|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 38 - 5 Desember 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Kerkgroep gaan hof toe oor nuwe komitee om godsdiens te reguleer
- Drie gemeentes se see-stap met hulle tieners
- Ring steek doelbewus grense oor
- Handleiding vir sosiale innovasie beskikbaar
- Vakatures
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
|
|
Grens.Pos wens al ons lesers 'n geseënde Christusfees en 'n voorspoedige 2026 toe!
|
|
Hierdie is die laaste uitgawe van Grens.Pos vir 2025.
|
|
|
|
|
|
Drie gemeentes werk saam
Tieners se see-stap vier geloof en 'n geseënde jaar
|
|
Drie gemeentes in die Baai stap tans met hul tieners al langs die see van St Francisbaai af. Op die foto hierbo is die groep by Stormsriviermond.
|
|
Die tieners en hul mentors vier geloof, die lewe, en nog 'n skooljaar agter die rug. Voor lê die opwindende toekoms.
|
|
|
|
|
|
Dan is daar natuurlik ook die heerlike swem, want die golwe roep om lekker af te koel en te verfris.
|
|
Kraggakamma, PE-Lorraine en PE-Sherwood reël die jaarlikse staptog met groot sukses. Dit help ook om die reëlings makliker te maak, want die organiserende span is soveel groter.
|
|
|
|
|
|
Ring van PE-Wes
Leer die stad beter verstaan – en steek grense doelbewus oor
|
|
|
Leraars van die Ring van PE-Wes op besoek aan die Ubomi Obutsha-sentrum in KwaZakehle as deel van 'n praktiese inisiatief om die konteks beter te verstaan
|
|
Die ringsitting van 2025 het die Ring van PE-Wes daarna gestreef om die stad waarin ons dien, met nuwe oë te probeer verstaan. ’n Paar rolspelers uit Gqeberha (Port Elizabeth) is genooi om met die ring te gesels oor die werklikhede van ons metropool – die uitdagings, die geleenthede en die historiese patrone wat steeds ’n invloed het.
|
|
Een van hierdie stemme was Mark Lawler van die Ubomi Obutsha-sentrum in KwaZakhele. Ubomi Obutsha beteken “hernude lewe” – ’n gepaste naam vir ’n plek wat hoop en waardigheid help herstel.
|
Mark het die ring herinner aan ’n pynlike maar belangrike waarheid: in die verlede is mense in Gqeberha doelbewus van mekaar geskei, en baie van dié skeiding bestaan vandag nog. Die fisiese afstand tussen gemeenskappe hou dikwels vrees, wantroue en vooropgestelde idees in plek. Daarom, het hy gesê, moet kerke doelbewus grense oorsteek. Verhoudings word nie vanself gebou nie – dit verg daadwerklike aksie, teenwoordigheid en ’n bereidheid om ander se werklikheid raak te sien.
|
’n Herontdekking van die stad
|
Na die ringsitting het Mark ’n groep predikante geneem na die Ubomi Obutsha-sentrum om self te kom sien hoe ’n gemeenskapsbediening in KwaZakhele lyk. Die sentrum fokus op dissipelskap, bemagtiging en waardigheid. “We are focusing on two things: giving people dignity and ability – as Jesus did,” het Mark gesê. Jaar na jaar voltooi talle volwassenes en kinders hulle programme, en sommige van hulle sluit later self by die bediening aan om weer ander te help.
|
|
|
'n Werksessie by Ubomi Obutsha ("hernude lewe")
|
|
Vir die predikante was die besoek meer as net ’n informasie-geleentheid – dit was ’n konfrontasie met die realiteite van die stad. Terwyl hulle terugry, veral op die agterpaaie, het die isolasie van KwaZakhele duidelik geword: ’n gemeenskap afgesny van hoofroetes, verborge agter bult en rand, ver weg van fasiliteite en werksgeleenthede. En dan, skielik, die sprong oor die bult – die kontras van welgestelde woonbuurte vol toegangspaaie, winkels en geriewe. Dieselfde stad, twee wêrelde.
|
Een van die belangrikste insigte uit die besoek was dat kerke nie moet verstik in die groot probleme van die land nie. Wanneer die uitdagings oorweldigend voel, gebeur dit maklik dat mense heeltemal ophou om enigiets te doen. Daarom het Mark die ring aangemoedig om klein, realistiese treë te oorweeg: Wat kan ons vandag doen? Watter grens kan ons nou oorsteek? Watter verhoudinge kan ons bou?
|
Vir die Ring van PE-Wes was hierdie ervaring ’n uitnodiging om die metropool met meer begrip, openheid en solidariteit te betree – en om saam te leer hoe ons as geloofsgemeenskappe ’n verskil kan maak in die plek waar God ons geplant het.
|
|
|
|
|
|
Kerkgroep in hof oor staat se nuwe reguleringsplan
|
|
|
Die SA Church Defenders neem regsaksie teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission.
