|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 29 - 12 September 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Gemeentes versoek om op 14 September vir Sinode 2025 te bid
- 'n Brief van die "apostel Paulus" aan gemeentes in die streek Oos-Kaapland
- Orrel, draf, kuns, getuienis en nartjies - by verskillende gemeentes
- Leraars beweeg
|
|
|
Sakelys vir Sinode 2025 beskikbaar
|
|
|
Die Sakelys vir Sinode 2025 (13-16 Oktober 2025) is aanlyn beskikbaar. Klik hier om dit te lees – as flipboek op jou rekenaarskerm of laai die PDF-weergawe af.
|
Die Sakelys fokus veel minder op verslagdoening en meer op 'n verhalende benadering waar die verhaal die die Oos-Kaap aangeteken word. Die laaste 35 jaar van Sinode Oos-Kaapland en die reis van gemeentes sedert 1990 word ook aan die hand van 'n storiemuur wat Ringskommissies gebou het, vertel.
|
|
Die sakelys lig ook uit watter nuwe moontlikhede vir bediening daar in die NG Kerk beskikbaar is.
|
|
|
|
|
|
Sondag, 14 September 2025
Gemeentes versoek om voorbidding vir Sinode 2025 te doen
|
|
|
Die Oos-Kaaplandse kerkverband het ook 'n lied wat ons roeping as gemeentes en groter verband in die Oos-Kaap verwoord, tesame met 'n geloofsverbintenis wat gemeentes in die liturgie kan gebruik. Die Powerpoint is hier beskikbaar. Die lied word op die melodie van Liedboek 422 gesing.:
|
|
|
|
|
|
Voorbidders:
|
Voorbidders wat by die gebedsnetwerk van Sinode 2025 op WhatsApp wil aansluit, kan op hierdie skakel klik om aan te meld.
|
|
|
|
Van die "apostel Paulus," aan die gemeentes in die Oos-Kaap
'n Vorige voorsitter van die Oos-Kaaplandse Sinodale Kommissie, prof Piet Naudé, het op versoek asof die "apostel Paulus" 'n brief aan Oos-Kaaplandse gemeentes geskryf. Die skrywe eggo die taal van die Nuwe Testament, en kom vars by ons aan asof uit die eerste eeu n.C.
|
In die brief vestig hy die aandag op God se groot dade in ons verlede, beklemtoon God se genade in die hede, was die kerk op versoekings om te vermy, en daag die kerk in die lig van die evangelie van Jesus Christus uit om die toekoms getrou aan God tegemoet te gaan en verantwoordelik op die uitdagings van ons tyd te reageer.
|
|
|
|
Lees Openbaring om te groei in toewyding aan die Lam
|
|
Grafika op die voorblad van 'n nuwe publikasie oor die boek Openbaring
|
|
'n Nuwe publikasie uit die pen van Greg Carey, professor in Nuwe Testament by Lancaster Theological Seminary and Moravian Theological Seminary gee
|
'n boeiende uitleg van die boek Openbaring.
|
Mense is dikwels beskroomd wanner Openbaring aan die bod kom, en meen dat dit eintlik ontoeganklik en onverstaanbaar is. Ver daarvandaan.
|
Vir hierdie mense is hierdie boek, Rereading Revelation: Theology, Politics and Resistance so 'n belangrike publikasie. Hy maak in die boek die volgende punt:
|
|
|
|
Openbaring se grootste uitdaging gaan oor lojaliteit en verbondenheid aan Jesus Christus. Johannes het Openbaring geskryf om aanbidders van Jesus aan te moedig om weerstand te bied teen die imperiale, keiserlike kultuur, veral die aanbidding van die keisers en die gode van die ryk. Die belangrikste kategorie is nie ’n vae, abstrakte “geloof” nie, maar eerder “trou”—iets wat met verhouding, verbondenheid en gedrag te make het. Hierdie taal beklemtoon absolute lojaliteit, selfs wanneer dit duur kan wees.
|
|
|
|
|
Meer as enige ander dokument in die Nuwe Testament dring Openbaring daarop aan dat gelowiges van vandag vra: hoe kan ons sosiale en ekonomiese verstrengeling ons trou aan Jesus Christus in gedrang bring?
