|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 30 - 19 September 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Aan Ramaphosa: Sorteer die metropool uit!
- Kan God ons vertrou?
- Sosiale media en jou brein: tyd vir 'n bietjie higiëne?
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Kerkleiers aan pres. Ramaphosa:
Sorteer die wanbestuur, ekonomie en dienslewering uit!
'n Groep van 20 diverse kerkleiers uit Nelson Mandelabaai is sedert Mei vanjaar in korrespondensie met pres. Cyril Ramaphosa oor die wyse waarop die hele gemeenskap in die metropool onder wanbestuur, swak dienslewering en ekonomiese regressie ly - van die armstes van die armes tot die vervaardigingsektor.
|
Die NG Kerk is ook integraal by hierdie inisiatief betrokke. Ander rolspelers is die Anglikaanse, Ethiopiese en Katolieke Kerke, asook verskeie onafhanklike kerkgroeperings.
|
Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane en burgemeester Babalwa Lobishe het in Augustus met die groep vergader. 'n Groot verskeidenheid munisipale bestuurders en ook die polisiehoof was teenwoordig.
|
Die kerkleiers is getref deur die onvermoë van die leierskap om die werklikhede van swak paaie, diefstal, korrupsie en wanbestuur in die oë te kyk. Die geleentheid is as oppervlakkige versekerings en oëverblindery beleef. Stygende misdaad, moord en vernietiging van infrastruktuur, tesame met swak instandhouding, is met trooswoorde afgemaak as nie so ernstig nie, en daar is op beweerde munisipale vordering gewys. Dit strook nie met die ervaring nie.
|
In 'n opvolgskrywe aan Ramaphosa lewer die kerkleiers skerp kritiek op die byeenkoms en vra 'n ingryping in die munisipale bestuur. Sedertdien het burgemeester Lobishe ook 'n skrywe aan Ramaphosa gestuur om haarself en die administrasie te verdedig. Sy suggereer ook dat die kerkleiers met politieke partye saamspan en eintlik 'n politieke agenda het. Een van haar adviseurs het sy humeur tydens 'n opvolggesprek met kerkleiers verloor en die beskuldiging herhaal.
|
|
As 'n groep beklemtoon die kerkleiers 'n a-partypolitieke ingesteldheid. Hou hierdie spasie vir verdere ontwikkeling dop.
|
|
|
|
|
|
Nie net: Kan ons God vertrou? Maar: Kan God óns vertrou?
|
|
Prof Scot McKnight, Nuwe Testamentiese kenner, reflekteer vandeesweek oor die brutale moord op die Amerikaanse aktivis, Charlie Kirk, en die geweldige reaksie wat die grusame moord ontlok het:
|
|
|
Ons land beleef weer ’n politieke krisis na die sluipmoord op Charlie Kirk. Ongeag hoe jy oor sy sienings gevoel het, behoort ons almal bekommerd te wees dat geweld nou ’n gewone deel van die politieke gesprek geword het. Moet openbare diens regtig beteken dat jy jou lewe waag?
Wanneer ons bang is, vra ons eerste: “Kan ons God vertrou om ons deur donker tye te dra? Sal Hy ons beskerm teen vyande, sigbaar en onsigbaar?” Die Bybel vertel baie verhale van hoe God sy volk uit benoude situasies gered het. Hy was getrou, en sy mense het nie net oorleef nie, maar gefloreer.
Maar miskien is daar nóg ’n vraag: Kan God óns vertrou? Ek onthou my sportdae. Ek was goed genoeg vir die span, maar die afrigter het my nooit heeltemal vertrou nie. Wanneer ek uiteindelik moes inspring, was daar altyd twyfel of ek die oomblik sou hanteer.
Soos die gelykenis van die talente leer: wie getrou is in klein dinge, kry meer toevertrou. God gee ons elke dag geleenthede—groot en klein—om te wys of Hy ons kan vertrou met hulpbronne, verhoudings en keuses.
Die vraag vandag is dus nie net: “Kan ons God vertrou?” nie, maar ook: “Kan God ons vertrou?” Mag ons getrou bly soos Hy getrou bly. Ons land het dit dringend nodig.
|
|
|
|
|
|
|
Sosiale media en jou brein
Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai?
Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur?
|
Ons gesels met dr. Yolinda Steyn, ’n ervare traumakundige en navorser wat al baie jare werk met kinders, jongmense en volwassenes. Haar navorsing en praktyk fokus onder andere op die invloed van sosiale media en hoe dit ons brein, ons verhoudings en ons gesondheid raak.
|
|
Besoek Yolinda se webwerf vir gratis hulpmiddels en meer inligting: https://www.drsteyn.com/ (Met dank aan Vrydagnuus)
|
|
|
|
|
|
|
Nioma Venter, algemene sekretaris, skryf in haar dagboek:
|
|
|
|
As ek die afgelope tyd in een woord moet opsom, kies ek: energie. Ek ervaar dit telkens – die kerk lééf en wérk deur leraars en lidmate wat saam op pad is. My waarneming van dinamika, leierskap en spanwerk die afgelope twee weke, was net oorweldigend – opsigself ’n panorama-lens van die groter prentjie – die roeping en arbeid van kerkverband om lig op die berg en sout vir die aarde te wees. Nooit net één nie, áltyd ‘n span, regdeur al ons werksaamhede.
|
|
|
|
|
|
|
Sakelys vir Sinode 2025 beskikbaar
|
|
|
Die Sakelys vir Sinode 2025 (13-16 Oktober 2025) is aanlyn beskikbaar. Klik hier om dit te lees – as flipboek op jou rekenaarskerm of laai die PDF-weergawe af.
|
Die Sakelys fokus veel minder op verslagdoening en meer op 'n verhalende benadering waar die verhaal die die Oos-Kaap aangeteken word. Die laaste 35 jaar van Sinode Oos-Kaapland en die reis van gemeentes sedert 1990 word ook aan die hand van 'n storiemuur wat Ringskommissies gebou het, vertel.
|
|
Die sakelys lig ook uit watter nuwe moontlikhede vir bediening daar in die NG Kerk beskikbaar is.
|
|
|
|
|
|
Voorbidders:
|
Voorbidders wat by die gebedsnetwerk van Sinode 2025 op WhatsApp wil aansluit, kan op hierdie skakel klik om aan te meld.
|
|
|
|
|
|
Kerkbode vra jou terugvoer
Help kerklike media meer effektief kommunikeer
|
|
Kerkbode is besig met 'n navorsingsprojek om beter te verstaan watter skuiwe het gebeur met hoe en waar ons lesers op hoogte met nuus bly, veral kerknuus. Ons wil by lesers hoor hoe hulle veral die betroubaarheid van die media beleef en watter tendense hulle in hulle eie mediagebruik waarneem. Ons hoop uit die terugvoer kry ons dieper insig hoe om nuuskommunikasie binne die kerk se kommunikasie-ekosisteem te verbeter. Deel graag die opname (neem mens minder as 5 minute om te voltooi): klik hier vir die vraelys.
|
|
|
|
|
|
24 September 2025
Pretdraf met NGK Newtonpark
|
|
|
|
|
|
27 September 2024
Nartjiefees op die skilderagtige Loerie
|
Die Kougastreek sien met groot opgewondenheid uit na die gewilde Nartjiefees wat op Saterdag, 27 September op Loerie plaasvind.
|
Die vure gaan vroeg aan die gang wees vir heerlike boereworsrolle en hamburgers. Maak jou ook reg vir pannekoek, poeding, gebak, die koffiewinkel met heerlike koek en tert, biltong, nartjies, groente, afval en rys, spitkoeke, biltong, tuisgemaakte konfyt en vele meer! Kunsmarkstalletjies bied uitstaande produkte om uit te kies – kom loer sommer vir Kersgeskenke!
|
Groot opgewondenheid heers oor die kunstenaars wat vanaf 09:00 op die Nartjiefeesverhoog gaan optree. Maak jou reg vir die musiek van Appel en sy orkes, Armand Hofmeyr, Elizma Theron, Dillon Lerm en Kobus en Karla. Bier en cider sal by die biertent verkoop word.
|
Toegangsfooie (wat die kunstenaars se optrede insluit), is R150.00 vir volwassenes en R50.00 vir leerders. Kaartjies is op Quicket, asook by Slaters Toy Magic (Fountains Mall Jeffreysbaai), Westway Tickets (PE) en by die hek beskikbaar.
|
Feesgangers wat van Interkaap se busdiens vanaf PE wil gebruik maak, kan bespreek deur 081 316 0723 te kontak. Kaartjies, wat die toegangsfooie by die Nartjiefeeshek insluit, kos R180.00 (volwassenes) en R70.00 (skoliere).
|
Daar is nog ‘n paar kunsmarkstalletjies (kos- en drinkstalletjies uitgesluit), beskikbaar. Inskrywingsvorms vir die stalletjies, ook alle inligting oor die fees, is op nartjiefees.co.za beskikbaar.
|
Navrae omtrent die fees kan aan admin@nartjiefees of 073 480 9523 gerig word. Volg ons ook op Nartjiefees FB en Instagram.
|
Sien jou by die twee en dertigste Nartjiefees op 27 September!
|
|
|
|
27 September 2025
Getuienis-byeenkoms met Radio Feba by NGK PE-Lorraine
|
|
|
|
Basaar op Steytlerville - 4 Oktober
|
|
|
Kom deel in al die opwinding by ons BASAAR op 4 Oktober 2025: Bestel 'n gaar staanrib @ R150/R200 om huistoe te neem, Proe wyn van Bloemendal, neem deel aan die braaibroodjiekompetisie, koop vars produkte, koek en koffie, pannekoek, gebak, poeding, braaivleis en sosaties. Daar is spesiale pret vir kinders. Kom geniet daarmee saam die Algoa Ralley.
|
|
|
|
|
Graaff-Reinet
Orrelkonsert in die skouspelagtige Gereformeerde katedraal
|
|
|
|
|
|
|
7 November 2025
Kersmark by PE-Lorraine (besprekings vir stalletjies beskikbaar)
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Hulp aan die Helpers: stres, uitbranding en medelye-moegheid
|
Dinsdag 18 November 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Om voortdurend betrokke te wees by die berading en geestelike begeleiding van emosioneel verwonde en getraumatiseerde persone kan uiteindelik ʼn geweldige prys kos indien die geestelike leier en berader onkundig en naïef is en nie voorkomende maatreëls in plek het nie. Daar is daagliks talle leraars, beraders, maatskaplike werkers, terapeute, ens., wat hierdie risiko loop, en in talle gevalle het dit in die verlede tot gevolg gehad emosionele ineenstorting, bedanking uit suksesvolle loopbane en selfs ook vernietiging van huwelike en ander intieme verhoudings. Teen bovermelde agtergrond word daar in hierdie kursus veral gefokus op die realiteite en risiko's gekoppel aan areas soos stres, uitbranding en medelye-moegheid. Tipiese simptome en kenmerke wat aanduidings kan wees van 'n emosionele storm wat op pad is, word bespreek - ʼn verskeidenheid van moontlike aanleidende oorsake kom ook onder die loep. Ten slotte word 'n hele aantal praktiese riglyne en voorkomende maatreëls aan die orde gestel, enersyds ter voorkoming van die potensiële emosionele gevare, en andersyds ook ter begeleiding van diegene wat reeds in die valstrikke vasgevang geraak het.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar
NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.
|
Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 29 September – ds Johannes Janse van Rensburg, NG Gemeente Retief (Despatch) 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop Riëtte Botha (diensleraar) word op 21 September te NG Gemeente Elliot bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|