|
’n Groeiende groep geloofsgemeenskappe, onder leiding van die South African Church Defenders (SACD), ‘n nuut-saamgestelde groep aktiviste teen regeringsbeheer van godsdiens, gaan hof toe om te keer dat die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL-kommissie) ’n nuwe komitee saamstel om kerke in Suid-Afrika strenger te reguleer. Die SACD, wat godsdienstige én grondwetlike vryhede beskerm, waarsku dat die voorgestelde stelsel die vryheid van godsdiens ernstig kan ondermyn.
|
Die besware kom veral sterk uit die charismatiese kerke. Volgens die SACD is hierdie kerke ’n spesifieke teiken, selfs nadat ’n parlementêre portefeuljekomitee die CRL-kommissie se vroeëre reguleringsvoorstelle as ongrondwetlik verwerp het.
|
|
Charismatiese leiers is ook ontsteld dat die regering se jongste Nasionale Sekuriteitsanalise hul bedieninge as ’n potensiële risiko uitlig—iets wat volgens hulle ’n beeld van vooroordeel skep.
|
|
|
Die SACD voer aan dat die CRL-kommissie se planne behels dat die staat kan inmeng in kerkpraktyke, kerkleiers se kwalifikasies, leerstellings en interne geskille—wat hulle as ongrondwetlike oorskreiding van magte beskryf. Hulle sê bestaande straf- en siviele wetgewing dek reeds misbruik en uitbuiting, en dat die kommissie eerder moet help om dit beter toe te pas.
|
Die SACD versoek die hof om die besluit om hierdie komitee aan te stel tersyde te stel op verskeie gronde—onder meer dat die CRL-regtekommissie nie gemagtig is om met hierdie werk voort te gaan nie, omdat sy voorstelle reeds deur ’n parlementêre portefeuljekomitee as ongrondwetlik bevind is.
|
Die SACD sê verder dat die kommissie duidelike vooroordeel teen charismatiese kerke toon, dat sy poging om kerke te reguleer neerkom op magsvergryp, en dat die fokus uitsluitlik op Christelike kerke val.
|
Honderde kerke het reeds aangedui dat hulle enige regeringsbeheer oor hul bedrywighede sal teenstaan. Hofstukke bevraagteken ook of die kommissievoorsitter, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, ’n geskikte en bevoegde persoon is om die liggaam te lei. Daar is ook bewerings van ’n belangebotsing omdat sy dien as ondervoorsitter van die Cheryl Zondi-stigting, wat gestig is om mense te help wat seksueel misbruik is in kerke en ander godsdienstige ruimtes.
|
Verskeie kerke, sowel as ander geloofstradisies, voel uitgesluit uit die proses en waarsku teen staatsbeheer oor godsdiens. Die hofsaak, wat moontlik verreikende gevolge kan hê vir kerk-staat-verhoudinge, wag nog op ’n datum.
|
|
Estelle Ellis, senior verslaggewer van Daily Maverick in Nelson Mandelabaai, berig op 1 Desember 2025 oor die SACD se aksie en die agtergrond daarvan – klik hier om dit te lees.
|
|
|
|
|
|
SA Raad van Kerke oor vermeende pogings om godsdiens te reguleer
Nuwe pogings van die CRL-kommissie om godsdiens deur die aanstelling van ‘n Seksie 22-komitee te reguleer, het die SA Raad van Kerke (SARK) in 2025 genoop om ‘n komitee aan te stel om die CRL-inisiatiewe te moniteer en te verseker dat kerke gepas daarop reageer. Die komitee het sy eerste verslag op 7 November 2025 aan die SARK voorgelê.
|
|
Die verslag skets die wetgewende raamwerk waarbinne die CRL-kommissie funksioneer en lig aksies uit wat met die Seksie 22-komitee beplan word. SARK het ook verteenwoordiging op die nuwe komitee, maar het ernstige voorbehoude:
|
|
Die SARK word aangeraai om sy betrokkenheid by die CRL-kommissie se Seksie 22-komitee strategies, verkennend en baie versigtig te hanteer. Selfregulering wat op teologie en etiek gegrond is, moet altyd voorrang geniet bo enige vorm van staatsbeheer oor kerke.
|
Verder moet die SARK se openbare kommunikasie oor hierdie sensitiewe kwessie baie noukeurig gekoördineer word, omdat onversigtigheid maklik verdeeldheid binne die kerklike familie kan saai.
|
Daar word duidelik gestel dat, indien die Seksie 22-komitee nie die SARK se bekommernisse teen 30 Junie 2026 bevredigend aanspreek nie, die SARK sy verteenwoordigers sal moet onttrek en ’n openbare verklaring uitreik om sy standpunt uiteen te sit.
|
Laastens herinner die aanbevelings die SARK aan sy belangrike rol as eenheidsbouer en bewaker van sosiale samehorigheid tussen kerke. Dit is ’n gesamentlike verantwoordelikheid om interne verdeeldheid te voorkom en die geloofsgemeenskap se eenheid te beskerm.
|
Klik hier om die verslag van 7 November 2025 aan SARK te lees.
