Jaargang 23 - Nommer 34 - 7 November 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Vyf redes waarom mense nie in die kerk aandag gee nie
  • Hoe getuig ons in die harde postmoderne wêreld?
  • Spesiale geleenthede by verskillende gemeentes
  • Leraars beweeg

Vyf redes waarom mense nie in die kerk aandag gee nie

Mike Glenn voer in 'n kort artikel vyf redes aan waarom mense nie in die kerk aandag gee nie:
  • Hulle gee aan niks aandag nie - en die erediens help hulle nie fokus nie;
  • Hulle vertrou nie die spreker nie;
  • Die erediens haak nie by hul daaglikse lewe aan nie;
  • Hulle het hul woordlimiet vir die uur bereik - die afkondigings, die prekies om liedere aan te kondig, die vele instruksies en verduidelikings, met boonop die preek is net te veel vir vlees en bloed;
  • Daar is nie 'n oproep tot aksie nie - watter verskil maak al hierdie woorde tog?
Lees gerus sy kort inset. Dit het aanvanklik op Scot McKnight se Substack verskyn.

Hoe getuig die kerk in 'n harde post-moderne wêreld?

Ons leef in 'n postmoderne wêreld.

Postmoderne mense se benadering tot die lewe word gekenmerk deur:
  • Verwerping van finale antwoorde op alle vrae. die basiese geloofsraamwerk van die skrif, skepping, sondeval, Christus se verlossingswerk, die kerk se roeping en die voleinding is nie aanvaarbaar nie;
  • Sterk reaksie teen die Christelike geloof se oortuiging dat Christus die Waarheid is en dat Christus alleen kan red;
  • My eie keuses, my reg om te besluit oor wat waar is, staan sentraal. My eie sukses, my besittings en my satisfaksie is voorop. Dienende liefde en selfopoffering is 'n vreemde konsep;
  • Wantroue teenoor instellings wat op gesag aanspraak maak, bv die kerk en haar strukture, en die gesag wat ons aan die Woord van God toeken;
  • "Alles wat vir my werk" is gangbaar. Dit is aanmatigend om eksterne bronne van gesag te erken en daarvolgens te leef. Almal kies hul eie waarheid.
  • Dialoog met ander gelowe en 'n veelheid van uiteenlopende oortuigings is aanvaarbaar. As Christene nie van ander gelowe wil weet of leer nie, is dit aanmatigend en selfvoldaan.
Jonathan Abbas, 'n teoloog uit Afrika, het 'n belangrike artikel geskryf oor die wyse waarop Christene kan getuig in 'n postmoderne wêreld. Hy wys die volgende aanknopingspunte uit:
  • Erken en hanteer diversiteit. die Bybel se waardes van liefde, eenheid en versoening gaan oor grense, en soos in Hand. 2 is die Gees steeds die Een wat mense help om in die toepaslike idioom met mekaar te praat.
  • Pas aan by die konteks - soos Paulus in Hand. 17 op die Areopagus die evangelie verkondig op 'n manier wat die filosowe kon verstaan.
  • Koester mense wat geestelik soekend is - maar gaan soek hulle op, hulle gaan nie by jou erediens opdaag nie.
  • Gebruik die internet met al die beskikbare digitale ruimtes
  • Bevorder reg en geregtigheid en uitreik na nood en ellende aktief. Neem die profete se oproep aan Israel as voorbeeld. Jes 1:17: "Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.“ Kyk ook na Amos 5:24. Sodanige werk en opoffering getuig uiters sterk in die postmodernistiese konteks waarin ons tans is. Woorde (preke) wek, maar voorbeelde (dade) trek!
Prof. Jurgens Hendriks het 'n kort opsomming van hierdie artikel gemaak - klik hier om sy opsomming te lees.

Vir alle Graad 7's, te Lekkeroord

Skoolverwisselingskamp, Oos-Londen (8-11 Desember)

Alle Graad 7's van gemeentes regoor die Oos-Kaap word genooi na 'n kamp wat die belangrike oorgang na die Hoërskool vier. Gemeentes wat graag ook ’n leier uit hul gemeente saam met hul kinders wil stuur, is baie welkom om dit te doen. Die kamp vind van 8-11 Desember plaas.

Lekkeroord is wonderlik geleë, digby een van die mooiste strande in ons provinsie.

Besonderhede oor die kamp is op die kamp se webblad beskikbaar - klik hier. Ds Larry van der Walt, organiseerder, sal gemeentes met bemarkingsmateriaal vir die geleentheid help. Die registrasievorms is ook op die webtuiste beskikbaar. Graad 7’s se ouers kan hulle ook help om aanlyn te registreer. Die koste vir die kamp is R950 en sluit alle etes en verblyf in. Daar sal T-hemde en keppies op bestelling beskikbaar wees.

Rig navrae aan ds Larry van der Walt - klik hier om e-pos te stuur..

7 November 2025

Kersmark by PE-Lorraine

Nooitgedacht vier 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal

Orreluitvoering by Uitenhage-Oos (11 November)

Kersmark te NGK Joubertina (27-29 November)

Kerklike Feesdae en Vakansiedae

Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.

Mannekursus by PE-Lorraine: 14-16 November

Vir Eerstejaar-Kovsies in 2026

Kougom Eerstejaarkamp te Bloemfontein

Aandag alle Matrieks:
As jou na-skoolse reis jou volgende jaar na Bloemfontein bring, hoop ons om jou op die Kougom kamp te sien. Dit is jou wegspringplek om saam met medegelowiges die avontuur van student-wees binne te gaan.
Besonderhede:
Datums: 23-26 Januarie 2026
Plek: Retief kampterrein buite Bloemfontein
Koste: R990
Klik hier vir verdere inligting en inskrywings: https://www.kopanongministry.org/kougom
Aangebied deur: “Waypoint” – die sinodale studentebedieningsnetwerk van die NGK Vrystaat.
Sien uit om jou te ontmoet!
Die Kougomspan

Aanlyn VBO

Nuuskierig oor godsdienste en hoe om teologies daaroor te dink? Kom neem deel aan die laaste aanlyn VBO vanuit Excelsus se aanbiedings op 19 November van 9:00 - 16:00. Prof. Jaco Beyers bied die VBO aan. Gebruik hierdie skakel om te registeer.

Aanlyn VBO

Hulp aan die Helpers: stres, uitbranding en medelye-moegheid

Dinsdag 18 November 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
Om voortdurend betrokke te wees by die berading en geestelike begeleiding van emosioneel verwonde en getraumatiseerde persone kan uiteindelik ʼn geweldige prys kos indien die geestelike leier en berader onkundig en naïef is en nie voorkomende maatreëls in plek het nie. Daar is daagliks talle leraars, beraders, maatskaplike werkers, terapeute, ens., wat hierdie risiko loop, en in talle gevalle het dit in die verlede tot gevolg gehad emosionele ineenstorting, bedanking uit suksesvolle loopbane en selfs ook vernietiging van huwelike en ander intieme verhoudings.

Teen bovermelde agtergrond word daar in hierdie kursus veral gefokus op die realiteite en risiko's gekoppel aan areas soos stres, uitbranding en medelye-moegheid. Tipiese simptome en kenmerke wat aanduidings kan wees van 'n emosionele storm wat op pad is, word bespreek - ʼn verskeidenheid van moontlike aanleidende oorsake kom ook onder die loep. Ten slotte word 'n hele aantal praktiese riglyne en voorkomende maatreëls aan die orde gestel, enersyds ter voorkoming van die potensiële emosionele gevare, en andersyds ook ter begeleiding van diegene wat reeds in die valstrikke vasgevang geraak het.

Klik hier om in te skryf.

Registrasie open vir Vocation-konferensie met Andrew Root

Andrew Root is ’n professor aan Luther Seminary en ’n toonaangewende kenner op die gebied van jeug- en praktiese teologie. Hy is bekend vir sy werk oor die raakpunte tussen geloof, kultuur en bediening in ’n sekulêre tyd. Hy het verskeie boeke geskryf, onder andere The Pastor in a Secular Age en Faith Formation in a Secular Age, en ondersoek sake soos bediening aan jonger generasies en die uitdaging om geloof te beleef in ’n moderne, sekulêre wêreld.

Hier is meer inligting oor die konferensie beskikbaar.
Klik hier om te registreer.

Vakature: NG Kerk Albanie: Predikantspos

Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.

Klik hier om die posbeskrywings te lees.
Die sluitingsdatum is 30 November 2025

Vakature: NG Kerk Kareedouw: Predikantspos

NG Kerk Kareedouw is tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge geleë (naby humansdorp en Jeffreysbaai), omring deur landerye en Kaapse fynbos wat die getrouheid van God se skepping weerspieël.

Ons gemeente is ’n Christelike geloofsfamilie met ongeveer 375 lidmate wat daarna streef om Christus se lig in die gemeenskap te laat skyn. Ons roeping is eenvoudig: ons wil ’n tuiste wees waar almal welkom is.

Kik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 20 November 2025.

Vakature: NG Kerk Rietbron: Predikantspos

Rietbron is ’n plattelandse, Karoodorp op die grens van die Oos- en Wes-Kaap. Ons gemeenskap word gekenmerk deur groot offervaardigheid in belang van die kerk en ander gemeenskapsinstansies en sowat 60 gesinne skakel in by die werksaamhede van die gemeente. Ons is lief vir die Here en ons wil graag ’n predikant na ons gemeenskap beroep om ons in ons diens aan Hom te begelei.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 14 November 2025.

NG Kerk Buffelsrivier (Oos-Londen): Predikantspos

Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.
Die sluitingsdatum is 1 Desember 2025.

Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar

NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.

Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.

Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.

Verjaarsdae in November

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in November verjaar:

5 November – ds Daniël de Kock, NG Gemeente Alexandria
10 November – ds Marnico Wessels, NG Gemeente Paterson
13 November – ds Armand Crous, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine
14 November – ds Bianca Marais, NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk
17 November – ds Sunell Ribbens, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Ds Christo van Staden is na die NGK Middelburg-Karoo beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter