Staatskoerant met aanwysings vir eredienste vanaf 1 Junie 2020

Die Staatskoerant Nr 43365 van 28 Mei 2020 reguleer die hou van eredienste in kerkgeboue vanaf 1 Junie 2020. Klik hier om dit af te laai. Die regulasies herinner aan die opleiding wat ons almal ondergaan om voertuie te bestuur. Daar is kennis, vaardighede, houdings en gesindhede, asook gewoontes wat ons onder die knie moet kry. Dit kan gedoen word.

SARK: Voorgestelde kriteria vir die oopstel van plekke van aanbidding

In sy voorlegging aan die regering op 19 Mei 2020 stel die SA Raad van Kerke (SARK) die volgende kriteria voor. Die bedoeling is dat gemeentes verantwoordelikheid vir selfregulering sal neem. Al die SARK se voorstelle is nie op die NG Kerk van toepassing nie, maar kortliks wel die volgende: Kerkgeboue moet voorberei word. Voordat kerke geboue oopgemaak word vir […]

Gemeentes mag vanaf Vlak 3 byeenkomste hou – Pres Cyril Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het op 26 Mei aangekondig dat kerke onder Vlak 3-inperking gemeentelike byeenkomste van tot 50 persone mag hou. Dit moet met al die nodige Covid-19-maatreĆ«ls gepaardgaan. Geen ritueel mag die oordrag van die Koronavirus bevorder nie. Streng voorskrifte geld dus. Ramaphosa steun ook ‘n nasionale dag van gebed wat vir 31 Mei beplan word. Na verwagting sal […]