|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 1 - 21 Julie 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- NG Kerk roep Biddag van Verootmoediging uit op 13 Augustus
- Waarom moet ons kerk toe gaan?
- Hoe hanteer ons trauma pastoraal?
- Verskeie VBO-kursusse en lekker kuiergeleenthede lê voor
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
NG Kerk roep Dag van Verootmoediging op 13 Augustus 2013 uit
Die leierskap van die NG Kerk het besluit om met die oog op die uitdagings in ons lande ’n Dag van Verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 aan te kondig.
|
Ons versoek kerkrade om heelhartig aan hierdie geleentheid tot verootmoediging deel te neem.
|
Gemeentes word uitgenooi om tydens hulle plaaslike eredienste nederig voor die Here te buig oor die toestand van ons lande en saam te bid vir:
|
• leiers wat met integriteit regeer
|
• geestelike en morele herstel
|
• beter skoolopleiding vir kinders
|
• die veiligheid van ons mense
|
• herstel van ekonomiese vertroue en investering
|
• betroubare vennootskappe met die regeringsektor ten opsigte van maatskaplike dienslewering
|
• die verkiesing van 2024
|
• dié wat as gevolg van armoede, geweld of natuurrampe swaarkry.
|
Ons sal in die aanloop tot die Dag van Verootmoediging aan gemeentes liturgiese materiaal beskikbaar stel.
|
Daar gaan ook op 13 Augustus om 15:00 ’n verootmoedigingsdiens aanlyn uitgesaai word. Die dagbestuur van die Algemene Sinode sal die diens lei. Skakels sal vooraf uitgestuur word.
|
Lees wat dr Gustav Claassen, algemene sekretaris, hieroor in Kerkbode skryf.
|
|
|
|
|
Waarom moet ons kerk toe gaan?
|
|
|
|
Mike Glenn skryf onlangs op sy blog oor die noodsaak om kerk toe te gaan, te midde van soveel dalende getalle. Hier is sy gedagtes:
After forty years in the ministry, here’s why I think attendance is down: People have stopped coming.
|
While everyone has their own reason every Sunday, they make a decision. Something else is more important on that Sunday than going to church. More and more people are choosing not to go.
|
Before I move on, I want to write a few sentences in defense of those who don’t attend. First, church is boring. I’ve attended enough worship services to honestly say that there are some days that, if I wasn’t paid to go, I wouldn’t have attended either. In this day and time, there’s simply no excuse for poor sermons and clumsy worship services. People deserve better. The God we serve deserves better.
|
And after all of the talking in church, what’s different? Few of our people are ever challenged to do something great for God. They’re never called to attempt the impossible. We ask them to come and sit. Most of our church members are bored.
|
I don’t blame them and I could go on, but then I wouldn’t get this blog written. I’ll save that subject for another blog.
|
Now, let’s talk to those of you who claim to be followers of Christ. I want to talk to those who would consider themselves to be members of the family. Why do so many of us who claim to be Christians never attend church? I know everyone has their reasons, but here’s the hard truth: Jesus loves the church. He gave His life for the church. Jesus considers the church to be His bride. I don’t care how close you are to Jesus, you can’t tell Him His wife is ugly. If we love Jesus, then we love His church. If you don’t love the church, then there’s reason to question if you love Jesus.
|
|
|
|
|
|
Nuwe publikasie van ds Deon Loots
Waar die hart van vol is - getuienis as spontane lewe
Ds Deon Loots was leraar van Klema-gemeente in Port Elizabeth, outeur van die bekende dissipelskapreeks wat baie gemeentes volg en tree tans as geestelike leier by die shamah Retraitesentrum naby Steytlerville op.
|
Met Wat die hart van vol is – getuienis as spontane lewe, help Deon Loots die leser om die heerlike en bevrydende ontdekking te maak oor waaroor dit eintlik gaan om ‘n getuie van Jesus Christus te wees. Dit gaan nie om ‘n aangeleerde metodiek nie; ook nie oor ‘n reseppie vir persoonlike gesprekke nie; dit beteken juis nie dat jy iemand moet met die Woord moet konfronteer nie; en dis allermins ‘n sware verpligting wat op jou gelê word. Getuienis is ‘n vreugdevolle reaksie op ‘n ontmoeting met die lewende Here, dit vloei spontaan uit ‘n oorvol hart.
|
Deon Loots vertel die pragtige Bybel-verhale van mense wat Jesus ontmoet het, en hoe hulle Hom daarna gevolg en oor Hom getuig het. Hulle kon nie anders nie! Hy beskryf ook die spontane getuienisse van hedendaagse mense wat Jesus ontmoet en volgelinge en getuies van Hom geword het. Hierdie getuienisse spreek van vreugde en nuwe lewe; dit nooi die leser uit om daarvan deel te word. Die boek is baie toeganklik en helder geskryf; dis ‘n boek wat jy moeilik sal kan neersit as jy eers begin lees het.
|
Beste die boek deur op hierdie skakel te klik, of loer in by die CLF se boekwinkel in Kaapweg, Newtonpark, PE. Die boek kos R195.
|
|
|
|
|
VBO oor Trauma: Pastorale begeleiding en heling na trauma-ervarings
In hierdie aanlyn-kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens.
|
Die kursus word op Zoom deur prof Wentzel Coetzer aangebied.
|
Talle praktiese voor- beelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende: - Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef? - Post-traumatiese stresversteuring - Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies - Faktore wat die genesingsproses kan bevorder - Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon? - Die sin-vraag na trauma - ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers - Toegerus om toekomstige trauma te hanteer
|
|
|
|
|
VBO: Lewe as gemeente IN PAS met die lewende God
IN PAShelp gemeentes as leergemeenskap optree wat praktyke inoefen wat ons in staat stel om In Pas met die Lewende God te Leef. Hier is 'n unieke geleentheid om die moontlikhede wat IN PAS bied, te verken.
|
|
|
|
|
|
|
Klankopnames en Powerpoints
Uitstekende voordragte tydens Groot Predikantekonferensie beskikbaar
Die klankopnames van die voordragte deur prof Marius Nel en dr Tiesie de Coning tydens die pasafgelope predikante-konferensie by Willows is beskikbaar. Prof Nel het oor die nuutste Jesusnavorsing gesels en dr De Coning oor selfsorg vir predikante.
|
Dit is insette van besondere hoë waarde.
|
Klik hier om toegang tot die klankopnames te verkry. Die powerpoints wat prof Nel gebruik het, is ook aanlyn beskikbaar - klik hier,
|
|
|
|
|
PE-Sonheuwels bied vermaak vir die hele familie
|
|
|
|
|
|
|
'n Aand saam met Ruan Josh en PE-Lorraine
|
|
|
|
|
Sjopp en Sjerrie by King William's Town
|
|
|
|
|
Vakature: Predikantspos (onbepaalde termyn) Blouwaterbaai Familiekerk
Blouwaterbaai Familiekerk is 'n liefdesgemeenskap wat vir Jesus dissipels maak. As gestuurde gemeente is dit ons fokus om die evangelie van Jesus se liefde aan al die mense in en om ons gemeenskap te bring. Ons is tans 40 doop- en 272 belydende lidmate. Blouwaterbaai is 'n voorstad van die vriendelike Gqeberha (Port-Elizabeth).
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2023.
|
|
|
Vakature: Inrigtingshoof Huis Van der Horst Tehuis vir Bejaardes op Aliwal-Noord
Huis van der Horst adverteer tans die pos van inrigstingshoof en -bestuurder. Klik hier vir die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2023.
|
|
|
|
|
Word opgelei as Veritas-fasiliteerder by PE-Wes Kerk op Pad
Hierdie aanbieding strek oor 4 dae (4 tot 7 Julie 2023) en word deur dr Chris van Wyk van Veritas Kollege aangebied. Hier is meer inligting, waaronder die koste van die opleiding. Skryf in deur e-pos te stuur aan kerkoppad@gmail.com.
|
|
|
|
|
Word opgelei om die gemeenskap geestelik te dien - word 'n "kapelaan"
Hierdie opleiding strek oor vier dae (26-30 Julie 2023) en word aangebied deur dr Willie du Toit. Hier is meer inligting, waaronder die koste aan die opleiding verbonde. Skryf in deur e-pos te stuur aan kerkoppad@gmail.com.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Lelani van Zyl van die Familiekerk Bottelary is beroep na die NG Gemeente Sondagsrivier-Suid. Sy word op 3 September 2023 bevestig.
|
Dr Jaco Barnard van Garsfontein-gemeente tree op 1 September 2023 by Despatch-Eendrag in diens en word op 3 September in die amp bevestig.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|