|
|
|
|
|
|
Dr Frederick Marais
Handleiding vir Sosiale Innovasie in gemeentes en gemeenskappe
|
|
Tydens Sinode 2025 het dr Frederick Marais 'n waardevolle proses rondom sosiale innovasie met afgevaardigdes in kleingroepe hanteer. Dit het afgevaardigdes met energie gevul. Baie goeie terugvoer oor die proses is ontvang, tesame met versoeke om die proses te dokumenteer en beskikbaar te stel.
|
Frederick het sedertdien 'n handleiding opgestel vir gebruik in gemeentes. Klik hieronder om die handleiding in een of albei formate af te laai: - As Powerpoint-aanbieding - As teksdokument wat maklik vir deelnemers gedupliseer kan word.
|
|
|
|
|
|
Nuwe uitgawe van die Kerkorde gepubliseer
|
|
|
Tydens Sinode 2025 is wysigings aan die Oos-Kaaplandse beplaings en reglemente in die kerkordeboek goedgekeur. Die nuwe Kerkordeboek - die 2025-uitgawe - is op 1 Desember 2025 op die Sinode se webblad (ngkok.co.za) gepubliseer en geld vanaf 1 Desember 2025.
|
|
Die kerkordeboek kan ook op die Sinode se webblad bereik word - besoek ngkok.co.za > ADMIN > Admin vir kerkkantore of gaan na ngkok.co.za > SINODE en klik op die skakel na óf die PDF-weergawe óf die flipboek-formaat.
|
|
|
|
|
|
|
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.
|
|
|
|
|
|
|
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak? Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
|
|
|
|
|
|
|
Vind God in die Gewone – Gemeente Werkswinkel Sluit aan vir ’n praktiese halfdag-webinaar waarin ons wys hoe gemeentes ’n 40-dag reis kan aanbied wat preke, kleingroepe en jeugbediening geïntegreerd versterk.
|
|
|
|
|
|
EE-opleiding: Egte geloof vir Gen Z
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature, Uitenhage-De Mist : Voltydse Predikantspos
Uitenhage-De Mist bestaan uit 700 belydende en 150 dooplidmate. Ons is 'n gasvrye gemeente wat geroep word om na God, ons gemeenskap en mekaar te luister en in hierdie verhoudinge te dien.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 Januarie 2026. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Uitenhage-Winterhoek : Voltydse Predikantspos
Die NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek, 'n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2026 na ‘n geseënde bediening. Ons vertrou dat die Here iemand stuur om saam met ons ’n nuwe seisoen te betree.
|
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 23 Januarie 2026.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Stutterheim Verenigde Gemeente : Voltydse Predikantspos
Stutterheim Verenigde Gemeente is saamgestel uit die plaaslike NG en Presbiteriaanse gemeentes. Die gemeente is op soek na 'n voltydse leraar wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak hoog geag word, leierskap kan bied wat ons help om beide ons eenheid te versterk en om uit te reik na nuwe lidmate (veral jong werkendes en families), met deernis en sensitiwiteit ’n diverse gemeenskap kan bedien: jonk en oud, Afrikaans, Engels, afgetredenes, boere, besigheidsmense, staatsamptenare, nuwe intrekkers, en kan voortbou op die wonderlike eenheidsbande wat reeds hier gesmee is.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 Januarie 2026.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Albanie: Predikantspos
Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 November 2025
|
|
|
|
|
|
Vakature Skriba-Kassier - NG Kerk Uitenhage Winterhoek
Die pos is geskik vir 'n volwasse, ervare persoon wat 'n goeie balans tussen taak- en mensgerigtheid kan handhaaf, grondige kennis het van boekhouding, salarisadministrasie, algemene kantooradministrasie en kerklike administrasie. Die skriba speel 'n integrale rol in die interne- en eksterne werking van die kerkkantoor, daarom is spanwerk, goeie menseverhoudings, empatie en diensvaardigheid baie belangrik.
|
|
Klik hier om die advertensie te lees. Die sluitingsdatum is 31 Desember 2025.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Desember
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Desember verjaar:
|
8 Desember – ds Nico Bezuidenhout, NG Gemeente Oos-Londen 10 Desember – ds Elize Van der Westhuizen, NG Gemeente Sondagsriviermond 11 Desember – ds Willem Petzer, NG Gemeente Oos-Londen-Wesheuwels 13 Desember – ds Philip Voigt, NG Gemeente Port Elizabeth-Sionsrand 15 Desember – dr Elsje Büchner, NG Gemeente Dordrecht 30 Desember – ds Danie Mouton, Sinode Oos-Kaapland
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Riaan Vlok het die beroep na die NG Gemeente Tarkastad aanvaar.
|
Prop Jörgen Barnard is as vyfde leraar na die NG Gemeente Jeffreysbaai beroep met die oog op families en naskoolse jongmense.
|
Ds Abel Erasmus van Klerksdorp is na die NG Gemeente Rietbron beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|