Focus on the Family se mediese adviespaneel beveel immunisasie aan

In hierdie video van Focus on the Family beantwoord twee pro-lewe belydende Christen-wetenskaplikes verskeie vrae oor die entstowwe. Hulle is diep gelowige mense, maar ook voorste wetenskaplikes. Hulle help ons om feit en verdigsel van mekaar te onderskei, om ingelig te wees en om ‘n verantwoordelike besluit te neem.

Kortliks: hulle is ten gunste van Covid-immunisasie. En nee, die selle van fetusse is nie gebruik in die produksie van die Pfizer-entstof nie.

Ds Frikkie Greeff oorlede

Ds Frikkie Greeff met sy eggenote, me Marlene Greeff. Frikkie is op 27 Junie 2021 na vier jaar van saamleef met kanker oorlede. Hy was van 1990 tot met sy emeritaat in 2016 die NG leraar van Burgersdorp-gemeente.