Jaargang 23 - Nommer 32 - 24 Oktober 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • "'n Dinamiese kerk wat planne maak" - ouderling oor Sinode 2025
  • Vir die Hervorming op 26 Oktober
  • Vakatures
  • Leraars beweeg

Sinode 2025:

'n Dinamiese kerk met nuwe energie en groeigeleenthede

Afgevaardigdes by Sinode 2025 bid om tafels na Bybelstudie uit Matteus 28 waar die opgestane Christus aan sy dissipels van alle tye sê: "Gaan dan..."

"Ek gaan met veel meer energie en hoop hier weg dan waarmee ek hier aangekom het," skryf 'n afgevaardigde in sy terugvoer na afloop van Sinode 2025 (13-16 Oktober 2025 te Willows).

"Ek dog die NG Kerk is dood," sê 'n ouderling-afgevaardigde. "Dis nou as jy die koerante wil glo, maar dis duidelik 'n verdigsel. Hier het ek nie net 'n lewendige, gelowige kerk ontmoet nie, maar 'n kerk wat aktief planne maak en innoveer om bediening in ons streek te laat floreer."

Nuwe moontlikhede in die NG Kerk, soos die proses van Handevat-gemeentes, samewerking tussen gemeentes, en wedersydse ooreenkomste tussen gemeentes het aandag geniet. Die verhale van gemeentes is as werkbare gevallestudies oorgedra. Proses vir geestelike vorming soos die Geloofsreis en In Pas het ook aandag geniet.

Die groep is versterk deur Matteus 28 oor die periode van die vergadering te oordink. 'n brief van Paulus, neergepen deur prof Piet Naudé, het ook leiding verskaf. 'n Uitgebreide storiemuur kry 'n greep op die wyse waarop God by ons werksaam-teenwoordig is en dien as gids vir die pad vorentoe.

Die Sinode het gefokus op die ontwikkeling van vaardighede by gemeentes om dienend in gemeenskappe teenwoordig te wees. Dr Frederick Marais van die Skool vir Sosiale Innovasie aan die Hugenote Kollege het afgevaardigdes in verskeie werksessies oor drie dae begelei om sinvolle, praktiese en werkbare planne te maak om die gemeenskap te betree.
Moderatuurslede verkies tydens Sinode Oos-Kaapland 2025:
Vlnr ds MG van Rooyen (ondervoorsitter); dr Elsje Büchner (addisionele lid); dr Dewald Davel (voorsitter); ds Jan Grobbelaar (aktuarius) en ds Danie Mouton (direkteur sinode, adviserend). Foto: Le Roux Schoeman, Kerkbode
Lees gerus ook hoe Kerkbode verslag oor Sinode 2025 gedoen het:
Klik hier om na die Sinode se Sakelys, 'n goudmyn van inligting, te kyk.
Afgevaardigdes sing tydens Sinode 2025. Die foto is vanaf die moderatuurstafel geneem.

Erediens van 26 Oktober 2025

Hervormingsondag gevier

Op Sondag, 26 Oktober (die Sondag in Oktober naaste aan 31 Oktober, toe Martin Luther sy 95 stellings aan die kasteelkerk in Wittenberg vasgespyker het) vier ons Kerk die jaarlikse Hervormingsondag.

DinkJeug verduidelik die geskiedenis van die reformasie kortliks met behulp van Martin Luther se reformasieroos. Luther was oortuig dat ons deur genade vrygespreek is omdat Jesus in ons plek aan die kruis gesterf het. Hy het in 1516 die roos ontwerp om die evangelie op ‘n kreatiewe manier op te som.

Klik hier om DinkJeug se toeligting af te laai.

Biblia PE

Geen ontmoeting is toevallig nie

Joy Thompson van Biblia se kantoor in Gqeberha met seevaarders

By Biblia se hawebediening in die hawens van Gqeberha en Coega word gewone ontmoetings dikwels Goddelike geleenthede. Wat as ’n roetinebesoek aan seemanne begin het, het uitgeloop op ’n dag vol verrassende bediening — van die bemoediging van ’n moë vragmotorbestuurder tot die deel van Skrif aan boord van ’n bekende skip.
Selfs in oomblikke van huiwering het God se sagte aanmoediging gelei tot nuwe gehoorsaamheid en die verdieping van verhoudings.

Hierdie verhaal herinner ons daaraan dat geen ontmoeting toevallig is nie en geen daad van vriendelikheid te klein is wanneer dit deur God se liefde gelei word nie.

7 November 2025

Kersmark by PE-Lorraine

Nooitgedacht vier 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal

Kerklike Feesdae en Vakansiedae

Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.

Mannekursus by PE-Lorraine: 14-16 November

Aanlyn VBO

Hulp aan die Helpers: stres, uitbranding en medelye-moegheid

Dinsdag 18 November 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
Om voortdurend betrokke te wees by die berading en geestelike begeleiding van emosioneel verwonde en getraumatiseerde persone kan uiteindelik ʼn geweldige prys kos indien die geestelike leier en berader onkundig en naïef is en nie voorkomende maatreëls in plek het nie. Daar is daagliks talle leraars, beraders, maatskaplike werkers, terapeute, ens., wat hierdie risiko loop, en in talle gevalle het dit in die verlede tot gevolg gehad emosionele ineenstorting, bedanking uit suksesvolle loopbane en selfs ook vernietiging van huwelike en ander intieme verhoudings.

Teen bovermelde agtergrond word daar in hierdie kursus veral gefokus op die realiteite en risiko's gekoppel aan areas soos stres, uitbranding en medelye-moegheid. Tipiese simptome en kenmerke wat aanduidings kan wees van 'n emosionele storm wat op pad is, word bespreek - ʼn verskeidenheid van moontlike aanleidende oorsake kom ook onder die loep. Ten slotte word 'n hele aantal praktiese riglyne en voorkomende maatreëls aan die orde gestel, enersyds ter voorkoming van die potensiële emosionele gevare, en andersyds ook ter begeleiding van diegene wat reeds in die valstrikke vasgevang geraak het.

Klik hier om in te skryf.

Vakature: NG Kerk Albanie: Predikantspos

Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.

Klik hier om die posbeskrywings te lees.
Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2025

Vakature: NG Kerk Kareedouw: Predikantspos

NG Kerk Kareedouw is tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge geleë (naby humansdorp en Jeffreysbaai), omring deur landerye en Kaapse fynbos wat die getrouheid van God se skepping weerspieël.

Ons gemeente is ’n Christelike geloofsfamilie met ongeveer 375 lidmate wat daarna streef om Christus se lig in die gemeenskap te laat skyn. Ons roeping is eenvoudig: ons wil ’n tuiste wees waar almal welkom is.

Kik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 20 November 2025.

Vakature: NG Kerk Rietbron: Predikantspos

Rietbron is ’n plattelandse, Karoodorp op die grens van die Oos- en Wes-Kaap. Ons gemeenskap word gekenmerk deur groot offervaardigheid in belang van die kerk en ander gemeenskapsinstansies en sowat 60 gesinne skakel in by die werksaamhede van die gemeente. Ons is lief vir die Here en ons wil graag ’n predikant na ons gemeenskap beroep om ons in ons diens aan Hom te begelei.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 14 November 2025.

NG Kerk Buffelsrivier (Oos-Londen): Predikantspos

Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 1 Desember 2025.

Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar

NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.

Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.

Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.

Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)

Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025

Vakature vir Skriba: NGK PE-Heideveld

PE-Heideveld-gemeente adverteer 'n pos vir 'n gemeenteskriba. Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2025.

Verjaarsdae in Oktober

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Oktober verjaar:

7 Oktober – ds Wicus Wait, NG Gemeente Port Elizabeth
13 Oktober – ds Llewellyn Oliver, NG Gemeente Uitenhage
13 Oktober – dr Paul Stoltz, NG Gemeente Algoapark
21 Oktober – ds Arrie Preller, NG Gemeente Despatch-Suid
22 Oktober – ds Attie Botha, NG Gemeente Jansenville
29 Oktober – ds Ruan Nieuwenhuizen, NG Gemeente Somerset-Oos
30 Oktober – dr Gerard Olivier, NG Gemeente Grasvoëlkop

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Willem Sauer van Tsitsikamma het die beroep na Somerset-Wes aanvaar.

Ds Danie de Jongh en ds Trunette se Jongh is as medeleraars na Secunda-Oos beroep.

Prop. Johan van Staden is na Stutterheim Verenigde Gemeente beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter