruikbare materiaal vir Hemelvaart en Pinkster

KiX (Kinders in Christus) het met ‘n paar briljante idees vorendag gekom om kinderbediening tydens Hemelvaart en Pinkster te verryk. Die vindingryke hulp-middels wissel van doen-dit-self koekies en krone tot inkleurblaaie en woord-soekspeletjies wat die kern van Pinkstertyd op ‘n ouderdomstoepaslike manier oordra. Besoek Pinterest of laai die materiaal van die dinkjeug-webblad af.

Pinksterreeks vir 2019 beskikbaar

Pinksterreeks 2019 handel oor God se beweging na die wêreld toe. God kom ons mense tegemoet. Telkens is dit ’n naderkom in liefde – met oopgestrekte arms om sy skepping en skepsels te omhels. By die groot momente deur die hele Bybelverhaal heel sien ons deurentyd iets van dié beweging van God. Telkens laat God se naderkom ons mense in […]