|
|
|
|
|
|
|
Ongekunsteld - orrel en kuns by NGK Gamtoosvallei, 19 September
|
|
Ds Luané McLAchlan vertel:
|
Ons bied vanjaar weer Ongekunsteld aan, dit was so lekker verlede jaar. 'n Uitstalling van skilderkuns deur ons plaaslike kunstenaars, en 'n konsert aangebied deur Prof Albert Troskie (Orrel) , sy vrou Dr Erika Bothma-Troskie (Klavier) , en Elsje Nelson (sangeres). Daar gaan ook 'n ligte ete wees.
|
|
Die besonderhede is soos volg:
|
|
Kom geniet 'n heerlike aand saam met Prof Albert Troskie (Orrel) , Erika Bothma (Klavier) en Elsje Nelson (Sang) !
|
π Vrydag, 19 Sept π 18:00 π Kwagga Kerk
|
|
π΄Ligte verversings ingesluit
|
π Bespreek gerus by: π Luané: 081-591 7982 of: π Ilze : 082-428 8208
|
|
|
|
|
|
24 September 2025
Pretdraf met NGK Newtonpark
|
|
|
|
|
|
27 September 2024
Nartjiefees op die skilderagtige Loerie
|
Die Kougastreek sien met groot opgewondenheid uit na die gewilde Nartjiefees wat op Saterdag, 27 September op Loerie plaasvind.
|
Die vure gaan vroeg aan die gang wees vir heerlike boereworsrolle en hamburgers. Maak jou ook reg vir pannekoek, poeding, gebak, die koffiewinkel met heerlike koek en tert, biltong, nartjies, groente, afval en rys, spitkoeke, biltong, tuisgemaakte konfyt en vele meer! Kunsmarkstalletjies bied uitstaande produkte om uit te kies – kom loer sommer vir Kersgeskenke!
|
Groot opgewondenheid heers oor die kunstenaars wat vanaf 09:00 op die Nartjiefeesverhoog gaan optree. Maak jou reg vir die musiek van Appel en sy orkes, Armand Hofmeyr, Elizma Theron, Dillon Lerm en Kobus en Karla. Bier en cider sal by die biertent verkoop word.
|
Toegangsfooie (wat die kunstenaars se optrede insluit), is R150.00 vir volwassenes en R50.00 vir leerders. Kaartjies is op Quicket, asook by Slaters Toy Magic (Fountains Mall Jeffreysbaai), Westway Tickets (PE) en by die hek beskikbaar.
|
Feesgangers wat van Interkaap se busdiens vanaf PE wil gebruik maak, kan bespreek deur 081 316 0723 te kontak. Kaartjies, wat die toegangsfooie by die Nartjiefeeshek insluit, kos R180.00 (volwassenes) en R70.00 (skoliere).
|
Daar is nog ‘n paar kunsmarkstalletjies (kos- en drinkstalletjies uitgesluit), beskikbaar. Inskrywingsvorms vir die stalletjies, ook alle inligting oor die fees, is op nartjiefees.co.za beskikbaar.
|
Navrae omtrent die fees kan aan admin@nartjiefees of 073 480 9523 gerig word. Volg ons ook op Nartjiefees FB en Instagram.
|
Sien jou by die twee en dertigste Nartjiefees op 27 September!
|
|
|
|
27 September 2025
Getuienis-byeenkoms met Radio Feba by NGK PE-Lorraine
|
|
|
|
7 November 2025
Kersmark by PE-Lorraine (besprekings vir stalletjies beskikbaar)
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
Gratis aanlyn beskikbaar
Aanbiedings oor verantwoordelike hermeneutiek
|
|
|
|
|
Didasko, die nuwe VBO-instrument van die Vrystaatse Sinode, het pas 'n reeks aanlyn aanbiedings oor verantwoordelike hermeneutiek (Skrifuitleg) aangebied. Daarmee word Didasko se YouTube VBO-kanaal ook gevestig. Belangstellendes kan hier klik om na die video's te kyk.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
|
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar
NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.
|
Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)
"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.
|
"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."
|
|
Die sluitingsdatum is 15 September 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 29 September – ds Johannes Janse van Rensburg, NG Gemeente Retief (Despatch) 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|