|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 4 - 6 Februarie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Gemeentes kan dorpe en stede help verander
- Getuienisse ten tye van die brand - uit Jeffreysbaai
- Nuus oor nuwe predikante
- Kuiergeleenthede en VBO's
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Visie vir dorpe, stede en gemeenskappe
Gemeentes help skep 'n samelewing met plek vir almal aan die tafel
|
|
In ’n tyd van groot sosiale, ekonomiese en morele spanning vra ds Danie Mouton in 'n artikel (gepubliseer in The Herald van 2 Februarie 2026) watter roeping die Kerk in die samelewing in 2026 het. Hy wys daarop dat baie mense vandag met onsekerheid, uitsluiting en ’n verlies aan behoort worstel — ongeag hul agtergrond.
|
Deur na gemeenskappe se ervarings te luister, wys hy hoe werkloosheid, swak dienslewering en korrupsie mense moedeloos maak en verdeeldheid verdiep. Tog herinner hy ons daaraan dat die Bybel ’n pad van hoop, betrokkenheid en medeverantwoordelikheid wys.
|
Die Kerk, skryf hy, moet ’n plek wees waar mense weer behoort — nie op grond van ras, klas of politiek nie, maar op grond van gedeelde menswaardigheid. Dit vra moed om grense oor te steek, eerlik met maghebbers te praat en self ’n voorbeeld van versoening en geregtigheid te wees.
|
|
Hierdie nadenkende en uitdagende bydrae nooi lesers uit om saam te droom oor ’n stad waar almal weer ’n plek aan die tafel het. Lees gerus die volledige artikel.
|
|
|
|
24-28 Augustus 2026
Die lewe van Jesus vorm die kern van Predikante SAAMkoms 2026
|
|
Die program vir die predikante SAAMkoms (24-28 Augustus 2026) te Goudini Spa gaan 'n ryk verskeidenheid bied, wat beteken elke predikant kan sy/haar individuele program saamstel. Die program gaan nié op kontroversiële sake fokus nie.
|
Aan die hart van die program lê die lewe van Jesus, na aanleiding van die Lukasevangelie. Sewe Jesusbewegings gaan ons begelei en rig.
|
|
|
|
Kerkbode-Kollig: Kerkwees in krisistye
Getuienis van die kerk ten tye van rampe
|
|
Met al die uiteenlopende brande wat ons land die afgelope tyd geteister het, het Kerkbode 'n Kolliggesprek oor die ervaring van predikante en die kerk se getuienis in rampe gevoer
|
Kerkbode-Kollig: In hierdie wydlopende gesprek vertel twee gemeenteleraars, ds Joe Janse van Rensburg van Jeffreysbaai en ds Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk, van hulle ervaring van die goed én sleg wat tydens ramphulp kan gebeur.
|
Die agtergrond is die brandrampe in die Wes- en Oos-Kaap en vloede in die Noorde van ons land. Die droogte loer in sommige streke om die deur.
|
|
Vanuit die kantoor van die Algemene Sinode vertel dr Nioma Venter, ’n kenner met wye ervaring van kerklike netwerke en ook medestigter van Respond SA, wat vir haar die geskenke is wat die kerk in krisistye het om te gee. Sy noem dit die drie C’s (Convene, Connect, Communicate in Engels) en bring ’n vierde een in: Christus want “sy liefde dring ons”. Sy verduidelik ook hoe die noue verbintenis tussen die NG Kerk en Respond SA werk soos gesien met hulpaksies na die verwoestende vloede in Januarie in die noorde van die land.
|
|
|
|
|
|
Prop. Abel Erasmus verwelkom in Rietbron
|
|
|
|
Ds Johan Ekkerd het prop. Abel Erasmus se bevestiging op 1 Februarie 2026 te Rietbron waargeneem
|
Die NG Gemeente Rietbron het op Sondag, 1 Februarie 2026 vir prop. Abel Erasmus as leraar van die gemeente verwelkom. Voor hy die beroep na Rietbron aanvaar het, was Abel en sy vrou Sybil verbonde aan die NG Gemeente Flimieda-Klerksdorp waar hy vanaf 2023 tot 2025 die Woord bedien het in dieselfde tyd wat hy die diensleraars opleiding deur Hugenote Kollege deurloop het.
|
|
Ds Johan Ekkerd, ringsvoorsitter en leraar van die NG Gemeente Graaff-Reinet, het die bevestiging behartig. Die gemeente se vorige leraar, Kobus Eksteen, het in Januarie 2026 by FEBA RADIO SA se kantoor in Pretoria begin werk.
|
|
|
|
Ds Christo van Staden bevestig by Middelburg-Karoo
|
|
|
Ds Christo van Staden (links) is op 25 Januarie 2026 by die NG Gemeente Middelburg-Karoo bevestig deur dr Christo Herbst (regs op die foto). Me Herculine van Staden verskyn in die middel hierbo.
|
|
|
|
Reeks van 46 dae vir verdiepte ervaring
VERDIEP, 'n daaglikse Lydenstydreis
|
Verdiep is 'n geestelike reis vir daagliks indelf in die lyding van Christus en die betekenis daarvan vir ons lewe. Die daaglikse gids vir die reis van Aswoensdag tot Paassondag gee praktiese riglyne en materiaal vir oordenking. Dit is 'n uitstaande reeks. Die materiaal is ontwikkel deur Adri-Marie van Heerden en kan gratis deur Oos-Kaaplandse gemeentes gebruik word. Ons Sinode het die gebruiksregte by die outeur aangekoop.
Laai dit hier af - PDF. Besoek gerus ook Adri-Marie van Heerden se webblad by tendingthefire.co.za
|
|
|
|
|
|
Bydraes vir die rampfonds
|
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak? Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
|
|
|
|
|
|
VBO: Inleidende Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode kontak maak vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
VBO: Gevorderde Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode skakel vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Februarie
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Februarie verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Vanstadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds. Hennie Meyer van NGK Uitenhage Winterhoek emeriteer op 28 Februarie 2026.
|
Ds. Christo van Staden is op 25 Januarie 2026 te NGK Middelburg-Karoo bevestig.
|
Prop. Abel Erasmus is op 1 Februarie 2026 te NGK Rietbron bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|