Jaargang 21 - Nommer 9 - 5 Mei 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Skep 'n beter land: Gesprek met Betereinder Schalk van Heerden oor jou bydrae in Suid-Afrika
  • Groot Predikantebyeenkoms (ook vir klein en medium predikante): Skryf nou in
  • Hoe om kinders met gestremdheid in te sluit in gemeentes
  • Wat maak ons met diakens?
  • Leraars beweeg

Alle predikante welkom by die Groot Predikante-byeenkoms (skryf nou in)

Alle Oos-Kaaplandse predikante en diensleraars word aangemoedig om die Groot Predikantebyeenkoms by te woon. Dit vind van 6-8 Junie 2023 by die Willows Konferensiesentrum en Vakansieoord digby Port Elizabeth plaas.

KLIK HIER om in te skryf. Hier is meer inligting.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Mei 2023.

Boekbekendstelling

Skep 'n beter einde rondom jou: "Wees die verskil"

Hoe maak ek 'n verskil in Suid-Afrika? Kom luister wat sê Schalk van Heerden van Betereinders tydens 'n gesprek oor sy nuwe boek, Wees die Verskil. Die gesprek vind op Maandag, 15 Mei 2023 om 09:00 tot 12:00. Laat weet Chantall Vermaak by 041 365 3150 (sinode@ngkok.co.za) of willem Wiid by 071 866 0771 (willemwiid@gmail.com), voor 11 Mei 2023.

Hoe gemaak met die amp van diaken in ons tyd?

In 'n kerk waar diakens grootliks verantwoordelik was om geld te kollekteer (by huise en in die erediens) is dit deesdae moeilik om dié amp nie as oorbodig te beskou nie.

Die diakenamp is gebore uit die kerk se betrokkenheid by die nood van die samelewing. Ons lees reeds in Handelinge 6 hieroor. In Geneve, ten tye van die Reformasie, was diakens betrokke by die nood van vlugtelinge wat vir godsdienstige oortuigings vervolg is. Diakens moes help om 'n regverdige samelewing met geleenthede vir almal, veral die minste onder ons, te skep.

'n Missionale kerk moet nadink oor die diakenamp. Om hiermee te help het dr Willie van der Merwe, uitgetrede rektor van die Hugenote kollege, 'n lesenswaardige studiestuk oor die diakenamp saamgestel. Lees dit gerus, en help nadink oor die wyse waarop ons vandag ons gemeenskap kan dien deur hierdie amp betekenisvol en op gepaste manier te herstel en aan te wend.

Wat maak ons met Kritiese Rasteorie?

Denkende Christene word soms oorweldig deur kritiese rasteorie wat wil verduidelik hoe die samelewing in terme van gewaande rassemeerderwaardigheid gestruktureer is tot groot voordeel van sommige en tot uiterste nadeel van ander. Die gesprek kan nogal disoriënterend wees en laat die gemoedere opvlam.

Hoe moet Christene hieroor dink? 'n Nuwe publikasie uit die pen van Robert Chao Romero en Jeff Liou, getiteld Christianity and Critical Race Theory: A Faithful and Constructive Conversation, wil Christene hiermee help.

Prof Scot McKnight, gerekende Nuwe Testamentikus, beveel die boek aan. Hy skryf:

Those who need this book need to read it. Drop the stereotypes and listen to two accomplished thinkers and writers who have experiences, the mastery of intellectual disciplines, and the Christian theology to produce a study designed for Christians.

What is it?

Critical race theory examines the intersection of race, racism, and US law and policy. In other words, it looks at how US laws and public policy have been manipulated and constructed over the years to preserve privilege for those considered white at the expense of those who are people of color.
Robert Chao Romero contends he has been able to “share the gospel… with thousands” while “using CRT as a cultural bridge.” He admits not all of CRT is Christian but he is also aware that much in CRT aligns with the Christian faith.

Racism, he contends, is ordinary in part because humans are sinful, because sin is every bit as ordinary. Prejudice and racism are part of the sinful human condition.

In this book these two authors seek to model integrating sound theology with CRT in a way that is respectful and critical. Liou points to the mass shooting in Atlanta on 16 March 2021 where the church of the shooter did not take responsibility for how it shaped the shooter’s “heart and mind.” The explanation was pure individualism with no regard the systemic impact of a collective. An increasing number of Asians are experiencing racism.

To the contrary, CRT enables us to identify the ways in which certain theologies, in an ill-fated attempt to same-ify and flatten what God has made beautifully diverse, result in the most polite, psychological, and physical death dealing…. In order to condemn racism in all its forms, one must understand the novel, viral strains of racism that are emerging. CRT is actually indispensable in this regard because it, too, organizes and operationalizes the collective memories of racism and understanding of systems and structures that work against Asian Americans.

Dismissing CRT is the “false peace” of the privileged.

Verwelkom kinders met gestremdhede in die erediens en gemeente

"Waarom sien ek so min kinders met gestremdhede in die kerk?", vra Desirae Pillay haarself af. In haar daaglikse lewe en werk ontmoet sy dikwels ouers met gestremde kinders, en weet dat daar baie sulke kinders in Suid-Afrika is. Tog merk mens hierdie kinders minder in kerke op, meen sy.

Self 'n ouer van 'n gestremde kind, wil sy kerke graag in staat stel om hierdie kinders en hul
gesinne te verwelkom:

Desirae se bydraes verskyn op die webblad van RampUp, 'n organisasie wat hul beywer om gemeentes te bemagtig om gestremde persone by bediening in te sluit. Besoek gerus hul webwerf ryk aan bronne en insiggewende insette.

Hospitaalbesoeke in Bloemfonteinse hospitale

Ds Hennie Maartens, Hospitaalpredikant van die Vrystaatse Sinode se barmhartigheidsdiens, Engo, laat weet:

Graag herinner ons u dat Engo se Hospitaalsorg diens tot u beskikking is. U is baie welkom om ons te laat weet as daar lidmate van u gemeente is wat in een van Bloemfontein se Hospitale opgeneem is. Ons sal hulle graag wil besoek. Sal u asb. hulle name, die Hospitaal waar hulle opgeneem is, aan ons stuur. Ons sal die inligting volgens die Popi wet vertroulik hanteer.
Baie dankie by voorbaat. Ons verneem graag van u.
Ds Hennie Maartens Engo Hospitaalpredikant. Tel. 083 388 0047

Dameskring roep gemeentes op om om te bid vir gesinne: 14 Mei 2023

Die Dameskring hou 'n nasionale biddag op 14 Mei vir gesinne, en nooi gemeentes om daaraan deel te neem. Die versoek is dat daar gebid word vir eie gesinne, die heling van gebroke gesinne, die herstel van gesinswaardes en die beskerming van die huwelik.

Hier is meer inligting.

Blouwaterbaai Plaaslike Mark - 6 Mei

Saterdag 6 Mei 09:00 tot 13:00 by Blouwaterbaai Familiekerk, Etsebethstraat
Sjinese kos - burgers - worsbroodjies - doughnuts - samoesas - koeke terte cupcakes - kruie - crafts - 2nd hand items - vetplante - beanies - silwer juweliersware - vrugte/groente - Jono se vleis kaas heuning cheese grillers - hout dekor produkte - speletjies vir kinders - bric-a-brac - kerriemengsels - kerse - ens. Kom maak 'n draai!

Frank Opperman met sy eenmansvertoning, Ek wens ... Ek wens ..., kom Baai toe

Kaartjies is te koop op hierdie Webtickets skakel, of by Pick ‘n Pay “MoneyMarket” toonbanke.
Kontak Elizna by die Patmos Kerkkantoor 0832589860 vir navrae.

NG Gemeentes Sondagsrivier (Kirkwood) en Sondagsrivier-Suid (Sunlands): Leraarspos

Termynbepaalde leraarspos: drie jaar kontrakperiode (verwagting is om na voltydse leraarspos om te skakel). Sluitingsdatum: 7 Mei 2023.

Beide gemeentes is geleë in die pragtige Sondagsriviervallei waar daar hoofsaaklik met sitrus geboer word. Die gemeentes is ongeveer 25 kilometer van mekaar geleë.

Die leraar se standplaas sal by Sunlands wees waar daar ’n ruim pastorie as huisvesting aangebied word. Die leraar sal vir die volledige bediening, soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde, in Sunlands verantwoordelik wees. Daar is ook sekere bedieningsterreine, onder andere die skoolgaande jeug en jong volwassenes, pastoraat, sowel as sommige eredienste in Kirkwood wat spesifiek die leraar se verantwoordelikheid sal wees. Lees die posbekendstelling.

Leraars beweeg

Ds Rethie van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk is beroep na Driehoek-gemeente in Vanderbijlpark, en het die beroep aangeneem.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter