|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 10 - 12 Mei 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Vaardighede aangeleer om kinders in hulle wêreld te bedien
- Hoe hanteer ek dit wanneer my geliefde sterf? Pastorale riglyne deur 'n kenner
- Ekstra-groot, groot, medium en klein predikante moet nou inskryf vir die Groot Predikantebyeenkoms
- Jagpakkette, C-Fees en ander lekker ervarings saam met gemeentes
- Verskeie VBO-kursusse
|
|
|
|
|
Inter-generasionele bediening
Hoe bedien ons kinders in ons gemeente binne hulle verwysingsraamwerk?
|
|
Lede van n geesdriftige groep predikante en lidmate wat vandeesweek die tweede fase van die inter-generasionele bedieningsopleiding van die Petra Kollege deurloop het
|
Feitlik alle NG gemeentes erken ons sukkel om kinders te bedien en in die gemeente te behou. Wat kan gedoen word?
|
"Ons het die wonderlikste vaardighede en die nodige kennis om kinders in hulle wêreld te kan bedien, op so 'n manier dat hulle ingetrek word in die geloofsgemeenskap", vertel die kursusgangers oor vandeesweek se opleiding by De Duin-gemeente in Gqeberha deur die Petra-Instituut.
|
Ons is so gewoond om kinders in ons wêreld, waar ons reëls en raamwerke geld, in te trek. Dan wonder ons waarom kry ons dit nie reg nie. Die opleiding van Petra Kollege leer ons om die wêreld van kinders te betree, en daar met hulle vrugbaar kontak te maak, vertel gasheer ds Danie de Jongh
|
Kursusgangers het uitgangspunte geleer en vaardighede en benaderings ingeoefen. Hulle het dit elke middag prakties beoefen deur met kinders te gaan speel, stories te vertel en ook te leer hoe om die Bybel kreatief met kinders te lees.
|
'n Oos-Kaaplandse Netwerk word gestig om die opleiding te bevorder en verdere kursus aan te bied. Ds Danie de Jongh (De Duin) en ds Trunette de Jongh (Uitenhage-De Mist) neem die leiding.
|
|
|
Dr Jaco Putter
Hoe hanteer ek dit wanneer 'n geliefde sterf?
|
|
Dr Jaco Putter, pastorale terapeut en predikant van Witrivier-Gemeente
|
Dr Jaco Putter, vroeër van Humansdorp-Oos gemeente, en pastorale terapeut van formaat, het 'n reeks videos op Youtube beskikbaar gestel wat die verlies en trauma wanneer 'n geliefde sterf, hanteer.
|
Hy plaas verlies in 'n goeie dog verteerbare teologiese raamwerk en spreek baie praktiese kwessies aan. Die volgende temas is beskikbaar:
|
Deel gerus hierdie materiaal met lidmate. Dit kan ook goed werk om saam daarna te kyk en dan gesprek te voer.
|
|
|
|
|
Verbreding van teologiese opleiding vir bediening in gemeentes
|
|
Hierdie video handel oor mense wat die Here roep en hoe die nuwe opleidingsbane vir predikante, diensleraars en bedienaars in die NG Kerk saamgestel is
|
|
Die NG Kerk het oor die laaste paar jaar 'n wesenlike verbreding vir die opleiding van leiers in gemeentes geskep. Ons het nou predikante (ses jaar opleiding, toegerus vir die volle bediening in die kerk), diensleraars (opgelei vir toegespitste bediening onder leiding van 'n predikant, bedienaars (kerkraadslede wat deeltyds deur die Hugenote kollege opgelei en deur ringe goedgekeur is om …
|
|
|
|
|
Waarderende betrokkenheid as lens om gemeentelike bediening te ontsluit
Prof Jan-Albert van der Berg, praktiese teoloog van die Vrystaatse Universiteit skryf in 'n artikel dat probleem-analises gemeentes dikwels net verder in die afgrond stort. 'n Ander benadering is nodig:
|
|
|
Die lewe is dinamies en aan konstante verandering onderworpe. Omstandighede verander en vra om aanpassing. Individue en gemeentes ontsnap ook nie aan die algemene lewensproses van verandering nie. In baie gevalle is die dominante vraag: Wat het nie gewerk nie, aangesien dit dan in die verlede baie beter gegaan het? Daar word verlang na die spreekwoordelike vleispotte van Egipte omdat die huidige stand van sake as ‘n woestyn-tyd vol swaarkry ervaar word. Dié veranderende omstandighede lei tot ‘n negatiewe klimaat waarin die daaglikse diskoers dus meesal op die negatiewe fokus.
‘n Enkele generiese voorbeeld hiervan kan gekonstrueer word in terme van ‘n denkbeeldige gemeentelike verhaal: Die lidmate in ‘n gemeente raak onrustig, want die jongmense van die gemeente word nie bereik en betrek in die gemeentelike bediening nie. Die vraag is: waarom verdwyn hulle? Die gemeentelike leierskap soek daarom na moontlike oplossings om dit reg te stel. Deur verskillende moontlike probleme wat geïdentiiseer word (wat kan strek van die persoon en bedieningstyl van die predikant tot verouderde kategese materiaal), is die veronderstelling dat as dié foute reggemaak word, dit weer beter sal gaan met die jeugbediening in die gemeente.
|
|
Die artikel gaan dan voort om waarderende ondersoek as positiewe en energerende benadering in gemeentes te beskryf - dit is die moeite werd om die artikel te lees.
|
|
|
Die kwesbaarheid van die vreemdelinge in ons midde
Hoe moet gelowiges dink en doen oor die kwesbaarheid van die vreemdeling in ons midde, die persoon wat dikwels deur groot sosiale en ekonomiese kragte tot op ons voorstoep gedwing is?
|
Vir baie Suid-Afrikaners is die vreemdeling 'n bedreiging, vir ons sekuriteit, ons werksgeleenthede en ons aanspraak op dienste deur die staat. Presies hier ontstaan die potensiaal van xenofobie.
|
|
|
Alle predikante welkom by die Groot Predikante-byeenkoms (skryf nou in)
|
|
|
|
Alle Oos-Kaaplandse predikante en diensleraars word aangemoedig om die Groot Predikantebyeenkoms by te woon. Dit vind van 6-8 Junie 2023 by die Willows Konferensiesentrum en Vakansieoord digby Port Elizabeth plaas.
|
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Mei 2023.
|
|
|
|
|
Boekbekendstelling
Skep 'n beter einde rondom jou: "Wees die verskil" (15 Mei)
Hoe maak ek 'n verskil in Suid-Afrika? Kom luister wat sê Schalk van Heerden van Betereinders tydens 'n gesprek oor sy nuwe boek, Wees die Verskil. Die gesprek vind op Maandag, 15 Mei 2023 om 09:00 tot 12:00. Laat weet Chantall Vermaak by 041 365 3150 (sinode@ngkok.co.za) of willem Wiid by 071 866 0771 (willemwiid@gmail.com), voor 11 Mei 2023.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn Werkswinkel
Saam gedink en gewerk aan die liturgie van Drie-Eenheidsondag en Koninkrykstyd
Jy word uitgenooi na die volgende van vanjaar se reeks kreatiewe werkswinkels oor die viering van die kerklike jaar. Die werkswinkel (aanlyn) vind op 7 en 18 Mei 2023 plaas.
|
Daar word saam gedink en saam gewerk aan die viering van Drie-eenheidsondag en die Sondae in Koninkrykstyd.
|
|
|
Pastorale Beradingskursus
Mede-afhanklikheid en emosionele gebrokenheid – pastorale perspektiewe
Dinsdag 20 Junie 2023 – Zoom aanbieding Prof Wentzel Coetzer
|
Oor die tema van mede-afhanklikheid is daar oor die algemeen reeds baie geskryf, maar in hierdie kursus word daar veral ook gefokus op die pastorale implikasies. Iemand wat ʼn besondere bydrae gelewer het rakende ʼn duidelike definiëring van hierdie tema is Pia Mellony. Die bekende John Bradshaw (2007:9) beskryf haar bydrae soos volg:
|
“Pia’s work has become the core model in treating addictions of all kinds and the core of codependence they rest upon. She has personally led hundreds, probably thousands, of people suffering from codependency into recovery and wholeness.”
|
Daar word in besonder gefokus op Mellony se boek, Facing codependence. What it is, where it comes from, and how it sabotages our lives (2003). Nog ʼn belangrike bron is die boek, Love is a choice. The groundbreaking book on recovery for codependent relationships, deur Hemfelt, R., Minirth, F. & Meier, P. (2003). Hierdie boek beskryf die tien-fase genesingsmodel vir mede-afhanklikheid soos toegepas binne die Meier Klinieke in die VSA. Paul Meier en Frank Minirth is waarskynlik die twee mees bekende Christen psigiaters in die VSA (Minirth reeds oorlede). In hierdie model word die voorgestelde riglyne telkens gekoppel aan beginsels vanuit die Skrif.
|
Die inhoud van bovermelde twee belangrike bronne word dan verder aangevul met stof vanuit verskeie ander bronne. In die aanbieding word daar besonder gefokus op die aspek van emosionele gebrokenheid wat in talle medeafhanklikes se lewens reeds ʼn aanvang geneem het tydens die kinderjare. Hierdie agtergrond het hulle gevolglik kwesbaar gemaak vir die tipiese karakteristieke van mede-afhanklikheid tydens hul volwasse jare. Kwessies wat verder ook aan die orde kom, is medeafhanklike geestelike leiers, mede-afhanklike tendense binne sommige kerke/gemeentes, en ook die rol van toksiese godsdiens rakende mede-afhanklikheid. Ten slotte word ʼn aantal spesifieke pastorale elemente geïdentifiseer met dan toepaslike riglyne vir die begeleiding van slagoffers.
|
Datum: Dinsdag 20 Junie 2023 – sluit in sleutelnotas.
|
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Koste: R250 pp (egpare: R400)
|
Handboek te koop (opsioneel): R150 (plus R100 koerier koste) Navrae: 0836600409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
|
|
|
Blouwaterbaai Familiekerk
Koop kaartjies vir uitmuntende jagervaring en vir groot jagpryse
|
|
WEN een van die grootste jagpryse in die Oos-Kaap. Geniet 'n jagervaring vir twee, met die hulp van 'n professionele jagter! Koop kaartjies deur hier te klik.
|
Die wenner kry: 2 Nagte selfsorgverblyf vir 2 mense | 2 Wildritte | Jag van 2 Springbokke, een Blesbok, een Rooibok.
|
Prys: R100 per kaartjie - koop soveel as wat jy wil!
|
Uitgesluit: Verwerking van vleis uitgesluit en Reiskoste.
|
Afsnydatum: 1 September 2023
|
Jag sal plaasvind by: Paterson | Oos-Kaap
|
Die wenner sal gekies word op: 2 September 2023 by die Bluewater Bay Plaaslike Mark
|
Navrae en meer inligting: stuur e-pos aan Marica - klik hier.
|
|
|
C-Fees by Jefreysbaai-gemeente (kerkompleks)
|
|
|
|
|
Frank Opperman met sy eenmansvertoning, Ek wens ... Ek wens ..., kom Baai toe
|
|
|
|
Kaartjies is te koop op hierdie Webtickets skakel, of by Pick ‘n Pay “MoneyMarket” toonbanke.
|
Kontak Elizna by die Patmos Kerkkantoor 0832589860 vir navrae.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|