Jaargang 21 - Nommer 13 - 20 Junie 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Predikante hou konferensie in die Baai
  • Die verwoesting duur voort in Oekraïne - terugvoer deur werker wat ons finansieel ondersteun
  • Verskeie vakatures

Groot Predikantebyeenkoms

Heerlik saamgekuier rondom betekenisvolle Jesus-navorsing en selfsorg vir leraars

Predikante hard aan die werk tydens interaktiewe sessie by die Groot Predikantebyeenkoms
van
6-8 Junie 2023 te Willows
Oos-Kaaplandse predikante het van 6 tot 8 Junie 2023 by Willows bymekaargekom om lekker saam te kuier, danksy die effek van die laaste paar jaar se Covid-inperkings heelwat nuwe vriende onder mekaar te maak, en saam die resultate van nuwe Jesus-navorsing (met begeleiding van prof Marius Nel) en beginsels van selfsorg (met dr Tiesie de Coning) te ontdek.

Klankopnames van die voordragte is eersdaags aanlyn beskikbaar.

Oos-Kaap ondersteun bediening in die Ukraïne

Die verskrikking en verwoesting duur voort

'n Woonstelgebou waarin burgerlikes woon wat in die nag van 12 Junie 2023 deur Russiese magte met vuurpyle aangeval is. Ses groot ontploffings is deur die nag gehoor.

Hieronder vertel Keith Daniels, koördineerder van die Oos-Kaapse hulpverlening aan slagoffers en gemeentes van die nag se verwoesting.

Klik hier om amateur videomateriaal van die verwoesting te sien.
Oos-Kaaplandse gemeentes het sedert Februarie 2022 groot bedrae geskenk om gemeentes en oorlogslagoffers in die Oekraïne by te staan. Die fondse is gebruik om noodvoorrade aan te koop en persone uit oorlogsgebiede te verskuif.

Die situasie versleg. Keith, ons kontakpersoon in Oekraïne vertel op 13 Junie 2023:

A terrible night in Kryvyi Rih: the Rashists hit the city with rockets, there are casualties and...

At night, the enemy fired several rockets at Kryvyi Rih. Around three o'clock, 6 powerful explosions rang out in different areas of the city. Currently, it is known that a 5-story building and several other objects of civil infrastructure were hit. At six o'clock in the morning, two dead and 13 injured were reported.
"High-speed" monsters hit several completely peaceful objects in different parts of the city, including a five-story building.

All emergency services are working, extinguishing fires is over.

The ambulance is providing assistance, there are victims in extremely serious condition, there are probably people under the rubble.

Full information will be available after the liquidation," Oleksandr Vilkul, head of the Kryvyi Rih Defense Council, said on social media.

All emergency services are working at the place where the apartment building was hit.

Acting Mayor Yuriy Vilkul arrived at the scene early in the morning. "There is grief in the city. Several rockets destroyed industrial enterprises, some institutions, residential buildings. We have been working since the arrival," he said.

Currently, an air alert has been declared in the city. Citizens are urged not to ignore this message and stay in safe places. The probability of a repeat attack is very high.

Dink aan die mense van die Oekraïne in julle voorbidding.

Vakature: Predikantspos (onbepaalde termyn) Blouwaterbaai Familiekerk

Blouwaterbaai Familiekerk is 'n liefdesgemeenskap wat vir Jesus dissipels maak. As gestuurde gemeente is dit ons fokus om die evangelie van Jesus se liefde aan al die mense in en om ons gemeenskap te bring. Ons is tans 40 doop- en 272 belydende lidmate. Blouwaterbaai is 'n voorstad van die vriendelike Gqeberha (Port-Elizabeth).

Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2023.

Vakature: Inrigtingshoof Huis Van der Horst Tehuis vir Bejaardes op Aliwal-Noord

Huis van der Horst adverteer tans die pos van inrigstingshoof en -bestuurder. Klik hier vir die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2023.

Vakature: Gemeenteleraar, Welgemoed-gemeente

Welgemoed NG Gemeente is in die noordelike voorstede van Kaapstad geleë. Dit is ’n gevestigde geloofsgemeenskap in Bellville en vorm deel van die Ring van Bellville. Lidmaattal 1 540 (1 155 belydende lidmate en 385 dooplidmate). Daar is tans drie predikante en een deeltydse jeugwerker in diens van die gemeente. Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n gemeenteleraar - klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 21 Junie 2023.

Sinode Wes-Kaap: Vakature Multi-media inhoudskepper

Die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) het ’n voltydse pos beskikbaar in Bellville vir ’n multi-media inhoudskepper om die bestaande kommunikasiespan uit te brei. Hierdie dinamiese, kreatiewe storieverteller sal verantwoordelik wees vir die skep van multi-media inhoud soos videos/podcasts/sosiale mediaplasings in lyn met die kommunikasiestrategie onder leiding van die kommunikasiebestuurder.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Opleiding as Brugpredikant

Die verwisseling van ’n predikante in gemeentes kan hierdie gemeentes in ’n tyd van onsekerheid laat. Die pad vorentoe is onseker totdat ’n nuwe permanente bediening weer in plek is.

Hierdie kursus poog om brugpredikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgang periode, tot voordeel van die gemeente.

Die volgende kursus word vanaf 31 Julie tot 4 Augustus 2023 aangebied en dan weer van 30 Oktober tot 2 November 2023. Die kursusleier is Prof Malan Nel.

Vir die geleentheid kan 70 VBO krediete verdien word. Kursus koste is R2800 (BTW ingesluit. Dit word aangebied by die NG Kerk Stellastraat in Pretoria

Vir navrae kan Irene Thomas gekontak word by: 012 420 4952 of epos:irene.thomas@up.ac.za

Leraars beweeg

Ds Rethie van Niekerk ontvang op 25 Junie 2023 demissie by Blouwaterbaai Familiekerk.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter