|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 35 - 14 November 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Korrupsie, verlies en geloof - prof Anton van Niekerk na die moord op sy seun, Bouwer
- Wat afgevaardigdes tydens Sinode 2025 oor hul belewenisse gesê het
- Kerkleiers takel munisipale dienslewering
- Groot Predikantebyeenkoms vir 2026 beplan
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
"Here, ek weet nie wat om te bid nie!"
’n Vader se stem oor korrupsie, verlies en geloof
|
|
|
|
|
Prof Anton van Niekerk, filosoof in etiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy seun, Bouwer van Niekerk, 'n insolvensieprokureur, is onlangs doodgeskiet om korrupsie te verbloem
|
|
|
|
Prof. Anton van Niekerk, bekende filosoof, het by die onlangse Algemene Sinodale Moderamen ’n aangrypende voordrag gelewer oor die aard en gevolge van korrupsie – en oor die persoonlike pyn wat hy self daardeur moes beleef.
|
Van Niekerk het verduidelik dat filosowe altyd streef na konseptuele helderheid, ook wanneer dit by morele kwessies kom. Korrupsie, het hy gesê, is niks anders nie as die immorele en onwettige toe-eiening van goedere sonder die nodige magtiging – en dit is ’n verskynsel wat wêreldwyd voorkom. Hy het verwys na voorbeelde uit ryk en arm lande, en vertel hoe korrupsie dikwels deel word van ’n land se sosiale weefsel.
|
Hy het herinner aan ’n gesprek wat hy jare gelede met dr. Beyers Naudé gevoer het. Naudé het destyds gesê dat die enkele ding waarvoor hy die bangste is as hy na Suid-Afrika se toekoms kyk, korrupsie is. Prof. Van Niekerk het daarop gewys hoe hierdie verskynsel nie net die openbare sektor nie, maar toenemend ook die privaatsektor besmet – met tragiese gevolge.
|
Hierdie werklikheid het vir hom persoonlik gestalte gekry toe sy seun, Bouwer van Niekerk, ’n gerespekteerde insolvensieprokureur, op 5 September koelbloedig in sy kantoor doodgeskiet is. Bouwer het saam met sakereddingspraktisyns gewerk en was betrokke by sake waar groot bedrae geld, bedrog en omkopery op die spel was.
|
“Die ervaring was verpletterend,” het Van Niekerk gesê. “Die brutaliteit en arrogansie van die moord was onbeskryflik. ’n Stuk van my toekoms is weggeneem.” Hy het verwys na Dawid se uitroep in 2 Samuel 18: “Absalom, my seun, my seun, as ek maar net in jou plek kon sterf!”
|
In sy slotwoorde het Van Niekerk erken dat hy soms self nie weet hoe om te bid nie. Hy het ’n reël van Guido Gezelle aangehaal (hier uit Nederlands vertaal):
|
U het op ’n berg alleen gebid, maar, Jesus, ek kan nêrens vind ’n plek hoog genoeg om te klim om U alleen te vind nie.
|
Die wêreld volg my waar ek gaan, waar ek staan of ooit my oë slaan — altyd is dit daar.
|
En arm soos ek is daar geen, geen een, wat nood het en nie kan kla nie, wat honger en nie kan vra nie, wat pyn het en nie waag om te sê hoe seer dit maak nie.
|
O leer my, arme dwaas, hoe ek behoort te bid.
|
|
Met dié woorde het sy refleksie die oorgang gemaak van openbare morele nood na persoonlike geloofsontroering – ’n herinnering dat korrupsie nie net stelsels breek nie, maar menselewens.
|
|
|
|
|
|
Lig in die Oos-Kaap:
Hoe afgevaardigdes die Sinode 2025 beleef het
|
|
Oos-Kaapland het in Oktober 2025 Sinode gehou - op 'n manier wat glad nie aan 'n tradisionele sinode herinner nie. Dit was 'n fees van geloof, realisme en die vind van 'n weg vir bediening vorentoe.
|
Die Sinode 2025 het ’n sterk energerende impak gevoelstoon agtergelaat. Daarom is ’n sentiment-analise gedoen – ’n sistematiese kyk na afgevaardigdes se terugvoer om die “hartklop” van die sinode beter te verstaan.
|
Die prentjie wat na vore kom, is oorwegend lig en hoopvol. Die dokument wys op ’n diep dankbaarheid, nederige optimisme en ’n vaste oortuiging dat God steeds teenwoordig is en sy kerk dra. Ja, daar is eerlike verwysings na moegheid, krimpende gemeentes en beperkte hulpbronne, maar dit word nie klaend verwoord nie – eerder as deel van ’n geloofspad saam met God.
|
Hoof-emosies wat sterk deurkom, is hoop, dankbaarheid, vasberadenheid, deernis en ’n nuwe gevoel van roeping. Die liturgie – gebede, Wandel in die Woord, sang en seënbedes – het soos ’n geestelike ruggraat deur die hele week geloop en sinisme help vervang met geloofsenergie en vreugde.
|
Die verslag wys ook hoe die Sinode gehelp het om kapasiteit te bou: nuwe kennis is verwerf, houdings het verskuif van probleemverhaal na geloofsverhaal, nuwe vaardighede in luister en onderskeiding het begin posvat, en brose maar belangrike geloofsgewoontes het ontstaan.
|
Laastens rig die sentiment-analise konkrete aanbevelings aan ringe en gemeentes: bou op die positiewe momentum, eer die spanninge eerlik, kweek verhoudings en eenheid, vertaal luister in aksie, en bly naby aan kwesbares.
|
|
Lees gerus die volledige sentiment-analise – dit gee ’n eerlike, hoopvolle kyk op waar ons as kerk nou is, en waarin God ons vorentoe nooi. Die sentiment-analise is deel van 'n groter dokument oor die uitkomste van Sinode 2025 - wat hier beskikbaar is.
|
|
|
|
|
|
Prof Yolanda Dreyer by Sinode Oos-Kaapland
Selfsorg: Hoe hanteer mens jou eie gebrokenheid?
|
|
Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid?
|
Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het.
|
|
Klik hier om na die gesprek te luister wat Le Roux Schoeman van Kerkbode met haar gevoer het.
|
|
|
|
|
|
Kerk in Nelson Mandelabaai takel dienslewering
'n Groep kerkleiers, waaronder die NG Kerk, het reeds skrywes aan pres. Ramaphosa oor dienslewering in die metropool gerig. In respons het die president die premier versoek om die kerke te woord te staan. Tydens 'n ontmoeting met die premier in Gqeberha het die burgemeester ook bepaalde insette gelewer.
|
Die kerkleiers is van mening dat die premier en die burgemeester die situasie onderspeel en die erns van die bestuurskrisis afwater.
|
Intussen het die kerkleiers ook begin met 'n reeks gemeenskapskonsultasie - in die nedersettings maar ook in die woonbuurte. In die eerste konsultasie in New Brighton het die ANC striemende aanvalle op die kerkleiers geloods - oor onbenullige sake soos prosedures en mandate.
|
|
Dit kan egter nie die stem van burgers van alle areas in die metropool stilmaak nie. Die kerkleiers het 'n eenvoudige boodskap en fokus. Die inisiatief is ook daarop gerig om - naas die verantwoordbaarheid van die plaaslike owerheid - gemeentes te aktiveer om betrokke te raak by die verbetering van plaaslike omstandighede. Lees die onlangse verklaring en oproep van die kerkleiers.
|
|
|
|
|
|
Predikante SAAMkoms vir 2026
|
|
'n Groot predikantebyeenkoms vir predikante en diensleraars (gelegitimeerdes) word te Goudini Spa beplan. Die oord is groot genoeg om 750-800 in 'n eilandsituasie saam te trek. Daar is ook 'n saal groot genoeg om almal te akkommodeer.
|
Die bedoeling is om op 'n kreatiewe manier saam te wees, saam te bid, te kuier, te groei en te vier. Dit gaan glad nie formeel wees nie, maar fokus op saamwees en die vier van ons verbintenisse. Dit is ook 'n geleentheid vir klasgroepe om saam te kuier en te gesels oor die pad wat die lewe met elkeen geloop het.
|
|
Die datum is 25-28 Augustus 2026. Die praktiese reëlings word later bekend gemaak. Daar sal 'n gesubsidieerde inskrywingsfooi wees, en ook brandstofsubsidie.
|
|
|
|
|
|
Hersiene vertaling van Heidelbergse Kategismus op pad
Nuusbrokkie uit die Algemene Sinodale Moderamen:
|
Die werk aan ’n nuwe Afrikaanse vertaling van die Heidelbergse Kategismus is aan die gang, met deelname uit verskeie Gereformeerde kerke en die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit. Hierdie vertaling volg dieselfde metodiek as die 2020-Bybelvertaling — dit wil sê, so getrou moontlik aan die bronteks, maar in natuurlike, eietydse Afrikaans wat maklik gelees en verstaan kan word.
|
|
Die Heidelbergse Kategismus is een van die mees invloedryke Gereformeerde belydenisskrifte en het ’n groot rol gespeel in die geloofsvorming van talle gelowiges deur die eeue. Die kerk verwelkom hierdie nuwe vertaalprojek met groot verwagting en sien daarna uit dat die werk, wat na verwagting teen 2027 voltooi sal wees, aan die Algemene Sinode voorgelê word vir oorweging en goedkeuring.
|
|
|
|
|
|
Die eerste 1 000 dae – waar die lewe begin vorm kry
|
|
Daar is min dinge in die lewe wat soveel blywende invloed het as ’n kind se eerste 1,000 dae – van bevrugting tot die tweede verjaarsdag. Hierdie tydperk lê die fondament vir alles wat volg: gesondheid, breinontwikkeling, emosionele welstand, leervermoë en selfs sukses in die werklewe. Die handleiding van die NG Kerk, Die eerste 1 000 dae van lewe en die belangrikheid van speel, wys op ’n eenvoudige, maar diep waarheid: wat in hierdie drie jaar gebeur, het lewenslange gevolge.
|
Navorsing wys dat ’n kind se brein teen sy tweede verjaardag reeds sowat 80% van sy volwasse gewig bereik het. Dit beteken dat elke aanraking, elke glimlag, elke gesprek en elke maaltyd bydra tot die bou van verbindings in die brein wat later leer, denke en emosionele stabiliteit moontlik maak. Wanneer ’n kind gekoester, gevoed en veilig is, groei hy of sy nie net fisies nie, maar ontwikkel ook selfvertroue en ’n gesonde selfbeeld.
|
|
Armoede, spanning en gebrekkige voeding kan egter hierdie groei ernstig benadeel. Dis juis daarom dat vroeë intervensie en ondersteuning – veral vir ouers en versorgers – só noodsaaklik is. Die handleiding beklemtoon die rol van gemeentes, maatskaplike dienste en die breër gemeenskap om hierdie kritieke tydperk te beskerm en te versterk.
|
Spiritualiteit vorm ook van die begin af deel van ’n kind se ontwikkeling. Die kerk het ’n unieke geleentheid om kinders en gesinne te dra in gebed, geloof en liefde – en om ruimtes te skep waar jong kinders God se teenwoordigheid as deel van hulle wêreld ervaar.
|
|
Die handleiding bied praktiese idees, insig uit navorsing, en wenke oor hoe gemeentes en individue betrokke kan raak by vroeëkinderontwikkeling. Dis ’n uitnodiging om saam te help bou aan ’n gesonde, hoopvolle toekoms – een kind op ’n slag.
|
|
|
|
Vir alle Graad 7's, te Lekkeroord
Skoolverwisselingskamp, Oos-Londen (8-11 Desember)
|
|
Alle Graad 7's van gemeentes regoor die Oos-Kaap word genooi na 'n kamp wat die belangrike oorgang na die Hoërskool vier. Gemeentes wat graag ook ’n leier uit hul gemeente saam met hul kinders wil stuur, is baie welkom om dit te doen. Die kamp vind van 8-11 Desember plaas.
|
Lekkeroord is wonderlik geleë, digby een van die mooiste strande in ons provinsie.
|
Besonderhede oor die kamp is op die kamp se webblad beskikbaar - klik hier. Ds Larry van der Walt, organiseerder, sal gemeentes met bemarkingsmateriaal vir die geleentheid help. Die registrasievorms is ook op die webtuiste beskikbaar. Graad 7’s se ouers kan hulle ook help om aanlyn te registreer. Die koste vir die kamp is R950 en sluit alle etes en verblyf in. Daar sal T-hemde en keppies op bestelling beskikbaar wees.
|
|
Rig navrae aan ds Larry van der Walt - klik hier om e-pos te stuur..
|
|
|
|
|
|
Feesmark by Heideveld - 28, 29 November
|
|
|
|
|
|
Kersmark op Grahamstad - 26-29 November
|
|
|
|
|
|
Kersmark te NGK Joubertina (27-29 November)
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
Vir Eerstejaar-Kovsies in 2026
Kougom Eerstejaarkamp te Bloemfontein
|
|
|
As jou na-skoolse reis jou volgende jaar na Bloemfontein bring, hoop ons om jou op die Kougom kamp te sien. Dit is jou wegspringplek om saam met medegelowiges die avontuur van student-wees binne te gaan.
|
|
Datums: 23-26 Januarie 2026
|
|
Plek: Retief kampterrein buite Bloemfontein
|
|
Klik hier vir verdere inligting en inskrywings: https://www.kopanongministry.org/kougom
|
|
Aangebied deur: “Waypoint” – die sinodale studentebedieningsnetwerk van die NGK Vrystaat.
|
Sien uit om jou te ontmoet! Die Kougomspan
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
|
|
|
Nuuskierig oor godsdienste en hoe om teologies daaroor te dink? Kom neem deel aan die laaste aanlyn VBO vanuit Excelsus se aanbiedings op 19 November van 9:00 - 16:00. Prof. Jaco Beyers bied die VBO aan. Gebruik hierdie skakel om te registeer.
|
|
|
|
|
|
Registrasie open vir Vocation-konferensie met Andrew Root
|
|
|
|
Andrew Root is ’n professor aan Luther Seminary en ’n toonaangewende kenner op die gebied van jeug- en praktiese teologie. Hy is bekend vir sy werk oor die raakpunte tussen geloof, kultuur en bediening in ’n sekulêre tyd. Hy het verskeie boeke geskryf, onder andere The Pastor in a Secular Age en Faith Formation in a Secular Age, en ondersoek sake soos bediening aan jonger generasies en die uitdaging om geloof te beleef in ’n moderne, sekulêre wêreld.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Albanie: Predikantspos
Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 November 2025
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Kareedouw: Predikantspos
NG Kerk Kareedouw is tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge geleë (naby humansdorp en Jeffreysbaai), omring deur landerye en Kaapse fynbos wat die getrouheid van God se skepping weerspieël.
|
Ons gemeente is ’n Christelike geloofsfamilie met ongeveer 375 lidmate wat daarna streef om Christus se lig in die gemeenskap te laat skyn. Ons roeping is eenvoudig: ons wil ’n tuiste wees waar almal welkom is.
|
|
Kik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Rietbron: Predikantspos
Rietbron is ’n plattelandse, Karoodorp op die grens van die Oos- en Wes-Kaap. Ons gemeenskap word gekenmerk deur groot offervaardigheid in belang van die kerk en ander gemeenskapsinstansies en sowat 60 gesinne skakel in by die werksaamhede van die gemeente. Ons is lief vir die Here en ons wil graag ’n predikant na ons gemeenskap beroep om ons in ons diens aan Hom te begelei.
|
|
Die sluitingsdatum is 14 November 2025.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Buffelsrivier (Oos-Londen): Predikantspos
Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit.
|
|
Die sluitingsdatum is 1 Desember 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar
NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.
|
Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in November
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in November verjaar:
|
|
5 November – ds Daniël de Kock, NG Gemeente Alexandria
|
9 November - ds André Lötter, Bybelgnootskap 10 November – ds Marnico Wessels, NG Gemeente Paterson 13 November – ds Armand Crous, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 14 November – ds Bianca Marais, NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk 17 November – ds Sunell Ribbens, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Christo van Staden het die beroep na die NGK Middelburg-Karoo aanvaar. Hy aanvaar diens op 1 Januarie 2026 en word op 18 Januarie in die amp bevestig.
|
Ds Riaan Vlok is as predikant na die NG Gemeente Tarkastad beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|