|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 33 - 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Stap die Oos-Kaapse Camino (een van die dae)
- Alle Graad 7's genooi na skoolverwisselingskamp
- Kersmark, Kersmusiek en nog vele meer
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
#ViaBaviaans
'SA Camino' brei uit met roete deur die Baviaanskloof
|
|
Twee lede van die Verkenspan wat die ViaBaviaans, 'n nuwe toevoeging tot die "SA-Camino", oftewel die Pelgrimstog van Hoop in Oktober verken het (Foto: Kerkbode)
|
Dit is ’n wonderlike gedagte dat mense hulle siele kom vul en Baviaanskloof beleef. So vertel Boetie Terblanche, een van die herbergiers op ’n nuwe sewende staproete waarmee die Pelgrimstog van Hoop (PvH) hulle netwerk van staproetes wil uitbrei. Die 77-jarige boer noem wat hom ook opgewonde maak is die geleentheid vir sy geliefde “kloof” se mense om deel te word van hierdie stapinisiatief se netwerk van mense wat al wyer uitkring “soos ’n spinneweb”.
|
Hy is een van die kloof se mense wat in Oktober reggestaan het vir ’n klein verkenspan wat getaak was om die sowat 211 km stapgedeelte van hierdie nuwe staproete vanaf Jeffreysbaai via dié versteekte kloof tot in Uniondale te ‘recce’.
|
|
Lees hoe vertel joernalis Helene Meissenheimer in Kerkbode meer oor die roete en die besondere ervarings van die verkenningspan. Sy het saam gestap.
|
|
|
|
|
|
Vir alle Graad 7's, te Lekkeroord
Skoolverwisselingskamp, Oos-Londen (8-11 Desember)
|
|
Alle Graad 7's van gemeentes regoor die Oos-Kaap word genooi na 'n kamp wat die belangrike oorgang na die Hoërskool vier. Gemeentes wat graag ook ’n leier uit hul gemeente saam met hul kinders wil stuur, is baie welkom om dit te doen. Die kamp vind van 8-11 Desember plaas.
|
Lekkeroord is wonderlik geleë, digby een van die mooiste strande in ons provinsie.
|
Besonderhede oor die kamp is op die kamp se webblad beskikbaar - klik hier. Ds Larry van der Walt, organiseerder, sal gemeentes met bemarkingsmateriaal vir die geleentheid help. Die registrasievorms is ook op die webtuiste beskikbaar. Graad 7’s se ouers kan hulle ook help om aanlyn te registreer. Die koste vir die kamp is R950 en sluit alle etes en verblyf in. Daar sal T-hemde en keppies op bestelling beskikbaar wees.
|
|
Rig navrae aan ds Larry van der Walt - klik hier om e-pos te stuur..
|
|
|
|
|
|
7 November 2025
Kersmark by PE-Lorraine
|
|
|
|
|
|
Nooitgedacht vier 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal
|
|
|
|
|
|
Orreluitvoering by Uitenhage-Oos (11 November)
|
|
|
|
|
|
Kersmark te NGK Joubertina (27-29 November)
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
Mannekursus by PE-Lorraine: 14-16 November
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Hulp aan die Helpers: stres, uitbranding en medelye-moegheid
|
Dinsdag 18 November 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Om voortdurend betrokke te wees by die berading en geestelike begeleiding van emosioneel verwonde en getraumatiseerde persone kan uiteindelik ʼn geweldige prys kos indien die geestelike leier en berader onkundig en naïef is en nie voorkomende maatreëls in plek het nie. Daar is daagliks talle leraars, beraders, maatskaplike werkers, terapeute, ens., wat hierdie risiko loop, en in talle gevalle het dit in die verlede tot gevolg gehad emosionele ineenstorting, bedanking uit suksesvolle loopbane en selfs ook vernietiging van huwelike en ander intieme verhoudings. Teen bovermelde agtergrond word daar in hierdie kursus veral gefokus op die realiteite en risiko's gekoppel aan areas soos stres, uitbranding en medelye-moegheid. Tipiese simptome en kenmerke wat aanduidings kan wees van 'n emosionele storm wat op pad is, word bespreek - ʼn verskeidenheid van moontlike aanleidende oorsake kom ook onder die loep. Ten slotte word 'n hele aantal praktiese riglyne en voorkomende maatreëls aan die orde gestel, enersyds ter voorkoming van die potensiële emosionele gevare, en andersyds ook ter begeleiding van diegene wat reeds in die valstrikke vasgevang geraak het.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Albanie: Predikantspos
Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.
|
|
Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Kareedouw: Predikantspos
NG Kerk Kareedouw is tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge geleë (naby humansdorp en Jeffreysbaai), omring deur landerye en Kaapse fynbos wat die getrouheid van God se skepping weerspieël.
|
Ons gemeente is ’n Christelike geloofsfamilie met ongeveer 375 lidmate wat daarna streef om Christus se lig in die gemeenskap te laat skyn. Ons roeping is eenvoudig: ons wil ’n tuiste wees waar almal welkom is.
|
|
Kik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Rietbron: Predikantspos
Rietbron is ’n plattelandse, Karoodorp op die grens van die Oos- en Wes-Kaap. Ons gemeenskap word gekenmerk deur groot offervaardigheid in belang van die kerk en ander gemeenskapsinstansies en sowat 60 gesinne skakel in by die werksaamhede van die gemeente. Ons is lief vir die Here en ons wil graag ’n predikant na ons gemeenskap beroep om ons in ons diens aan Hom te begelei.
|
|
Die sluitingsdatum is 14 November 2025.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Buffelsrivier (Oos-Londen): Predikantspos
Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit.
|
|
Die sluitingsdatum is 1 Desember 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar
NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.
|
Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
Vakature vir Skriba: NGK PE-Heideveld
|
PE-Heideveld-gemeente adverteer 'n pos vir 'n gemeenteskriba. Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2025.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in November
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in November verjaar:
|
5 November – ds Daniël de Kock, NG Gemeente Alexandria 10 November – ds Marnico Wessels, NG Gemeente Paterson 13 November – ds Armand Crous, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 14 November – ds Bianca Marais, NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk 17 November – ds Sunell Ribbens, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Danie de Jongh (PE-De Duin) en ds Trunette se Jongh (Uitenhage-De Mist) het die beroepe as medeleraars na Secunda-Oos aanvaar.
|
Prop. Johan van Staden is na Stutterheim Verenigde Gemeente beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|