|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 16 - 28 Julie 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Meer info oor NG Kerk se Dag van Verootmoediging (13 Augustus)
- Pastorieseun van Burgersdorp hardloop die wêreld plat (en die rekords spat)
- Staat se nuwe voorstelle vir huwelikswetgewing
- VBO oor Trauma-begeleiding
|
|
|
|
|
|
Lees wat dr Gustav Claassen, algemene sekretaris, hieroor in Kerkbode skryf.
|
|
|
|
|
Wat ek oor die kerk by die gym geleer het
|
|
|
|
Mike Glenn skryf op sy blog hoe belangrik dit is om by die kerk op te daag, en dan ook die werk van kerk-wees te doen:
Showing up is important, but showing up isn’t all of it. You still have to do the work. This is what I was thinking about while I was running hard but getting nowhere on the treadmill in my gym.
|
The gym is a lot like a church. If you watch the advertisements for your local gyms, they’ll sound a lot like a church. Most gyms promise community, truthful life teachings, and a place to work on your life to make things better. Most gyms are now trying to become a “third space.” That is, the gym wants you to do more than just work out. These gyms offer a cafe so you can eat there. There are spaces for you to work and relax. It’s like the gym never wants you to leave.
|
That’s a little too much showing up for me.
|
As I was people-watching during my workout, I discovered that the people who go to the gym are the same ones who go to church. First, there are the bare minimum exercisers. They were told by their doctors to work out thirty minutes a day. They come in, go to their machine, clock thirty minutes and they go home. It’s the same time and the same machine every day. They don’t do any more than they absolutely have to.
|
|
|
|
|
Pastorieseun van Burgersdorp vertel van wonderwerk en rekords wat spat
|
|
|
|
Rehan Graaf, oorspronklik van Burgersdorp in die Oos-Kaap, hier afgeneem tydens 'n wedloop van 160km in Wallis
|
Rehan Greeff (36), vroeër pastorieseun op Burgersdorp, was op sy dag byna aan pynmedikasie verslaaf en moes op hoërskool vyf knieoperasies weens rugbybeserings ondergaan. Deesdae laat hy hardloop-rekords oor kontinente heen spat.
|
Rehan is die seun van ds Frikkie Greeff wat jarelank op Burgersdorp predikant was, in 2016 geëmeriteer het en in 2021 aan pankreaskanker oorlede is.
|
Greeff beskryf homself as 'n onwaarskynlike atleet. Hy het eers sewe jaar gelede lang afstande begin hardloop nadat hy genesing van ongelooflike pyn in sy bene ontvang het tydens 'n kerkdiens in Wimbledon. Voor sy genesing was hy konstant op pynmedikasie.
|
Rehan het verlede jaar die eerste Ysterman-driekamp in Wellington gedoen, by dieselfde gemeente waar sy pa oorspronklik sy bediening begin het. Hy het pas ook in Engeland die rekord van die moordende Three Peaks verbeter, Dit is 'n roete oor 700km wat hy in 7 dae afgelê het, en sodoende die rekord met 25 uur verbeter het.
|
Hy vertel hy en sy gesin het in 2017 'n aanlyn erediens in Wimbledon bygewoon toe die prediker vir 'n oomblik van sy preek afgedwaal en gesê het daar is 'n jongman wat die genesing van sy knieë moet neem. Hy het Greeff nie geken of van sy pyn geweet nie.
|
"Ek het dadelik opgespring en toe 'n hitte soos vuur in my knieë gevoel. En toe is die pyn weg. Ek het in my lewe nog nooit so iets ervaar nie."
|
Hy en sy vrou woon deesdae met hulle twee kinders in die VK.
|
|
|
|
|
Só lyk staat se voorstelle vir nuwe huwelikswetgewing
Netwerk24 berig die publiek het nog tot 31 Augustus kans om kommentaar te lewer op die voorgestelde huwelikswetsontwerp - klik hier vir die konsep.
|
Emeritus-professor Andreas van Wyk het die konsepwetgewing bekyk en die implikasies daarvan in 'n artikel op Netwerk24 oorweeg.
|
Van Wyk skryf dat die nuwe wetsontwerp uitdrukking wil gee aan die grondwetlike waarborge van gelyke behandeling en vryheid van gewete en godsdiens. By antieke Rome, waar deel van ons regstelsel gevorm is, was die huwelik gesien as 'n privaatooreenkoms tussen 'n man en vrou. Onder Christelike invloed is dit mettertyd beskou as 'n instelling van openbare belang waar die samelewing ook 'n rol by die sluiting en ontbinding behoort te speel.
|
Waar die rol van die samelewing aanvanklik deur die kerk oorgeneem is, het sommige lande later die magte van kerk en staat só geskei dat 'n huwelik slegs deur 'n staatsamptenaar bevestig kan word. In Suid-Afrika is elke landdros sedert 1961 'n huweliksbevestiger en kan die staat 'n leraar in 'n godsdienstige denominasie aanstel om huwelike te bevestig. Kragtens die ooreenkoms tussen die NG Kerk en die staat kan geordende leraars aansoek doen om as huweliksbevestigers op te tree.
|
Die nuwe konsep huwelikswet probeer alle bestaande huwelikstipes wat ons reg ken in een wet insluit. Dit sluit "Westerse" huwelike, burgerlike verbintenisse, swart- gewoonteregtelike huwelike en enige ander bestaande monogame of poligame huwelike in wat na die inwerkingtreding van 'n nuwe wet gesluit sal word.
|
Van Wyk vind aspekte van die konsepwet problematies. Dit vertoon bv. 'n basiese onkunde oor die Suid-Afrikaanse huweliksgoederereg. Wat sal bv in 'n poligame huwelik gebeur as 'n man binne gemeenskap van goedere met twee vroue getroud is? Dit is 'n "juridies ondenkbare situasie," skryf hy.
|
Klik hier om 'n uittreksel uit prof Van Wyk se kommentaar te lees, of hier vir die volledige artikel op Netwerk24.com.
|
|
|
Loop saam met ander deur die gemeenskap vir Hoop op Erfenisdag
|
|
|
|
Klik hier vir 'n vorm waar jy jou Lopp vir Hoop-projek kan registreer.
|
|
|
|
|
VBO oor Trauma: Pastorale begeleiding en heling na trauma-ervarings
In hierdie aanlyn-kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens.
|
Die kursus word op Zoom deur prof Wentzel Coetzer aangebied.
|
Talle praktiese voor- beelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende: - Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef? - Post-traumatiese stresversteuring - Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies - Faktore wat die genesingsproses kan bevorder - Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon? - Die sin-vraag na trauma - ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers - Toegerus om toekomstige trauma te hanteer
|
|
|
|
|
|
Klankopnames en Powerpoints
Uitstekende voordragte tydens Groot Predikantekonferensie beskikbaar
Die klankopnames van die voordragte deur prof Marius Nel en dr Tiesie de Coning tydens die pasafgelope predikante-konferensie by Willows is beskikbaar. Prof Nel het oor die nuutste Jesusnavorsing gesels en dr De Coning oor selfsorg vir predikante.
|
Dit is insette van besondere hoë waarde.
|
Klik hier om toegang tot die klankopnames te verkry. Die powerpoints wat prof Nel gebruik het, is ook aanlyn beskikbaar - klik hier,
|
|
|
|
|
|
|
'n Aand saam met Ruan Josh en PE-Lorraine
|
|
|
|
|
Sjopp en Sjerrie by King William's Town
|
|
|
|
|
Vakature: Predikantspos (onbepaalde termyn) Blouwaterbaai Familiekerk
Blouwaterbaai Familiekerk is 'n liefdesgemeenskap wat vir Jesus dissipels maak. As gestuurde gemeente is dit ons fokus om die evangelie van Jesus se liefde aan al die mense in en om ons gemeenskap te bring. Ons is tans 40 doop- en 272 belydende lidmate. Blouwaterbaai is 'n voorstad van die vriendelike Gqeberha (Port-Elizabeth).
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 11 Augustus 2023.
|
|
|
|
|
Word opgelei as Veritas-fasiliteerder by PE-Wes Kerk op Pad
Hierdie aanbieding strek oor 4 dae (4 tot 7 Julie 2023) en word deur dr Chris van Wyk van Veritas Kollege aangebied. Hier is meer inligting, waaronder die koste van die opleiding. Skryf in deur e-pos te stuur aan kerkoppad@gmail.com.
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|