Jaargang 21 - Nommer 11 - 19 Mei 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Tarkastad vra steun vir noodsaaklike, duur herstelwerk
  • Verskeie kermisse, en ander lekkernye, soos beesvleis, lê in jou toekoms
  • Skryf nou in vir die grooot predikantebyeenkoms
  • Verskeie VBO-geleenthede
  • Leraars beweeg

Tarkastad-gemeente benodig steun met herstelkoste

Die westelike buitemuur van die historiese kerkgebou van die NG gemeente Tarkastad benodig dringend herstelwerk. Daar is ernstige verwering waarvaan voorbeelde op die foto's hieronder gesien kan word,
Die kerkgebou van die NG gemeente Tarkastad is op 12 Februarie 1880 ingewy. Na byna 150 jaar is daar nou dringende dog duur instandhoudingswerk aan die westelike buitemuur nodig.

Die aanvanklike kerk het uit 480 sitplekke bestaan, maar weens groei is die gebou teen 1915 vergroot, met die aantal sitplekke wat na 960 sitplekke verdubbel het. Groot herstelwerk aan die kerktoring is teen 1967 gedoen, en in 1980 is die kerk laas deeglik opgeknap.

Vandag bestaan die gemeente slegs uit 110 lidmate, maar die gemeente posisioneer haarself as 'n geloofsgemeenskap waar almal welkom is. Die gemeente het 'n koninkryksvisie.

Die kerkgebou staan prominent in die sentrum van die dorpie en kan nie vervalle raak nie. Dit is 'n historiese gedenkwaardigheid. Die beraamde koste van die herstelwerk, vertel dr André Oosthuizen, gemeenteleraar, beloop R360,000. Die gemeente beskik nie oor die fondse nie.

Enigeen is welkom om 'n bydrae te maak. Meer inligting kan by die skriba, Thea Wait, aangevra word by 082 705 6657 of theawait@gmail.com.

Die gemeente se bankbesonderhede is:

NG Kerk Tarkastad
Eerste Nasionale Bank
Takkode: 210218
Rekeningnommer: 53850010026

Hier is die bank se bevestiging van die rekeningbesonderhede vir instansies wat dit mag benodig.

Alle predikante welkom by die GROOT Predikante-byeenkoms (skryf nou in)

Van klein na groot, of ekstra groot: Alle Oos-Kaaplandse predikante en diensleraars word aangemoedig om die Groot Predikantebyeenkoms by te woon. Dit vind van 6-8 Junie 2023 by die Willows Konferensiesentrum en Vakansieoord digby Port Elizabeth plaas.

Prof Marius Nel en dr Tiesie de Coning kom inspirerende en verruimende insette maak. Die klem val op kuier, geestelike groei en selfsorg vir predikante. VBO-punte word toegeken.

KLIK HIER om in te skryf. Hier is meer inligting.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Mei 2023.

Pastorale Beradingskursus

Mede-afhanklikheid en emosionele gebrokenheid – pastorale perspektiewe

Dinsdag 20 Junie 2023 – Zoom aanbieding Prof Wentzel Coetzer

Oor die tema van mede-afhanklikheid is daar oor die algemeen reeds baie geskryf, maar in hierdie kursus word daar veral ook gefokus op die pastorale implikasies. Iemand wat ʼn besondere bydrae gelewer het rakende ʼn duidelike definiëring van hierdie tema is Pia Mellony. Die bekende John Bradshaw (2007:9) beskryf haar bydrae soos volg:

“Pia’s work has become the core model in treating addictions of all kinds and the core of codependence they rest upon. She has personally led hundreds, probably thousands, of people suffering from codependency into recovery and wholeness.”

Daar word in besonder gefokus op Mellony se boek, Facing codependence. What it is, where it comes from, and how it sabotages our lives (2003). Nog ʼn belangrike bron is die boek, Love is a choice. The groundbreaking book on recovery for codependent relationships, deur Hemfelt, R., Minirth, F. & Meier, P. (2003). Hierdie boek beskryf die tien-fase genesingsmodel vir mede-afhanklikheid soos toegepas binne die Meier Klinieke in die VSA. Paul Meier en Frank Minirth is waarskynlik die twee mees bekende Christen psigiaters in die VSA (Minirth reeds oorlede). In hierdie model word die voorgestelde riglyne telkens gekoppel aan beginsels vanuit die Skrif.

Die inhoud van bovermelde twee belangrike bronne word dan verder aangevul met stof vanuit verskeie ander bronne. In die aanbieding word daar besonder gefokus op die aspek van emosionele gebrokenheid wat in talle medeafhanklikes se lewens reeds ʼn aanvang geneem het tydens die kinderjare. Hierdie agtergrond het hulle gevolglik kwesbaar gemaak vir die tipiese karakteristieke van mede-afhanklikheid tydens hul volwasse jare. Kwessies wat verder ook aan die orde kom, is medeafhanklike geestelike leiers, mede-afhanklike tendense binne sommige kerke/gemeentes, en ook die rol van toksiese godsdiens rakende mede-afhanklikheid. Ten slotte word ʼn aantal spesifieke pastorale elemente geïdentifiseer met dan toepaslike riglyne vir die begeleiding van slagoffers.

Datum: Dinsdag 20 Junie 2023 – sluit in sleutelnotas.
Tyd: 09.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R250 pp (egpare: R400)
Handboek te koop (opsioneel): R150 (plus R100 koerier koste) Navrae: 0836600409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
Om te bespreek: U kan op hierdie skakel klik vir registrasie.

Kermis by PE-Heideveld, 2 Junie

Lorraine hou kermis op 3 Junie

NG gemeente Ugie loot 'n bees uit (jy kan jou vrieskas vol maak)

Blouwaterbaai Familiekerk

Koop kaartjies vir uitmuntende jagervaring en vir groot jagpryse

WEN een van die grootste jagpryse in die Oos-Kaap. Geniet 'n jagervaring vir twee, met die hulp van 'n professionele jagter! Koop kaartjies deur hier te klik.
Die wenner kry: 2 Nagte selfsorgverblyf vir 2 mense | 2 Wildritte | Jag van 2 Springbokke, een Blesbok, een Rooibok.
Prys: R100 per kaartjie - koop soveel as wat jy wil!
Uitgesluit: Verwerking van vleis uitgesluit en Reiskoste.
Afsnydatum: 1 September 2023
Jag sal plaasvind by: Paterson | Oos-Kaap
Die wenner sal gekies word op: 2 September 2023 by die Bluewater Bay Plaaslike Mark
Navrae en meer inligting: stuur e-pos aan Marica - klik hier.

C-Fees by Jefreysbaai-gemeente (kerkompleks)

Frank Opperman met sy eenmansvertoning, Ek wens ... Ek wens ..., kom Baai toe

Kaartjies is te koop op hierdie Webtickets skakel, of by Pick ‘n Pay “MoneyMarket” toonbanke.
Kontak Elizna by die Patmos Kerkkantoor 0832589860 vir navrae.

Leraars beweeg

Ds Jaco Barnard van die NG Gemeente Garsfontein is na Despatch-Eendrag beroep.

Ds Tijané Pieterse het die beroep van PE-Lorraine-gemeente aangeneem en word op 2 Julie 2023 in die amp bevestig.

Ds Rethie van Niekerk ontvang op 25 Junie 2023 demissie by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha. Sy het 'n beroep na Driehoek-gemeente in Vanderbijlpark aanvaar.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter