“Hartseer omdat sulke stories waar is vir baie!”

Ds Deon Strydom beveel die lees van Odette Schoeman se skitterende debuutroman, Swartskaap, aan. Die boek het oorspronklike in 2009 verskyn. Hy sê in sy resensie op GoodReads van dié boek: “Hartseer omdat sulke stories waar is vir baie! Ek het op ‘n stadium by ‘n kinderhuis gewerk en meisies soos die hoofkarakter geken, ongelukkig ook ander soos haar ma… […]

“Mnr Mkhize, die openbare gesondheidstelsel het in duie gestort, jy moet ingryp”

Die Daily Maverick het met ‘n reeks artikels oor die openbare gesondheidstelsel in die Oos-Kaap begin. Dit onderstreep die haglike stand van sake in die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en sy bedryf van openbare hospitale in die provinsie. Hierdie stand van sake verdien om deel van die nasionale gesprek te word. Daarom is hierdie beriggewing so belangrik. In ‘n meningsartikel […]

Stadswye skoonmaak ondersteun en skep broodnodige bewustheid

Lance Grootboom, uitvoerende komiteelid vir openbare gesondheid, het Nelson Mandelabaai opgeroep om op 22 Maart, die publieke vakansiedag rondom mensregtedag publieke ruimtes in hul omgewing skoon te maak. Die doel is natuurlik nie net skoonmaak nie, maar ook bewussyn van higiëne, die belang van netheid, die voorkoming van rommelstrooiery en – bo alles – gedragsverandering. Die stryd teen die morsjorse […]

Kerke strenger ingeperk oor Paasnaweek?

By die skryf hiervan rapporteer nuusmedia die Koronabevelsraad beveel aan dat die land voor die Paasnaweek op Vlak 2 van inperking geplaas word. Volgens Khumbudzo Ntshaveni, waarnemende minister in die presidensie, sal ‘n plan gereed wees, hoewel die besonderhede nog onbekend is. Die doel is om ‘n derde vlaag van Covid-19 te verhoed of te vertraag. Die moontlikheid word genoem […]