Grens.Pos
Jaargang 18 - Nommer 28 - 18 September 2020 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],
gathering-of-manna-from-heaven-1483
Sondag, 20 September is die sestiende Sondag in Koninkrykstyd.
Die Leesroosterteks kom uit Eksodus 16:2-15 en vertel die verhaal van God wat verlos en sorg deur manna aan die volk te voorsien in die woestyn.
Die voorstelling hierbo is 'n houtsneewerk uit Anton Koberger se Duitse Bybel uit 1483.

In hierdie uitgawe

  • Op 'n kreatiewe manier spel prof Marius Nel 'n agenda vir die kerk na Covid uit
  • Hier is 'n geleentheid om jou liturgiese vaardighede in die Covid-tyd op te skerp en by kerke wêreldwyd daaroor te leer. Dink ook: hoe gaan jy tydens vanjaar se Advent in die lig van Covid preek?
  • In 'n week van protes het kerke in Nelson Mandelabaai 'n stille gebedsbyeenkoms voor die stadsaal gehou om teen korrupsie, swak dienslewering en swak bestuur te protesteer. Indringende gesprek is ook met die Oos-Kaaps premier oor die Baai gevoer. Bronne moet gaan waarvoor dit bedoel is: ontwikkeling
  • Bederf 'n aftreeoord met die Bybelboekboksprojek van Bybel-Media
  • Leer meer oor die nuwe Direkte Bybelvertaling

Nelson Mandelabaai

Kerke en gemeenskap protesteer teen korrupsie en swak regering

protes2
'n Groep van sowat 50 kerk- en gemeenskapsleiers voor die stadsaal in stille gebed en protes teen korrupsie, swak bestuur en gebrekkige dienslewering in Nelson Mandelabaai - 16 September 2020
Dit voel nogal vreemd om op die trappe van die historiese stadsaal van Nelson Mandelabaai te staan en en 'n gebedsbyeenkoms hardop af te sluit (luidspreker en al) deur te bid dat korrupte regering, raadslede en amptenare tot bekering of tot 'n val moet kom.

Doodse stilte het binne die munisipale hoofsentrum geheers tydens 'n publieke verklaring en protesaksie deur geloofs- en gemeenskapsleiers.

Demokratiese vryheid is duur verwerf, is gesê, maar nou het ons leiers slawe van korrupsie geword.

'n Verskeidenheid gemeenskapsleiers, soos vorige burgemeester oom Ben Fihla (tweede van links op die foto hierbo), en kerkleiers het aan die aksie deelgeneem. Vir die groep het die huidige stadsadministrasie geen geloofwaardigheid meer nie. Daar is slegs 'n waarnemende burgemeester, 'n waarnemende munisipale bestuurder, en 'n speaker van die raad wat weier om 'n hofbevel uit te voer om 'n stadsraadsvergadering te belê sodat permanente ampsdraers aangestel kan word.

Oom Ben Fihla, voormalige burgemeester (maar op 88 nog flink) het verwys na die genoegdoening waarmee Nelson Mandela toegelaat het dat die metropool sy naam dra. Die wyse waarop die huidige leiers nou eerder veg om posisie en voordeel eerder as om te reageer op gemeenskappe se nood is die naam van die metropool nie waardig nie.
protes1
Nog deelnemers aan die gebedsprotes op 16 September 2020
In 'n begeleidende voordrag sê die kerkleiers korrupsie rondom Covid-19 kontrakte vir mediese hulp kom volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie prakties op moord neer. Voedselhulp is deur sekere raadslede gekaap. Dié wanpraktyke vind plaas teen die agtergrond van wyer korrupsie en swak dienslewering. Verskeie forensiese ondersoeke en verslae oor korrupsie word ook onder die mat ingevee.

Intussen is daar nie water in die krane nie, robotte werk nie, slaggate word nie herstel nie en broodnodige huise nie opgerig nie. Raadslede veg liewer onder mekaar as om op dienslewering te fokus.

Lede het gebid dat korruptes tot hul sinne sal kom, die boosheid van hul dade sal insien en restitusie sal doen. Geen doekies is omgedraai nie. "We pray for the downfall of all corrupt officials from all walks of life," sê die begeleidende brief.

Kerke is oortuig dat die stadsraad ontbind moet word en 'n administrateur vir die metropool aangestel moet word. Gesprek hieroor is met die premier van die Oos-Kaap gevoer (sien berig hieronder).
voorbladherald
Voorblad van The Herald op 17 September 2020
Weens Covid-regulasies is die groep tot 50 persone beperk. Kerke beplan om vanaf 23 September weeklikse publieke gebedsbyeenkomste reg voor die stadsaal te hou.

Lees ook:
Wat is die teologie vir 'n kerk wat aktief sosiaal betrokke is? Lees wat skryf pastoor Alain Walljee vandeesweek in 'n koerantrubriek hieroor.

"Ontbind die raad en gee ons 'n sterk administrateur"

Premier Oscar Mabuyane konsulteer met kerk- en gemeenskapsleiers

spreekpremier
Kerkleiers uit Nelson Mandelabaai in gesprek met die premier van die Oos-Kaap. Vlnr biskop Eddie Daniels (Anglikaans), ds Danie Mouton (NG Kerk), premier Oscar Mabuyane, apostel Neville Goldman (Ebenezer Internasionaal), biskop Jacob Freemantle (Metodiste) en mnr Trevor Jennings (Transformation Christian Network). Mnre Monga Peter en Mandla Madwara uit die civic-sektor het ook die konsultasie bygewoon.
'n Vrugbare gesprek met die Oos-Kaapse premier, mnr Oscar Mabuyane, het op 17 September 2020 in Port Elizabeth plaasgevind. Mabuyane het in 'n gesprek wat byna 3 uur geduur het, kennis geneem van die besorgdheid van kerke en gemeenskapsorganisasies oor verwikkelinge in die stadsbestuur, politieke binnegevegte en die verwaarlosing van dienslewering en ontwikkelingsdoelwitte.

Kerke het klem gelê op die verwoestende effek van korrupsie op die beskikbaarheid van bronne vir ekonomiese groei en ontwikkeling. Verder is die toutrekkery tussen politieke faksies op die raad om vir eie belang die meeste voordeel uit beleggingsinisiatiewe te trek verantwoordelik vir die afskrik van beleggers. Dit beteken dat die potensiaal van die metropool nie tot sy reg kom nie. Infrastruktuur lei ook daaronder. Dienslewering bly in die slag.

Die feit dat die raad nie byeengeroep word om 'n permanente burgemeester te verkies en 'n gekwalifiseerde munisipale bestuurder aan te stel nie, was hoog op die agenda.

Die groep wou weet waarom die raad nie ontbind word en 'n sterk administrateur aangestel word nie. Dienslewering en chaotiese raadsvergaderings is ook bespreek.

Mabuyane het deurgaans met aandag geluister en eerlik gereageer. Hy het bevestig die provinsie is besig om Artikel 139 van die wet op munisipaliteite te aktiveer ten einde 'n administrateur aan te stel, maar dat regstegniese prosesse en tydraamwerke gevolg moet word. Die provinsiale regering wil nie in litigasie vasval nie. Hy het ook beloof - sou dit realiseer - om 'n bekwame en sterk administrateur met 'n onbesproke rekord aan te stel.

Hy het gewys op die sistemiese aard van korrupsie wat 'n nuwe normaal skep en die geweldige insette wat dit verg om korrupsie te beveg. So word die provinsiale kabinet se besluit dat alle provinsiale raadslede en senior bestuur - die premier ingesluit - jaarlikse lewenstyl-oudits moet ondergaan heftig teengestaan. So 'n oudit is 'n forensiese proses waarin jou bates jaarliks vergelyk word met jou inkomste om te bepaal dat dit met mekaar verband hou. Dit verg sterk leierskap om so 'n proses deur te voer, maar hy is vasberade om hiermee te volhard.
gebed-premier
Die groep bid vir die premier aan die einde van die gesprek
Die premier het kennis geneem van die kerklike en gemeenskapsprotes teen korrupsie. Die groep het hom verseker hierdie protes sal voortduur en "nie vinnig weggaan nie". Die kerke sal ook verseker dat verslae, soos die Pikoli-verslag oor korrupsie in die Baai, nie onder die mat gevee sal word nie. Ons sal dit bly onthou, is gesê.

Die premier het 'n versoek om samewerking met die provinsiale regering om korrupsie uit te roei, aanvaar. Hy reël ook 'n aanbieding oor die provinsiale regering se ontwikkelingsplanne vir die metropool.

Die kerke het aangebied om as vriend van die hof toe te tree sou daar uiteindelik litigasie teen die ontbinding van die raad en die aanstel van 'n administrateur wees.

Prof Marius Nel: Wat moet die kerk na Covid-19 doen?

mariusnel
"Eerder as om te vra wat verander na Covid-19, moet gelowiges dalk vra: wat bly dieselfde en wat beteken dit vir die kerk se bediening?", het prof Marius Nel van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch op 6 September tydens 'n virtuele ringsitting van die Ring van PE-Wes gesê.

God is nog dieselfde en die diep menslike eksistensiële vrae ook, het hy beklemtoon. Die kerk het die evangelie ontvang en moet op die Covid-werklikhede en die menselike kondisie met die doen van die evangelie reageer. Nel het ook uitgewys hoe wesenlike skuiwe in die ampsmodel en opleidingsmoontlikhede in die NG Kerk help dat ons toepaslik op nuwe uitdagings kan reageer.

Klik hierbo om die video-opname van die aanbieding te sien. Nel se notas is hier beskikbaar.

End of the oil age?

Oil fuelled the 20th century—its cars, its wars, its economy and its geopolitics. Now the world is in the midst of an energy shock that is speeding up the shift to a new order. As covid-19 struck the global economy earlier this year, demand for oil dropped by more than a fifth and prices collapsed. There have been oil slumps before, but this one is different. As the public, governments and investors wake up to climate change, the clean-energy industry is gaining momentum. The 21st-century energy system promises to be better than the oil age—better for human health, more politically stable and less economically volatile. However, getting there involves big risks. The transition could add to political and economic instability in petrostates and concentrate control of the green-supply chain in China. Even more dangerous, it could happen too slowly. Read further.

Bybel-Media

Bybelboekboks-projek - om liefde en hoop te versprei

bybelboks
Besoek www.bybelmedia.co.za om jou R99 vir die korierkoste te skenk en ons skenk ‘n boks vol Christelike boeke en Bybels.
Jy kan 'n direkte inbetaling maak of EFT na Bybel-Media se bankrekening.
Bybel-Media Handel
Absa, Wellington
Tjekrekening: 405 433 6340
Takkode: 632 005
Verwysing: e-pos en naam
As jy wil help, stuur vandag nog jou inligting aan hannelie.matthee@bmedia.co.za en ons kontak jou.
Bestellings kan direk in ons e-winkel geplaas word by www.bybelmedia.org.za,
of telefonies by 0860 26 33 42 of per e-pos by bestel@bmedia.co.za

Gewilde dagboek weer vir 2021 beskikbaar

beek

Bekendstelling van die nuwe Direkte Bybelvertaling

bybelvert
Klik hier om te registreer.

Gereformeerde liturgiese kursusse van Calvin Institute of Christian Worship

1cw
2cw
3cw
4cw
5cw

Posbekendstellings

Twee vakatures by die Wortelgat-Konferensiesentrum in die Overberg

Die Wortelgat-Konferensiesentrum naby Hermanus het 'n vakature vir 'n algemene bestuurder asook 'n kantoor- en gasvryheidsbestuurder.

Lees meer oor die organisasie op sy webblad en kyk na foto's op die facebookblad.
facebook twitter