Effek van die kerklike hulp met Sikloon Idai in Mosambiek

Ds Carl Louwrens (NGK Krugerwildtuin) en ds Llewellyn Oliver (Lewende Gemeente van ons Mosambiekse Gereformeerde Susterskerk in Matola, voorstad van Maputo) vertel meer van die effek wat Sikloon Idai op Mosambiek gehad het. Hulle deel ook met ons hoe kerke en individue hierdie ramp help verwerk en hoe hierdie hulp in nood betekenis in mense se lewens kom gee.