|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 1 - 16 Januarie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- #Imagine 2026: Inskrywings open vir jeugfees te Jeffreysbaai
- Die liggaam van Christus is vir moderne mense meer nodig as ooit
- Hoe om kunsmatige intelligensie verantwoordelik vir bediening te gebruik
- Vakatures en VBO
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Belangrike publikasie vir gemeentes
The Reason for Church
(Why the Body of Christ still matters)
|
|
|
Die boek toon aan dat die plaaslike gemeente meer is as ’n klomp individue wat dieselfde glo.
|
Elke gemeente is ’n lewende liggaam (die liggaam van Christus), 'n uitdrukking van die evangelieverhaal in ’n wêreld wat deur kunsmatige intelligensie en digitale mites betower word.
|
|
Edwards beskryf hoe die digitale wêreld en kunsmatige intelligensie mense verlei om liggame, gemeenskap en beperkings te probeer ontsnap deur tegnologie,
|
|
|
|
terwyl die kerk ons terugroep na ’n beliggaamde geloof waar Woord, sakramente en gebed ons in God se werklikheid inplant en anker.
|
Die boek beklemtoon dat eredienste ’n “dun plek” is waar hemel en aarde mekaar raak, en dat geloof nooit losgemaak kan word van werklike liggame, tafels, bure en vyande wat ons in Christus moet liefhê nie.
|
Vir gemeentes is hierdie boek belangrik omdat dit help om die towerwêreld van kunsmatige intelligensie en digitale kultuur te verstaan as geestelike uitdaging, nie net tegniese hulpmiddel nie. Dit roep lidmate terug van individuele, aanlyn spiritualiteit na toegewyde deelname aan ’n konkrete plaaslike gemeente as God se instrument van wysheid, genesing en ware “herbetowering” deur die evangelie.
|
Diegene met toegang tot Christianity Today kan gerus lees hoe Edwards sy motivering vir die boek toelig en verduidelik waarom gemeente-wees vandag selfs belangriker as ooit is.
|
Aangehaal uit die boekbekendstelling:
|
|
|
|
The evangelical church is hemorrhaging. Over 40 million Americans have dechurched in the last 25 years alone, and multiple generations have been raised to believe the most spiritual thing they can do is follow God by following their heart - right out of the church. Yet, this shift is happening right as society is hitting record levels of loneliness, stress, and anxiety. In The Reason for Church, pastor Brad Edwards connects the dots of our current church crisis and provides compelling reasons to come back.
|
|
|
|
|
The Reason for Church offers an honest-yet-hopeful vision for church as a necessary institution. With radical individualism tearing us apart, we need compelling reasons to fall back in love with Christ's bride, now more than ever.
|
|
|
|
|
|
|
Kunsmatige intelligensie
Sewe beginsels by die gebruik van godsdienstige GPT's
|
|
Die gebruik van kunsmatige intelligensie, en spesifiek GPT's, vir godsdiensbeoefening, Bybelstudie en preekvoorbereiding, neem hand oor hand toe. Heidi Campbell verduidelik in 'n interessante artikel vir Faith and Leadership wat presies 'n GPT is en dui roetemerkers vir die toepaslike gebruik daarvan aan.
|
'n GPT (generative pre-trained transformer) is 'n gevorderde vorm van kunsmatige intelligensie wat menslike teks verstaan en skep, soos 'n superdigitale assistent wat groot hoeveelhede inligting lees om gepaste antwoorde te skep en aan jou voor te hou.
|
Dit skep dus nuwe teks (generative), gebaseer op groot hoeveelhede inligting (pre-trained) en stel 'n antwoord saam op grond van 'n analise van jou vraag wat so omskep word (transformer).
|
Campbell lig die volgende uit:
|
- Beskou as gereedskap, nie gesag. Gebruik GPT's as inligtingshulpmiddels, nie as goddelike of teologiese outoriteite nie, om spirituele verwarring te vermy.
- Feitetoets voor aanbeveling. Toets deeglik vir akkuraatheid ooreenkomstig jou tradisie se leer en voorkom waninligting.
- Leerstellige beskermings. Kies GPT's aangepas by ons geloof se tekste en bronne vir teologiese konsekwentheid.
- Verifieer Skrifverwysings. Kontroleer aanhalings uit die Bybel aangesien GPT's dit kan vervals.
- Wees versigtig met oormatige instemming. Wees gewaarsku teen KI se neiging tot emosionele bevooroordeeldheid en onvanpaste validasie.
- Beskerm privaatheid. Vermy persoonlike data.
- Ondersoek skeppers. Kies GPT's van teologies geskoolde of betroubare instellings .
|
Onthou kunsmatige intelligensie gee vir jou terug wat dit dink jy wil hê. 'n Gesonde oordeel en 'n basiese, gesonde skeptiese benadering is noodsaaklik.
|
|
|
|
|
|
Kerke span saam om impak op plaaslike regering te maak
Lidmate vra dikwels of die kerk 'n rol te speel het - en inderdaad speel - om impak op plaaslike regering en ten opsigte van dienslewering te maak.
|
In Nelson Mandelaai gebeur dit beslis. Die premier van die Oos-Kaap het selfs in 2025 'n kerklike afvaardiging kom besoek om terugvoer te gee oor pogings om beswaar en protes oor dienslewering aan te spreek.
|
|
In hierdie artikel, wat oorspronklik in The Herald van 15 Desember 2025 verskyn het, som Danie Mouton op wat kerke gesamentlik in 2025 in die Baai vermag het.
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
Vir kennisname van studente van elders
Somerstrand-gemeente in die Baai het 'n aktiewe bediening aan studente
|
|
|
Gemeentes word versoek om Somerstrand-gemeente se aktiewe studentebediening onder die aandag van ouers en studente wat in die Baai kom studeer, te bring. Dit is 'n belangrike ruimte vir die geestelike tuiskoms van studente en 'n bron van wesenlike ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
Eerstejaars in Bloemfontein
Kougom-eerstejaarskamp (23-26 Januarie)
|
|
|
Die Vrystaatse NG Kerk bied van 23-26 Januarie 'n eerstejaarkamp vir alle studente in Bloemfontein aan. Die kamp is 'n wonderlike geleentheid om die jaar te begin en onder die jongklomp medegelowiges te ontdek. Die koste beloop R990 per persoon. Hier is meer inligting.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
Nuwe uitgawe van die Kerkorde gepubliseer
|
|
|
Tydens Sinode 2025 is wysigings aan die Oos-Kaaplandse beplaings en reglemente in die kerkordeboek goedgekeur. Die nuwe Kerkordeboek - die 2025-uitgawe - is op 1 Desember 2025 op die Sinode se webblad (ngkok.co.za) gepubliseer en geld vanaf 1 Desember 2025.
|
|
Die kerkordeboek kan ook op die Sinode se webblad bereik word - besoek ngkok.co.za > ADMIN > Admin vir kerkkantore of gaan na ngkok.co.za > SINODE en klik op die skakel na óf die PDF-weergawe óf die flipboek-formaat.
|
|
|
|
|
|
|
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.
|
|
|
|
|
|
|
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak? Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
|
|
|
|
|
|
|
Vind God in die Gewone – Gemeente Werkswinkel Sluit aan vir ’n praktiese halfdag-webinaar waarin ons wys hoe gemeentes ’n 40-dag reis kan aanbied wat preke, kleingroepe en jeugbediening geïntegreerd versterk.
|
|
|
|
|
|
VBO: Inleidende Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode kontak maak vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
VBO: Gevorderde Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode skakel vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature, Uitenhage-De Mist : Voltydse Predikantspos
Uitenhage-De Mist bestaan uit 700 belydende en 150 dooplidmate. Ons is 'n gasvrye gemeente wat geroep word om na God, ons gemeenskap en mekaar te luister en in hierdie verhoudinge te dien.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 Januarie 2026. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Uitenhage-Winterhoek : Voltydse Predikantspos
Die NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek, 'n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2026 na ‘n geseënde bediening. Ons vertrou dat die Here iemand stuur om saam met ons ’n nuwe seisoen te betree.
|
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 23 Januarie 2026.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Stutterheim Verenigde Gemeente : Voltydse Predikantspos
Stutterheim Verenigde Gemeente is saamgestel uit die plaaslike NG en Presbiteriaanse gemeentes. Die gemeente is op soek na 'n voltydse leraar wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak hoog geag word, leierskap kan bied wat ons help om beide ons eenheid te versterk en om uit te reik na nuwe lidmate (veral jong werkendes en families), met deernis en sensitiwiteit ’n diverse gemeenskap kan bedien: jonk en oud, Afrikaans, Engels, afgetredenes, boere, besigheidsmense, staatsamptenare, nuwe intrekkers, en kan voortbou op die wonderlike eenheidsbande wat reeds hier gesmee is.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 Januarie 2026.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Januarie
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Januarie verjaar:
|
4 Januarie – ds Eldré Bester, NG Gemeente Algoa Gemeenskapskerk 4 Januarie – ds Hennie Meyer, NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek 4 Januarie – prop Liesel Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Oos 4 Januarie – dr Willem Wiid, NG Gemeente Sydenham 5 Januarie – ds Tiaan Muller, NG Gemeente Humansdorp 5 Januarie – dr Kobus Prinsloo, NG Gemeente Somerstrand 17 Januarie – ds Quinette le Roux-Weitsz, NG Gemeente Cambridge 21 Januarie – ds Gerhard van Tonder, NG Gemeente Steynsburg 22 Januarie – ds James Vermaak, NG Gemeente Kareedouw 24 Januarie – ds Tijané Pieterse, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 26 Januarie – ds Deon Strydom, NG Gemeente Stutterheim
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Christo van Staden het die beroep na Middelburg-Karoo aanvaar en het op 1 Januarie 2026 diens aanvaar.
|
Prop Jörgen Barnard het die beroep na die NG Gemeente Jeffreysbaai aanvaar. Hy word op 25 Januarie 2026 in die gemeente georden.
|
Ds Abel Erasmus van Klerksdorp het die beroep na die NG Gemeente Rietbron aanvaar. Hy word op 1 Februarie 2026 bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|